Jong die solar is maar ander ding. As jy eers begin dan wil jy nog (en beter) he.Langeraat wrote: Mon Jan 06, 2020 5:01 pm Klink na 'n lekker stelsel om mee te begin Plaashaas. Ek se begin want dit bly maar een van daai dinge waaraan mens altyd wil bly karring met meer, nuwer en beter...![]()
Aangaande die 6 paneel string... Wat is die kans dat hulle dalk op die dak as 2 parallel stringe van 3 elk in 1 gekombineer is met 'n MC4 branch connector en toe as 1 string afgebring is na die combiner toe saam met die ander 3 paneel string om op die combiner te bespaar? Dit is omtrent die enigste scenario wat vir my sou sin maak. Watter model Axpert is dit, die MKS of MKSII of een van die ander? Watter tipe batterye het jy voor gegaan as ek mag vra?
Ek sal weer na die koppeling moet gaan kyk. Vir nou pla dit my nie veel nie want ek gaan nog 3x 330W by sit om 12 panele te he. Dan sal ek hul seker maar 2x 6 in serie en die 2x6 in parallel koppel.
Die inverter is die MKS en die Batterye is Royal 1150k wat eintlik 105Ah is
Verkoon maar die vuil muur, dis binne in my stoor
Ek het die panele langs die stoor opgesit en dit dien nou as afdakkie vir die sleepwa




Daai is feite. Jou sisteem is baie impressive. Daai Victron is nou maar net die beste wat daar is. Ek is dik jaloers!