Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek glo ons kan taamlik by die Amerikaners leer as dit by die tiepe roere kom, hulle voorkeur lyk my is iets wat 7lb weeg, loop nie langer as 24" nie tenst hulle n LR berg roer vir skaap of so bou en dan 7mm of groter. Volgens baie manne wat die tiepe ding gereeld daar doen is die 30 nosler die nommer so ek dink nie nou 300wm setup is baie ver uit nie.
O en hulle laai daai nosler met n 215gr hybrid
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Capt. Oblivious wrote: Tue Dec 10, 2019 9:50 am
Ek glo ons kan taamlik by die Amerikaners leer as dit by die tiepe roere kom, hulle voorkeur lyk my is iets wat 7lb weeg, loop nie langer as 24" nie tenst hulle n LR berg roer vir skaap of so bou en dan 7mm of groter. Volgens baie manne wat die tiepe ding gereeld daar doen is die 30 nosler die nommer so ek dink nie nou 300wm setup is baie ver uit nie.
O en hulle laai daai nosler met n 215gr hybrid
Ek het gesien Kuiu saam met Remington het `n roer gebou spesifiek vir wild tot en met daai skape van hulle. Vir afstande 500y max. 6.5CM met `n 24" CF loop en Manners stock wat Barness TTSX gooi.
Laat my dink aan Nosler 48 se Patriot. Soos wat Stef7x64 in 6.5x284 het en op hulle stapjag in die Molopo aangewend het op `n mooi kudubul.
Vir elandbulle voel ek persoonlik is `n 7mm of 300 iets wat harder stamp is `n beter roep.
Ek het al baie maal vir algemene jag in SA die volgende aanbeveel :- kaliber 270 tot .30 in standaard kalibers. Dit pas mooi in by die doodmaakvermoë, maar sommiges mis uit op die algemeen beskikbaarheid van komponente.
Blitzzz wrote: Tue Dec 10, 2019 10:11 am
En niemand stel die 30-06 voor nie? Met 150gn pit sal hy mooi maak.
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Ja maar dit klink nie cool nie. Daai spesifikasies is nie veel gevra nie. n STD 308 Howa met 165gr SST kan dit heeldag doen maar is te common.
Ek wou juis vra hoekom niemand 'n 308 noem nie...
Die oorspronklike vraag was
1 . Bergjag
2. Langer afstande 300-450meter in die wind.
Jy gaan moeg wees en dalk nie die beste rus kan kry nie. Diere is baiekeer skrikkerig en fyn gestel op die "weghol" uitkoms. SO jy soek iets wat "platter" skiet en harder slaan dat bok nie oor die volgende randtjie draf na die impak nie. Dit is niks om Kudu of Zebra in die Khomas Hochland bult af te sleep nie, dit is daardie bult op wat neuk.
Ja daar is manne wat jou stil skiet et hulle .308, maar as die winter waai en die bokke is onrustig soek jan allerman met sy Durbanville of Sandton fiksheid alle hulp wat hy kan kry. Jis an ek soek daardie tyd nog 'n stoel ook.
EK het so ligte .308 sako gehad en hy kon dood skiet met 150gr SST ek het net te swak met hom geskiet as die pap dik geraak het.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
In 2000 het ek n rakgeweer gekoop wat ek dink naby jou vereistes is. Remington 700 BDL, 7x64 Brenneke “Mountain Rifle”, 22” dunloop (13.8mm tromp), 1:8.5 twist. Verwyderbare staalmagasyn. Tans is sy bril n Bushnell Elite 6500 5-30x50. Alhoewel ek self laai skiet ek al d jare 170gn Proamm uit hierdie geweer met groot sukses. Enige +/- 170gn punt noord van 2700vps uit d 22” loop behoort mooi te werk vir hierdie toepassing...
Willem Grobler wrote: Wed Dec 11, 2019 1:02 pm

Lekker combo daai. Remington het eens op `n tyd 280 Rem`s na SA gestuur, ook in die Mountain Rifle.
Willem Grobler wrote: Wed Dec 11, 2019 1:02 pm
In 2000 het ek n rakgeweer gekoop wat ek dink naby jou vereistes is. Remington 700 BDL, 7x64 Brenneke “Mountain Rifle”, 22” dunloop (13.8mm tromp), 1:8.5 twist. Verwyderbare staalmagasyn. Tans is sy bril n Bushnell Elite 6500 5-30x50. Alhoewel ek self laai skiet ek al d jare 170gn Proamm uit hierdie geweer met groot sukses. Enige +/- 170gn punt noord van 2700vps uit d 22” loop behoort mooi te werk vir hierdie toepassing...
Klink na 'n lekker roer met die regte twist. Hartseer dat Remington hulle gewere so afgewater het onlangs.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Ek sien hier is nie baie manne wat praat van n 300wsm nie.
Ek sou n 300WSM vat met n 180 Accubond of 178 ELD-X.
Sit hom n 4-14x40 Leupold scope op met n varmint kruis.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Sjoe. Ja ek dink met die doel is die praktyk baie vêr van die laaste nuutste sniper kennis af met allles wat oop en toe maak. As die skietstokke oopmaak vir n koedoe op 300-400m wat jou reeds gesien het, is daar net sekondes om die kruis mooi te settle op die skof, of 2/3 op of wat ook al en te laat loop. Dan val verstellings aan turrets van die bus af.
Die beste geweer is die een waarin jy die meeste vertroue het en wat jou die beste pas uit n posisie oor n skietstok, tak of klip. Enige koeel wat meer as 150gr weeg en betroubaar deur n groot bok sal skiet is reg.
My laaste eland in die berge by Erhard het so gebeur na oom Brian in sy 60s my MT gestap het in die voetheuwels, toe moet ek maar op 340m laat loop met die .416 Ruger en 6x Swarovski voor die trop vêrder hardloop. Ek ken darem die 350gr A-frame teen 2400fps se trajek tot daar, so op n groot teiken werk dit.
Cooper maak fantastiese ligte gewere, maar min kom ooit in SA in. n 8 pond .300Win Mag of WSM met n 3-15 of 3-18 Leupold, Swarovski etc is meer as genoeg glas. In teendeel as jy n 4-14 kan kry sonder paralaks sal dit selfs beter werk.
Smitstertjies wrote: Sun Dec 08, 2019 7:26 pm
Steyr Mannlicher maak n lekker ligte stap geweer in 300wsm...
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek het 'n jagpel met so 300WSM Steyr Pro hunter. 22" loop met kort kompakte silencer.
165gr Accubonds
6.5-26 x 56 Leica LRS
Gereeld Springbok tot Koedoe op afstande tussen 300 en 450m al met hierdie kombinasie geskiet nadat ons 15-25km gemiddeld op die voet deurbring.
My eie 300wsm is 'n 28" Broughton op B/C kolf en glad nie geskik vir stap.
Ek is lief om in ons Ooskaap se rante te stap met my 308 en 150gr pitte , nie perfek nie, maar my vleis kom ook huistoe.
My vote sal erens tussen 260AI, 7-08AI , maar beslis op die 300WSM wees.
Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Ballisties is die 300WSM tops, maar hoe maklik koop jy ammunisie en doppe vir hom - die terugslag is ook nie net van hier nie. Die 300WM het hier 'n voorsprong in tyd, maar hy is ook maar 'n moerneuker.
tripodmvr wrote: Wed Dec 11, 2019 5:09 pm
Ballisties is die 300WSM tops, maar hoe maklik koop jy ammunisie en doppe vir hom - die terugslag is ook nie net van hier nie. Die 300WM het hier 'n voorsprong in tyd, maar hy is ook maar 'n moerneuker.
Die oorspronklike vraag was nooit vir rak ammo nie Oom. Deesdae kry jy tog seker .300 WSM by meeste winkels.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Smitstertjies wrote: Sun Dec 08, 2019 7:26 pm
Steyr Mannlicher maak n lekker ligte stap geweer in 300wsm...
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek het 'n jagpel met so 300WSM Steyr Pro hunter. 22" loop met kort kompakte silencer.
165gr Accubonds
6.5-26 x 56 Leica LRS
Gereeld Springbok tot Koedoe op afstande tussen 300 en 450m al met hierdie kombinasie geskiet nadat ons 15-25km gemiddeld op die voet deurbring.
My eie 300wsm is 'n 28" Broughton op B/C kolf en glad nie geskik vir stap.
Ek is lief om in ons Ooskaap se rante te stap met my 308 en 150gr pitte , nie perfek nie, maar my vleis kom ook huistoe.
My vote sal erens tussen 260AI, 7-08AI , maar beslis op die 300WSM wees.
Groetnis
Ponkie
Maggies ou ponkie! Lekker op jou weer te sien post!!
Ja ek sal berseker die Lee Enfierd 303 aanbefeel bo enige savage....
Dit daar gelaat glo ek n 270wsm of 7mm wsm gaan uitstekend vir die doel werk as jy nie oor winkel patrone gepla is nie. Of as jy na die 6.5we wil kyk gaan die 6.5x284 die pyp goed rook
Weatherby Mark V Accumark in 300 Win Mag met 26" loop en n Swaro Z5 BRH om mee te loer.
Berg + Afstand + Groot bok = 300 Win Mag
180gr Accubonds sal daai Eland piets op 450m en alles nader en kleiner sal mooi val al skiet jy hom op die blad met die accubond sonder om vleis te mors. (Ek het laasjaar n Rooibok op 200m met n Accubond op die blad geskiet en exit was so R5 groot.)
Al ding beter is n custom 300 met n 27.5" loop wat 200gr Accubonds teen 2950 gooi. Hy is net swaar, dis al, maar wie is nou bang vir geweer dra en recoil as jy jag???
2de plek sal dieselfde Weatherby wees maar in 270 Win as mens n Eland uit die prentjie neem annekant 300 meter. 24" duim, redelik lig, en perfekte balans van die rak af, mens raak aan niks.
Bacon fact #14 - Bacon is healthier than Crystal Meth!
Ek gebruik tans my Tikka Varmint 30-06 met 168 Eld-m @ 2840 fps en Leupold LRP as stap geweer omdat hy nie te swaar is nie. ( dan ewenaar jy amper 'n 6.5 Creed met 24" loop wat 123 gr punte skiet)
As ek so 'n projek moes aanpak en ek wil tot Eland grootte wild skiet sal ek na die Tikka Varmint/Super Varmint kyk in 300wsm met 165/8 gr punte
As Eland nie op die spyskaart is nie 270 wsm met 145 Eld. As jy custom wil gaan 6.5×284
Teleskoop Swaro Z5 BT, Leupold HD5 of Zeiss V4 in Warne mountaintech ringe.
Die pakkie is lekker lig en jy behoort nie te sukkel met komponente nie. Leer om vinnig te skiet en weet wat die groote van jou killzone is, teen die tyd dat jy 'n bok sien het hy jou 8/10 keer al reeds geruik of gesien. Warrior se Shorty silencer sal mooi werk.