Perfekte vlakte/bergjag roer?

Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Post by Mellies »

BeesBreet wrote: Tue Dec 10, 2019 9:09 am
Mellies wrote:
jankraay wrote: Tue Dec 10, 2019 8:52 am

Het jy nou op die .303 epps besluit laat jy amen se?


Sent from my iPhone using Tapatalk
Wik en weeg nog. Ek geniet ook my ligte sako vixen in .222 Rem baie.

Maar my eintlike bergroer is `n 300WM met 180gr Accubonds en `n Z3 4-12 wat die bokke naderbring.

Ek wonder net hoe vêr ek van perfek af is met my combo.

Met `n vleise...
Is u bekend met die term “balhaar dikte” om dikte of lengte aan te dui
Ek dink so...

Is `n 6.5x284 nie net balhaar dikte beter as `n 6.5CM nie?

Hey ons hijack nou Mellies se draad. Sorry...

Met `n vleisie...
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Post by Capt. Yoda »

Ek glo ons kan taamlik by die Amerikaners leer as dit by die tiepe roere kom, hulle voorkeur lyk my is iets wat 7lb weeg, loop nie langer as 24" nie tenst hulle n LR berg roer vir skaap of so bou en dan 7mm of groter. Volgens baie manne wat die tiepe ding gereeld daar doen is die 30 nosler die nommer so ek dink nie nou 300wm setup is baie ver uit nie.

O en hulle laai daai nosler met n 215gr hybrid ;)
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Post by Mellies »

Capt. Oblivious wrote: Tue Dec 10, 2019 9:50 am Ek glo ons kan taamlik by die Amerikaners leer as dit by die tiepe roere kom, hulle voorkeur lyk my is iets wat 7lb weeg, loop nie langer as 24" nie tenst hulle n LR berg roer vir skaap of so bou en dan 7mm of groter. Volgens baie manne wat die tiepe ding gereeld daar doen is die 30 nosler die nommer so ek dink nie nou 300wm setup is baie ver uit nie.

O en hulle laai daai nosler met n 215gr hybrid ;)
Ek het gesien Kuiu saam met Remington het `n roer gebou spesifiek vir wild tot en met daai skape van hulle. Vir afstande 500y max. 6.5CM met `n 24" CF loop en Manners stock wat Barness TTSX gooi.

Laat my dink aan Nosler 48 se Patriot. Soos wat Stef7x64 in 6.5x284 het en op hulle stapjag in die Molopo aangewend het op `n mooi kudubul.

Vir elandbulle voel ek persoonlik is `n 7mm of 300 iets wat harder stamp is `n beter roep.

Met `n vleisie...
User avatar
Blitzzz
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Post by Blitzzz »

En niemand stel die 30-06 voor nie? Met 150gn pit sal hy mooi maak.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Post by Plaashaas »

Blitzzz wrote: Tue Dec 10, 2019 10:11 am En niemand stel die 30-06 voor nie? Met 150gn pit sal hy mooi maak.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Ja maar dit klink nie cool nie. :laugh: Daai spesifikasies is nie veel gevra nie. n STD 308 Howa met 165gr SST kan dit heeldag doen maar is te common.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Post by Capt. Yoda »

Blitzzz wrote: Tue Dec 10, 2019 10:11 am En niemand stel die 30-06 voor nie? Met 150gn pit sal hy mooi maak.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro


Se hom, Ou Mellies het reeds nou n regte 30.06 gekry
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Post by tripodmvr »

Ek het al baie maal vir algemene jag in SA die volgende aanbeveel :- kaliber 270 tot .30 in standaard kalibers. Dit pas mooi in by die doodmaakvermoë, maar sommiges mis uit op die algemeen beskikbaarheid van komponente.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Post by Capt. Yoda »

Oom Maruis, ek dink Oom kort n lekker 270
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Post by tripodmvr »

My 7x64 is die teenvoeter daarvoor !!!!!!

140gr GMX teen 3060vps.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 485
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Post by saswart »

Plaashaas wrote: Tue Dec 10, 2019 10:23 am
Blitzzz wrote: Tue Dec 10, 2019 10:11 am En niemand stel die 30-06 voor nie? Met 150gn pit sal hy mooi maak.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Ja maar dit klink nie cool nie. :laugh: Daai spesifikasies is nie veel gevra nie. n STD 308 Howa met 165gr SST kan dit heeldag doen maar is te common.
Ek wou juis vra hoekom niemand 'n 308 noem nie... ;D
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3961
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Post by tau »

saswart wrote: Tue Dec 10, 2019 2:09 pm
Plaashaas wrote: Tue Dec 10, 2019 10:23 am
Blitzzz wrote: Tue Dec 10, 2019 10:11 am En niemand stel die 30-06 voor nie? Met 150gn pit sal hy mooi maak.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Ja maar dit klink nie cool nie. :laugh: Daai spesifikasies is nie veel gevra nie. n STD 308 Howa met 165gr SST kan dit heeldag doen maar is te common.
Ek wou juis vra hoekom niemand 'n 308 noem nie... ;D
Die oorspronklike vraag was

1 . Bergjag
2. Langer afstande 300-450meter in die wind.

Jy gaan moeg wees en dalk nie die beste rus kan kry nie. Diere is baiekeer skrikkerig en fyn gestel op die "weghol" uitkoms. SO jy soek iets wat "platter" skiet en harder slaan dat bok nie oor die volgende randtjie draf na die impak nie. Dit is niks om Kudu of Zebra in die Khomas Hochland bult af te sleep nie, dit is daardie bult op wat neuk.

Ja daar is manne wat jou stil skiet et hulle .308, maar as die winter waai en die bokke is onrustig soek jan allerman met sy Durbanville of Sandton fiksheid alle hulp wat hy kan kry. Jis an ek soek daardie tyd nog 'n stoel ook.

EK het so ligte .308 sako gehad en hy kon dood skiet met 150gr SST ek het net te swak met hom geskiet as die pap dik geraak het.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Post by Gerhardu »

Tau daai 162gr Amax sal ook mooi loop in daai RM van jou as jy ooit nog van hulle kon kry.
Willem Grobler
Full Member
Full Member
Posts: 154
Joined: Mon Jul 08, 2013 2:48 pm

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Post by Willem Grobler »

In 2000 het ek n rakgeweer gekoop wat ek dink naby jou vereistes is. Remington 700 BDL, 7x64 Brenneke “Mountain Rifle”, 22” dunloop (13.8mm tromp), 1:8.5 twist. Verwyderbare staalmagasyn. Tans is sy bril n Bushnell Elite 6500 5-30x50. Alhoewel ek self laai skiet ek al d jare 170gn Proamm uit hierdie geweer met groot sukses. Enige +/- 170gn punt noord van 2700vps uit d 22” loop behoort mooi te werk vir hierdie toepassing...
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Post by Mellies »

Willem Grobler wrote: Wed Dec 11, 2019 1:02 pm In 2000 het ek n rakgeweer gekoop wat ek dink naby jou vereistes is. Remington 700 BDL, 7x64 Brenneke “Mountain Rifle”, 22” dunloop (13.8mm tromp), 1:8.5 twist. Verwyderbare staalmagasyn. Tans is sy bril n Bushnell Elite 6500 5-30x50. Alhoewel ek self laai skiet ek al d jare 170gn Proamm uit hierdie geweer met groot sukses. Enige +/- 170gn punt noord van 2700vps uit d 22” loop behoort mooi te werk vir hierdie toepassing...
Lekker combo daai. Remington het eens op `n tyd 280 Rem`s na SA gestuur, ook in die Mountain Rifle.

Met `n vleisie...
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3961
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Post by tau »

Willem Grobler wrote: Wed Dec 11, 2019 1:02 pm In 2000 het ek n rakgeweer gekoop wat ek dink naby jou vereistes is. Remington 700 BDL, 7x64 Brenneke “Mountain Rifle”, 22” dunloop (13.8mm tromp), 1:8.5 twist. Verwyderbare staalmagasyn. Tans is sy bril n Bushnell Elite 6500 5-30x50. Alhoewel ek self laai skiet ek al d jare 170gn Proamm uit hierdie geweer met groot sukses. Enige +/- 170gn punt noord van 2700vps uit d 22” loop behoort mooi te werk vir hierdie toepassing...
Klink na 'n lekker roer met die regte twist. Hartseer dat Remington hulle gewere so afgewater het onlangs.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 1000
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Post by Toyrsi »

Ek sien hier is nie baie manne wat praat van n 300wsm nie.
Ek sou n 300WSM vat met n 180 Accubond of 178 ELD-X.
Sit hom n 4-14x40 Leupold scope op met n varmint kruis.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Post by Pappabeer »

Sjoe. Ja ek dink met die doel is die praktyk baie vêr van die laaste nuutste sniper kennis af met allles wat oop en toe maak. As die skietstokke oopmaak vir n koedoe op 300-400m wat jou reeds gesien het, is daar net sekondes om die kruis mooi te settle op die skof, of 2/3 op of wat ook al en te laat loop. Dan val verstellings aan turrets van die bus af.

Die beste geweer is die een waarin jy die meeste vertroue het en wat jou die beste pas uit n posisie oor n skietstok, tak of klip. Enige koeel wat meer as 150gr weeg en betroubaar deur n groot bok sal skiet is reg.

My laaste eland in die berge by Erhard het so gebeur na oom Brian in sy 60s my MT gestap het in die voetheuwels, toe moet ek maar op 340m laat loop met die .416 Ruger en 6x Swarovski voor die trop vêrder hardloop. Ek ken darem die 350gr A-frame teen 2400fps se trajek tot daar, so op n groot teiken werk dit.

Cooper maak fantastiese ligte gewere, maar min kom ooit in SA in. n 8 pond .300Win Mag of WSM met n 3-15 of 3-18 Leupold, Swarovski etc is meer as genoeg glas. In teendeel as jy n 4-14 kan kry sonder paralaks sal dit selfs beter werk.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Post by Ponkie »

Smitstertjies wrote: Sun Dec 08, 2019 7:26 pm Steyr Mannlicher maak n lekker ligte stap geweer in 300wsm...


Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek het 'n jagpel met so 300WSM Steyr Pro hunter. 22" loop met kort kompakte silencer.
165gr Accubonds
6.5-26 x 56 Leica LRS

Gereeld Springbok tot Koedoe op afstande tussen 300 en 450m al met hierdie kombinasie geskiet nadat ons 15-25km gemiddeld op die voet deurbring.

My eie 300wsm is 'n 28" Broughton op B/C kolf en glad nie geskik vir stap.
Ek is lief om in ons Ooskaap se rante te stap met my 308 en 150gr pitte , nie perfek nie, maar my vleis kom ook huistoe.

My vote sal erens tussen 260AI, 7-08AI , maar beslis op die 300WSM wees.

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Post by tripodmvr »

Ballisties is die 300WSM tops, maar hoe maklik koop jy ammunisie en doppe vir hom - die terugslag is ook nie net van hier nie. Die 300WM het hier 'n voorsprong in tyd, maar hy is ook maar 'n moerneuker.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3961
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Post by tau »

tripodmvr wrote: Wed Dec 11, 2019 5:09 pm Ballisties is die 300WSM tops, maar hoe maklik koop jy ammunisie en doppe vir hom - die terugslag is ook nie net van hier nie. Die 300WM het hier 'n voorsprong in tyd, maar hy is ook maar 'n moerneuker.
Die oorspronklike vraag was nooit vir rak ammo nie Oom. Deesdae kry jy tog seker .300 WSM by meeste winkels.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Post by Armand Steenkamp »

Ponkie wrote: Wed Dec 11, 2019 2:52 pm
Smitstertjies wrote: Sun Dec 08, 2019 7:26 pm Steyr Mannlicher maak n lekker ligte stap geweer in 300wsm...


Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek het 'n jagpel met so 300WSM Steyr Pro hunter. 22" loop met kort kompakte silencer.
165gr Accubonds
6.5-26 x 56 Leica LRS

Gereeld Springbok tot Koedoe op afstande tussen 300 en 450m al met hierdie kombinasie geskiet nadat ons 15-25km gemiddeld op die voet deurbring.

My eie 300wsm is 'n 28" Broughton op B/C kolf en glad nie geskik vir stap.
Ek is lief om in ons Ooskaap se rante te stap met my 308 en 150gr pitte , nie perfek nie, maar my vleis kom ook huistoe.

My vote sal erens tussen 260AI, 7-08AI , maar beslis op die 300WSM wees.

Groetnis
Ponkie
Maggies ou ponkie! Lekker op jou weer te sien post!!
Ja ek sal berseker die Lee Enfierd 303 aanbefeel bo enige savage....

Dit daar gelaat glo ek n 270wsm of 7mm wsm gaan uitstekend vir die doel werk as jy nie oor winkel patrone gepla is nie. Of as jy na die 6.5we wil kyk gaan die 6.5x284 die pyp goed rook

Groetnis
User avatar
BSniperEM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sun Jul 09, 2017 12:31 pm

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Post by BSniperEM »

Weatherby Mark V Accumark in 300 Win Mag met 26" loop en n Swaro Z5 BRH om mee te loer.

Berg + Afstand + Groot bok = 300 Win Mag

180gr Accubonds sal daai Eland piets op 450m en alles nader en kleiner sal mooi val al skiet jy hom op die blad met die accubond sonder om vleis te mors. (Ek het laasjaar n Rooibok op 200m met n Accubond op die blad geskiet en exit was so R5 groot.)

Al ding beter is n custom 300 met n 27.5" loop wat 200gr Accubonds teen 2950 gooi. Hy is net swaar, dis al, maar wie is nou bang vir geweer dra en recoil as jy jag???

2de plek sal dieselfde Weatherby wees maar in 270 Win as mens n Eland uit die prentjie neem annekant 300 meter. 24" duim, redelik lig, en perfekte balans van die rak af, mens raak aan niks.
Bacon fact #14 - Bacon is healthier than Crystal Meth!
Kaalvoetthysie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Post by Kaalvoetthysie »

Wat van ‘n 30-06 Ai? My kennis op kalibers is effens beperk, maar het nog altyd redelik respelling gehad vir die kaliber.


Sent from my iPhone using Tapatalk
geelslang
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Post by geelslang »

Ek gebruik tans my Tikka Varmint 30-06 met 168 Eld-m @ 2840 fps en Leupold LRP as stap geweer omdat hy nie te swaar is nie. ( dan ewenaar jy amper 'n 6.5 Creed met 24" loop wat 123 gr punte skiet)

As ek so 'n projek moes aanpak en ek wil tot Eland grootte wild skiet sal ek na die Tikka Varmint/Super Varmint kyk in 300wsm met 165/8 gr punte
As Eland nie op die spyskaart is nie 270 wsm met 145 Eld. As jy custom wil gaan 6.5×284

Teleskoop Swaro Z5 BT, Leupold HD5 of Zeiss V4 in Warne mountaintech ringe.

Die pakkie is lekker lig en jy behoort nie te sukkel met komponente nie. Leer om vinnig te skiet en weet wat die groote van jou killzone is, teen die tyd dat jy 'n bok sien het hy jou 8/10 keer al reeds geruik of gesien. Warrior se Shorty silencer sal mooi werk.
User avatar
Raakskiet
Newbie
Newbie
Posts: 16
Joined: Tue Sep 24, 2019 7:08 pm

Re: Perfekte vlakte/bergjag roer?

Post by Raakskiet »

Koop vir jou n Tikka 3006 van die rak af, 165 gr punte teen 2800 ftps sal die werk goed doen uit die 1:11 groefdraai loop.

Dis n lekker ligte geweer en bitter akkuraat.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Post Reply