Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Pvdw »

Manne ek het al 12 jaar 2 solar geysers op my dak. Dis al tesaam 350l water wat daagliks gratis tot tussen 65-70 Grade warm word. Ja bewolkte dae en so aan gaan hy oor na elektries maad dis maar redelik min.

My volgende prokek is 'n GOODWE 5048D ES hybride inverter en 17 panele van 330w. Vir 'n begin gaan ek suiwer grid tie gaan om so my huis se verbruik aan te ful terwyl die son skyn. Stap 2 sal dan wees om ordentlike baterye te koop om laat middag en vroeg saans te gebruik tot en met rondom slaap tyd. Daarna is ek weer terug op Eskom tot die son hopelik die volgende dag weer skyn.

Wie hier het reeds so sisteem en wat is jul ervaring?? Wat is die pitfalls waaraan beginers nie dink??

Enige tegniese tips sal wardeer word.

Peet
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 450
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Basjan123 »

Ek het nou by kantoor 'n 5 kw Victron inverter en 4 batterye opgesit. Die stelsel werk eintlik soos 'n groot UPS. Gister was ons krag 4uur en 20 minute af en hy het sy kant gebring. Krag was aan voor die batery "laag" liggie begin flikker het. Ek hardloop 6 rekenaars, 2 printers, buisligte , telefoonstelsel, internet en my hardeskyf "back up stelsel". Ek is baie gelukkig en kan jou in kontak sit met die mense wat my gehelp het. My volgende stap is sonpanele, maar dit is eers vir volgende jaar. Ek kan jou egter nie tegniese raad gee nie , so jammer. Ek kon met 'n 3 kw inverter weg gekom het, maar die prys verskil was nie so groot nie.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13581
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Capt. Yoda »

Basjan, min of meer wat kos so setup? Ek moet ook iets by n kantoor doen en ek dink aan dit wat jy daar op het
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 450
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Basjan123 »

Capt. Oblivious wrote:Basjan, min of meer wat kos so setup? Ek moet ook iets by n kantoor doen en ek dink aan dit wat jy daar op het
Geinstaleer 47k excl. Bloed gelde omdat dit deel vorm van ons basiese dienste.....maar laat ons nie daar gaan draai nie!!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Pvdw »

Basjan kan daai Victron model van jou ge upgrade word om panele te hanteer en grit tie te werk?

Ek hou baie van die grid tie idee waar jy basies die krag wat jy op die oomblik opwek net so in die huis/kantoor/fabriek gebruik. Indien daar 'n shortfall is word die tekort van die grid/eskom/stadsraad getrek. So wat dit basies doen is om jou onmiddelike gebruik aan te vul en jou stadrsraad/eskom krag verbruik te verminder.
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 450
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Basjan123 »

Pvdw wrote:Basjan kan daai Victron model van jou ge upgrade word om panele te hanteer en grit tie te werk?

Die inverter kan sonpanele vat om die batterye te laai. So dan kan ek van die grit af gaan. Die installeerder moet nog vir my 'n kwotasie gee om dit te doen. Ek gaan egter my aircons op Eskom laat bly loop. Ekt jou nou AL my kennis van die goed vertel.... :laugh: :laugh:
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by JJV »

Ons het 4 kw sisteem op die plaas maar gebruik gas stowe en geysers, ek sien daar is sprake waar mense nou jou sonkrag stelsel kan registreer en dan surplus krag deur die dag aan Eskom kan lewer, wanneer dit gebeur sal mens kan krediete opbou by Eskom deur die dag en jy gebruik dit dan om jou krag deur die nag te betaal. Ek het dit reeds jaare gelede by vriende in Nam gesien, jy sit bedags krag terug en jou meter loop agteruit, as die son sak loop jou meter weer vorentoe. Die voordeel is dat jy dan nie duur batterye nodig het nie want jy “stoor” jou krag in Eskom se netwerk. Jy kn dus al die geld wat die duur batterye kos gebruik om meer sonpanele te koop om meer krediete te kry, as eskom egter afgaan het jy niks..... Die swakpunt van enige sonkrag stelsel is die duur batterye wat net beperkte leeftyd het.

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Pvdw »

Basjan123 wrote:
Pvdw wrote:Basjan kan daai Victron model van jou ge upgrade word om panele te hanteer en grit tie te werk?

Ek hou baie van die grid tie idee waar jy basies die krag wat jy op die oomblik opwek net so in die huis/kantoor/fabriek gebruik. Indien daar 'n shortfall is word die tekort van die grid/eskom/stadsraad getrek. So wat dit basies doen is om jou onmiddelike gebruik aan te vul en jou stadrsraad/eskom krag verbruik te verminder.
Die inverter kan sonpanele vat om die batterye te laai. So dan kan ek van die grit af gaan. Die installeerder moet nog vir my 'n kwotasie gee om dit te doen. Ek gaan egter my aircons op Eskom laat bly loop. Ekt jou nou AL my kennis van die goed vertel.... :laugh: :laugh:
;D ;D ;D Basjan dis darm meer as wat mense van hul inverter weet.

Vra jou instaleerder of jy daai invertre aan die grig kan koppel sodat daai panele jou kantoor kan voorsien van krag.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Pvdw »

JJV wrote:Ons het 4 kw sisteem op die plaas maar gebruik gas stowe en geysers, ek sien daar is sprake waar mense nou jou sonkrag stelsel kan registreer en dan surplus krag deur die dag aan Eskom kan lewer, wanneer dit gebeur sal mens kan krediete opbou by Eskom deur die dag en jy gebruik dit dan om jou krag deur die nag te betaal. Ek het dit reeds jaare gelede by vriende in Nam gesien, jy sit bedags krag terug en jou meter loop agteruit, as die son sak loop jou meter weer vorentoe. Die voordeel is dat jy dan nie duur batterye nodig het nie want jy “stoor” jou krag in Eskom se netwerk. Jy kn dus al die geld wat die duur batterye kos gebruik om meer sonpanele te koop om meer krediete te kry, as eskom egter afgaan het jy niks..... Die swakpunt van enige sonkrag stelsel is die duur batterye wat net beperkte leef
JJV hoe vêr kom mens met 4kW?? Ek wil 'n 4.6kW instaleer en het net gewonder oor hoeveel hy jou uithelp?? Gebruik jy hom net as backup? Ek het nes jy reeds geyser en stoof van die grid af.
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 450
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Basjan123 »

JJV wrote:Ons het 4 kw sisteem op die plaas maar gebruik gas stowe en geysers, ek sien daar is sprake waar mense nou jou sonkrag stelsel kan registreer en dan surplus krag deur die dag aan Eskom kan lewer, wanneer dit gebeur sal mens kan krediete opbou by Eskom deur die dag en jy gebruik dit dan om jou krag deur die nag te betaal. Ek het dit reeds jaare gelede by vriende in Nam gesien, jy sit bedags krag terug en jou meter loop agteruit, as die son sak loop jou meter weer vorentoe. Die voordeel is dat jy dan nie duur batterye nodig het nie want jy “stoor” jou krag in Eskom se netwerk. Jy kn dus al die geld wat die duur batterye kos gebruik om meer sonpanele te koop om meer krediete te kry, as eskom egter afgaan het jy niks..... Die swakpunt van enige sonkrag stelsel is die duur batterye wat net beperkte leeftyd het.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Nou dat jy dit noem, my vriend het so stelsel in PE. Dit werk baie goed vir hom. Ek dink nie sy stelsel gee hom krag as daar beurtkrag is nie, ek kan verkeerd wees. Sy hoof doel is om krag terug te pomp in die stelsel in. Ek moet egter 'n paar uur stoor kapasiteit het om my kantoor aan die gang te hou.....
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by JJV »

Pvdw wrote:
JJV wrote:Ons het 4 kw sisteem op die plaas maar gebruik gas stowe en geysers, ek sien daar is sprake waar mense nou jou sonkrag stelsel kan registreer en dan surplus krag deur die dag aan Eskom kan lewer, wanneer dit gebeur sal mens kan krediete opbou by Eskom deur die dag en jy gebruik dit dan om jou krag deur die nag te betaal. Ek het dit reeds jaare gelede by vriende in Nam gesien, jy sit bedags krag terug en jou meter loop agteruit, as die son sak loop jou meter weer vorentoe. Die voordeel is dat jy dan nie duur batterye nodig het nie want jy “stoor” jou krag in Eskom se netwerk. Jy kn dus al die geld wat die duur batterye kos gebruik om meer sonpanele te koop om meer krediete te kry, as eskom egter afgaan het jy niks..... Die swakpunt van enige sonkrag stelsel is die duur batterye wat net beperkte leef
JJV hoe vêr kom mens met 4kW?? Ek wil 'n 4.6kW instaleer en het net gewonder oor hoeveel hy jou uithelp?? Gebruik jy hom net as backup? Ek het nes jy reeds geyser en stoof van die grid af.
Ons plaas het geen Eskom konneksie nie, so ons het lae energie yskas en vrieskas, ‘n tv en ligte getrek, as jy wil stryk of toaster gebruik het jy maar vrieskas en yskas afgeskakel vir die oomblik, so die hele huis het van 4 kw af gewerk, jy moes maar net jou load manage, ons het ook klomp ligte 36volt led gemaak sodat dit direk v batterye af gewerk het sonder dat inverter hoef te loop. Ons het generator backup gehad vir die kwaai bewolkte dae, die groot gesukkel bly die batterye. Jy kon ook nou nie mal gaan met krag gebruik as son gesak het nie, want die batterye het maar partykeer te pap geword dan werk net die 36v ligte tot die son more opkom!

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by JJV »

Ek sien hulle praat deesdae van Super Capacitor batterye, google bietjie Sirius Super Capacitor, daai goed kan 100% discharge en laai in minute vol, hulle kan ook miljoen cycles van charge/discharge doen wat blykbaar amper 45jaar leeftyd is! Sal nogals hou daarvan om meer van hulle uit te vind!

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Kalahari »

Peet en ander manne.

Ek sit met dieselfde beplanning maar kapitaal is die dr$%%l in die drinkwater.
Ons het Nam(NO) power driefase krag met 'n 25kva transformer. Ek sukkel om by verskaffers inligting te bekom rondom wat my opset moet behels om aan die behoefte te voorsien.

Ek het die afgelope 2 jaar se verbruik as inligting verskaf om 'n beraming te maak, maar ek wag nog.....

Die van julle wat reeds sonkrag gebruik met 'n battery sisteem en 'n tekort ondervind kan dalk 'n windlaaier ook oorweeg vir die aande se aanvulling tov batterye wat pap raak.
Ek weet dit is weer ekstra koste... net 'n gedagte.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Alwin »

JJV wrote:Ek sien hulle praat deesdae van Super Capacitor batterye, google bietjie Sirius Super Capacitor, daai goed kan 100% discharge en laai in minute vol, hulle kan ook miljoen cycles van charge/discharge doen wat blykbaar amper 45jaar leeftyd is! Sal nogals hou daarvan om meer van hulle uit te vind!
Dit sal 'n groot deurbraak wees as die batterye kan werk en bekostigbaar is.

Die grootste probleem is tans die beskikbare batterystelsels se stoorvermoë en koste. As jy die batterye sou laai vanaf die PV selle, dan is ongeveer net 50% van die energie weer beskikbaar vir gebruik. Die res gaan verlore in die proses. Dit is dus baie duur om groot verbruikers (toestelle) van die batterye af te voer.

'n Beter plan sou wees om al die groot kraggebruikers in jou huis (of waar ookal die stelsel geinstalleer is) direk van die PV selle, deur die omsetter te voer terwyl die son skyn. Stoor net 'n klein gedeelte van die energie in batterye vir beligting (met LED ligte) in die nag.
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2128
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Malan123 »

Manne, ek.het baie klein solar sisteempie op die plaas. Mens moet hom maar mooi manage.Ek het onlangs van die Tesla powerwall gehoor. Baie duur, maar die reviews en natuurlik Tesla se reputasie as dit by batterye kom is baie goed. Soos almal hier noem is batterye maar die probleme. Hierdie manne maak seker die beste batterye in die wereld.
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by JJV »

Ek wens ek het meer van die stelsels geweet, op stadium wou ek in so rigting ingegaan het.
Ek dink jy moet eerste besluit WAT die doel van jou stelsel moet wees.
Wil jy:
1. 100% onafhanklik van Eskom gaan.
2. “Backup” krag hê vir tydperk as dit loadshedding is.
3. Jou kragrekening verminder met of sonder backup as Eskom afgaan.

1. Gaan jou baie geld kos en jy sal moet probeer ontslae raak van alle groot krag gebruikers in jou huis. geysers, stowe, aircons,etc
2. Redelik eenvouding, grid tied inverter met paar batterye
3. Redelik duur met sonpanele en grid tied inverter (en batterye as jy backup krag soek).

Jy moet rondkyk vir beste pryse, ‘n Bosch Ksv33 lae energie Yskas kos R11600 by sonkrag plek wat ek na gekyk het, ek het hom onlangs by house and home vir R8000 gesien, ek het so 5 jaar gelede so een vir die plaas by house and home gekoop. Beste sonkrag koop ooit!

Kry kwotasies by verskillende plekke, kyk wat elke ou voorstel en vra hoekom hy juis so iets voorstel.

Sterkte, dink die Eskom probleem gaan net slegter word!

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Pvdw »

JJV wrote:
Pvdw wrote:
JJV wrote:Ons het 4 kw sisteem op die plaas maar gebruik gas stowe en geysers, ek sien daar is sprake waar mense nou jou sonkrag stelsel kan registreer en dan surplus krag deur die dag aan Eskom kan lewer, wanneer dit gebeur sal mens kan krediete opbou by Eskom deur die dag en jy gebruik dit dan om jou krag deur die nag te betaal. Ek het dit reeds jaare gelede by vriende in Nam gesien, jy sit bedags krag terug en jou meter loop agteruit, as die son sak loop jou meter weer vorentoe. Die voordeel is dat jy dan nie duur batterye nodig het nie want jy “stoor” jou krag in Eskom se netwerk. Jy kn dus al die geld wat die duur batterye kos gebruik om meer sonpanele te koop om meer krediete te kry, as eskom egter afgaan het jy niks..... Die swakpunt van enige sonkrag stelsel is die duur batterye wat net beperkte leef
JJV hoe vêr kom mens met 4kW?? Ek wil 'n 4.6kW instaleer en het net gewonder oor hoeveel hy jou uithelp?? Gebruik jy hom net as backup? Ek het nes jy reeds geyser en stoof van die grid af.
Ons plaas het geen Eskom konneksie nie, so ons het lae energie yskas en vrieskas, ‘n tv en ligte getrek, as jy wil stryk of toaster gebruik het jy maar vrieskas en yskas afgeskakel vir die oomblik, so die hele huis het van 4 kw af gewerk, jy moes maar net jou load manage, ons het ook klomp ligte 36volt led gemaak sodat dit direk v batterye af gewerk het sonder dat inverter hoef te loop. Ons het generator backup gehad vir die kwaai bewolkte dae, die groot gesukkel bly die batterye. Jy kon ook nou nie mal gaan met krag gebruik as son gesak het nie, want die batterye het maar partykeer te pap geword dan werk net die 36v ligte tot die son more opkom!

Sent from my iPhone using Tapatalk
Baie dankie, die gee my goeie idee van wat gedoen kan word met die 4kW.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Pvdw »

JJV wrote:Ek sien hulle praat deesdae van Super Capacitor batterye, google bietjie Sirius Super Capacitor, daai goed kan 100% discharge en laai in minute vol, hulle kan ook miljoen cycles van charge/discharge doen wat blykbaar amper 45jaar leeftyd is! Sal nogals hou daarvan om meer van hulle uit te vind!

Sent from my iPhone using Tapatalk

Teen +/- 50K vir 'n 3500W super cap koop ek eerder 3x 2500 Litium Iorn Pilon Tech baterye. Die super cap lyk nice maar is maar nog nuwe tegnologie wat homself moet bewys.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Pvdw »

Kalahari wrote:Peet en ander manne.

Ek sit met dieselfde beplanning maar kapitaal is die dr$%%l in die drinkwater.
Ons het Nam(NO) power driefase krag met 'n 25kva transformer. Ek sukkel om by verskaffers inligting te bekom rondom wat my opset moet behels om aan die behoefte te voorsien.

Ek het die afgelope 2 jaar se verbruik as inligting verskaf om 'n beraming te maak, maar ek wag nog.....

Die van julle wat reeds sonkrag gebruik met 'n battery sisteem en 'n tekort ondervind kan dalk 'n windlaaier ook oorweeg vir die aande se aanvulling tov batterye wat pap raak.
Ek weet dit is weer ekstra koste... net 'n gedagte
.
;D ;D Johan probleem is dat Pretoria 1 van die stede in die wêreld is wat die minste wind het. PE en J Bay is waar wind gebore word maar as hy hier uitkom is die wind uit sy seile uit!!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Pvdw »

'n Beter plan sou wees om al die groot kraggebruikers in jou huis (of waar ookal die stelsel geinstalleer is) direk van die PV selle, deur die omsetter te voer terwyl die son skyn. Stoor net 'n klein gedeelte van die energie in batterye vir beligting (met LED ligte) in die nag.
Presies waarheen ek werk. Met solar geyser en gasstoof reeds in plek wil ek bedags als wat ek kan doen en saans net ligte en yskas laat loop op Eskom/stadsraad.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Pvdw »

JJV wrote:Ek wens ek het meer van die stelsels geweet, op stadium wou ek in so rigting ingegaan het.
Ek dink jy moet eerste besluit WAT die doel van jou stelsel moet wees.
Wil jy:
1. 100% onafhanklik van Eskom gaan.
2. “Backup” krag hê vir tydperk as dit loadshedding is.
3. Jou kragrekening verminder met of sonder backup as Eskom afgaan.

1. Gaan jou baie geld kos en jy sal moet probeer ontslae raak van alle groot krag gebruikers in jou huis. geysers, stowe, aircons,etc
2. Redelik eenvouding, grid tied inverter met paar batterye
3. Redelik duur met sonpanele en grid tied inverter (en batterye as jy backup krag soek).

Jy moet rondkyk vir beste pryse, ‘n Bosch Ksv33 lae energie Yskas kos R11600 by sonkrag plek wat ek na gekyk het, ek het hom onlangs by house and home vir R8000 gesien, ek het so 5 jaar gelede so een vir die plaas by house and home gekoop. Beste sonkrag koop ooit!

Kry kwotasies by verskillende plekke, kyk wat elke ou voorstel en vra hoekom hy juis so iets voorstel.

Sterkte, dink die Eskom probleem gaan net slegter word!

Sent from my iPhone using Tapatalk
JJV jy sit dinge baie mooi hier uiteen. Wat my al meer opval is dat mense besef dat solar nie net meer gaan oor loadsheding nie. Al meer mense besef dat self voorsiening of tenminste aanvulling van krag 'n baie goeie beleging raak.

My 4.6kW sisteem gaan rondom 75-80k kos. As ons konserwatief kyk na 'n 5.5 sonskyn dag en 'n 5% eskilasie van Eskom se kant af sal die stelsel homself rondom 4 jaar af betaal. Daarna is dit "money for jam"

Backup baterye sonder om dit daagliks te gebruik om jou verbruik van eskom te verminder is egter 'n groot uitgawe wat mooi oorweeg moet word.
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Nella »

Goed, hierdie is waarmee ek my brood en botter verdien. .

Eerste plek kry jou krag verbruik profiel.
As jy, al is dit net vir 'n fraksie van 'n sekonde bv 8kw gebruik het jy 'n inverter nodig wat daai vir jou kan lewer.
Klink dom en dood logies maar dis een van die groot foute wat mense maak...
So bepaal wat is jou daaglikse konstante gebruik. ..maar ook baie belangrik kyk na hoeveel krag het jy nodig om daai biltong kerwer van jou aan geskakel te kry.
So nou weet mens....ek gebruik bv 650w konstant. ..maar daai kerwer soek 3kw om aan te kom...
Nou kyk jy na jou inverter waarin jy belangstel. ..hulle almal het 'n "surge"of 'n "startup" current.
Vat bv 'n 5kw mecer. ..hulle kan konstant 5kw lewer maar hy kan 10kw vir 'n x hoeveelheid tyd gee .

Volgende. ..kva en kW is nie die selfde nie.
'n 5kva inverter, behalwe as sy "power factor" 1 is gaan jou nie 5000w of 5kw gee nie.

So nou weet ons watse grote inverter het jy nodig.
Volgende baie belangrike ding....'n pv paneel is nie net 'n pv paneel nie
Daar is baie goeie redes hoekom hulle pryse verskil. ..en dit gaan plein weg oor hulle efektiewietyd. Goedkoop koop hier kan 'n man hard byt..en as jy klaar daai goed gekoop het..kom ek gee 'n voorbeeld.
Het begin van die jaar vir 'n kliënt 'n 10kw sisteem in gesit.
Op sy twee inverters het ek op die een my panele wat ek hom voorsien het gekoppel. .hulle het 90% plus van hulle "rated output " onder lading gelewer.
Op die ander inverter het ek sy panele wat hy self êrens gekoop het...hulle kon nie 50% maak onder lading nie.
Moet ook nie panele meng in die selfde bank nie.
'n klein paneel trek die bank af na sy waardes toe.

Volgende ding is beplan vooruit. As jy weet jy gaan nou begin met bv net 'n 5kw inverter, maar jy is besig met aanbouings en jy wil graag groter gaan later, dan kry vir jou van die begin af 'n eenheid wat jy op kan bylas. Help nie jy koop nou 'n eenheid wat nie kan bylas nie en as jy wil opgradeer moet jy hom weer vervang nie.

Ek het ook vir 'n forum lid 'n 5kw sisteem so maand terug in gesit...
Sy maandelikse gebruik was hier 7 tot 800kw.
Sy sisteem mooi uitgewerk. ..sy krag verbruik is nou so 90kw 'n maand.
Askuus. ..nou genoeg gepraat.
Stuur vir my 'n pm dan gee ek my sel nr dan kan ons gesels.
Sal met die grootste liefde raad gee waar ek kan.
Hennie Nel
Last edited by Nella on Mon Mar 11, 2019 8:15 am, edited 2 times in total.
Just smile and wave boys >:D
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Nella »

Basjan123 wrote:Ek het nou by kantoor 'n 5 kw Victron inverter en 4 batterye opgesit. Die stelsel werk eintlik soos 'n groot UPS. Gister was ons krag 4uur en 20 minute af en hy het sy kant gebring. Krag was aan voor die batery "laag" liggie begin flikker het. Ek hardloop 6 rekenaars, 2 printers, buisligte , telefoonstelsel, internet en my hardeskyf "back up stelsel". Ek is baie gelukkig en kan jou in kontak sit met die mense wat my gehelp het. My volgende stap is sonpanele, maar dit is eers vir volgende jaar. Ek kan jou egter nie tegniese raad gee nie , so jammer. Ek kon met 'n 3 kw inverter weg gekom het, maar die prys verskil was nie so groot nie.
Niks fout met victron produkte nie...defnetief van die top produkte. ..maar hulle prys :-\
As jy nie omgee nie wil jy my nie groot asb net die reeks en grote inverter gee en ook die spesifikasies op jou batterye nie.
Ek wil net bietjie my eie pryse reguleer asb
Just smile and wave boys >:D
User avatar
RiaanBotha
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Tue Dec 18, 2018 10:05 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by RiaanBotha »

Myself ook besig met ondersoek en rondsniffel na sonkrag.
Het op google op NexSolar die volgende pryse gekry en hulle gekontak vir meer inligting
2kW Solar with 5kW Inverter and 5kWh Lithium Ion Battery – R 62 000
3kW Solar with 5kW Inverter and 5kWh Lithium Ion Battery – R 73 000
5kW Solar with 5kW Inverter and 10kWh Lithium Ion Battery – R 105 500
10kW Solar with 10kW Inverter and 15kWh Lithium Ion Battery – R 183 500

Ek het gereken om die 5kW Solar with 5kW Inverter and 10kWh Lithium Ion Battery roete te gaan.
Dis duur, maar soos hier bo ook genoem sal die homself in so 3 jaar klaar betaal.
Thunderhead
Hero Member
Hero Member
Posts: 512
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Thunderhead »

Goeie more ek wil maar ook weg beweeg van Eskom af het gas stoof en nou wil ek gas geyser koop maar nie seker wat se een nie. Enige raad?
Groete Pieter
Post Reply