Hartgeweer

User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Hartgeweer

Post by Francois Marais »

Jannie

Sien aangehegde foto/print v/d reamer, 35 grade skouer.

Image

Mooi loop

Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Hartgeweer

Post by Ja3 »

Hello Jakes en Francois
Ek het vandag vir die eerste keer in my lewe sub 15mm geskiet op 200m. :) :) Prys die Here!!
Daarna op 300m geskiet. Interessant om te let op die progressiewe verandering op akkuraatheid die laaste 100m.
Het nou net weer gesien. Hierdie geweer wil nie "gedryf" word nie, hom net los dat hy sy ding doen na die skoot..
JACQUES wrote: J3
As my geweer so skiet terwyl ek fireform, dan hou ek aan met fireform tot daai loop groet.....
wat maak daai roer op 200 en 300 as jy al dit gedoen het...?
Image
Image
7 mph nie kmh
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Hartgeweer

Post by Janjak »

Jadri,
baie mooi, ek stem saam met Jacques jy hoef net te fire form -vir altyd.

Wat se spoed loop jou AI en wat is die punt gewig?
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Hartgeweer

Post by Ja3 »

Hello Janjak
Ek het nooit gedroom dat mens sulke resultate kan kry terwyl mens FForm nie.
Hierdie lading loop teen 3330vps. Sierra 85gr HPBT Gameking.
Het nog so 60 rondtes oor om te skiet voordat ek die AI doppe gaan begin toets.
Moet hulle maar laat tel..
grte
Ja3
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Hartgeweer

Post by Christo »

Janjak

Na ons gesprek vanmiddag moet ek myself nou vra of daar twyfel is in die kaliber wat ek die geweer moet bou. 222224444433333AAAAAIIIII is die ding lyk dit vir my. Selfs Taffie is reg.

Ja3, mooi gedoen

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Hartgeweer

Post by Ja3 »

Dit moet nou natuurlik nog ge"repeat" kan word op 'n volgende geleentheid. iykwim..
Ek's tog te dankbaar hoor. Het so gesukkel met die 243 win. Kon nooit onder 22mm op 100m kom nie, en dit was 'n eienaardige groepering, links regs links regs...
Baie geld spandeer aan pakking,.....ens., nie eers gepraat van die 6 blikke kruit nie.
dankie en grte
Ja3
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Hartgeweer

Post by Ja3 »

Baas Christo
As die geweer reg is, m.a.w die lanseerplatvorm stabiel is by die lading, dan tel hierdie die meeste..
1) Konsentriese dop, veral die nek.
2) Konsentriese patroon (seating)
3) Konsentriese kamer belyning tot die aksie, of "bolt face"
4) Konsentriese drywer
5) Konsentriese konsentrasie
6) Konsentriese geluk

oja, en natuurlik, 'n 6mm ;D
Last edited by Ja3 on Tue May 19, 2009 8:05 pm, edited 1 time in total.
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Hartgeweer

Post by britsman »

Ja3,
          mooi so. Beter kan jy nie doen nie.

          brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Hartgeweer

Post by Christo »

Ja3

Die laaste 6 het ek, die eerste 6 kort ek, of altans dit lyk so. Daai groepering voel soos myne op 3 meter  ;) .

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Hartgeweer

Post by Ja3 »

Brits
Baie dankie. Nou begin ek rus in my siel kry.
Christo
Ek dink nek wanddikte verskil is ook 'n groot faktor.
Wand dikte variasie by die nek hardloop reg deur tot onder by die web aansluiting
Al sny mens nekke, verberg mens net die eienskap. Die dik of dun wand speel dan steeds 'n rol by die  brass vloei.
Ek spandeer die "bulk" van my tyd aan die doppe, en om almal homogeen te hanteer.

Jy't die twee nulle agter die drie uitgelos per ongeluk ;)
Ja3
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Hartgeweer

Post by Janjak »

Jadri,
met daai mooi groep op 200 moet jy 18 Julie die Tikka Groeperings komp. kom skiet op Sabie. Jy kan dalk nog n Tikka wen. Verlede jaar op Sabie was die kleinste op 200 net so buite die 22mm gewees. 100m dink ek was so by die 10mm?
SA Jagters bied die dag aan en almal is welkom. Enige geweer en enige ammo.  ;)
Ek sal selfs reel dat hulle n paar jakkals teikens kort-kort laat verby draf as dit julle sal laat tuis voel????
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Hartgeweer

Post by Christo »

Ja3

3 meter, ek's ernstig

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Hartgeweer

Post by Ja3 »

Nee man Christo.
Oja, dis miskien as die jakke tot 3m inkom en jy moet uit die heup skiet :D
Hunter xxx

Re: Hartgeweer

Post by Hunter xxx »

Ja3
Dit is n mooi groepering :) as jy 6 blike kryt geskiet het moet jy sekker n nuwe loop koop een van die dae. :)
Ek het n 6x 47 Lapua gebou. Dit is ook n 6mm ek skiet 107 gr Sierra /M teen so 3090Ft. Baie lekker geweer.AS ek weet hoe om foto's te plaas sal ek vir julle wys.
Groete
Hunter xxx
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Hartgeweer

Post by KSV »

My 375 H&H Magnum soos gebou deur Gerrie Coetzee.

Image

Die groepe is tydens die loopinskiet geskiet, staan oor die driepoot op 100m

Image

Kalahari Groete
Hein
Last edited by KSV on Wed Jun 02, 2010 1:21 pm, edited 1 time in total.
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Hartgeweer

Post by iceman1982 »

Wanneer julle praat van fire form, trim julle dan net dop weer tot regte lengte en gebruik n neck sizer?
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Hartgeweer

Post by Francois Marais »

Ys

"FIREFORM" is n term wat gebruik word om n doppie te vorm in n kamer wat daar nie fabrieksdoppe te koop voor is nie, bv. die ACKLEY kalibers. Jy moet n standaard doppie laai en skiet in die ACKLEY kamer, nu het jy n mooi gevormde ACKLEY doppie, en kan jy hom normaalweg herlaai. Hoop my verduidelikking is verstaanbaar.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Hartgeweer

Post by iceman1982 »

Francois,
Sorry as ek nie die vraag reg gestel het nie. Ek weet presies wat dit is om te fireform, werk dieselfde met n 30.06 na n 9.3x62 toe. Wat ek egter wil weet is , na n skoot, gebruik julle dan net n neck sizer en trim die dop weer na lengte? Die dop rek mos elke keer na n skoot dus moet n ou gwoonlik die dop deur n volle "die" sit en trim om hom weer op lengte te kry.
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Hartgeweer

Post by JACQUES BOTHA »

FM
Terwyl die onderwerp HART GEWERE  is.
Wie van julle het al met die 22 HART EN DIE 30 HART GESKIET....eK WEET sommige duitswes manne was gaande oor die 30 hart en gereken die die ding vir sanie as dit by ver skiet kom...

ek dink dis nogal twee potente roertjies daai...
Ek het een aand gesien hoe n 243 en 22 hart gelyk amper gelyk op n bok skiet  en hoe daai hart onder die 243 uithol. Jy kan mos soms in die nag sien hoe loop daai koel, of altans die stoffies wat hy agterlaat..ma ek oet se y sou darem onder meeste roere uitgehol het....niks spesifiek teen die 243 nie, net die aand die geval gewees.
Groete
JB
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Hartgeweer

Post by Francois Marais »

Ysman

Ja, sorry oor die misverstand, ek necksize vir so drie vier vyf keer, en dan full size ek weer n slag as die geweer te swaar beginne toegaan. In REDDING die stelle kry jy n die wat hulle n body die noem, hy druk net jou skouer terug en die slot gaan weer maklik toe.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Hartgeweer

Post by Francois Marais »

JB

Ken gladnie die Hart kalibers nie, neem aan dit word deur Bobby Hart hulle gebou, die een wat ek gesien het was n 300 ULTRA MAGNUM, nie my soort geweer, dankie. Moet se , sal seker goeie roers wees, sal nog net moet uitvind waarvoor. ;) ;)

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Post Reply