Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Seker maar altyd eers so bietjie leerwerk soos dit met enige nuwe ding is.
Ja moet nou eers weer 'training' doen hulle gee my darem die navigasie af op my vastevlerk lisensie so inplaas van 30 ure kan ek as dit goed gaan in 20 ure solo en dan die opsie vir nog 10 ure advanced doen, dink maar ek sal darie roete gaan, het met 'n ou gepraat wat jakkies klop met gyro hier innie Suid Vrystaat hy reken sover het hy baie goeie sukses, ek dink helikopter sal beste werk vir uit die lig maar teen prys van kopter, lisensie en per uur is dit ver bo my vuurmaakplek
?Min speed: 0 - 45 MPH
Benna daai een is net as jy stilstaan voor opstyg,,,, noet hom liewers nie in die lug doen nie..... dis nou die 0 gedeelte --lag lag lag
Groete
lekker vlieg...
Jacques
Ek het met een ou gepraat wat so uit hom geskiet het en toe hy sy beld losgemaak het om die jakkie by te kom wat bly onder die koptertjie hardloop en hy se toe slaan hulle so bietjie van n gaaitjie in die lug en toe val hy soos nat uit daai ding! Maak maar net seker jou beld is ten alle tye aan sodat julle SAAM val!
Op n meer ernstiger noot. Met ons jaracal toets van die Impala's het daar n paar manne, ek gaan nie name noem nie, probeer om die jakkies in te roep maar die digtheid van die bos was helaas die verskoning dat daar toe nou niks geskiet was nie! My buurmanne sal in die sand le en rondrol van die lag indien ek hulle vra om deel te wees van so n gesamentlike lugaanval op die jakkies! My somme na ons wildstelling so n maand terug het gewys dat ons met groot predasie probleme sit wat ek voel meer op die stoep van meneer jakkals se deur gegooi kan word as wat ons aanvanklik gedink het dat luiperd die groter sondaar was.
Met die wildstelling is daar so vyf jakkalse gewaar sonder enige wapen in die hand! My broer het n paar probeer raak spoeg net om iets te doen maar soos julle seker afgelei het sy spoegbolle was tevergeefs! Blykbaar te min terminale spoed volgens die pilot! indien enige van hierdie twee manne hulle self in die Piet Plessis area bevind laat weet maar asb! O-ja daar hoef nie skietertjies saamgebring te word of groundcrew nie! Een van my makkers op die plaas kom nou mooi reg met die bestuur ding, hy het verlede week die tweede rat ding begin leer en as ek so kyk na sy vordering sal ons so in Junie na derde rat kan begin kyk en so September die stop ding tackle. Ek en my broer sal die skietwerk behartig en nou dat ek daaraan dink gee sommer solank n kwotasie van die goed wat ons behoort in ons eerste probeerslag raak te skiet op die koptertjie. Hou maar by tweedehanse parte asb!
Die flymajien gaan lekker werk vir jakkie skiet, ons het so biekie rondgevlieg sonder geweer hie by Glen se kant, het so 8 getel in omtrent 40 minute, en moet s? as ek haelgeweer bygehad het sou ek almal kon klop. Nou reken ek dis goedkoop manier om dit te doen als ingesluit, moet s? die versekering is amper die duurste koste, kyk jy na huurkoste van so in die omgeweing van R 1500.00 per uur. Al nadeel is jy kan nie elke keer land soos met chopper om op te tel nie maar sal moet merk op gps wat inelkgeval tyd spaar.
Vir nog heli jagte in Noord Kaap en Vrystaat kan Kriek heli's gebruik word. Is bekende veearts in die gebied (Johan Kriek)
Weet van Jacobsdal boere wat van hul gebruik gemaak het....... na 2 ure en 4000 ha later net een jakkals wat besig was om lam te vreet 06:15 die oggend bo op 'n rant.
Groete
.22 , 223 Vektor H5, 270 Savage Mod III FXP3, 12 Boor Mossberg, 9mm Vektor SP1 Sport