Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas »

Langeraat wrote: Mon Jan 06, 2020 5:01 pm Klink na 'n lekker stelsel om mee te begin Plaashaas. Ek se begin want dit bly maar een van daai dinge waaraan mens altyd wil bly karring met meer, nuwer en beter... ++>:

Aangaande die 6 paneel string... Wat is die kans dat hulle dalk op die dak as 2 parallel stringe van 3 elk in 1 gekombineer is met 'n MC4 branch connector en toe as 1 string afgebring is na die combiner toe saam met die ander 3 paneel string om op die combiner te bespaar? Dit is omtrent die enigste scenario wat vir my sou sin maak. Watter model Axpert is dit, die MKS of MKSII of een van die ander? Watter tipe batterye het jy voor gegaan as ek mag vra?
Jong die solar is maar ander ding. As jy eers begin dan wil jy nog (en beter) he.

Ek sal weer na die koppeling moet gaan kyk. Vir nou pla dit my nie veel nie want ek gaan nog 3x 330W by sit om 12 panele te he. Dan sal ek hul seker maar 2x 6 in serie en die 2x6 in parallel koppel.

Die inverter is die MKS en die Batterye is Royal 1150k wat eintlik 105Ah is :-[
Solar.JPG
Verkoon maar die vuil muur, dis binne in my stoor
PV.JPG
Ek het die panele langs die stoor opgesit en dit dien nou as afdakkie vir die sleepwa
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Dirkvh
Hero Member
Hero Member
Posts: 1016
Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Dirkvh »

Hier is hy nou, gister aangeskakel. Moet nog 6 panele opsit om raam mooi vol te maak. ImageImage

Sent from my POT-LX1AF using Tapatalk

Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
User avatar
cobus s
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Wed Sep 02, 2015 11:57 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by cobus s »

Dirkvh wrote:Hier is hy nou, gister aangeskakel. Moet nog 6 panele opsit om raam mooi vol te maak. ImageImage

Sent from my POT-LX1AF using Tapatalk
Baie mooi wat kos so stelsel?

Sent from my DUB-LX1 using Tapatalk

User avatar
Dirkvh
Hero Member
Hero Member
Posts: 1016
Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Dirkvh »

cobus s wrote:

Cobus dit hang af wat jy alles vat en hierdie stelsel gaan bv nie op 'n dorp werk nie, te veel panele vs batterye. Omdat ek oortollige krag op plaas benut werk hy pragtig vir ons.

Jy kyk na die R250k tot R300k vir myne soos hy is

Dirkvh wrote:

Baie dankie was alweer sondee krag so kyk maar rond om n idee te kry wat so sisteem sal kos

Sent from my DUB-LX1 using Tapatalk

User avatar
Dirkvh
Hero Member
Hero Member
Posts: 1016
Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Dirkvh »

Jy moet ook onthou jy sal baie minder betaal op een fase stelsel soos in meeste dorpe.

Victron is maar die Land Cruiser van inverter produkte en Axpert/Mecer meer GWM.

Sent from my POT-LX1AF using Tapatalk

Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas »

Dirkvh wrote: Wed Jan 08, 2020 6:53 am Victron is maar die Land Cruiser van inverter produkte en Axpert/Mecer meer GWM. Image
:laugh: Daai is feite. Jou sisteem is baie impressive. Daai Victron is nou maar net die beste wat daar is. Ek is dik jaloers!

Vertel asb bietjie van jou panele en hoeveel krag jy daar opwek. Ook jou batterye.
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2128
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Malan123 »

Ek het nou so victron sisteempie by my op die plaas laat insit. Hy het 6 panele en 1 battery pack. Dit is letterlik net led ligte en 'n gas geyser (paloma) wat op die sisteem hardloop. Ek het 'n ou Zero yskas wat op gas hardloop, maar wil hom graag vervang en aan die sisteem koppel. Die sisteem word net gebruik oor naweke wanneer ek daar is. Na watse yskas/vrieskas moet ek kyk? Ek sien mens kry solar yskaste. Is dit die regte ding?
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas »

Malan123 wrote: Wed Jan 08, 2020 8:06 am Ek het nou so victron sisteempie by my op die plaas laat insit. Hy het 6 panele en 1 battery pack. Dit is letterlik net led ligte en 'n gas geyser (paloma) wat op die sisteem hardloop. Ek het 'n ou Zero yskas wat op gas hardloop, maar wil hom graag vervang en aan die sisteem koppel. Die sisteem word net gebruik oor naweke wanneer ek daar is. Na watse yskas/vrieskas moet ek kyk? Ek sien mens kry solar yskaste. Is dit die regte ding?
Jy kan Kyk na die Bosch A++ yskaste. Gebruik maar 110W
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2128
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Malan123 »

Baie dankie
User avatar
Dirkvh
Hero Member
Hero Member
Posts: 1016
Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Dirkvh »

Plaashaas wrote:
Dirkvh wrote: Wed Jan 08, 2020 6:53 am Victron is maar die Land Cruiser van inverter produkte en Axpert/Mecer meer GWM. Image
Image Daai is feite. Jou sisteem is baie impressive. Daai Victron is nou maar net die beste wat daar is. Ek is dik jaloers!

Vertel asb bietjie van jou panele en hoeveel krag jy daar opwek. Ook jou batterye.
Plaas haas, die stelsel het nog nie vol son gekry, bewolk hier vandat hy aanlyn is. Daar was so vinnige paar minute rondom 15h00 waar son tussen wolke uitgeloer het toe wek hy 14,5kw op.

48 x 335w BYD panele.
2 x 5kw 206aH Revov lithium batterye

Het sommer 5jaar lening uitgeneem, so vir 5jaar kos die stelsel my rondom R1k-1.5kpm ekstra op my Eskom rek (sal beter beraming kan maak as stelsel eers bietjie gewerk het). Daarna besit ek die stelsel en ek spaar R4.5k+ per maand en ek het gemoedsrus.

Besparing sal natuurlik eers bevestig kan word nadat stelsel ruk aan is.

Sent from my POT-LX1AF using Tapatalk

Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
User avatar
Langeraat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Langeraat »

Manne, julle stelsels lyk bakgat, ek is ook jaloers... ++>: Plaashaas, net 'n vinnige inset. Die MKS inverter se maks PV inset spanning is 145V so mens sal 'n maks van 3 x 72 cell panele per string daarop kan koppel om dit nie te oorskry nie. In jou geval met die 12 panele gaan jy dan vier parallel stringe van 3 in serie elk he. Verder lyk dinge lekker.

Dirk, daai Victron stelsel lyk indrukwekkend. :o Sal jy asb later wanneer jy tyd gehad het om die stelsel waar te neem bietjie terugvoer gee oor die Revov batterye se prestasie? Cycle jy die batterye daagliks of is hulle net vir backup doeleindes?
Novus Vitae - 2 Kor 5:17
Vleisie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Vleisie »

Dirkvh wrote: Wed Jan 08, 2020 6:25 am
cobus s wrote:
Dirkvh wrote:Hier is hy nou, gister aangeskakel. Moet nog 6 panele opsit om raam mooi vol te maak. ImageImage

Sent from my POT-LX1AF using Tapatalk
Baie mooi wat kos so stelsel?

Sent from my DUB-LX1 using Tapatalk
Cobus dit hang af wat jy alles vat en hierdie stelsel gaan bv nie op 'n dorp werk nie, te veel panele vs batterye. Omdat ek oortollige krag op plaas benut werk hy pragtig vir ons.

Jy kyk na die R250k tot R300k vir myne soos hy is

Sent from my POT-LX1AF using Tapatalk
Het jy die werk self gedoen of gebruik gemaak van iemand om die Instillasie te doen?
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
User avatar
Dirkvh
Hero Member
Hero Member
Posts: 1016
Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Dirkvh »

Vleisie wrote:
Dirkvh wrote: Wed Jan 08, 2020 6:25 am
cobus s wrote:Baie mooi wat kos so stelsel?

Sent from my DUB-LX1 using Tapatalk
Cobus dit hang af wat jy alles vat en hierdie stelsel gaan bv nie op 'n dorp werk nie, te veel panele vs batterye. Omdat ek oortollige krag op plaas benut werk hy pragtig vir ons.

Jy kyk na die R250k tot R300k vir myne soos hy is

Sent from my POT-LX1AF using Tapatalk
Het jy die werk self gedoen of gebruik gemaak van iemand om die Instillasie te doen?
Onafhanklike installeerder

Sent from my POT-LX1AF using Tapatalk

Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 585
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Nella »

Plaashaas wrote: Wed Jan 08, 2020 7:06 am
Dirkvh wrote: Wed Jan 08, 2020 6:53 am Victron is maar die Land Cruiser van inverter produkte en Axpert/Mecer meer GWM. Image
:laugh: Daai is feite. Jou sisteem is baie impressive. Daai Victron is nou maar net die beste wat daar is. Ek is dik jaloers!

Vertel asb bietjie van jou panele en hoeveel krag jy daar opwek. Ook jou batterye.
Nogal nie.
Just smile and wave boys >:D
User avatar
Cyon
Newbie
Newbie
Posts: 5
Joined: Thu Jan 09, 2020 10:49 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Cyon »

Pvdw wrote: Wed Apr 10, 2019 6:40 pm My 1ste installasie vir 'n klieënt.

Mecer 5k II inverter met 8x 330W panele en 4x 100A/h batterye.

Ek leer nog baie maar dis baie lekker om te doen.

Moet nou net terug gaan om als mooi netjies te maak, labeling te doen en die Mecer se settings te finaliseer.
Hi Pvdw
Ek sien jy het die "Mecer Inverter" 5kw. Ek will weet, of het jy op jou batterye n "Battery Balancer" soos die een van "Victron Battery Balancer"?
Anders gaan die batterye nie baie lank hou nie?

Cyon
________________________
"One machine can do the work of fifty ordinary men. No machine can do the work of one extraordinary man."
User avatar
Cyon
Newbie
Newbie
Posts: 5
Joined: Thu Jan 09, 2020 10:49 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Cyon »

Dirkvh wrote: Wed Jan 08, 2020 6:15 am Hier is hy nou, gister aangeskakel. Moet nog 6 panele opsit om raam mooi vol te maak. ImageImage

Sent from my POT-LX1AF using Tapatalk
Hi Dirkvh

Lekker system wat jy daar het. gebruik jy 'Victron Battery Balancer' op jou batterye?
________________________
"One machine can do the work of fifty ordinary men. No machine can do the work of one extraordinary man."
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Pvdw »

Cyon wrote: Wed Jan 15, 2020 2:49 pm
Pvdw wrote: Wed Apr 10, 2019 6:40 pm My 1ste installasie vir 'n klieënt.

Mecer 5k II inverter met 8x 330W panele en 4x 100A/h batterye.

Ek leer nog baie maar dis baie lekker om te doen.

Moet nou net terug gaan om als mooi netjies te maak, labeling te doen en die Mecer se settings te finaliseer.
Hi Pvdw
Ek sien jy het die "Mecer Inverter" 5kw. Ek will weet, of het jy op jou batterye n "Battery Balancer" soos die een van "Victron Battery Balancer"?
Anders gaan die batterye nie baie lank hou nie?

Cyon
Die Mecer inverters het die keuse ingebou. Jy gebruik dit slegs op loodsuur en nie op Litium batterye nie. In die geval van my het ek loodsuur gebruik en is die funksie geaktiveer.
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas »

Langeraat wrote: Wed Jan 08, 2020 11:00 am Manne, julle stelsels lyk bakgat, ek is ook jaloers... ++>: Plaashaas, net 'n vinnige inset. Die MKS inverter se maks PV inset spanning is 145V so mens sal 'n maks van 3 x 72 cell panele per string daarop kan koppel om dit nie te oorskry nie. In jou geval met die 12 panele gaan jy dan vier parallel stringe van 3 in serie elk he. Verder lyk dinge lekker.
Langeraat, ek het gaan kyk en die Ineverter is die Mecer Axpert SOL-I-AX-5M. Die Sparkie kom Saterdag met nog 3 panele en gaan hul dan koppel as 2S6P. Gisteraand het ek my baterye getoets en een van die batterye is op 8.4V, die res op 13V+. Die battery sal onder waarborg moet vervang word maar ek wonder hoekom dit sou gebeur? Hul is maar n maand oud (geinstaleer). Ek neem aan dit het ook n groot invloed op my stelsel se effektiewiteit.

Dan oorweek ek ook om die Inverter te smous en oor te gaan na die Axpert King wat vir my die "Grid-assist" kan gee. Met ander woorde as my vrag 5kW is, die panele lewer 4kW dat die inverter sal aanvul uit Eskom met 1kW. (Dis hoe ek dit verstaan).

Die idee is om die stelsel uit te brei na:
3x Axpert King (parralel)
3x 12x 330W 2S3P Canadian Solar
Batterye moet ek nog die wiskunde doen.
Ek het ook n 7.5kVA generator wat ek moontlik in die mix wil gooi.

Wat is jul gevoel oor die AXPERT KING?
User avatar
Langeraat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Langeraat »

Plaashaas wrote: Thu Jan 16, 2020 7:17 am
Langeraat wrote: Wed Jan 08, 2020 11:00 am Manne, julle stelsels lyk bakgat, ek is ook jaloers... ++>: Plaashaas, net 'n vinnige inset. Die MKS inverter se maks PV inset spanning is 145V so mens sal 'n maks van 3 x 72 cell panele per string daarop kan koppel om dit nie te oorskry nie. In jou geval met die 12 panele gaan jy dan vier parallel stringe van 3 in serie elk he. Verder lyk dinge lekker.
Langeraat, ek het gaan kyk en die Ineverter is die Mecer Axpert SOL-I-AX-5M. Die Sparkie kom Saterdag met nog 3 panele en gaan hul dan koppel as 2S6P. Gisteraand het ek my baterye getoets en een van die batterye is op 8.4V, die res op 13V+. Die battery sal onder waarborg moet vervang word maar ek wonder hoekom dit sou gebeur? Hul is maar n maand oud (geinstaleer). Ek neem aan dit het ook n groot invloed op my stelsel se effektiewiteit.
Dit is inderdaad die MKS model dan wat 145V inset kan hanteer. Ek sou ook oorweeg om dit as 3S4P te koppel tensy dit woes koud word daar by jou. Die voordeel is minder bedrading, fuses, connectors, ens. wat kostes kan afbring. 2 Panele in series se Vmp is ook effens aan die onderkant van die Axpert se MPP bereik van 60V - 115V. Behoort seker nie 'n probleem te wees nie, maak maar net seker.

Daai 8.4V battery klink kaput. :): Ek moet bieg dat ek voorheen 'n slegte ervaring gehad het met die Royals wat gebruik was vir my kamp setup. Ek is dus half versigtig vir hulle maar aangesien jy hulle nou het maak hulle werk. Miskien kan jy 'n "battery balancer" soos die HA02 oorweeg om die batterye aktief te balanseer. Kyk net dat jou bedrading Pos & Neg vanaf inverter na battery presies dieselfde lengte is en jou series koppelstukke tussen batterye ook dieselfde lengte is.
Dan oorweek ek ook om die Inverter te smous en oor te gaan na die Axpert King wat vir my die "Grid-assist" kan gee. Met ander woorde as my vrag 5kW is, die panele lewer 4kW dat die inverter sal aanvul uit Eskom met 1kW. (Dis hoe ek dit verstaan).

Die idee is om die stelsel uit te brei na:
3x Axpert King (parralel)
3x 12x 330W 2S3P Canadian Solar
Batterye moet ek nog die wiskunde doen.
Ek het ook n 7.5kVA generator wat ek moontlik in die mix wil gooi.

Wat is jul gevoel oor die AXPERT KING?
Ek sou die Axpert King verkies oor die MKS vir onder andere die rede wat jy hierbo noem. Jy kry dus heelwat meer effektiwiteit uit jou sonkrag stelsel uit omdat die inverter nie die hele las oorskakel na grid toe as jou PV nie voldoende krag lewer nie maar slegs aanvul. Ek sien die King het ook Bloutand monitering wat lekker kan wees.

En daar begin die veranderinge... ++>:
Novus Vitae - 2 Kor 5:17
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by JJV »

Hallo
Het iemand ondervinding van ‘n Delta E5 All in one Inverter?
JJV

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Cyon
Newbie
Newbie
Posts: 5
Joined: Thu Jan 09, 2020 10:49 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Cyon »

Goeie dag.

'n Lekker vrydag vir julle.
Ek kort raad, so ek het nou my sister hulle gehelp met hulle "inverter" om hom reg gekry en mooi te werk. Dis 'n 7kva Schneider, met nuwe batterye 4x 12v- 100ah. Ons het ook nou ook 3x Victron Battery Balancer met n BMV-702 monitor in gesit. Die batterye mooi inlyne en hulle kan mooi sien of alles reg is voor dit te laat is en verloor weer alles.

nou ek het die ou 4x 12v 240ah batterye gekry maar is daar 'n menier om die batterye te kan red? net 1 uit die 4 is nog reg en kan ek hom op my system sit met die solar controller.

Dankie,
________________________
"One machine can do the work of fifty ordinary men. No machine can do the work of one extraordinary man."
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas »

Dirkvh wrote: Wed Jan 08, 2020 8:28 am Plaas haas, die stelsel het nog nie vol son gekry, bewolk hier vandat hy aanlyn is. Daar was so vinnige paar minute rondom 15h00 waar son tussen wolke uitgeloer het toe wek hy 14,5kw op.
Dirk, hoe loop jou stelsel?
User avatar
Cyon
Newbie
Newbie
Posts: 5
Joined: Thu Jan 09, 2020 10:49 am

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Cyon »

Hi,

Ek will graag weet. het julle Elektrisiën gekry om julle te help?
Ek kan dit doen, maar wat sal hulle voorstel?
________________________
"One machine can do the work of fifty ordinary men. No machine can do the work of one extraordinary man."
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas »

Cyon wrote: Mon Jan 20, 2020 12:23 pm Hi,

Ek will graag weet. het julle Elektrisiën gekry om julle te help?
Ek kan dit doen, maar wat sal hulle voorstel?
My voorstel is kry n elektrisien. DC is nie speletjies nie. 120VDC is sekerlik genoeg om jou dood te maak? Verder kos die goed BAIE geld. Klein foutjie kan jou duur kos. Jy moet ook n CoC doen op jou AC DB
Post Reply