Jag punte en teiken punte

User avatar
Alliwyn
Full Member
Full Member
Posts: 153
Joined: Sun Feb 01, 2015 10:40 pm

Re: Jag punte en teiken punte

Post by Alliwyn »

tripodmvr wrote:Maar, die punt van die punt val sleg op die oor!!!!!!!
Punt van die patroon en punt van die punt is drie hoogs debatteerbare punte... >:D
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Jag punte en teiken punte

Post by PWV »

Alliwyn wrote:
PWV wrote:Alliwyn, lank voor jy hier aangesluit het, was daar 'n bloedige (oorlog) debat oor die terme wat gebruik moet word. As jy teruggaan en bietjie gaan "search", mag jy dalk nog op gewondes en slagoffers afkom.

Uiteindelik het die administrateurs besluit dat dit die terme is wat hier op die Jaracal Forum gebruik moet word. So, jy het die blik wurms nou afpad oop. Ek sou voorstel dat jy die blik gou toedruk voordat te veel ontsnap.
Groetnis

Ns. So "by the way", 'n baie interessante betoog van jou!

As ek so na die titel van die gesprek kyk dan lyk dit nie of dit 'n wyse of populere besluit was nie. Ek sal staan of val by my punt ;)
Baie lede, soos jy, wat nie in die "oorlog" geveg het nie, weet nie daarvan nie. Daarom steek hulle (en jy) vas by "punt". Dit was erg sodat daar lede was wat verban is uit die Forum a.g.v. sekere optredes.
User avatar
Alliwyn
Full Member
Full Member
Posts: 153
Joined: Sun Feb 01, 2015 10:40 pm

Re: Jag punte en teiken punte

Post by Alliwyn »

PWV wrote:
Alliwyn wrote:
PWV wrote:Alliwyn, lank voor jy hier aangesluit het, was daar 'n bloedige (oorlog) debat oor die terme wat gebruik moet word. As jy teruggaan en bietjie gaan "search", mag jy dalk nog op gewondes en slagoffers afkom.

Uiteindelik het die administrateurs besluit dat dit die terme is wat hier op die Jaracal Forum gebruik moet word. So, jy het die blik wurms nou afpad oop. Ek sou voorstel dat jy die blik gou toedruk voordat te veel ontsnap.
Groetnis

Ns. So "by the way", 'n baie interessante betoog van jou!

As ek so na die titel van die gesprek kyk dan lyk dit nie of dit 'n wyse of populere besluit was nie. Ek sal staan of val by my punt ;)
Baie lede, soos jy, wat nie in die "oorlog" geveg het nie, weet nie daarvan nie. Daarom steek hulle (en jy) vas by "punt". Dit was erg sodat daar lede was wat verban is uit die Forum a.g.v. sekere optredes.
Ek verstaan jou punt maar glo die forum sal armer wees as mense verban moet word om die gebruik van die "punt" terminologie te probeer voorkom.
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: Jag punte en teiken punte

Post by JacquesT (Stompe) »

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?p=47265#p47265
Jammer, nie gesien oom Pieter het al die link gepost nie.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Jag punte en teiken punte

Post by joe rocket »

Hierdie draad gaan oor jag koeels en teiken koeels. As julle n punt wil bewys oor korrekte taal gebruik maak n nuwe draad oop. Praat eerder oor jag en skiet dit is baie lekkerder.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Jag punte en teiken punte

Post by PWV »

joe rocket wrote:Hierdie draad gaan oor jag koeels en teiken koeels. As julle n punt wil bewys oor korrekte taal gebruik maak n nuwe draad oop. Praat eerder oor jag en skiet dit is baie lekkerder.
Sukkel ook om te lees, né. Die opskrif is: Jag punte en teiken punte

Wou nog sê, ek behaal meer punte vir jag as vir teikenskiet omdat ek beter vaar in die jagveld as op die skietbaan. :D
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Jag punte en teiken punte

Post by joe rocket »

Oom het n punt beet ><)
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Jag punte en teiken punte

Post by Wouter Roets »

Boersonderroer

Ek vra groot omverskoning dat jou topic nou ge-highjack moet word. So verskoon asb hierdie bydra van my wat dit nou nog verder gaan vat.

Mense net vir die rekord is daar nie n enkele persoon wat verban is van Jaracal oordat hy die term punt gebruik het nie. Vebanning van Jaracal is n ernstige saak en word net oorweeg as daar gevoel word deur die bestuur dat die lid op n gereelde basis die reels en gesindheid van Jaracal nie nakom nie.

So almal wat die woord punt gebruik is nog veilig. Vir nou. ;D Ons wil tog net weereens n beroep doen dat almal hulself tog vergewis van die regte terme soos deur Jaracal se bestuur bepaal. Dit skep net n beter platform om met mekaar te kominukeur veral oor tegniese aspekte. Daar is ook geen probleem deur van die engelse terme gebruik te maak in jou skrywes nie.

Kom ons respekteer ook asb vir Boersonderroer deur hierdie gesprek voort te sit op die regte plek instede van hier sou julle iets verder wou byvoeg.

Groetnis
Wouter
User avatar
Boersonderroer
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 346
Joined: Fri Nov 14, 2014 7:01 pm

Re: Jag punte en teiken punte

Post by Boersonderroer »

Dis geen probleem. Ek dink Ek moet elk geval eers besluit of Ek met of sonder bril wil gaan jag want dit het maar beroerd gegaan die naweek.
7x64 Brenneke CZ 550 Lux
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: Jag punte en teiken punte

Post by dehacked »

Ek het selfde dilemma gehad toe ek weer begin jag het. Einde van die dag het ek maar met bril besluit en na paar maande se aanpassing werk dit mooi.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
Post Reply