Jakkie vs Helikopter

User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Jakkie vs Helikopter

Post by Yalair »

Seker maar altyd eers so bietjie leerwerk soos dit met enige nuwe ding is.
Ja moet nou eers weer 'training' doen hulle gee my darem die navigasie af op my vastevlerk lisensie so inplaas van 30 ure kan ek as dit goed gaan in 20 ure solo en dan die opsie vir nog 10 ure advanced doen, dink maar ek sal darie roete gaan, het met 'n ou gepraat wat jakkies klop met gyro hier innie Suid Vrystaat hy reken sover het hy baie goeie sukses, ek dink helikopter sal beste werk vir uit die lig maar teen prys van kopter, lisensie en per uur is dit ver bo my vuurmaakplek

Groete
Ben
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Jakkie vs Helikopter

Post by JACQUES BOTHA »

?Min speed: 0 - 45 MPH
Benna daai een is net as jy stilstaan voor opstyg,,,, noet hom liewers nie in die lug doen nie..... dis nou die 0 gedeelte  --lag lag lag
Groete
lekker vlieg...
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Jakkie vs Helikopter

Post by Yalair »

JB
Ja hulle s? mos' Take off is optional, landing is mandatory'

Groete
Ben
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Jakkie vs Helikopter

Post by Wouter Roets »

Benna

Ek het met een ou gepraat wat so uit hom geskiet het en toe hy sy beld losgemaak het om die jakkie by te kom wat bly onder die koptertjie hardloop en hy se toe slaan hulle so bietjie van n gaaitjie in die lug en toe val hy soos nat uit daai ding! Maak maar net seker jou beld is ten alle tye aan sodat julle SAAM val! ;D

Op n meer ernstiger noot. Met ons jaracal toets van die Impala's het daar n paar manne, ek gaan nie name noem nie, probeer om die jakkies in te roep maar die digtheid van die bos was helaas die verskoning dat daar toe nou niks geskiet was nie! My buurmanne sal in die sand le en rondrol van die lag indien ek hulle vra om deel te wees van so n gesamentlike lugaanval op die jakkies! My somme na ons wildstelling so n maand terug het gewys dat ons met groot predasie probleme sit wat ek voel meer op die stoep van meneer jakkals se deur gegooi kan word as wat ons aanvanklik gedink het dat luiperd die groter sondaar was.

Met die wildstelling is daar so vyf jakkalse gewaar sonder enige wapen in die hand! My broer het n paar probeer raak spoeg net om iets te doen maar soos julle seker afgelei het sy spoegbolle was tevergeefs! Blykbaar te min terminale spoed volgens die pilot! indien enige van hierdie twee manne hulle self in die Piet Plessis area bevind laat weet maar asb! O-ja daar hoef nie skietertjies saamgebring te word of groundcrew nie! Een van my makkers op die plaas kom nou mooi reg met die bestuur ding, hy het verlede week die tweede rat ding begin leer en as ek so kyk na sy vordering sal ons so in Junie na derde rat kan begin kyk en so September die stop ding tackle. Ek en my broer sal die skietwerk behartig en nou dat ek daaraan dink gee sommer solank n kwotasie van die goed wat ons behoort in ons eerste probeerslag  raak te skiet op die koptertjie. Hou maar by tweedehanse parte asb!

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Jakkie vs Helikopter

Post by Stefan764 »

Wouter Roets wrote: ..... en nou dat ek daaraan dink gee sommer solank n kwotasie .....
Hierdie mis ek vir NIKS in die wereld nie.....  ;D ;D
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Jakkie vs Helikopter

Post by Yalair »

Die flymajien gaan lekker werk vir jakkie skiet, ons het so biekie rondgevlieg sonder geweer hie by Glen se kant, het so 8 getel in omtrent 40 minute, en moet s? as ek haelgeweer bygehad het sou ek almal kon klop. Nou reken ek dis goedkoop manier om dit te doen als ingesluit, moet s? die versekering is amper die duurste koste, kyk jy na huurkoste van so in die omgeweing van R 1500.00 per uur. Al nadeel is jy kan nie elke keer land soos met chopper om op te tel nie maar sal moet merk op gps wat inelkgeval tyd spaar.

Groete
Ben
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Jakkie vs Helikopter

Post by Geno »

Wouter Roets wrote: ek gaan nie name noem nie
Baas Wout,
Jy mag maar se dat dit ek en Stefaans was.  ;D

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Coenie (Swift)
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Tue Sep 14, 2010 11:05 am

Re: Jakkie vs Helikopter

Post by Coenie (Swift) »

Hi manne,

Vir nog heli jagte in Noord Kaap en Vrystaat kan Kriek heli's gebruik word. Is bekende veearts in die gebied (Johan Kriek)

Weet van Jacobsdal boere wat van hul gebruik gemaak het....... na 2 ure en 4000 ha later net een jakkals wat besig was om lam te vreet 06:15 die oggend bo op 'n rant.

Groete
.22 , 223 Vektor H5, 270 Savage Mod III FXP3, 12 Boor Mossberg, 9mm Vektor SP1 Sport
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Jakkie vs Helikopter

Post by Geno »

Wout,
Watch my die naweek!  ;)
Goed, beter, 6millimeter!
Post Reply