Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Pvdw »

Willie wrote: Tue Jun 09, 2020 9:31 am Ek het gedink die Pylontec us2000b (2.4 kWh) sal vir nou genoeg wees as Eskom net 2 ure per dag beurtkrag het ?
Kan mos later 'n 2de en derde 2.4 by sit. Lyk my die 2.4 is so +- R500 duurder per kWh maar sielkundig is dit makliker om 18000 uit te gee eerder as R25000
Willie jou probleem met die 2.4 Pylons is dat hulle slegs 1.2kW se stroom kan lewer. Die 3.5 is nie veel beter op 1.7kW nie. As daai 4.6kW inverter krag soek om te werk en die Pylon kan nie by bly nie skakel die Pylon af om homself te beskerm.

Al hoe jy dit kan maak werk is om 100% seker te naak die critical loads sal nie oor 1.2kW gaan nie, en soos jy batterye bysit sit jy ekstra las op die critical load stroom.
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas »

Nella wrote: Fri Feb 07, 2020 11:04 am Skerp oog Plaashaas.
Die kabel wat op die boonste port van die master is..is op n verkeerde plek.
Ek het hom net in gedruk om die kabels agter toe deur getrek te kry..het hom na die tyd op die regte plek in gesit.
Omdat die drie batterye meer amp kan lewer as wat 1 kabel kan hanteer het ek elke inverter sy eie kabel paar gegee. Plus ook die klient will opgradeer na n vierde battery toe, en dan is een kabel stel heeltemal te jonk.
Altwee stelle kabels trek van die heel boonste en heel onderste battery krag
Nella hoeveel Amp kan so stel kabels handteer? Ek wil nou n 4de US3000 by sit. Huidiglik 3x US3000 net op 1 stel Pylontech kabels.

En nog n vraag waarvoor daar blykbaar 10000 antwoorde is, kan n AC breaker werk op DC?
(Hoekom ek vra, die sparky wat myne gedoen het, het n 63A NUR AC breaker op die panels gebruik. Sondag het hy gebrand op die negatiewe pool. Ek is toe inderhaas na Voltex vir n DC breaker maar die "salesman" daar het aan my n Geweiss AC breaker verkoop wat blykbaar altwee kan doen)
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Nella »

Kabels is reg vir tot 120A. Pylon se spesefikasie is nie meer as 5 battery op een stel kabels nie.
Ac breakers hou glad nie van dc nie.
Werk in die begin maar hou nie lank as die breaker gereeld aan en af geskakel word nie.
DC se "arc" is baie langer as wat ac sin is . So wat gebeur sodra jy die breaker aan/af skakel in plaas van om n skoon breek op die kontak punte te kry is die dc geneig om te "arc"
En dit brand baie vinnig n breaker.
Ek sal rerig eerder smeltdrade(fuses) gebruik, goedkoper .
Smeltdrade kry jy ook ac en dc...maar op hulle is dc geneig om die ac smeltdrade viniger te blaas as wat hulle spesefikasie.
Just smile and wave boys >:D
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Nella »

Plaashaas om terug te kom na jou kabel vraag..
As ek reg onthou het jy huidiglik een Kodak king inverter (ek nogal stout oor hulle 😉)
Jy kan maar 10 batterye ook hardloop met net een kabel na jou enkel inverter toe, want die inverter self trek nie 120A op vol lewering nie. 5kw se lewering behoort so 104A te wees.
Goed maar nou kom ons sê jy sit nog twee inverters by op daai 5 batterye van jou..dan gaan jy nog twee stelle kabels benodig. Een stel vir elke inverter.
So jy kan maar nog soveel battery by sit as wat jou hart begeer, solank jy net die een inverter het is daai een stel kabels 100%.
Last edited by Nella on Tue Jun 16, 2020 8:17 am, edited 1 time in total.
Just smile and wave boys >:D
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas »

Baie dankie Nella
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas »

Middag manne

Hoe gemaak met "monitoring software" as mens nog inverters in Parallel koppel? Ek het n laptop wat WatchPower loop op my 1st een. Ek wil graag die stelsel nou vergroot.
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas »

Plaashaas wrote: Thu Jun 25, 2020 2:17 pm Middag manne

Hoe gemaak met "monitoring software" as mens nog inverters in Parallel koppel? Ek het n laptop wat WatchPower loop op my 1st een. Ek wil graag die stelsel nou vergroot.
My volgende vraag is,

Ek gaan nou die 2de Inverter koop. Kan ek hom net op die battery koppel en in parralel met Inverter 1? M.a.w hy gaan vir n maand of twee nog nie sy eie panels he nie. (Ek moet eers n struktuur op die stoor se dak aanbring vir die volgende 12 panele)

Ek het huidiglik 12x 330W panele wat Noord wys. Ek oorweeg om die volgende stel van 12 OOS aan te bring om bietjie meer krag vroeg te kry of is dit stupid? My redenasie is in die oggend is die battery bank laag (20%+) maar dit 4 x 3.5kW Pylontech. Dit is ook in die oggende wat ek die pompe benodig.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Pvdw »

Plaashaas wrote: Thu Jul 02, 2020 8:33 am

Jou plan met die oos panele sal werk. Dis redelik algemeen wat dit gedoen word.

Jy kan solank die 2de inverter koppel as jy wil maar al wat jy gaan score is meer lewering indien nodig. Sodra daai ekstra panele gaan opkom gaan die poppe begin dans!!
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Apie »

Naand manne

My plan is om my hoof verbruikers gedurende die dag vanaf sonkrag te trek.

Drukpomp 1.1kw
2 x 18000btu aircons
4000 watt se ondervloer verhitting
250liter geyser

Plan is om hierdie items direk aan ‘n inverter en sonpanele te koppel en wanneer die son nie meer genoeg lig gee nie die items dan weer vanaf Eskom elektrisiteit kry.

Kan dit werk en wat het mens so duimsuig nodig vir so projek?

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Pvdw »

Apie dis presies wat 'n Grid tie stelsel doen. Geen batterye in die sisteem nie. Gee badags krag aan die eiendom en as son sak is daar niks.

1 Ding moet jy net weet van die stelsel en dit is as die grid af is gaan hy ook af al skyn dei son hoe lekker.

Jy praat hier van 'n peak verbruik van rondom 12-13kW as als aan is. Om dit redelik aaneenlopend te lewer gaan jy rondom 17-20kW se panele moet kyk.

Is dit enkel of 3 fase eiendom??
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas »

Pvdw wrote: Thu Jul 02, 2020 7:52 pm
Plaashaas wrote: Thu Jul 02, 2020 8:33 am
Plaashaas wrote: Thu Jun 25, 2020 2:17 pm Middag manne

Hoe gemaak met "monitoring software" as mens nog inverters in Parallel koppel? Ek het n laptop wat WatchPower loop op my 1st een. Ek wil graag die stelsel nou vergroot.
My volgende vraag is,

Ek gaan nou die 2de Inverter koop. Kan ek hom net op die battery koppel en in parralel met Inverter 1? M.a.w hy gaan vir n maand of twee nog nie sy eie panels he nie. (Ek moet eers n struktuur op die stoor se dak aanbring vir die volgende 12 panele)

Ek het huidiglik 12x 330W panele wat Noord wys. Ek oorweeg om die volgende stel van 12 OOS aan te bring om bietjie meer krag vroeg te kry of is dit stupid? My redenasie is in die oggend is die battery bank laag (20%+) maar dit 4 x 3.5kW Pylontech. Dit is ook in die oggende wat ek die pompe benodig.
Jou plan met die oos panele sal werk. Dis redelik algemeen wat dit gedoen word.

Jy kan solank die 2de inverter koppel as jy wil maar al wat jy gaan score is meer lewering indien nodig. Sodra daai ekstra panele gaan opkom gaan die poppe begin dans!!
Baie dankie Pvdw. Ons het maar oe toegeknyp en 12 x 280W JA Solar panele ook gevat. Dit is tog uit die aard van die saak net die panele wat vir jou n ROI kan gee.
Die vraag is nou 2S6P of 3S4P?
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Pvdw »

Die vraag is nou 2S6P of 3S4P?
Om die vraag te antwoord moet ons weet wat is die inverter se max DC Volt en ook die panele se VOC.

Ek vermoed egter dat 3S4P die antwoord gaan wees.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Apie »

Pvdw wrote:Apie dis presies wat 'n Grid tie stelsel doen. Geen batterye in die sisteem nie. Gee badags krag aan die eiendom en as son sak is daar niks.

1 Ding moet jy net weet van die stelsel en dit is as die grid af is gaan hy ook af al skyn dei son hoe lekker.

Jy praat hier van 'n peak verbruik van rondom 12-13kW as als aan is. Om dit redelik aaneenlopend te lewer gaan jy rondom 17-20kW se panele moet kyk.

Is dit enkel of 3 fase eiendom??
Dankie Pvdw

Dis 3 fase maar slegs my boorgat pomp is 3 fase

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Willie »

Apie wrote: Sat Jul 04, 2020 5:54 am
Pvdw wrote:Apie dis presies wat 'n Grid tie stelsel doen. Geen batterye in die sisteem nie. Gee badags krag aan die eiendom en as son sak is daar niks.

1 Ding moet jy net weet van die stelsel en dit is as die grid af is gaan hy ook af al skyn dei son hoe lekker.

Jy praat hier van 'n peak verbruik van rondom 12-13kW as als aan is. Om dit redelik aaneenlopend te lewer gaan jy rondom 17-20kW se panele moet kyk.

Is dit enkel of 3 fase eiendom??
Dankie Pvdw

Dis 3 fase maar slegs my boorgat pomp is 3 fase

Sent from my iPhone using Tapatalk
Apie
Ek het 'n soortgelyke situasie. Ek het toe 'n hibried inverter in gesit en seker gemaak dat al my enkel fase gebruikers op die selfde fase as die inverter is. Ek moet nog batterye kry sodat beurkrag nie 'n ongerief gaan wees nie.
Dan het ek 'n 3 fase grid tide vir my pompe wat almal 3 fase is.
So ver is ek baie tevrede en dit lyk of my Eskom rekening aansienlik kleiner gaan wees.
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Smiley »

RiaanBotha wrote: Mon Mar 11, 2019 7:41 am Myself ook besig met ondersoek en rondsniffel na sonkrag.
Het op google op NexSolar die volgende pryse gekry en hulle gekontak vir meer inligting
2kW Solar with 5kW Inverter and 5kWh Lithium Ion Battery – R 62 000
3kW Solar with 5kW Inverter and 5kWh Lithium Ion Battery – R 73 000
5kW Solar with 5kW Inverter and 10kWh Lithium Ion Battery – R 105 500
10kW Solar with 10kW Inverter and 15kWh Lithium Ion Battery – R 183 500

Ek het gereken om die 5kW Solar with 5kW Inverter and 10kWh Lithium Ion Battery roete te gaan.
Dis duur, maar soos hier bo ook genoem sal die homself in so 3 jaar klaar betaal.
Riaan het jy toe die roete gegaan en werk dit vir jou?
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas »

Pvdw wrote: Fri Jul 03, 2020 8:59 pm
Die vraag is nou 2S6P of 3S4P?
Om die vraag te antwoord moet ons weet wat is die inverter se max DC Volt en ook die panele se VOC.

Ek vermoed egter dat 3S4P die antwoord gaan wees.
Pvdw

Die PPT range is 60V-115V
En die panels:
VMPP: 31.19 V
IMPP: 8.98 A
Voc: 38.43 V

Dan n ander vraag wat jy my dalk mee kan help asb, die 2de Inverter wat in parallel gekoppel word deel die battery bank (4x 3.5kW Pylontech), het die 2de inverter regtig sy eie AC supply nodig? Hy is tog net die "slave" en die stelsel behoort dan nogsteeds spikes bo 5kW te kan vat. Bv my 2.2kW pomp se startup.
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Nella »

String 3 en sit 4 banke dan in parallel .
Die Kodak king se maksimum dc voltage is 145v
Vraag twee ..Ja jy gaan hom moet sy eie ac gee.
As die twee reg opgestel is net al sy komunikasie kabels in plek gaan jou tweede inverter vir jou n fout kode gee en afskakel na n tyd.
Askuus Peet nou spring ek jou voor.
Just smile and wave boys >:D
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas »

Nella wrote: Wed Jul 08, 2020 8:43 am ....gaan jou tweede inverter vir jou n fout kode gee en afskakel na n tyd.
Is dit dan iets wat net gebeur in parralel of net met die 2de een? My inverter loop tans 99% van die tyd sonder n AC supply. (Ek het die breaker af gesit) Soms vir n paar dae aan een.
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Nella »

Kom ek verduidelik dit anders.
Indien jy die komunikasie kabels uitlos kan jy wel die tweede inverter sonder ac hardloop.
Maar jy gaan dan twee verskillende laai patrone na jou pylon toe kry en ook jou lading verdeling gaan nie 100% reg wees nie.
Een inverter gaan in n "hybrid" mode werk en die ander in n "off grid " mode.
Ek persoonlik sou nie dit doen nie.
Just smile and wave boys >:D
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Nella »

Plaashaas dis net die tweede een wat afskakel.
Mens kan dit wel doen soos ek bo verduidelik het.
Just smile and wave boys >:D
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Nella »

Moet nie jou panele in twee series koppel nie..
Jou volts gaan baie laag wees en jou mppt gaan eers "laat" begin en vroeg weer ophou laai.
Just smile and wave boys >:D
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas »

Baie dankie Nella. Ek waardeer die raad. Dit gaan nou nie juis die beste naweek wees om panele op die dak te mount nie :-(
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas »

More manne

Lekker koud en loadshedding is weer terug so almal dink weer aan hul Solar. Ek was darem bitter dankbaar dat my essential loads reeds op Solar is en selfs die microgolf werk as Eskom af is. Ek sien gereeld manne se dat hy baie krag gebruik maar ek ondervind nie. Myne is 1200W en as jy kos warm maak is 2min meer as genoeg. Dis maar 0.04kWh.

Die probleem wat ons almal met Solar ervaar is maar dieselfde:
Panels is goedkoop maar gee net krag in die dag. Klink stupid maar dit is ook net die panels wat jou n ROI (Return on investment) kan gee. Al die ander kostes word net return deur die krag wat jy kan opwek en gebruik. Dus wil jy op elke inverter tot die max gaan met panele. Dit beteken dan dat jy ook maksimum krag moet gebruik in die dag en die minimum in die nag. So gebeur dit dan ook dat ek basies krag verloor in die dag deur dit nie te gebruik of verder te kan stoor nie. As ek nie die pompe gebruik nie is die battery bank vroeg dag al vol en "throttle" die inverter die panele. Die yskaste, ketel, wifi, Tv's ens gebruik te min krag maar ek kan ook nie meer by sit nie want dan gaan hul my terug hou in die nag want al my binne en buite ligte is op Solar. Ek het reeds 14kW Pylontech bank en sal graag wil uitbrei maar dit is ook die duur gedeelte van die stelsel.

So my plan om meer krag te gebruik/Stoor gedurende die dag laat my aan die plan dink.
Geyser.JPG
Instede van nog R69000 vir nog 3 batterye, wat as ek die ekstra beskikbare krag "bank" in n geyser in. 9kW per dag! (4.5 uur timer)
Met die "Solar" geyser op 70C en die Eskom op 60C behoort Eskom geyser basies nooit aan te kom nie want hy word met warmer water.

Om n 2de Geyser in serie te koppel met die bestaande een gaan my basies R3500 kos. Daarna is die kostes verby. n Gas geyser sal in die order van R8000? wees as ek julle so luister en dan is daar geen besparing teenoor Eskom nie want die koste van gas reken hulle is meer as Eskom.

Ek sal seker nooit 100% off-grid wees nie maar sal binne n jaar bitter naby wees.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Pvdw »

Plaashaas dis presies wat ek doen. Boost jou groot geyser met ekstra solar krag as daar is en feed die kleiner geyser met warm water. Dit werk baie goed.

Ek het ook timers op my kisvrieskaste wat 12 uur in die nag afskakel en weer 8am aangaan. So gebruik ek meer PV krag vir my vrieskaste en minder battery krag vir hulle.

My boorgat wat die tenk vir die huis vol maak loop ook op 'n timer en float switch kombinasie. Hy skalek 9am aan en weer 3pm af. ongeag waar die vlak lê sal ek deur die nag kom met die water.

Swembadpomp, skottelgoed wasser en wasmasjien loop net as die son skyn.
jayzet
Full Member
Full Member
Posts: 177
Joined: Wed Apr 11, 2018 11:37 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by jayzet »

More almal,
Weet iemand dalk waar ek die vlogende kan koop:
12v 180 Amp hour sealed, deep cycle battery.
Soek 28 van hierdie eenhede.
Groete
Jannie Moolman
0722720271
Post Reply