Jag punte en teiken punte
- Boersonderroer
- Sr. Member

- Posts: 346
- Joined: Fri Nov 14, 2014 7:01 pm
Jag punte en teiken punte
Goeie dag
ek soek nou al vir dae 'n antwoord maar kry net hier en daar vergelykings.
Ek wil weet watter koeels is soortgelyk in struktuur maar vir verskillende doele. Ek sien Peregrine se hulle VRG4 gebruik jy vir jag en dan die VRG5 vir teiken; so jou skote val dan redelik na aan mekaar. Ek stel veral belang in die 7mm kaliber. Ek sien Berger se Target en jag koeels lyk soort gelyk in 168gr. Ek sal graag wil hoor van die ouens wat al verskeie "brands" se verskillende modelle teen mekaar op geweeg het. Ek sien bv Hornady se SST lyk baie dieselfde as die Interbond in vorm. Die rede is om 'n lading te ontwikkel vir jag en dan hopelik 'n ander koeel te kry wat soortgelyk is om mee te oefen en trajek te leer wat goedkoper sal wees.
Dankie byvoorbaat
ek soek nou al vir dae 'n antwoord maar kry net hier en daar vergelykings.
Ek wil weet watter koeels is soortgelyk in struktuur maar vir verskillende doele. Ek sien Peregrine se hulle VRG4 gebruik jy vir jag en dan die VRG5 vir teiken; so jou skote val dan redelik na aan mekaar. Ek stel veral belang in die 7mm kaliber. Ek sien Berger se Target en jag koeels lyk soort gelyk in 168gr. Ek sal graag wil hoor van die ouens wat al verskeie "brands" se verskillende modelle teen mekaar op geweeg het. Ek sien bv Hornady se SST lyk baie dieselfde as die Interbond in vorm. Die rede is om 'n lading te ontwikkel vir jag en dan hopelik 'n ander koeel te kry wat soortgelyk is om mee te oefen en trajek te leer wat goedkoper sal wees.
Dankie byvoorbaat
7x64 Brenneke CZ 550 Lux
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Jag punte en teiken punte
Ek skiet sst's en gmx'e 165 gr. Gebruik sst's vir kleiner bokke soos springbok en Blesbok. Gmx'e vir groter bokke. Ek het dit reg gekry dat altwee koeels byna op dieselfde plek skiet. Sst's gebruik ek vir teiken skiet. Ek koop n duisend sst's en 200 gmx'e op n slag om rede daar nooit vooraad is nie.
Last edited by joe rocket on Sun Jun 07, 2015 7:34 am, edited 1 time in total.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13646
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Jag punte en teiken punte
Van 200m af gaan jy sukkel om 2 koels te kry wat by mekaar op n tyken skiet.Ek het al vir Berger ook oor dit gevra en hulle het gese dat hul VLD, Hybrid, BT en OTM nie op mekaar sal skiet nie, hoe verder jy uit skiet hoe meer gaan dit verskil.As jy net oefen vir jag tot op 200-250m kan dit seker beter werk met iets soos n Nosler AB en Balistic tip of Hornady SST en Interbond. Heel maklikste koop 1000 "goedkoop" tyken koels in die gewig wat jy gebruik vir jag soos Joe se skiet hulle en oefen deur die jaar, as die winter kom zero jou geweer met jou jag koel.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Jag punte en teiken punte
Stem. Minder stres om jou teleskoop 'n paar clicks aan te pas tussen die twee tipes koeëls.Capt. Oblivious wrote:Van 200m af gaan jy sukkel om 2 koels te kry wat by mekaar op n tyken skiet.Ek het al vir Berger ook oor dit gevra en hulle het gese dat hul VLD, Hybrid, BT en OTM nie op mekaar sal skiet nie, hoe verder jy uit skiet hoe meer gaan dit verskil.As jy net oefen vir jag tot op 200-250m kan dit seker beter werk met iets soos n Nosler AB en Balistic tip of Hornady SST en Interbond. Heel maklikste koop 1000 "goedkoop" tyken koels in die gewig wat jy gebruik vir jag soos Joe se skiet hulle en oefen deur die jaar, as die winter kom zero jou geweer met jou jag koel.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1996
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: Jag punte en teiken punte
Ek gebruik BTs en Accubonds in al my roere...as jy baie skiet is selfs n BT duur.
Met n vleisie...
Met n vleisie...
-
Franco
- Newbie

- Posts: 1
- Joined: Mon May 11, 2015 1:15 pm
Re: Jag punte en teiken punte
Die Peregrine se VRG-4 en VRG-5 sal tot op 200m by mekaar skiet dan is daar geen verskil tussen jou oefen punt en jou jag punt nie. Die lekkerste is dat hulle herlaai data bied op hulle web blad. So jy hoef nie so lank te sukkel om weer n lading op te werk nie. Heer is hulle web blad adres so gaan soek onder “Reloading” daar sal al die data wees of kontak hulle dat hulle jou kan help.(www.peregrinebullets.co.za)
-
regal
- Full Member

- Posts: 156
- Joined: Sun Nov 03, 2013 1:02 pm
Re: Jag punte en teiken punte
As ek dit nie mis het nie (en jy kan stock kry) sal nosler nogal goed werk vir jou doeleindes. Ek het al gemeen om dit te probeer maar die barnes werk nou so lekker eks nie lus om te krap nie
Die nosler ballistic tip en accubond behoort presies dieselfde te skiet as ek dit reg verstaan. Sodoende kan jy die bt wat goedkoper is gebruik vir baan skiet en kopskote en die accubonds wat duurder is vir groter wild en bladskote hou. Die punte het verskillende kleure so jy kan sommer in die veld ruil soos benodig word en watse tipe wild jy skiet daai dag.
Die nosler ballistic tip en accubond behoort presies dieselfde te skiet as ek dit reg verstaan. Sodoende kan jy die bt wat goedkoper is gebruik vir baan skiet en kopskote en die accubonds wat duurder is vir groter wild en bladskote hou. Die punte het verskillende kleure so jy kan sommer in die veld ruil soos benodig word en watse tipe wild jy skiet daai dag.
francois
- Boersonderroer
- Sr. Member

- Posts: 346
- Joined: Fri Nov 14, 2014 7:01 pm
Re: Jag punte en teiken punte
Ek kon nie nosler kry nie, gaan die Hornady roete probeer
7x64 Brenneke CZ 550 Lux
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Jag punte en teiken punte
Ek het genoeg (of toe so gedink) VRG4 EN VRG5 gekoop toe mens hulle nog kom bekostig en kan sê dat hulle tot op 400m op gonge getoets is en my skietvermoë hulle op teiken gehou het. Op 200m was hulle binne diesefde 1 1/2'' groepering. Dit was 338WM.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1544
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Jag punte en teiken punte
Nie al die BT en AB werk so lekker saam nie. Op die 270Win is hulle wel baie naby.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- 375fanatic
- Hero Member

- Posts: 1213
- Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Re: Jag punte en teiken punte
Peregrine se baan punte kos amper wat ander premium punte kos so ek sien dit nie as n opsie v baan skiet nie
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Jag punte en teiken punte
Ek seg weer. Koele is daar om geskiet te word en die teleskope stel so maklik deesdae. Gebruik die verstelling en skiet lekker.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Alliwyn
- Full Member

- Posts: 153
- Joined: Sun Feb 01, 2015 10:40 pm
Re: Jag punte en teiken punte
Peregrine is 'n premium punt...
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Jag punte en teiken punte
Ek gebruik 'n "app" op my foon, Applied Ballistic. Ek gebruik die 140gr Nosler 140gr CC vir baan & gongeskiet en oefen. Dan gebruik ek die 140gr Amax vir LA jag. Ek het my teleskoop met die Amaxe gezero en toe met daardie zero die Noslers geskiet en net die "offset" in die app ingelees. Nou kan ek met beide baie maklik skiet, sonder om heeltyd onnodig aan my teleskoop se zero te verander en beide koeels en ladings, se DOPE werk nog lekker uit tot 1000m.tripodmvr wrote:Ek seg weer. Koele is daar om geskiet te word en die teleskope stel so maklik deesdae. Gebruik die verstelling en skiet lekker.
Aim small, miss small
- Boersonderroer
- Sr. Member

- Posts: 346
- Joined: Fri Nov 14, 2014 7:01 pm
Re: Jag punte en teiken punte
Ek het egter die woord koeel heeltyd genoem in my skrywe, maar het 'n bietjie verbrou in die opskrif. Moet my asb nie pak gee nie. Ek sien op so baie Wapen winkels se kwitansies gebruik hulle die woord "punte".
7x64 Brenneke CZ 550 Lux
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
- 375fanatic
- Hero Member

- Posts: 1213
- Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Re: Jag punte en teiken punte
moet n baan punt n premium punt wees gaan die onderwerp nie oor om n goedkoop punt te skiet om mee te oefen en dan n goeie punt om mee te jag nie ?Alliwyn wrote:Peregrine is 'n premium punt...
ek weet dis n premium koeel maar dan kan jy mos n rhino of barnes ook op die baan skiet as ek n duur koeel op die baan wou skiet sou ek my jagpunte geskiet het maar dis nie die goedkoopste opsie nie
dis hoekom ek n baan en n jag punt het
jag rondtes kos my R9.20 per rondte
baan Rondtes kos my R5.40 per rondte so dis amper 2 vir die prys vir 1
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: Jag punte en teiken punte
Hel 375, net my baan punt alleen vir die 270 is oor die 5 rand. Terloops ek skiet sst op die baan en sst of spartan vir jag. Vir spartans moet ek presies 6 klicks links stel om op 100m te zero van die sst af so sommer lekker maklik. Bottom line, ken jou roer en patrone dan raak die gesprek half doelloos.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
- Alliwyn
- Full Member

- Posts: 153
- Joined: Sun Feb 01, 2015 10:40 pm
Re: Jag punte en teiken punte
Dagsê PWV
Dankie vir die verwysing na die artikel. Ek moes myself weereens herinner dat ek nog 'n groentjie op Jaracal is met die lees van die voorgeskrewe terminologieë. Nou sal almal my nog leer ken as 'n baie weetgierige mens en ook baie ernstig oor my taal. Kom ons begin by weetgierig. Ek sal graag wil weet wie is die taalkundige wat die prentjies as Afrikaanse taalwet opgestel het. Ek dink my Afrikaans is nogal goed, my spelling ook, hoewel ek moet erken 'n "spellchecker" is een van die beste uitvindings van die moderne era. En ek gebruik doelbewus die woord "spellchecker" omdat dit eenvoudig 'n bewys is dat dit problematies is om 'n absolute puris te wees. Die Afrikaans volgens die woordeboek is (en ek kies die woord wat my die beste geval want daar is 'n paar) spellingkontroleerder, ‘n absolute anglisisme wat noodwendig uitgedink moes word na die verskyning van die Engelse term. Die wêreld is ‘n groot plek en met nuwe uitvindings kom nuwe internasionale woorde, dan moet alle tale noodwendig woorde gaan skep om tred te hou.
Ek het ‘n arsenaal woordeboeke in my besit wat min ander mense vandag het. Na deeglike raadpleging was dit baie duidelik dat die omskrywing en vertaling van ammunisie nie baie breedvoerig gedek word nie. Daar is wat my aanbetref heelwat ruimte vir verbetering. Verder is die Afrikaanse omskrywing van terme in die ingenieurs bedryf en die vervaardigings bedryf veel armer en droewig om die minste te sê. Dit laat baie ruimte vir elke bedryf of industrie om sy eie populêre taalgebruik te skep. Daar was ‘n era wat êrens in die sestiger jare doodgeloop het toe mens nog ‘n ensiklopedie van 10 of meer woordeboeke kon kry wat die Afrikaanse taal beskryf het. Vandag is dit versamel stukke en ek begeer so ‘n reeks. Daai era is lyk my permanent verby met die koms van die HAT (Verklarende Hand Woordeboek van die Afrikaanse Taal – slegs ‘n enkel boek) en ‘n nuwe bedeling waar Afrikaans nie baie welkom is nie.
Dit bring my by die volgende klein probleempie... die Engelse woord "cartridge" wat sy oorsprong gekry het lank voor die moderne era (16e of 17e eeu). Ek sou raai dat die cart- voorvoegsel minder met perde karre en meer met papier of karton te doene gehad het aangesien die woord “cartridge” uit die papier omhulsel dae van die verre verlede dateer. Verder sien ek dat ons Engels sprekende vriende in die VSA groot probleme het met woorde soos “bullet tips” en “bullet heads”. Dan sien hulle boonop ook neer op mense wat die terme gebruik. Ek gaan my verstout om dit te vertaal na koeël punte en koeël koppe. Dan verstaan mens sommer dadelik waarom hulle ‘n groter aversie in die woord “bullet head” as “bullet tips” het. Moontlik het ons negatiewe houding jeens die woord “punt” of “punte” hier sy oorsprong gevind.
Die Afrikaanse woord vir “cartridge” is patroon en beteken volgens die HAT en ek haal aan “Huls, dop met kruit en koeël” en dan die gesegde direk daarna “Al jou patrone wegskiet” Ek sal nogal graag wil weet hoe skiet jy die doppe saam weg.... Dit bevestig waarskynlik dat die woord “patroon” uit die vroeë dae van die Kaap dateer toe doppe nog nie bestaan het nie en Afrikaans in sy kinder skoene was. Meer korrek sou wees om al jou “koeëls” of “punte” uit te skiet en dit pas beter by moderne ammunisie en taalgebruik. Die “punt” wat ek wil maak is dat ‘n taal dinamies is, en moet wees, of mens dit wil weet of nie. Ook dat daar allerhande uitsonderings is in taal gebruik anders kan die taal nie dinamies wees nie. Die “punt” wat ek verder wil maak is dat dit baie sin maak in moderne Afrikaans om te sê “Al jou punte wegskiet” of “Al jou koeëls wegskiet”. Definitief nie “Al jou koppe wegskiet” of “Al jou patrone wegskiet” nie.
Die woord “koeël” kom waarskynlik van die era toe lood balle gebruik is vir projektiele. Die moderne woord vir “koeël” na my mening is projektiel, wat ook maar ‘n geleende woord is. Koeël beteken ook bal, vandaar die woord koeëllaer beter bekend as “Ball bearing” en ook die woord koeël rond. Ons skiet verseker nie meer balle nie en die taal sukkel om tred te hou met verandering. Die Engelse term was oorspronklik “ball”, vergelyk die term “musket balls” en ek weet nie wanneer die woord “bullet” populêr geword het nie wat soort van dieselfde ding as ‘n bal is. Dit bring my by die natuurlike evolusie van koeël na punt. Die Engelse gebruik die woord “bullet” om paragrawe aan te dui. Ons gebruik die woord “puntsgewys” in Afrikaans of “punt”. Ek kan dus nie verstaan waarom ons die woord “bullet” in geweer terme nie net so natuurlik mag vertaal na “punt” in dieselfde asem as koeël nie. Net so kry mens ‘n pyl punt en ‘n assegaai punt wat duidelik en baie logies in Afrikaans omskryf word as die metaal punt voor aan, terwyl nie een van die twee rond is nie.
As ‘n vervaardiger van rooi koper “punte” is daar ‘n natuurlike ontstaan van verskillende woorde en terme in ons vervaardigings proses. Sou daar ‘n span Afrikaanse professore by ons gewerk het wat verantwoordelik is vir die samestelling van die land se taalbeleid, sou ons dalk by nou ‘n hele paar nuwe Afrikaanse gebruiks terme bygekry het.
Om dood eerlik te wees, ek en die meeste mense wat ek ken of daagliks mee te doene kry, gebruik die term “punt” of “patroon punt” en dis nie ‘n vloekwoord of swak Afrikaans is nie. Dis ‘n pragtige beskrywende woord, tegnies korrek en verseker my voorkeur woord in daaglikse Afrikaanse taalgebruik.
Terloops die woord “rondte” word glad nie in die HAT aangedui as ‘n patroon of koeël of wat ook al nie. Net, en ek haal aan “Rondheid: Die rondte van die bal”. Nog ‘n bevestiging dat die taal van die amateur skut nie baie belangrik geag word deur die Afrikaanse taal kenners nie. Enige persoon wat Nasionale diensplig gedoen het sal nimmer die woord “rondte” vergeet, wat myns insiens swak Afrikaans is maar ons is almal baie sentimenteel daaroor. Dit laat my wonder of die Afrikaanse taal professore van hulle diensplig dae vergeet het. Dit laat my ook wonder of enige iemand met sekerheid kan sê wat is reg en wat is verkeerd.
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: Jag punte en teiken punte
Alliwyn as jy ooit in whk is laat weet my. jou skrywe verdien 'n paar biere op my.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Jag punte en teiken punte
Goeie "punt" wat Alliwyn maak hierbo.
Ook sou jou opleidings offiier gou vir jou die verskil vertel het tussen koeëls en rondtes.
Ook sou jou opleidings offiier gou vir jou die verskil vertel het tussen koeëls en rondtes.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Jag punte en teiken punte
Alliwyn, lank voor jy hier aangesluit het, was daar 'n bloedige (oorlog) debat oor die terme wat gebruik moet word. As jy teruggaan en bietjie gaan "search", mag jy dalk nog op gewondes en slagoffers afkom.
Uiteindelik het die administrateurs besluit dat dit die terme is wat hier op die Jaracal Forum gebruik moet word. So, jy het die blik wurms nou afpad oop. Ek sou voorstel dat jy die blik gou toedruk voordat te veel ontsnap.
Groetnis
Ns. So "by the way", 'n baie interessante betoog van jou!
Uiteindelik het die administrateurs besluit dat dit die terme is wat hier op die Jaracal Forum gebruik moet word. So, jy het die blik wurms nou afpad oop. Ek sou voorstel dat jy die blik gou toedruk voordat te veel ontsnap.
Groetnis
Ns. So "by the way", 'n baie interessante betoog van jou!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Jag punte en teiken punte
Maar, die punt van die punt val sleg op die oor!!!!!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Jag punte en teiken punte
Lyk my nou die koeël is deur die kerk!
- Alliwyn
- Full Member

- Posts: 153
- Joined: Sun Feb 01, 2015 10:40 pm
Re: Jag punte en teiken punte
PWV wrote:Alliwyn, lank voor jy hier aangesluit het, was daar 'n bloedige (oorlog) debat oor die terme wat gebruik moet word. As jy teruggaan en bietjie gaan "search", mag jy dalk nog op gewondes en slagoffers afkom.
Uiteindelik het die administrateurs besluit dat dit die terme is wat hier op die Jaracal Forum gebruik moet word. So, jy het die blik wurms nou afpad oop. Ek sou voorstel dat jy die blik gou toedruk voordat te veel ontsnap.
Groetnis
Ns. So "by the way", 'n baie interessante betoog van jou!
As ek so na die titel van die gesprek kyk dan lyk dit nie of dit 'n wyse of populere besluit was nie. Ek sal staan of val by my punt


