Dis vir my baie interesant wat elkeen se mening is rondom die skiet met die chopper, ek doen self jagwerk met chopper en het van die begin af ander uitkyk as meeste "ander" chopper-jagters. Aangesien ek jag vir 'n lewe is dit ontsettend belangrik dat my diens 110% is. Die volgende is gevolgtrekkings wat ek en noem dit maar die span wat saam met my skiet gemaak het oor so sal ons se heelwat, heelwat jakkalse:
1. Die area wat gejag word moet gesien word as geheel, bv. Willomore-distrik = 100 000ha, die totaal jakalse kom uit die hele area.
2. Tyd van dag is nie 'n bepalende faktor nie, my meeste jakalse (27) tussen 12 en 3 geskiet op baie warm ( 32grade) dag in grasvlakte plaas.Temperatuur as dit te koud is speel wel rol, koue fronte groot rol!!!
3. Die werk is slegs so goed soos wat boer sy plaas ken, jakkalse loop die hele terein maar waar bly hy? Hoe groot is jakkalse se gebied, 200ha, 1000ha ons weet nie regtig nie maar as jy 20 jakkalse in 1 uur skiet het jy 'n helse probleem!!

4. Ons vind dat daar natuurlike areas is waar meer jakkalse is en dan weer minder, noem dit maar bande oor 'n area, jy kry plase waar jy niks skiet en dan weer waar 'n boer se daar is 2 skiet jy sommer 13 (statistiek om te bewys)
5. Vlieg met 'n 4 sitplek sodat die eienaar/persoon wat weet kan saamvlieg, rede: onnodige vliegtyd uitskakel, kan sien ons probeer ons bes om sy probleem op te los. Daar is R22 wat ook die werk doen, vlieg goedkoop kom land by die boer en se daar le 5-7 jakalse daar en daar, boer is tevrede maar is die jakkalse regtig geskiet of verseker ons net nog werk.
6. Jakkalse moet opgetel word vir die redes: hoe oud is hy, jy skiet ongelooflik baie van die skelms wat se kleinkinders al 6 tot 7 jaar is. Oudste tot op hede 13-14 jaar deur mense wat weet gebek, tewe se dragtigheidstatus, gewig en kos in pens ens maak saak as ons vorentoe die regte persone aan ons kant wil he. Jy wil tog weet of dit die %^$$?%$ regte jakals is wat dood is.
7. Sekere areas se tewe is dragtig met gem 6, ander areas met 8 (Statistiek)
8. Chopperkoste: Ferry na 'n gebied word gedeel deur die hele area/gebied so hoe meer deelnemers hoe goedkoper om chopper daar te kry. Boer betaal sy aantal ure ( vlieg so 4000ha/ uur hang af van terrein) plus fooi vir jakkalse.
9. Die choppercrew ens voorsien afgas en grondspan. Ons verkies om op een punt van gebied te begin en stelselmatig deur te werk tot ander kant.
10. Chopper is weergebonde so dit vat soms lank om gebied deur te werk.
11. Kostes: Ons vra R3500/uur + R500/ondier + btw, baie mag se dis ongelooflik duur, ons resultate spreek egter vir hulself.
12. Natuurlik gaan jy weer jakalse kry waar jy gevlieg het,jakkalse is nuuskierig en wil kom kyk wat het aangegaan, gebruik dit en dood meer, hopelik het die chopper die ou skelms geskiet en baljaar jy tussen die dommes.
13. Hoe maak jy die som op wat 'n slim jakkals jou eintlik kos, kom ons se 'n reun van 6 jaar wat vang! Sy eerste jaar eet hy saam met ma, vanaf jaar 2 vang hy 1 lam/kos vir elke 2 weke, dws 5 x 25 x R500 = R62 500 konserwatief bereken, dan maak die chopper 'n verskil!!!Die is die skelms wat geen jagter meer doodkry nie, dink net wat kos daai reun van 13-14 nie.
14. Die sukses van enige operasie hang af van die voetewerk!!
15. Kry die regte mense/chopper in die lug by jou,doen jou huiswerk.
Daar is nog 'n klomp punte wat ek kan noem maar glo die is die belangrikste.
Ek leer ook nog elke dag en probeer maar help.