Rudolph Scope

Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Rudolph Scope

Post by Eugene »

MEERKAT wrote: Willem I

Kan jy die verskille uitwys tussen die volgende 2 reticles, afgesien van die dot by die Rudolph scope en die klein verskil op maksimum vergroting.

Rudolph 8-34x56 T3 en die Nightforce 8-32 x56 NP R2
Ons skiet met beide die scopes en probeer nog die verskille agterkom. Afgesien van persoonlike smaak, in die praktyk watter van die scopes sal jy eerste plaas indien dit by veldskiete kom.
Een duidelike verskil is die een sak is ligter as die ander sak wanneer dit by koop van die goete kom.

Ons is in die proses om nog 'n scope by jou  te kom koop en wil graag let op die verskille wat jy gaan uitwys.

Groetnis
MEERKAT
NS Wonner altyd met watter scope en geweer is die meeste wild gekwes?
Ons hijack hierdie post lekker!!!  :-[

Van die scope weet ek nie, ek lees hierbo dat lynx die meeste bokke geskiet het, dan kan ons waarskynlik aflei dat lynx ook betrokke sou wees by die meeste kwesskote, dieselfde as wat gesê kan word dat 30-06 die kaliber is wat die meeste kwes! Die rede daarvoor is seker maar oor almal altyd vir 'n nuwe jagter 'n 30-06 aanbeveel en die meeste geleentheidsjagters dus skote met hulle 30-06'e waag...

Ek dink egter nie dat 'n scope of 'n geweer kan kwes nie, dink dis eerder die DAG wat kwes... ;)
Aim small, miss small
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Rudolph Scope

Post by FCLoretz »

Eugene wrote: Ek dink egter nie dat 'n scope of 'n geweer kan kwes nie, dink dis eerder die DAG wat kwes... ;)
+1000000 op daai een
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
immelmanw

Re: Rudolph Scope

Post by immelmanw »

MEERKAT wrote: Willem I

Kan jy die verskille uitwys tussen die volgende 2 reticles, afgesien van die dot by die Rudolph scope en die klein verskil op maksimum vergroting.

Rudolph 8-34x56 T3 en die Nightforce 8-32 x56 NP R2
Ons skiet met beide die scopes en probeer nog die verskille agterkom. Afgesien van persoonlike smaak, in die praktyk watter van die scopes sal jy eerste plaas indien dit by veldskiete kom.
Een duidelike verskil is die een sak is ligter as die ander sak wanneer dit by koop van die goete kom.

Ons is in die proses om nog 'n scope by jou  te kom koop en wil graag let op die verskille wat jy gaan uitwys.

Groetnis
MEERKAT
NS Wonner altyd met watter scope en geweer is die meeste wild gekwes?
Naand Meerkat,
Om alle inligting op die Rudolph kruishare te kry sal ek vir Dolph vra om te antwoord of sy verteenwoordiger, Pieter. Die Np r2 Nightforce is nie so populer vir Veldskiet nie omdat die strepies te ver uit mekaar is, ons skiet nie so ver nie, slegs tot 350m maks. Die Np R1 werk die beste as jy die strepies wil gebruik vir ranging en dies meer.
As jy my n e-pos stuur willem@so.co.za dan sal ek jou fotos stuur van hoe goed die reticle werk.
Daar is nou n baie groot besending NF teleskope op pad, ek dimk hulle gaan maar duur wees met die wisselkoers.

Jy is 100% reg, die Rudolph is minder as helfte die prys en ek kan jou belowe dit is baie goeie waarde vir Geld, as jy na Veldskiet kyk moet jy vir die reticle gaan wat andre volschenk ontwerp het, n gong pas presies presies op 300m tussen die strepies in, dit help bitter baie!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4599
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Rudolph Scope

Post by James Wilson »

Ok
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Rudolph Scope

Post by FCLoretz »

Rudolph Optics wrote:Frederick,

Die 3-9x40mm is beskikbaar in die D1, D2 en TS kruishare!
Ongelukkig kan die kruishare nie verander word nie.

Groete

Rudolph
Dankie Rudolph

Die TS is reticle sal perfek werk.
User avatar
Breyt
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Wed May 16, 2012 2:38 pm

Re: Rudolph Scope

Post by Breyt »

Ek het die voorreg om met die 6-24 te Skiet .Tot dusver 500 skote later KAN ek absoluut geen fout kry nie intendeel het ek nou nog een vir die 260 .Ek Skiet met trots die RUdolf teleskoop
User avatar
Jacques Kotze
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm

Re: Rudolph Scope

Post by Jacques Kotze »

Ons is 'n paar manne hier van Vredendal se wêreld wat baie probeer kompetisies deelneem, jakkalse jag en sommer net die jag en saamwees geniet onder mekaar. Binne 'n jaar se tyd is die omswaai van die gewone name na Rudolph Optics toe, so groot dat dit vir my verbasend is. Van my vriende het alle gewere in hulle kluise toegerus met Rudolphs en die Lynxe (wat puik is) eers weer terug in die boksie gesit. Moet my nie verkeerd verstaan nie... Lynx en ek stap al 'n lang pad en ek het hom baie lief en sal altyd hom liefbly! Ek kan nie bekelmtoon hoeveel waarde vir geld Rudolph Optics is nie, maar dit alleen beteken niks as daar nie goeie kliënte verhoudings is nie. Ek het al telke male met Dolph self gepraat sommer net om iets uit te vind... een Sondag direk na Huntex (Paarl) het ek die ou gebel wat op daardie stadium siek in bed gelê het. My oom het vanaf Ceres gery om teleskoop te gaan koop en ek het hom na Dolph toe verwys en ek wou net seker maar Dolph gee goeie prys. Met sy siekte en al het die ou nie gehuiwer om te help nie, en dit noem ek diens! Goeie produk met goeie kliënte diens.... Wen kombinasie!
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Rudolph Scope

Post by alecjohnson »

Ek het 'n Rudolph 4-16x50 vir my 300WM gekry, sal laat weet hoe dit gaan met dit (sal my geweer 22 Mei gaan uitprobeer) maar ek glo dit is 'n uitstekende produk, die beeld is so helder, sal net graag sunshade buis wil kry...

(ek besit 'n Lynx 6x40 en tasco 6-24x42 teleskope en rudolph se beeld wen los hande)
User avatar
Maximus
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 72
Joined: Tue May 21, 2013 9:34 am

Re: Rudolph Scope

Post by Maximus »

MEERKAT wrote:Willem I

Kan jy die verskille uitwys tussen die volgende 2 reticles, afgesien van die dot by die Rudolph scope en die klein verskil op maksimum vergroting.

Rudolph 8-34x56 T3 en die Nightforce 8-32 x56 NP R2
Ons skiet met beide die scopes en probeer nog die verskille agterkom. Afgesien van persoonlike smaak, in die praktyk watter van die scopes sal jy eerste plaas indien dit by veldskiete kom.
Een duidelike verskil is die een sak is ligter as die ander sak wanneer dit by koop van die goete kom.

Ons is in die proses om nog 'n scope by jou  te kom koop en wil graag let op die verskille wat jy gaan uitwys.

Groetnis
MEERKAT
NS Wonner altyd met watter scope en geweer is die meeste wild gekwes?
Waarde Here

Ek lê en loer al 'n geruime tyd op die forum en is hierdie die eerste keer wat ek post.

My naam is Nico van Noordwyk en bly in Kuruman in die Kalahari. Is besig om 'n Musgrave 30-06 aan te skaf waarop ek my Schmidt en Bender 8x56 gaan monteer en volg met baie belangstelling julle opinies rondom die teleskope en slaan dit hoog aan, aangesien julle baie meer weet as ek.

Ek wil graag weet wat is die vordering op MEERKAT se opinie rondom die Rudolph C1 8.5-34x56 aangesien ek amper 'n Nighforce gekoop het vir ver jag op die oopvlaktes. Hoe vergelyk die twee met mekaar?

By voorbaat dankie.
User avatar
Maximus
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 72
Joined: Tue May 21, 2013 9:34 am

Re: Rudolph Scope

Post by Maximus »

Al enige terugvoering in hierdie verband? Sal graag 'n kenner se opninie wil hoor.
User avatar
Maximus
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 72
Joined: Tue May 21, 2013 9:34 am

Re: Rudolph Scope

Post by Maximus »

Hi Rudolph, ek weet die nightforce behoort in alle waarskynlikheid die Rudolph scope te troef. Hy is na alles amper 2 1/2 keer die prys. Ek wil weet hoe naby is hy aan die nightforce se verrigting. Almal praat met groot lof van die Rudolph 6-24x50 en is na wat ek verneem het baie gewild met reg.

Ek wil weet hoe is die 8.5-34x56 aangesien ek nie graag die nightforceprys wil betaal nie en sien hierdie scope as 'n moontlike alternatief.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Rudolph Scope

Post by JACQUES BOTHA »

6-18X50 rudolph..?

Ek het toe uiteindelik hom gaan toets nag en dag.
Ek verstaan presies wat Piet Breed bedoel met party is beter as ander .
Voor ek my en 5 ander se onmiddelike reaksie bevindinge deel, sal ek eers self met Dolph kontak maak.
Ek laat weet julle wat my mening is of was...
Groete
Jacques Botha
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: Rudolph Scope

Post by Sangoma (IAN) »

Waneer gan ons n 34mm tube Rudolph sien?
Iets in die lyn van 5-30 vergroting? Sit sommer my naam bo op die lys as jy so iets binnekort uitbring!!
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Rudolph Scope

Post by Reggie Gerber »

Hi Jacques

Kon jy al kontak maak met Dolph.

WIl graag jou opinies kry oor die scope
Post Reply