Accuracy International AT308 opinie
-
3kus
- Full Member

- Posts: 152
- Joined: Mon Mar 26, 2018 11:02 am
Accuracy International AT308 opinie
Middag almal,
Ek is opsoek na 'n lekker geweer om papier te skiet, lang afstand ± 1km en dalk hier en daar kompetisie te skiet. Ek het na die TRG 22 in .308 gekyk en toe op die AI in 308 afgekom. Daar is 'n paar verskille tussen die twee gewere, maar is daar dalk iemand wat ondervinding het met die Accuracy International? of dalk albei? Weet die AI se looplengte is 24" vs 26" van TRG en AI het 'n 1:12" twist vs 1:11" in die TRG.
Baie dankie.

Alwin
- Hero Member

- Posts: 1878
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Accuracy International AT308 opinie
Het jy al na die AI se prys gekyk?
Meeste skuts wat lang afstand skiet begin met 'n eenvoudige (bekostigbare) geweer. Iets soos 'n dikloop Howa in 'n Warrior "chassis". Soos wat jou kennis en vaardighede verbeter, begin jy 'n smaak opbou vir wat jou ideale gweer moet kan doen. Dis eers dan wanneer jy nut gaan kry uit 'n duurder geweer.
Ek is nou nie so bedrewe op 1000m dat ek kan advies verkoop nie, maar ek vermoed dat 'n 308 met 1:12" groefdraai nie noodwendig ideaal is vir die doel nie. Ja ek het dit al gedoen, maar daar is beter opsies.
As ek dus slegs uit die 2 opsies kan kies, sal ek maklik die TRG kies. Maar dis gelukkig nie die enigste opsies nie.

Dankie Alwin, ek hoor jou, dis hoekom ek opinies vra. Daar is huidiglik 'n R7,500 verskil tussen die twee gewere waarna ek kyk, TRG die goedkoper een. Het gekyk om ook 'n dikloop Howa te koop en op 'n "chassis" te gooi... dit is 'n opsie. Die 1:12 twist pla my ook 'n bietjie, alhoewel daar gemengde terugvoering is rondom ligte en swaarder punte skiet met die AI.
.22LR / 308 Win / 6.5x55 SE / 6.5CM / 7 RSAUM / 338WM / 375H&H / 9mm
- Haasvel
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Wed Mar 29, 2017 8:18 pm
Re: Accuracy International AT308 opinie
Hi 3kus,
Ek kan jou eending sê en dis dat daar 'n massiewe verskil in boukoste van 'n Howa, Tikka en Rem met dukloop gaan wees teenoor AICS AT/AX platforms, alhoewel ek baie van die AICS AX Chassis hou.
Ou kan altyd kyk na MDT as jy 'n "high end" chassis wil opsit. My persoonlike keuse sal maar 'n dukloop (26"+) wees met 1/10 of selfs vinniger draai.
Net my opinie
Mooi bly
one shot, one kill - no luck, all skill

- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Accuracy International AT308 opinie
Hi 3kus
Is daar n rede dat jy vir n 308 wil gaan en nie eerder n 6.5 Creedmoor nie?
Tikka T3 met n MDT ESS gaan als doen wat jy wil hê.

'n 308 het sy plek maar soos jy praat klink n 6.5 na n beter opsie. Die TRG en AI kom ook in 6.5mm variante as jy daai pad wil gaan.
... maar as jy ernstiger oor kompetisie is sou ek bietjie opskuif na die 300WM of 338LM (afhangende daarvan of hierdie binne die kompetisie reëls is)

- henk.spioenkop
- Sr. Member

- Posts: 298
- Joined: Thu Jul 30, 2015 12:45 pm
Re: Accuracy International AT308 opinie
Middag. Henk van Zyl hier. As ek tussen die 2 moes kies sal dit die TRG wees eerste keuse. 2de keuse Howa met kolf van keuse. Die kaliber sou 300WM wees. Nooit 308 vir doel wat jy noem.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- henk.spioenkop
- Sr. Member

- Posts: 298
- Joined: Thu Jul 30, 2015 12:45 pm
Re: Accuracy International AT308 opinie
Ek sou net die 308 kaliber TRG koop omdat ek alreeds die 338 en 260 het, sou hulle dit in die regte kleur gehad het.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- WicusdP
- Sr. Member

- Posts: 389
- Joined: Tue Jul 12, 2016 8:50 pm
Re: Accuracy International AT308 opinie
TRG.....300Win
22-250 Musgrave
6 XC Krieger/Savage
243 Howa
300WSM Tikka Super Varmint
22-250 Weatherby Varmint
6.5 Creed Tikka
6 XC Krieger/Savage
243 Howa
300WSM Tikka Super Varmint
22-250 Weatherby Varmint
6.5 Creed Tikka
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Accuracy International AT308 opinie
As ek kon sou ek darem eerder die AI in 300WM vat. Hy het darem seker n 10 twist loop en nie 11 nie? Behalwe vir lyk die AI AX vir my mooier as die TRGWicusdP wrote:TRG.....300Win
Maar ja, vir die doel sou ek kies tussen 6.5 Creedmoor / 260 Rem en 300 Win as ek n geweer van die rak af moet vat. 24" loop in een van die 6.5e is ok en dan n minimum van 26" op die 300Win
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
-
V-Bull
- Newbie

- Posts: 13
- Joined: Mon Apr 27, 2020 5:23 pm
Re: Accuracy International AT308 opinie
3kus, die verskil tussen TRG en AI is weglaatbaar klein. En dan is daar ook n opsie om n geweer te bou. Die voordele daarvan is dat jy n magnum aksie kan kies en langer Punte kan laai, kort aksie se magasyne is baie kort. n geboude geweer met n defiance aksie en AI kolf gaan min of meer by dieselfde prys uitkom, en dan het jy ook die opsie om n loop met die regte twist en kaliber te kies, dan kan jy kyk na 6.5 of 7mm kalibers wat beter “performance” het as .30 kalibers, wat net so goed indien nie beter akkuraatheid van n AI of TRG sal kry. Die nadeel is wagtyd, dit vat lank om n geweer te laat bou.
Jammer as ek van die topic af gedwaal het, maar tussen die AI en TRG is dit net persoonlike voorkeer wat saak maak.
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk
Jammer as ek van die topic af gedwaal het, maar tussen die AI en TRG is dit net persoonlike voorkeer wat saak maak.
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk
- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: Accuracy International AT308 opinie
Met n .308 en n 24” loop gaan jy maar bietjie sukkel met die LA. Ek se nie dit kan nie gedoen word nie maar dit vat verseker meer werk.
Kyk wat jou sak pas en koop hom. Die .300 WSM, .300 WM, groter 6.5 kalibers asook die 7mm variante is verseker n beter opsie in my oë.
Onthou jy gaan net so lank 1000m skiet en dan wil jy verder gaan maar is dan beperk.
Hoop dit help.
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk
Kyk wat jou sak pas en koop hom. Die .300 WSM, .300 WM, groter 6.5 kalibers asook die 7mm variante is verseker n beter opsie in my oë.
Onthou jy gaan net so lank 1000m skiet en dan wil jy verder gaan maar is dan beperk.
Hoop dit help.
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2335
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: Accuracy International AT308 opinie
[quote] en dan het jy ook die opsie om n loop met die regte twist en kaliber te kies, dan kan jy kyk na 6.5 of 7mm kalibers wat beter “performance” het as .30 kalibers,[/quote]
V-Bull ek stem met meeste van wat jy skryf saam maar jou stelling oor" lack of performance" van . 30 kalibers teenoor 6.5 en 7mm is vir my interesant miskien moet jy performance definieer, dalk verstaan ek dan beter.
DD
V-Bull ek stem met meeste van wat jy skryf saam maar jou stelling oor" lack of performance" van . 30 kalibers teenoor 6.5 en 7mm is vir my interesant miskien moet jy performance definieer, dalk verstaan ek dan beter.
DD
- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: Accuracy International AT308 opinie
6.5 CM outperform die .30 kalibers tot op 1200m...Diesel Dog wrote:V-Bull ek stem met meeste van wat jy skryf saam maar jou stelling oor" lack of performance" van . 30 kalibers teenoor 6.5 en 7mm is vir my interesant miskien moet jy performance definieer, dalk verstaan ek dan beter.en dan het jy ook die opsie om n loop met die regte twist en kaliber te kies, dan kan jy kyk na 6.5 of 7mm kalibers wat beter “performance” het as .30 kalibers,
DD
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2335
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: Accuracy International AT308 opinie
Miskien daar waar jy bly, die lug is so dun dit tas jou brein aan!
DD
DD
- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: Accuracy International AT308 opinie
Hahaha ag ek moes kom stir en ek dink baie manne wou my nou op my m@er kom vertelDiesel Dog wrote:Miskien daar waar jy bly, die lug is so dun dit tas jou brein aan!![]()
DD

Sent from my iPhone using Tapatalk
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Accuracy International AT308 opinie
Jan, hier by ons skiet n 300WM met gepaste koeëls definitief beter in die wind as n 6.5 Creedmoor met gepaste koeëls.jankraay wrote:6.5 CM outperform die .30 kalibers tot op 1200m...Diesel Dog wrote:V-Bull ek stem met meeste van wat jy skryf saam maar jou stelling oor" lack of performance" van . 30 kalibers teenoor 6.5 en 7mm is vir my interesant miskien moet jy performance definieer, dalk verstaan ek dan beter.en dan het jy ook die opsie om n loop met die regte twist en kaliber te kies, dan kan jy kyk na 6.5 of 7mm kalibers wat beter “performance” het as .30 kalibers,
DD
Sent from my iPhone using Tapatalk
As jy iets soos n 215gr Berger (of swaarder) uit n 300 WM skiet teen ongeveer 2950fps (26" loop) doen hy definitief beter as n 140gr uit n 6.5 Creed teen iewers by 2750 fps uit n 24" loop.
Jy is seker verveeld terwyl jy vir die movie wag om te begin.
-
V-Bull
- Newbie

- Posts: 13
- Joined: Mon Apr 27, 2020 5:23 pm
Re: Accuracy International AT308 opinie
DD, daar is niks fout met die .30 kalibers nie. Maar die 6.5 en 7mm Punte het n baie hoër BC as die .30 kalibers (obvious) maar vir die vergelyking gaan ek dit probeer kort hou, as dit nie sin maak nie sê net dan Sal ek in meer detail probeer verduidelik. n 190gr 7mm punt het n BC van .751 en n 190gr .30 cal punt het n BC van .576. Dus “vlieg” die 7mm punt baie beter as die .30 cal. Met n hoër BC punt teen dieselfde spoed gaan die hoër BC punt minder val en minder geaffekteer deur wind. Om dieselfde BC in n .30cal te skiet moet mens na n 220gr punt toe beweeg wat n BC van .717 het, nogsteeds nie by die 7mm nie maar nader, om die .30 cal punt teen dieselfde spoed te skiet as die 7mm punt het jy n groter dop nodig en baie meer kruit gebruik en meer recoil gaan teenwoordig wees met die .30 cal wat dieselfde BC punt teen dieselfde spoed as die 7mm punt skiet
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Accuracy International AT308 opinie
As jy kalibers vergelyk vir langafstand en jy gebruik die G1 BC waarde het jy my reeds verloor.
Om n super slanke 7mm teen n stomp 30 cal te vergelyk is nie regverdig nie.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Om n super slanke 7mm teen n stomp 30 cal te vergelyk is nie regverdig nie.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
-
3kus
- Full Member

- Posts: 152
- Joined: Mon Mar 26, 2018 11:02 am
Re: Accuracy International AT308 opinie
Hallo Henk, ja ek het gebrand om een in 260 Remington te kry, maar hulle is baie skaars.henk.spioenkop wrote: Sun May 10, 2020 4:24 pm Middag. Henk van Zyl hier. As ek tussen die 2 moes kies sal dit die TRG wees eerste keuse. 2de keuse Howa met kolf van keuse. Die kaliber sou 300WM wees. Nooit 308 vir doel wat jy noem.
Sent from my iPhone using Tapatalk
.22LR / 308 Win / 6.5x55 SE / 6.5CM / 7 RSAUM / 338WM / 375H&H / 9mm
- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: Accuracy International AT308 opinie
Arnold wrote:As jy kalibers vergelyk vir langafstand en jy gebruik die G1 BC waarde het jy my reeds verloor.
Om n super slanke 7mm teen n stomp 30 cal te vergelyk is nie regverdig nie.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Korrek. 225 ELD M .30 het n G7 van .391 en n 184 Berger Hybrid 7mm het n G7 van .356.Arnold wrote:As jy kalibers vergelyk vir langafstand en jy gebruik die G1 BC waarde het jy my reeds verloor.
Om n super slanke 7mm teen n stomp 30 cal te vergelyk is nie regverdig nie.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
V-Bull jy sal appels met appels moet vergelyk as jy daai stelling maak en na G7 waardes kyk vir LA want jy gaan sukkel met G1 op LA skiet.
Die 190 Berger Hybrid Target wat nou die nuwe trend setter vir die 7mm is se G7 BC is maar .384 in vergelyking met die 225 .30
Sent from my iPhone using Tapatalk
- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: Accuracy International AT308 opinie
Jammer vir die hijack 3kus. Dalk help dit met jou besluit
Sent from my iPhone using Tapatalk

Sent from my iPhone using Tapatalk
-
V-Bull
- Newbie

- Posts: 13
- Joined: Mon Apr 27, 2020 5:23 pm
Re: Accuracy International AT308 opinie
Jan Dankie vir daai, maar die punt wat ek probeer bewys het is dat mens met n .30 cal meer gewig (punt en kruit) nodig het om met ander kalibers te kompeteer en nie regtig daaruit baat nie.
Dis net my opinie...
Sent from my iPhone using Tapatalk
Dis net my opinie...
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
3kus
- Full Member

- Posts: 152
- Joined: Mon Mar 26, 2018 11:02 am
Re: Accuracy International AT308 opinie
Hallo Arnold, ek het baie van die TRG 22 gehou, aanvanklik die 260, maar omdat ek nie een kon kry nie het ek gedink om dalk nog 'n 308 te kry in die vorm van die TRG. Die 6.5CM alhoewel hy baie naby is aan my Swede, is definitief 'n opsie en kan dalk 'n lekker projek raak.Arnold wrote: Sun May 10, 2020 4:11 pm Hi 3kus
Is daar n rede dat jy vir n 308 wil gaan en nie eerder n 6.5 Creedmoor nie?
Tikka T3 met n MDT ESS gaan als doen wat jy wil hê.
'n 308 het sy plek maar soos jy praat klink n 6.5 na n beter opsie. Die TRG en AI kom ook in 6.5mm variante as jy daai pad wil gaan.
... maar as jy ernstiger oor kompetisie is sou ek bietjie opskuif na die 300WM of 338LM (afhangende daarvan of hierdie binne die kompetisie reëls is)
Groete, Drikus
.22LR / 308 Win / 6.5x55 SE / 6.5CM / 7 RSAUM / 338WM / 375H&H / 9mm
-
3kus
- Full Member

- Posts: 152
- Joined: Mon Mar 26, 2018 11:02 am
Re: Accuracy International AT308 opinie
jankraay wrote: Sun May 10, 2020 8:55 pm Jammer vir die hijack 3kus. Dalk help dit met jou besluit
Sent from my iPhone using Tapatalk
.22LR / 308 Win / 6.5x55 SE / 6.5CM / 7 RSAUM / 338WM / 375H&H / 9mm
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Accuracy International AT308 opinie
Swaarder is beter in wisselvallige wind. Jy gaan moontlik ook effe beter looplewe kry uit die groter kaliber as jy mik vir dieselfde windskuif vermoë en nie beter nie maar hierdie is nie iets wat ek noodwendig sal oorweeg nie.V-Bull wrote:Jan Dankie vir daai, maar die punt wat ek probeer bewys het is dat mens met n .30 cal meer gewig (punt en kruit) nodig het om met ander kalibers te kompeteer en nie regtig daaruit baat nie.
Dis net my opinie...
Sent from my iPhone using Tapatalk
As jy met n muzzle brake of silencer kan skiet speel recoil ook nie meer so groot rol nie.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk