Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by jdpretorius »

Cyon wrote: Mon Jan 20, 2020 12:23 pm Hi,

Ek will graag weet. het julle Elektrisiën gekry om julle te help?
Ek kan dit doen, maar wat sal hulle voorstel?
Ja. Omdat 'n ou aan jou huis/perseel se krag verander en daar waarskynlik werk/veranderings in jou DB gedoen moet word, moet jy sekerlik 'n nuwe COC doen. So dit is beter om 'n Elektrisiën te kry om die verandering na te gaan so wel as die COC uit te ryk.
As jy 'n kaans vat en iets gebeur soos jou huis brand af, dan betaal jou versekering nie.....eerder bang jan as dooie jan
Peet (Pvdw hier op die forum) is nogals deeglik met 'n COC en die vereistes.....hy het goed op getel by my wat die vorige ou sommer net "oor gesien" het
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas »

More manne

Interesante ding gesien die naweek. Ek het 9x330W panels op. So in alle teorie kan hul max 2970W lewer.
Panels peak.JPG
Blykbaar kan hul 110% lewer.
Die panele het Sondag 15kWh geproduseer. Teen daai produksie is die besparing amper R1000 per maand op die pompe. Ek dink op n wolklose dag kan dit hier by die 20kWh wees.

Ek het ook my inverter verander na die Kodak King (Voltronix). Nou kan ek groter vragte hardloop as wat my panele produseer. (Top up van Eskom)

Ek soek nou nog 3x330W Canadian Solar CS6U-330P panele as iemand dalk weet waar ek kan kry? Ek wil nie panele meng op die array nie.

Ek kry ook vandag my Pylontech 3.5kWh battery. Hoe stel julle die batterye op? Klink my n 100% charge is net so sleg vir sy leeftyd as n 100% discharge?
Soos ek verstaan sal n lekker balans wees iets soos 85% to af by 25%.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Nella »

Plaashaas.
Daai kodak king het n funksie spesefiek net vir die pylon.
Stel program 5 na pyl toe....konekteer jou kominikasie kabel tussen jou inverter en pylons .
Van daar hoef jy nie verder oor die laai/ontlaai waardes bekommerd te wees nie.
Just smile and wave boys >:D
User avatar
Cyon
Newbie
Newbie
Posts: 5
Joined: Thu Jan 09, 2020 10:49 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Cyon »

Plaashaas, wow, Ek kyk nou juis na die Kodak King 5kva inverter, Jy het my sopas oortuig om vir hom te gaan.

Ek will by julle hoor? Vanoggend op RSG sê hulle dat Eskom gaan druk vir 35% verhooging en nie 17% nie.

Ek sien hoe daar geen voorraad gaan wees nie en ook pryse gaan klim.
Wat is julle sê hier oor?
________________________
"One machine can do the work of fifty ordinary men. No machine can do the work of one extraordinary man."
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 450
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Basjan123 »

Nella wrote: Tue Jan 14, 2020 9:20 am
Plaashaas wrote: Wed Jan 08, 2020 7:06 am
Dirkvh wrote: Wed Jan 08, 2020 6:53 am Victron is maar die Land Cruiser van inverter produkte en Axpert/Mecer meer GWM. Image
:laugh: Daai is feite. Jou sisteem is baie impressive. Daai Victron is nou maar net die beste wat daar is. Ek is dik jaloers!

Vertel asb bietjie van jou panele en hoeveel krag jy daar opwek. Ook jou batterye.
Nogal nie.
Nella , jy noem hier iets van nogal nie ? Wil jy nie vir my/ons verduidelik hoekom jy so sê nie?
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas »

Cyon wrote: Thu Jan 30, 2020 8:47 am Plaashaas, wow, Ek kyk nou juis na die Kodak King 5kva inverter, Jy het my sopas oortuig om vir hom te gaan.
Ek is baie tevrede met die Inverter. Die feit dat hy die vrag kan "meng" is great. Gister was my beste produksie dag sover met 15.5kWh. Teen daai produksie spaar ek R1000/maand. Maar dit gaan nie net oor die geld nie, ek kan ook onhafhanklik van Eskom water pomp!

Die Kodak king is ook een van die min inverters wat "Pylontech ready" is. Hy kom reeds met n "port" en kabel vir die battery. Jy plug alles net in en dit werk. Op somige inverters moet jy nog n kabel en operating software koop (R2500+)
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Nella »

Basjan123 wrote: Thu Jan 30, 2020 9:49 am
Nella wrote: Tue Jan 14, 2020 9:20 am
Plaashaas wrote: Wed Jan 08, 2020 7:06 am

:laugh: Daai is feite. Jou sisteem is baie impressive. Daai Victron is nou maar net die beste wat daar is. Ek is dik jaloers!

Vertel asb bietjie van jou panele en hoeveel krag jy daar opwek. Ook jou batterye.
Nogal nie.
Nella , jy noem hier iets van nogal nie ? Wil jy nie vir my/ons verduidelik hoekom jy so sê nie?
Victron is n fantasies produk. Daars geen argument daar nie.
Maar. .......as jy n Victron stelsel moet opbou met al die funksies wat die Axpert king bv het dan kyk mens na amper 4 keer die king se prys.
Nou persoonlik dink ek victron het bietjie geslaap met juis die mentaliteit van ons is die beste.
Twee jaar terug het ek nie n mecer/axpert in gesit nie al betaal jy my nie...hulle kwaliteit was swak en hulle sagteware nog swakker. Maar nou het hulle drasties verbeter.
Kodak bv word deur Solis gemaak. Gaan lees maar na oor Solis .
Victron is n goeie produk. ..en met hulle nuwe multiplus eenhede het hulle weer bietjie veld gewen.
Is victron die beste wat daar is? Nie eers amper nie.
As my aplikasie vir my gwm haval is vir ma om die kinder by die skool af te laai en om inkopies te gaan doen ...hy baie beter brandstof verbruik, baie beter veiligheids rating...beter specs en en en het , Dan sukkel ek om soveel meer te betaal vir cruiser
Just smile and wave boys >:D
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Nella »

Hiers n instelasie wat ek nou onlangs klaar gemaak het in Namibia.
30 x 280w Ja panele. ...2 x 5kw Kodak king inverters en 3 x 3.5kw pylons li-ion batterye.
Als in gesluit met 4000km se vervoer en invoer belasting ..R168 000.
Stelsel hardloop n koelkamar wat 2.2-2.6 kw trek gemaklik.
IMG-20200114-WA0014.jpg
IMG-20200114-WA0017.jpg
IMG-20200114-WA0009.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Just smile and wave boys >:D
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas »

More Nella.

Daai is baie netjiese werk!

Kan ek bietjie raad vra asb? (Sommer hier op die forum want ek glo daar is baie manne wat aandagtig volg)

Ek het reeds geinstaleer:
1x Kodak King 5kW
12x 330W Canadian Solar (3S4P)
1x 3.5kW Pylontech

Die stelsel loop mooi en hardloop my pompe deur die dag:
Swembad 0.75kW
Koidam 0.75kW
Boorgat 0.75kW
Besproeing pomp 2.2kW (2 ure per dag op lusern/tuin)
Ek het al n resep wat op gewone sonskyn dag mooi werk. Boorgat start ek soms so vroeg as 6am. 8am Swembad, 9am Koidam ens. Tussen laai die stelsel weer die battery vir die aand. Dit is vir my buite ligte en lapa yskas en vrieskas.

Die stelsel gee darem meeste dae 20kWh.

My verbuik by Eskom is egter nog 57kWh per dag (avg oor 180 dae)

Ek oorweeg een van 2 opsies:
Opsie A
Solis 30kW 3 fase quad MPPT
48x 340W panels (4x arrays van 12 elk)
4x 3.5kW Pylontech batterye

Wat ek nie weet van die inverter nie is hoe die 3 fases beskikbaar is. Is dit 10kW elk of 30kW oor die 3 fases, bedoelende 1 fase kan bv n vrag van 20kW vat? Tweedens, het die inverter die "Grid assist" soos die King?

Opsie B
Nog 3 Kodak King Inverters
36x 340W panels (3x arrays van 12 elk)
6x 3.5kW Pylontech

Ek ken reeds die King en is tevrede met hom. Om 4 inverters te he maak my minder kwesbaar as een sou breek of probleme gee. Die King en Pylontech verstaan mekaar. Ek het nie lus vir sukkel met ICC nie.

Beide opsies sal R250k kos in materiaal (min of meer)
ROI 5 jaar (op huidige Eskom pryse)

Watter opsie sou die beter een wees?
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Nella »

More more Plaashaas.
Goed kom ons kyk.
Die 30kw solis is 10kw per fase alleenlik.
Voordele van opsie A
Inverter kom standaard met n 5 jaar waarborg.
Kan waarborg verleng na 10 jaar
Meer panele as opsie B en jy kan nog tot op 34kw bylas.
MAAR. ... die is n grid tied inverter. ..hy het geen funksie vir batterye nie.
En praat onder koreksie maar dink nie hy kan "grid assist " nie
Ek sal na opsie B toe gaan.
Kodak king het net 2 jaar waarborg
Jy gaan 6 inverters nodig hê om 30kw 3 fase te kan voorsien.
6 x 5kw king inverters kan 24kw se panele hanteer
Opsie B kan jy meer batterye by sit.
Just smile and wave boys >:D
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas »

Dankie Nella.

Vir die prys van King kan mens amper een spaar hou.

Net n vragie op jou instalasie, op die master battery het jy 2 kabels op die Link port?
En ek sien jy + en - van beide kante van die battery bank?
(Ek vra maar net, ek is geen kenner nie, wil net leer)
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Nella »

Skerp oog Plaashaas.
Die kabel wat op die boonste port van die master is..is op n verkeerde plek.
Ek het hom net in gedruk om die kabels agter toe deur getrek te kry..het hom na die tyd op die regte plek in gesit.
Omdat die drie batterye meer amp kan lewer as wat 1 kabel kan hanteer het ek elke inverter sy eie kabel paar gegee. Plus ook die klient will opgradeer na n vierde battery toe, en dan is een kabel stel heeltemal te jonk.
Altwee stelle kabels trek van die heel boonste en heel onderste battery krag
Just smile and wave boys >:D
Vleisie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Vleisie »

Hier is n vraag vir die kenners(dit kom met n lang aanloop):
Ek het vir n maand lank n logger ingehad en volgens die logger is my krag verbruik op sy piek dae op naweke 42kwh per dag( sluit in n elektriese geyser wat 3 keer leeg geloop het vir wasgoed was, asook die tuimeldroer wat geloop het). Volgens my Eskom rekening vir 24 maande is my gemiddelde verbruik 34kwh per dag.
As ek my elektriese geyser afsit gebruik ek 12-15kwh minder per 24h.
Hiermee dan my vraag, sal ek dan korrek wees om te sê n sisteem van:
10kva of 15kva( 10kva behoort genoeg te wees 2 of 3x5kva)
24x330w panele
30kwh(+-24kwh bruikbare krag teen 80%DOD)
sal groot genoeg wees as ek my elektriese geyser uithaal en oorskakel na gas toe?
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas »

Vleisie wrote: Fri Feb 07, 2020 1:46 pm Hier is n vraag vir die kenners(dit kom met n lang aanloop):

Jou vraag is geadreseer aan die "kenners" en dus moet ek eintlik my bek hou. Maar hier is my 2c.

Die vraag is nie net hoeveel krag jy gebruik in n dag nie maar ook wanneer gebruik jy die krag. (Oggend, middag, aand, ens) Dit het n groot invloed op jou stelsel.
Die batterye waarvan jy daar praat is oor die R200k op hul eie. :-[
Wat die geyser betref kan jy eerder na Solar kyk. Of selfs n DC element. Ek is deur 2 gas geyser en hou nie van hulle nie. (My opinie)

As ek jou kan raad gee, moenie worry om alles op een slag te doen nie. As ek jy is begin ek solank met 1x5kW inverter, 12x panele en 2x batterye. As jy mooi kies sal jou inverter die vrag wat kort vir eers aanvul met eskom. Daarna raak dit die game om Eskom stelselmatig te verminder. Die data op die Inverter sal dit alles mooi vir jou wys wat jy kort en wanneer. Begin net, al is dit klein. Vra baie vrae, moenie skaam wees nie.
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Swys14 »

Middag Manne

My stelsel is nou nie solar nie maar ek glo dis in lyn met wat hier bespreek word. Die mall waarin ek my self vind het nie gennies nie so ek moes self n plan maak.

Ek bedryf 'n franchise restaurant in die kaap en het iets nodig gehad om my POS, PCs en al my kombuis en FOH printers en al my ligte aan te hou. Ons het al die ligte in die winkel geskuif na twee stroombane en en die rooiplug (dedicated) baan gebruik vir al die elektronika (3 x PCs, Router + wifi toerustig vir klante, CCTV kameras en beheer komper, kantoor printer/scanner, 3 thermal en 2 bond kombuis printers. Met alles daai aan trek ons net onder die 5 Amps of so 900+ watts.

Ek hardloop natuurlik geen kombuis toerusting op dit nie so ons moes aanpas, gas fryers, hobs en grill en bietjie spanwerk dra 'n man 'n entjie.

Ek het toe 'n 5000VA Thesunpays (basies 'n Axpert) inverter en 'n Pylontech 2.4kwH + controller ingesit.

Ons sny die lyn hopeloos te fyn so ek skakel helfde vd ligte tans af met LS dan is ons OK vir die 2.5 ure. Met die groter 3.5kwH Pylontech sal ek gemaklik al die bogenoemde kan hardloop vir die tyd wat nodig is. Totale koste was R35k maar dit vat baie stress weg en dit was die geld werd glo ek.
User avatar
Heinds
Hero Member
Hero Member
Posts: 786
Joined: Thu Aug 18, 2011 2:33 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Heinds »

Ek wil darm ook bietjie saampraat. Hier het ek 'n 8KvA Sunsynk Hybrid parity inverter in met 'n 10kWh Dyness power wall.

Die inverter is goedgekeur deur CoCT en is redelik groot in sy klas wat beteken dat jy meer met hom kan trek. Jy kan ook meer van hulle in parallel met mekaar koppel. Die power wall kan ook met nog in parallel gekoppel word.

Saam met hulle hardloop 18 x Canadian Solar 365w Poly PERC KuMAX.

Wat die tipe paneel lekker maak is dat hulle die paneel in 2 gedeel het. So as jy 'n wolk kry wat bv oor een helfte van die paneel skaduwee maak dan verloor hy net die helfte van sy opwekking vermoë en die hele paneel gaan nie "af" nie.

Werk goed.

Image
Sako 85 6XC
Howa 22-250 Rem
Blaser R8 6.5x55
Tikka .260AI Rem
Tikka 223
Glock 9MMP
Baretta SP1 O/U
Vleisie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Vleisie »

Plaashaas wrote: Fri Feb 07, 2020 3:18 pm
Vleisie wrote: Fri Feb 07, 2020 1:46 pm Hier is n vraag vir die kenners(dit kom met n lang aanloop):
Ek het vir n maand lank n logger ingehad en volgens die logger is my krag verbruik op sy piek dae op naweke 42kwh per dag( sluit in n elektriese geyser wat 3 keer leeg geloop het vir wasgoed was, asook die tuimeldroer wat geloop het). Volgens my Eskom rekening vir 24 maande is my gemiddelde verbruik 34kwh per dag.
As ek my elektriese geyser afsit gebruik ek 12-15kwh minder per 24h.
Hiermee dan my vraag, sal ek dan korrek wees om te sê n sisteem van:
10kva of 15kva( 10kva behoort genoeg te wees 2 of 3x5kva)
24x330w panele
30kwh(+-24kwh bruikbare krag teen 80%DOD)
sal groot genoeg wees as ek my elektriese geyser uithaal en oorskakel na gas toe?
Vleisie

Jou vraag is geadreseer aan die "kenners" en dus moet ek eintlik my bek hou. Maar hier is my 2c.

Die vraag is nie net hoeveel krag jy gebruik in n dag nie maar ook wanneer gebruik jy die krag. (Oggend, middag, aand, ens) Dit het n groot invloed op jou stelsel.
Die batterye waarvan jy daar praat is oor die R200k op hul eie. :-[
Wat die geyser betref kan jy eerder na Solar kyk. Of selfs n DC element. Ek is deur 2 gas geyser en hou nie van hulle nie. (My opinie)

As ek jou kan raad gee, moenie worry om alles op een slag te doen nie. As ek jy is begin ek solank met 1x5kW inverter, 12x panele en 2x batterye. As jy mooi kies sal jou inverter die vrag wat kort vir eers aanvul met eskom. Daarna raak dit die game om Eskom stelselmatig te verminder. Die data op die Inverter sal dit alles mooi vir jou wys wat jy kort en wanneer. Begin net, al is dit klein. Vra baie vrae, moenie skaam wees nie.
Volgens die logger sal ek n aand deurkom met rofweg 21kwh battery bank, maar dit maak steeds voorsiening vir die elektriese geyser.
Met ons Lyn fooie wil ek juis nie my verbruik minder maak nie, ek wil heeltemal van eskom af,want ek betaal klaar rondom R1800/maamd sonder n enkele unit krag.
Die manne wat ek me gepraat het sê almal dieselfde ding rondom die gas geysers, Atlas as jou budget bietjie kleiner is Bosch so in die middel klas en Paloma in die top klas. Was by n gaste plaas waar hulle die Atlas 16l geysers op elke badkamer gebruik en die eienaar sê na 3 jaar het hy nog geen probleme gehad nie.
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Rasmus »

Plaashaas watse gas geysers het jy gehad?

Atlas of Delta vir budget opsie is heel gaaf. Trappie bo dit is Bosch en dan soos genoem is die Paloma’s, Rinai of Vectrons in n klas van hulle eie.

Die laaste drie eenhede is almal fan forced geysers en het krag nodig om aan te skakel. n Rekenaar ups is voldoene
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas »

Rasmus wrote: Sat Feb 08, 2020 8:56 am Plaashaas watse gas geysers het jy gehad?

Atlas of Delta vir budget opsie is heel gaaf. Trappie bo dit is Bosch en dan soos genoem is die Paloma’s, Rinai of Vectrons in n klas van hulle eie.

Die laaste drie eenhede is almal fan forced geysers en het krag nodig om aan te skakel. n Rekenaar ups is voldoene
Ek kan nie onthou wat is die maak nie. Die probleem was nie dat hul nie werk nie, wat ek haat van die goed is die gas wat klaar word as jy stort. Gewoonlik net as jy klaar die shampoo aangesit het! Die volgende ding is maar om die water die regte temperatuur te kry. Dit het my ook grensloos gepla. Dan natuurlik die bottels gaan omruil is iets waarsonder ek kan klaar kom.
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Willie »

Plaashaas wrote: Mon Feb 10, 2020 2:27 pm
Ek kan nie onthou wat is die maak nie. Die probleem was nie dat hul nie werk nie, wat ek haat van die goed is die gas wat klaar word as jy stort. Gewoonlik net as jy klaar die shampoo aangesit het! Die volgende ding is maar om die water die regte temperatuur te kry. Dit het my ook grensloos gepla. Dan natuurlik die bottels gaan omruil is iets waarsonder ek kan klaar kom.
Ja die temp beheer is ook my grootste (en my enigste klag ) van gas. Dit is nogal 'n pyn as jou kouewater toevoer vir die eerste paar minute eintlik baie water is en dan koel raak as die toevoer pyp met nuwe tenk water gevul word.
Ek het so stil stil gehoop dat die gas geyser die tempratuur sal kan reguleer. Die ding het immers 'n digitale temp meter, marr dit was blykbaar wens denkery :( :(
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2128
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Malan123 »

Ek het 'n paloma op die plaas en ek ondervind glad nie wisselvallige temperature nie. Of ten minste nie so dat dit pla nie
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Rasmus »

Willie

Watse maak geyser het jy? Wisselvalige temps kan n probleem wees as jou ‘plumbing’ nie gebalanseerd is nie. Met die diafragma gas geysers is die ideaal om die geyser so nabyas moontlik aan die punt te sit waar jy die warm water benodig.

Mens wil ook die geyser so stel dat jy net warm water hoef oop te draai en nie eintlik koue water by te sit nie. Jy moet ook die geyser so stel dat die warm water bruikbaar is as die warm water kraan op sy grootste oopgedraai is. Sou iemand dan warmer water wil hê kan jy dit reguleer deur die kraan nie heeltemal oop te draai nie.

Hulle het maar tricks maar as hy eers reg gestel is loop hulle heel gaaf.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Carl »

Malan123 wrote: Mon Feb 10, 2020 3:31 pm Ek het 'n paloma op die plaas en ek ondervind glad nie wisselvallige temperature nie. Of ten minste nie so dat dit pla nie
Die groot verskil kom in waar jou plaas/huis is. In Alldays kom jy nie agter die gas is af nie, in Ladismith of enige plek in die Vrystaat byt dit! ;D
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2128
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Malan123 »

Eks in die berge in Natal! Glo my dit byt daar in die winter... Vir gemaklik stort wanneer die sneeu le is daai paloma elke sent die moeite werd.
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Willie »

Ek het 'n Kexin. Dit is nie eintlik die geyser wat noodwendig die probleem is nie.
In die somer is die water in die watertoevoerpyp vanaf die opgaartenk lekker warm deur die dag. Die eerste paar minute het ek dus natuurlike warm water . En daarna daal die tempratuur. Nou is dit moeilik om te stort met die gas geyser veral as daardie toevoer water nie of warm of koud is nie. Met gewonde geyser draai ek eenvoudig die warm water kleiner of groter om die verlande tempratuur te kry. Gas werk ongellukig anders en maak dan juis die water nog warmder as jy die warm kraan kleiner draai .
Hoop ek het nou beter verduidelik.
Post Reply