Accuracy International AT308 opinie

Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2335
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Accuracy International AT308 opinie

Post by Diesel Dog »

[quote=V-Bull post_id=812458 time=1589135419 user_id=15586]
DD, daar is niks fout met die .30 kalibers nie. Maar die 6.5 en 7mm Punte het n baie hoër BC as die .30 kalibers (obvious) maar vir die vergelyking gaan ek dit probeer kort hou, as dit nie sin maak nie sê net dan Sal ek in meer detail probeer verduidelik. n 190gr 7mm punt het n BC van .751 en n 190gr .30 cal punt het n BC van .576. Dus “vlieg” die 7mm punt baie beter as die .30 cal. Met n hoër BC punt teen dieselfde spoed gaan die hoër BC punt minder val en minder geaffekteer deur wind. Om dieselfde BC in n .30cal te skiet moet mens na n 220gr punt toe beweeg wat n BC van .717 het, nogsteeds nie by die 7mm nie maar nader, om die .30 cal punt teen dieselfde spoed te skiet as die 7mm punt het jy n groter dop nodig en baie meer kruit gebruik en meer recoil gaan teenwoordig wees met die .30 cal wat dieselfde BC punt teen dieselfde spoed as die 7mm punt skiet

Sent from my iPhone using Tapatalk
[/quote]

Kaliber vergelykings waar daar nie van die swaarste en hoogste bc koeels wat teen die hoogste veilge spoed vir die onderskye kalibers gelanseer word nie ,is na my mening nie geloofwaardig nie .Dit onderskraag net die punt wat die skrywer wil maak en baie oningeligte mense anvaar dit as feite wat aan seker kalibers die vermoe gee om natuur wete te oorskry.As verminderde recoil die maatstaf van performace is dan is .30 kalibers nie vir jou nie. :laugh: PS Ek is mal oor my 6.5 maar hy stoot my nie so lekker rond soos die swaar .30 nie

DD
3kus
Full Member
Full Member
Posts: 152
Joined: Mon Mar 26, 2018 11:02 am

Re: Accuracy International AT308 opinie

Post by 3kus »

Dankie manne, ek is nou terug na die "drawing board" met al julle terugvoer, baie dankie daarvoor. Met al die opsies daar buite raak dit partykeer oorweldighend. Tog bly die 260 en 6.5CM beide kalibers wat ek sal oorweeg, en ja.... ons sal seker altyd verder wil skiet. :)

Ek sal graag nog 'n geweer laat bou, dalk is nou die ideale geleentheid. Rand en sent en waarvan jy hou speel ook 'n rol.

Ek sal weer kers opsteek by julle manne vorentoe. Lekker aand, Drikus
.22LR / 308 Win / 6.5x55 SE / 6.5CM / 7 RSAUM / 338WM / 375H&H / 9mm
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Accuracy International AT308 opinie

Post by Capt. Yoda »

3kus bou vir jou n roer, dit vat langer maar dit is baie lekkerder as om een te koop.

Klink my die nuwe remington aksies is weer op die standaard wat hulle vroer jare was so jy kan bq goedkoper weg kom anders kry n custom wat jou sak pas. Gooi n 1/9twist 30 of 28” duim HV loop op en laat bou n kolf wat jy wil he, vir le en skiet sal ek persoonlik eder na die Fklas toepe kolwe kyk as na n chassis.

Laat kamer daai loop in 300norma of n 300norma imp en gaan mal, ek sal op my kop staan as enige 6.5mm daai roer/kaliber se ballistics klop
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Accuracy International AT308 opinie

Post by ruaanb »

jankraay wrote: Sun May 10, 2020 8:24 pm
Diesel Dog wrote:Miskien daar waar jy bly, die lug is so dun dit tas jou brein aan! >:D

DD
Hahaha ag ek moes kom stir en ek dink baie manne wou my nou op my m@er kom vertelImageImageImage

Sent from my iPhone using Tapatalk
Jou drank is seker op!
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Accuracy International AT308 opinie

Post by jankraay »

ruaanb wrote:

Nie regtig nieImage

Sent from my iPhone using Tapatalk
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Accuracy International AT308 opinie

Post by Eugene »

Ek het lank terug hierdie raad gekry oor 'n LA kaliber: "Kies eers jou koeel, dan die dop/cartridge waaruit jy dit wil skiet, met inagneming van jou beskikbare kruite om daai koeel optimaal te kan aandryf en dan die fabrikaat/maak van jou geweer."

'n Howa is meer as voldoende vir LA skiet. As jy dit egter gaan begin pimp met allerhande chassis en dinge, moet jy die koste oorweeg, want dit kan jou makliker meer kos as 'n TRG as jy nie gaan kophou nie. Dan met 'n TRG, betaal jy klaar vir die chassis, so as jy nie daarvan hou nie, help dit nie veel, in geld waarde, om daai roete te gaan nie.

Oor watter kaliber die beste is en watter koeel die beste is, kan ons lank praat en baie van ons se persoonlike voorkeure en afkeure, gaan ons opinies beinvloed. Ek skiet gemaklik met my 6.5-284 met 'n 147gr tot op 1400m in enige wind, alhoewel 1200m seker sy "optimale maksimum" afstand is. Ek skiet ook lekker met my 300NM Imp met 'n 225gr tot op 1600m (nog nie baie kans gekry om verder te probeer nie), maar ek geniet die kaliber meer van 700m af en verkies die 6.5 op nader afstande omdat die groter kalibers dit moeilik maak (vir my) om jou deurvolg lekker te handhaaf op die nader afstande.... Die recoil verslaafdes, sal weer met my verskil en die man wat van dag 1 af met sy 300WSM of 338LM begin LA skiet het, is gewoond daaraan en ry al die recoil lekker.

Sterkte met jou besluit 3kus, dit bly lekker om te beplan en te wonder, want as jy eers die roer het, moet jy raakskiet! ;)
Aim small, miss small
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Accuracy International AT308 opinie

Post by Wouter Roets »

3kus

Eugene gee goeie raad en verstaan van die tiepe goed. Het jy enigsins na ander vervaardigers se aanbiedinge gekyk as die twee wat jy noem?

Groetnis
Wouter
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3999
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Accuracy International AT308 opinie

Post by tau »

3kus.

Ek sê jou wat.

Laat bou daar 'n 30" 1:8 twist 7mm RM dan skiet jy 175 gr 0f 180gr koeëls teen 3000fps. Daai 7mm BC is so goed hy skiet om die wind. As die gun nie op 1000m perform nie dan kom haal ek hom dadelik by jou.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
3kus
Full Member
Full Member
Posts: 152
Joined: Mon Mar 26, 2018 11:02 am

Re: Accuracy International AT308 opinie

Post by 3kus »

Eugene wrote: Mon May 11, 2020 12:44 pm Ek het lank terug hierdie raad gekry oor 'n LA kaliber: "Kies eers jou koeel, dan die dop/cartridge waaruit jy dit wil skiet, met inagneming van jou beskikbare kruite om daai koeel optimaal te kan aandryf en dan die fabrikaat/maak van jou geweer."

'n Howa is meer as voldoende vir LA skiet. As jy dit egter gaan begin pimp met allerhande chassis en dinge, moet jy die koste oorweeg, want dit kan jou makliker meer kos as 'n TRG as jy nie gaan kophou nie. Dan met 'n TRG, betaal jy klaar vir die chassis, so as jy nie daarvan hou nie, help dit nie veel, in geld waarde, om daai roete te gaan nie.

Oor watter kaliber die beste is en watter koeel die beste is, kan ons lank praat en baie van ons se persoonlike voorkeure en afkeure, gaan ons opinies beinvloed. Ek skiet gemaklik met my 6.5-284 met 'n 147gr tot op 1400m in enige wind, alhoewel 1200m seker sy "optimale maksimum" afstand is. Ek skiet ook lekker met my 300NM Imp met 'n 225gr tot op 1600m (nog nie baie kans gekry om verder te probeer nie), maar ek geniet die kaliber meer van 700m af en verkies die 6.5 op nader afstande omdat die groter kalibers dit moeilik maak (vir my) om jou deurvolg lekker te handhaaf op die nader afstande.... Die recoil verslaafdes, sal weer met my verskil en die man wat van dag 1 af met sy 300WSM of 338LM begin LA skiet het, is gewoond daaraan en ry al die recoil lekker.

Sterkte met jou besluit 3kus, dit bly lekker om te beplan en te wonder, want as jy eers die roer het, moet jy raakskiet! ;)
Dankie Eugene, dis nou "sage advice" soos die engels man se. Moet se, daardie 6.5-284 spook ook so bietjie by my. Soos jy se, dit bly lekker om te beplan en wonder. Groete Drikus
.22LR / 308 Win / 6.5x55 SE / 6.5CM / 7 RSAUM / 338WM / 375H&H / 9mm
3kus
Full Member
Full Member
Posts: 152
Joined: Mon Mar 26, 2018 11:02 am

Re: Accuracy International AT308 opinie

Post by 3kus »

Wouter Roets wrote: Mon May 11, 2020 1:29 pm 3kus

Eugene gee goeie raad en verstaan van die tiepe goed. Het jy enigsins na ander vervaardigers se aanbiedinge gekyk as die twee wat jy noem?

Groetnis
Wouter
Hallo Wouter, om die waarheid te se het ek 'n ruk terug die TRG gesien en was op die punt om die sneller te trek toe kom die AI oor my pad. Kosmeties het die AI vir my mooier gelyk, die kleur opsie was ook natuurlik beter as die TRG... maar op die einde van die dag wil jy nie net na die roer staan en kyk nie, jy moet darem skiet ook.

Ek het gekyk na die Oryx chassis, Warrior en die KRG Bravo van Howa op die web en met lockdown is dit moeilik om die manne onder hande te neem. Van die pasmaak gewere met oorsese komponente kan baie duur raak en dit raak ook weer 'n veel wyer gesprek.. soos ek tot dusver kon sien.

Het jy enige voorstelle?
.22LR / 308 Win / 6.5x55 SE / 6.5CM / 7 RSAUM / 338WM / 375H&H / 9mm
3kus
Full Member
Full Member
Posts: 152
Joined: Mon Mar 26, 2018 11:02 am

Re: Accuracy International AT308 opinie

Post by 3kus »

tau wrote: Mon May 11, 2020 3:47 pm 3kus.

Ek sê jou wat.

Laat bou daar 'n 30" 1:8 twist 7mm RM dan skiet jy 175 gr 0f 180gr koeëls teen 3000fps. Daai 7mm BC is so goed hy skiet om die wind. As die gun nie op 1000m perform nie dan kom haal ek hom dadelik by jou.
Dankie Tau, ek het ook vanmiddag daardie raad gekry, en moet se dit gooi nou die appelkar om! :laugh:
.22LR / 308 Win / 6.5x55 SE / 6.5CM / 7 RSAUM / 338WM / 375H&H / 9mm
figjam
Full Member
Full Member
Posts: 242
Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm

Re: Accuracy International AT308 opinie

Post by figjam »

Naandsê 3kus. Ek is nou nie 'n boffin op die kalibers nie, maar ek stem dat jy eerstens moet besluit of jy gemaklik tot op 1000m wil skiet of gemaklik tot op 1500m of 2km+. Daar skakel jy reeds meeste kalibers uit. Dis nogal jammer die Howa 300 Prc is nog nie hier nie, sou sekerlik 'n opsie wees vir jou.

Ek kan jou wel 'n bietjie raad gee omtrent kolwe op die huidige stadium.. Daars byna niks. Hopelik as dinge beter lyk sal daar weer inkom, maar jy gaan nou sukkel om 'n Mdt of 'n Krg in die hande te kry, afhangende van die aksie natuurlik. Kleure gaan ook baie beperk wees sou jy kry. Hier word wel plaaslik baie smart laminated kolwe gebou.

Sterkte met die besluit - ek hoop ek kan eendag hierdie probleem he! Gee terugvoer oor watter kaliber en kolf jy kies.
User avatar
Haasvel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Wed Mar 29, 2017 8:18 pm

Re: Accuracy International AT308 opinie

Post by Haasvel »

Arnold wrote:Hi 3kus

Is daar n rede dat jy vir n 308 wil gaan en nie eerder n 6.5 Creedmoor nie?

Tikka T3 met n MDT ESS gaan als doen wat jy wil hê.
Image

'n 308 het sy plek maar soos jy praat klink n 6.5 na n beter opsie. Die TRG en AI kom ook in 6.5mm variante as jy daai pad wil gaan.

... maar as jy ernstiger oor kompetisie is sou ek bietjie opskuif na die 300WM of 338LM (afhangende daarvan of hierdie binne die kompetisie reëls is)
Arnold, jy spog altyd met die foto (chassis) en nou smous jy hom? Jammer vir die high jack Image

one shot, one kill - no luck, all skill

User avatar
Boesman1
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Wed Jul 17, 2019 8:34 pm

Re: Accuracy International AT308 opinie

Post by Boesman1 »

3kus, as ek vandag weet wat ek geweet het voordat ek my gewere begin koop het sou ek eerder bele het in n AI AX MC. Jy het 1 scope en een chassis maar jy kan n verskydenheid lope he in verskillende kalibers. Op die lang duur sou dit vir my persoonlik baie goedkoper gewees het as om vir elke geweer n chassis en scope te moet koop en elke geweer kry nog n silencer ook op.

Ek het die Trg22 260 ek persoonlik voel die Trg is bietjie overrated. Die kolf pas my nie goed nie en om dit te verander moet ek spacers gaan koop wat ek nog nie kon opspoor nie. Die AI het n verstel knop vir die wangstuk en die length of pull.

As ek in jou posisie was sou ek die AI gekoop het.

PS. Voor ek weer n trg 22 koop sal ek eerder kyk na die Tikka A1 of nog n ruger rpr.

Groete

Sent from my iPad using Tapatalk
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Accuracy International AT308 opinie

Post by Arnold »

Haasvel wrote:
Arnold wrote:Hi 3kus

Is daar n rede dat jy vir n 308 wil gaan en nie eerder n 6.5 Creedmoor nie?

Tikka T3 met n MDT ESS gaan als doen wat jy wil hê.
Image

'n 308 het sy plek maar soos jy praat klink n 6.5 na n beter opsie. Die TRG en AI kom ook in 6.5mm variante as jy daai pad wil gaan.

... maar as jy ernstiger oor kompetisie is sou ek bietjie opskuif na die 300WM of 338LM (afhangende daarvan of hierdie binne die kompetisie reëls is)
Arnold, jy spog altyd met die foto (chassis) en nou smous jy hom? Jammer vir die high jack Image

one shot, one kill - no luck, all skill
Haasvel, ek het meer as een ;)
My 6 Creedmoor het ook een op.

Interessante kommentaar oor hoe die TRG jou pas. Ek het hierdie al voorheen gehoor. Maar ek sou ook eerder n AI kies as dit op die kaarte was.

Sent from my iPad using Tapatalk
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Accuracy International AT308 opinie

Post by Andre308 »

So bietjie van toppic af, maar mens kon n tyd trug die Nimrod gewere ook koop in SA by euro optics. Dit was maar n AI met n ander naam en daarvoor het jy n paar rand minder betaal. Ek was nogal stout vir so Nimrod nommer.

Groete
Andre
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Accuracy International AT308 opinie

Post by Arnold »

Andre308 wrote:So bietjie van toppic af, maar mens kon n tyd trug die Nimrod gewere ook koop in SA by euro optics. Dit was maar n AI met n ander naam en daarvoor het jy n paar rand minder betaal. Ek was nogal stout vir so Nimrod nommer.

Groete
Andre
Hulle het baie mooi gelyk. 3 lug aksie met n Rem700 footprint uit Duitsland met Walther lope op. Ek wonder hoekom daar nie weer van hulle ingebring is nie want hulle was baie goedkoper as n AI en het goed gelyk.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Accuracy International AT308 opinie

Post by jankraay »

Drikus Eugene maak n geldige punt met wat hy se. Besluit mooi oor die gebruik en of jy moontlik verder as die gegewe afstand sal wil skiet eendag. Baseer jou besluit op dit en gaan lees op oor watse koeël jy sal wil skiet. Na dit sal die res vanself kom...

Oh ja...dit is te danke aan Eugene dat ek oor is 6.5-284 toe en kyk nie een dag terug nie.

Groete

Sent from my iPhone using Tapatalk
3kus
Full Member
Full Member
Posts: 152
Joined: Mon Mar 26, 2018 11:02 am

Re: Accuracy International AT308 opinie

Post by 3kus »

Boesman1 wrote: Mon May 11, 2020 7:57 pm 3kus, as ek vandag weet wat ek geweet het voordat ek my gewere begin koop het sou ek eerder bele het in n AI AX MC. Jy het 1 scope en een chassis maar jy kan n verskydenheid lope he in verskillende kalibers. Op die lang duur sou dit vir my persoonlik baie goedkoper gewees het as om vir elke geweer n chassis en scope te moet koop en elke geweer kry nog n silencer ook op.

Ek het die Trg22 260 ek persoonlik voel die Trg is bietjie overrated. Die kolf pas my nie goed nie en om dit te verander moet ek spacers gaan koop wat ek nog nie kon opspoor nie. Die AI het n verstel knop vir die wangstuk en die length of pull.

As ek in jou posisie was sou ek die AI gekoop het.

PS. Voor ek weer n trg 22 koop sal ek eerder kyk na die Tikka A1 of nog n ruger rpr.

Groete

Sent from my iPad using Tapatalk
Boesman, jy help my net verder om nog meer in die moeilikheid te kom. :laugh:
.22LR / 308 Win / 6.5x55 SE / 6.5CM / 7 RSAUM / 338WM / 375H&H / 9mm
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Accuracy International AT308 opinie

Post by Wouter Roets »

Hallo 3kus

Boesman het dit ook genoem, jy kan gerus kyk na n Ruger RPR. Jy het n lekker keuse van kalibers(6mm CM, 6.5 CM, 6.5PRC, 300 PRC en 338 Lapua) en die gewere gee vir my huidig baie goeie resultate. Ek verstout my om te se waarde vir geld word hy bitter moeilik geklop.

Groetnis
Wouter
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Accuracy International AT308 opinie

Post by Eugene »

Manne, op 'n ander noot en jammer vir die hijack 3kus, Ek sien al hoe meer manne wat die chassis sisteem aanbeveel vir LA skiet. Vir my lyk dit altyd erg mooi takties, maar dis vir my vrek ongemaklik om mee te skiet en die gewig is nie altyd genoeg om werklik recoil mooi te ry op groter kalibers nie. Ek verkies 'n F-klas "hybrid" tipe kolf vir LA skiet en jag. Dit het die nodige gewig, laminated hout maak dit weerbestand en "mooi" en dis vir my baie meer gemaklik. Wat is julle opinie daaroor?
Aim small, miss small
figjam
Full Member
Full Member
Posts: 242
Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm

Re: Accuracy International AT308 opinie

Post by figjam »

Skiet waarmee jy gemaklik is. Ekt al van 'n hele paar ouens gehoor wat nie regkom met die pistol-grip van 'n chassis nie.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Accuracy International AT308 opinie

Post by Capt. Yoda »

Eugene wrote: Tue May 12, 2020 9:07 am Manne, op 'n ander noot en jammer vir die hijack 3kus, Ek sien al hoe meer manne wat die chassis sisteem aanbeveel vir LA skiet. Vir my lyk dit altyd erg mooi takties, maar dis vir my vrek ongemaklik om mee te skiet en die gewig is nie altyd genoeg om werklik recoil mooi te ry op groter kalibers nie. Ek verkies 'n F-klas "hybrid" tipe kolf vir LA skiet en jag. Dit het die nodige gewig, laminated hout maak dit weerbestand en "mooi" en dis vir my baie meer gemaklik. Wat is julle opinie daaroor?
Ja dit is nogals interesant, wat ek kan sien en ek kan verkeerd wees is dat baie ELR ouens geneig is om Chassis te gebruik maar jy sien dit min of in n minder mate by Fklas skuts. Ek verkies ook eder n “F klas tiepe” kolf.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Accuracy International AT308 opinie

Post by Arnold »

Dit hang seker maar af van jou gebruiksgeval. Meeste chassis is nie ontwerp met die doel vir le en skiet met 'n swaar agterste sandsak en voorste rus nie. Mens kan baie van die chassis aanpas om dit te kan doen maar dan verloor mens die look. So ja ek dink hierdie is maar 'n persoonlike keuse en almal is nie so ernstig om die kleinste groepe op langafstand te skiet nie maa is lief vir skiet en hou ook van hoe hulle toerusing lyk (nie dat kolwe nie mooi kan wees nie)
3kus
Full Member
Full Member
Posts: 152
Joined: Mon Mar 26, 2018 11:02 am

Re: Accuracy International AT308 opinie

Post by 3kus »

Wouter Roets wrote: Tue May 12, 2020 8:55 am Hallo 3kus

Boesman het dit ook genoem, jy kan gerus kyk na n Ruger RPR. Jy het n lekker keuse van kalibers(6mm CM, 6.5 CM, 6.5PRC, 300 PRC en 338 Lapua) en die gewere gee vir my huidig baie goeie resultate. Ek verstout my om te se waarde vir geld word hy bitter moeilik geklop.

Groetnis
Wouter
Dankie Wouter
.22LR / 308 Win / 6.5x55 SE / 6.5CM / 7 RSAUM / 338WM / 375H&H / 9mm
Post Reply