Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Hello Jakes en Francois
Ek het vandag vir die eerste keer in my lewe sub 15mm geskiet op 200m. Prys die Here!!
Daarna op 300m geskiet. Interessant om te let op die progressiewe verandering op akkuraatheid die laaste 100m.
Het nou net weer gesien. Hierdie geweer wil nie "gedryf" word nie, hom net los dat hy sy ding doen na die skoot..
JACQUES wrote:
J3
As my geweer so skiet terwyl ek fireform, dan hou ek aan met fireform tot daai loop groet.....
wat maak daai roer op 200 en 300 as jy al dit gedoen het...?
Hello Janjak
Ek het nooit gedroom dat mens sulke resultate kan kry terwyl mens FForm nie.
Hierdie lading loop teen 3330vps. Sierra 85gr HPBT Gameking.
Het nog so 60 rondtes oor om te skiet voordat ek die AI doppe gaan begin toets.
Moet hulle maar laat tel..
grte
Ja3
Na ons gesprek vanmiddag moet ek myself nou vra of daar twyfel is in die kaliber wat ek die geweer moet bou. 222224444433333AAAAAIIIII is die ding lyk dit vir my. Selfs Taffie is reg.
Ja3, mooi gedoen
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Dit moet nou natuurlik nog ge"repeat" kan word op 'n volgende geleentheid. iykwim..
Ek's tog te dankbaar hoor. Het so gesukkel met die 243 win. Kon nooit onder 22mm op 100m kom nie, en dit was 'n eienaardige groepering, links regs links regs...
Baie geld spandeer aan pakking,.....ens., nie eers gepraat van die 6 blikke kruit nie.
dankie en grte
Ja3
Baas Christo
As die geweer reg is, m.a.w die lanseerplatvorm stabiel is by die lading, dan tel hierdie die meeste..
1) Konsentriese dop, veral die nek.
2) Konsentriese patroon (seating)
3) Konsentriese kamer belyning tot die aksie, of "bolt face"
4) Konsentriese drywer
5) Konsentriese konsentrasie
6) Konsentriese geluk
oja, en natuurlik, 'n 6mm
Last edited by Ja3 on Tue May 19, 2009 8:05 pm, edited 1 time in total.
Brits
Baie dankie. Nou begin ek rus in my siel kry.
Christo
Ek dink nek wanddikte verskil is ook 'n groot faktor.
Wand dikte variasie by die nek hardloop reg deur tot onder by die web aansluiting
Al sny mens nekke, verberg mens net die eienskap. Die dik of dun wand speel dan steeds 'n rol by die brass vloei.
Ek spandeer die "bulk" van my tyd aan die doppe, en om almal homogeen te hanteer.
Jy't die twee nulle agter die drie uitgelos per ongeluk
Ja3
Jadri,
met daai mooi groep op 200 moet jy 18 Julie die Tikka Groeperings komp. kom skiet op Sabie. Jy kan dalk nog n Tikka wen. Verlede jaar op Sabie was die kleinste op 200 net so buite die 22mm gewees. 100m dink ek was so by die 10mm?
SA Jagters bied die dag aan en almal is welkom. Enige geweer en enige ammo.
Ek sal selfs reel dat hulle n paar jakkals teikens kort-kort laat verby draf as dit julle sal laat tuis voel????
Ja3
Dit is n mooi groepering as jy 6 blike kryt geskiet het moet jy sekker n nuwe loop koop een van die dae.
Ek het n 6x 47 Lapua gebou. Dit is ook n 6mm ek skiet 107 gr Sierra /M teen so 3090Ft. Baie lekker geweer.AS ek weet hoe om foto's te plaas sal ek vir julle wys.
Groete
Hunter xxx
"FIREFORM" is n term wat gebruik word om n doppie te vorm in n kamer wat daar nie fabrieksdoppe te koop voor is nie, bv. die ACKLEY kalibers. Jy moet n standaard doppie laai en skiet in die ACKLEY kamer, nu het jy n mooi gevormde ACKLEY doppie, en kan jy hom normaalweg herlaai. Hoop my verduidelikking is verstaanbaar.
Francois,
Sorry as ek nie die vraag reg gestel het nie. Ek weet presies wat dit is om te fireform, werk dieselfde met n 30.06 na n 9.3x62 toe. Wat ek egter wil weet is , na n skoot, gebruik julle dan net n neck sizer en trim die dop weer na lengte? Die dop rek mos elke keer na n skoot dus moet n ou gwoonlik die dop deur n volle "die" sit en trim om hom weer op lengte te kry.
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa bp@cybersmart.co.za
+27828205387
FM
Terwyl die onderwerp HART GEWERE is.
Wie van julle het al met die 22 HART EN DIE 30 HART GESKIET....eK WEET sommige duitswes manne was gaande oor die 30 hart en gereken die die ding vir sanie as dit by ver skiet kom...
ek dink dis nogal twee potente roertjies daai...
Ek het een aand gesien hoe n 243 en 22 hart gelyk amper gelyk op n bok skiet en hoe daai hart onder die 243 uithol. Jy kan mos soms in die nag sien hoe loop daai koel, of altans die stoffies wat hy agterlaat..ma ek oet se y sou darem onder meeste roere uitgehol het....niks spesifiek teen die 243 nie, net die aand die geval gewees.
Groete
JB
Ja, sorry oor die misverstand, ek necksize vir so drie vier vyf keer, en dan full size ek weer n slag as die geweer te swaar beginne toegaan. In REDDING die stelle kry jy n die wat hulle n body die noem, hy druk net jou skouer terug en die slot gaan weer maklik toe.
Ken gladnie die Hart kalibers nie, neem aan dit word deur Bobby Hart hulle gebou, die een wat ek gesien het was n 300 ULTRA MAGNUM, nie my soort geweer, dankie. Moet se , sal seker goeie roers wees, sal nog net moet uitvind waarvoor.