Basjan123 wrote: Thu Jan 30, 2020 9:49 am
Nella wrote: Tue Jan 14, 2020 9:20 am
Plaashaas wrote: Wed Jan 08, 2020 7:06 am

Daai is feite. Jou sisteem is baie impressive. Daai Victron is nou maar net die beste wat daar is. Ek is dik jaloers!
Vertel asb bietjie van jou panele en hoeveel krag jy daar opwek. Ook jou batterye.
Nogal nie.
Nella , jy noem hier iets van nogal nie ? Wil jy nie vir my/ons verduidelik hoekom jy so sê nie?
Victron is n fantasies produk. Daars geen argument daar nie.
Maar. .......as jy n Victron stelsel moet opbou met al die funksies wat die Axpert king bv het dan kyk mens na amper 4 keer die king se prys.
Nou persoonlik dink ek victron het bietjie geslaap met juis die mentaliteit van ons is die beste.
Twee jaar terug het ek nie n mecer/axpert in gesit nie al betaal jy my nie...hulle kwaliteit was swak en hulle sagteware nog swakker. Maar nou het hulle drasties verbeter.
Kodak bv word deur Solis gemaak. Gaan lees maar na oor Solis .
Victron is n goeie produk. ..en met hulle nuwe multiplus eenhede het hulle weer bietjie veld gewen.
Is victron die beste wat daar is? Nie eers amper nie.
As my aplikasie vir my gwm haval is vir ma om die kinder by die skool af te laai en om inkopies te gaan doen ...hy baie beter brandstof verbruik, baie beter veiligheids rating...beter specs en en en het , Dan sukkel ek om soveel meer te betaal vir cruiser