More manne
Lekker koud en loadshedding is weer terug so almal dink weer aan hul Solar. Ek was darem bitter dankbaar dat my essential loads reeds op Solar is en selfs die microgolf werk as Eskom af is. Ek sien gereeld manne se dat hy baie krag gebruik maar ek ondervind nie. Myne is 1200W en as jy kos warm maak is 2min meer as genoeg. Dis maar 0.04kWh.
Die probleem wat ons almal met Solar ervaar is maar dieselfde:
Panels is goedkoop maar gee net krag in die dag. Klink stupid maar dit is ook net die panels wat jou n ROI (Return on investment) kan gee. Al die ander kostes word net return deur die krag wat jy kan opwek en gebruik. Dus wil jy op elke inverter tot die max gaan met panele. Dit beteken dan dat jy ook maksimum krag moet gebruik in die dag en die minimum in die nag. So gebeur dit dan ook dat ek basies krag verloor in die dag deur dit nie te gebruik of verder te kan stoor nie. As ek nie die pompe gebruik nie is die battery bank vroeg dag al vol en "throttle" die inverter die panele. Die yskaste, ketel, wifi, Tv's ens gebruik te min krag maar ek kan ook nie meer by sit nie want dan gaan hul my terug hou in die nag want al my binne en buite ligte is op Solar. Ek het reeds 14kW Pylontech bank en sal graag wil uitbrei maar dit is ook die duur gedeelte van die stelsel.
So my plan om meer krag te gebruik/Stoor gedurende die dag laat my aan die plan dink.
Geyser.JPG
Instede van nog R69000 vir nog 3 batterye, wat as ek die ekstra beskikbare krag "bank" in n geyser in. 9kW per dag! (4.5 uur timer)
Met die "Solar" geyser op 70C en die Eskom op 60C behoort Eskom geyser basies nooit aan te kom nie want hy word met warmer water.
Om n 2de Geyser in serie te koppel met die bestaande een gaan my basies R3500 kos. Daarna is die kostes verby. n Gas geyser sal in die order van R8000? wees as ek julle so luister en dan is daar geen besparing teenoor Eskom nie want die koste van gas reken hulle is meer as Eskom.
Ek sal seker nooit 100% off-grid wees nie maar sal binne n jaar bitter naby wees.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.