Rudolph Scope

User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Rudolph Scope

Post by Hilux01 »

Mnre

Ek wil bietjie julle gevoel toets oor die bogenoemde "brand"
Ek het nog net goeie goed van hulle gehoor maar wil ook hier met manne gesels wat weet
My pa jag 1 x per jaar saam ons en hy soek iets om op sy .308 te sit - Ek het self n Nikon Fieldmaster 3-9 x 40 op die .303 en is baie beindruk met die scope
Maar ek sien hulle is nou alweer R700 op by S&O na nou die dag se R1900 special - maar toe kom ek af op die Rudolph special by S&O vir R1900

Wat dink julle van die Rudolph scopes?

Henk
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Rudolph Scope

Post by grumpy »

Wat het van Rudolph geword. Lanklaas van hom gesien of gehoor.

>:(
User avatar
DanieDegenaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 368
Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm

Re: Rudolph Scope

Post by DanieDegenaar »

Ek het een vir my gekoop om te toets op my 3006. Op die stadium kan ek nog nie kla nie. Een ding wat my bietjie pla is dat die kruishaar baie dun is. Ek sukkel soms om mooi op hom te fokus as ek vinnig uit die vuis moet skiet. Verder het ek geen klagtes oor die scope nie (ek het self die 3-9x40 by S&O gekoop). Maar dis my personlike siening en elkeen kan maar verskil volgens smaak.

Groete

Degenad
30-06 Musgrave
303 Lee Enfield
.22 Bruno
12g Boito
.243WIN Howa
357\.38 Mag
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Rudolph Scope

Post by Stefan764 »

grumpy wrote: Wat het van Rudolph geword. Lanklaas van hom gesien of gehoor.

>:(
Ek weet hulle was nou by die Shot Show in Las Vegas gewees.....

Groete
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Rudolph Scope

Post by grumpy »

Dankie Stefan.

Ek sien jy kry gas omdat jy jou Howa 375 verkoop het!

;D

Ek wag vir my lisensie vir myne.
>:(
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Rudolph Scope

Post by Hilux01 »

Dankie manne

Ek sal die opsies met my pa bespreek

Henk
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
Trevor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm

Re: Rudolph Scope

Post by Trevor »

Stefan764 wrote: Ek weet hulle was nou by die Shot Show in Las Vegas gewees.....

Groete
En hy sal die 30ste terug wees ;)
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2116
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: Rudolph Scope

Post by vossie1 »

Ek het my twee nikon Monarchs verkoop en twee Rudolphs op my 300H&H en 243 win gesit op die 300 het ek n 4-16x50 ts gesit en op die 243 n 6-24x50 met die target dot ret die ts is fantasties maar ek moet se die target ret is bietjie fyn vir vinnig en nag skiet,maar die manne by rudolph het dit nou aangespreek met die nuwe reeks. Waarde vir geld is daar nie sy gelyke nie,optics hou kersvas by die grorer brands vir n fraksie van die prys,so ja ek dink dis n puik produk en dit word deur n eg suid afrikaner  geback. Ek dink nie S&O sal iets bemark wat hulle reputasie skade kan berokken nie. Ek se koop dis n puik produk
300 H&H
375 H&H ZKK602
303 BSA
Savage LRP 260
.22 cz zkm 452. 2-E
Winchester mod 63 .22 semi auto
.22 baretta
Baikal O/U 12br
Cz75B 40S&W
Cz75B 9mm Compact
.44 magnum Ruger Black Hawk 7.5" ( die baas)
Sako 222 rem vir die klonge
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Rudolph Scope

Post by Eugene »

Ek weet Rudolph is hier op die forum en juis daarom wil ek graag sy terugvoer op die volgende hoor.

Ek het 'n ruk terug met 'n verkoopsman by 'n geweerwinkel gepraat en spesifiek navraag gedoen oor die Rudolph-teleskope, die verkoopsman se houding was dat hulle dit nie aanhou nie, want dis die breinkind van 'n enkele Suid-Afrikaner en word op sy aandrang en instruksies vervaardig en as hy oor 5 besluit hy is nie meer lus vir die teleskoopmark nie, is daar geen backing of naverkope diens vir die eienaars van Rudolph-teleskope nie. Ek sal graag wil hoor wat julle daarvan dink.

Groete
Aim small, miss small
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2116
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: Rudolph Scope

Post by vossie1 »

Eugene dit klink vir my ma na n tiepiese suid afrikaanse verkoopsman wat net wil verkoop wat op sy rak is,ek kan jou n brief gee as daar Rudolph scopes  in sy winkel was sou hy dit bemark het. Maar kom ons hoor wat Rudolph te se het oor sy produk.
300 H&H
375 H&H ZKK602
303 BSA
Savage LRP 260
.22 cz zkm 452. 2-E
Winchester mod 63 .22 semi auto
.22 baretta
Baikal O/U 12br
Cz75B 40S&W
Cz75B 9mm Compact
.44 magnum Ruger Black Hawk 7.5" ( die baas)
Sako 222 rem vir die klonge
immelmanw

Re: Rudolph Scope

Post by immelmanw »

Selfde met alynx, die ou oom is klaar dood, nou is die seun nog daar. So ruk terug was lynx maar baie stil tot SA Jagters hul joint venture aangepak het met die varmint kruishaar. Wat as die seun ook doodgaan (hy is self glad glad glad nie n jagter nie) of besluit hy is ook nie meer lus vir die gesukkel nie. Ek ken vir Dolph, partner in S&O. Dit is hy, Suretha en Pieter Holtshauzen wat nou n rep is, ek dink nie daar is veel meer personeel in Lynx se kantoor nie.
Dolph sal ook nie nou antwoord nie want hy is by Shot Show (vegas) en dan na SCI vir Rudolph Optics en gaan ook na IWA in Nurenberg, vir Rudolph Optics.

Groete
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Rudolph Scope

Post by Piet Breedt »

Ek het nou al n paar Rudolph scopes getoets. Party beter as ander. Ek toets tans die 6 - 24 x 50 op my .260 Rem, en elke keer as ek met hom skiet verbaas hy my net meer. Sy duidelikheid verstom my. Ek wil hom eersdaags toets in die nag op Jakkalse, net om te sien hoe goed sy "light gathering" is. As sy helderheid in die dag iets is om as maatstaf te gebruik, behoort hy goed te doen in die nag.

Ek stel hom letterlik meer as n volle draai en n half om die 850m gonge by te kom, en dan stel hy presies as ek hom weer afdraai na 100m

Die nuwe een se kruishare is bietjie dukker en sal my oë beter pas.

Vir iemand wat n goeie scope vir n bekostigbare prys wil koop, kan ek hierdie scope werklik aanbeveel.
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1610
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Rudolph Scope

Post by blaser »

maklik om iets oor lynx te se maar hulle het puik diens en dink ek daar het al meer bokke in s a  met lynx geskiet as enige ander scope
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Rudolph Scope

Post by Eugene »

Rudolph, dankie vir jou terugvoer. Ek was nie bekommerd nie, maar wou graag dit wat ek gehoor het hier plaas sodat jy a) daarvan bewus is en b) jou reaksie daarop kan gee.

Sterkte en groete!
Aim small, miss small
User avatar
mobo
Newbie
Newbie
Posts: 7
Joined: Fri Nov 02, 2012 3:53 pm

Re: Rudolph Scope

Post by mobo »

Ek het self die Rudolph 4-16 x50 TS Scope op my 30-06 en is baie gelukkig. Ek het vinnig die dun haar gewoond geraak, het hom nog net nie in die nag getoets nie....

Maar hier is waar ek my m@er gestrip het by S&O....kom daaraan, ek soek n scope, ek wou die Leupold Boone&Crocket koop maar hou toe nie van die haar nie, daai salesman probeer enige scope aan my afsmeer maar wys my nie n Rudolph nie. Ek staan toe met n Zeiss Duralyt in die hand en debiet kaart in die anderhand ek gaan hom maar koop, toe onthou ek vd advertensie in die Hunter Jagter vd Rudoph scope (ek besluit toe as die scope nie is wat ek dink hy is nie sit ek hom maar op die .22)  en se vir daai man gee bietjie aan...my genade dit lyk toe of daai man my n guns doen. Ek besliut toe ek vat hom en vra die salesman vir n sunshade....nee Mnr vlg week geen stock nie. ek koop die Rudolph. Kom 2 wke later daar die man is nie daar nie die ou by die mense se: Nee mnr daai scope kan nie n sunshade vat nie  >:( toe is my m@er darem lekker suur. So stap ek uit en wragtig hier staan Mnr die scope salesman by n voertuig en die rep gee hom n "PERSENTJIE" toe smile ek en dink ja dus hoekom die man nie die Rudolph aan my wou verkoop het nie en so opdringerig was met die Zeiss..... dus my2c
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Rudolph Scope

Post by Nico Harris »

Hi Rodulph. Net n vraag. Hoekom by jou posts omtrent jou teleskope op die Longrange forum maak jy dit nie bekend dat dit jou reeks teleskope is nie? Jy gaan tot sover om jou naam op die longrange forum Tasco te maak. Net gewonder hoekom?

groete

nico
Last edited by Nico Harris on Wed Jan 30, 2013 11:30 am, edited 1 time in total.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: Rudolph Scope

Post by Chris Swart »

Rudolph Optics wrote: Nico,

Toe ek onder die naam Rudolph Optics registreer en iets wil post, toe "ban" hulle my op die longrange forum...blykbaar moet ek as 'n sponsor aansluit en maandeliks betaal om  enigsins iets te skryf oor jou eie produk.

Sal maar later weer probeer!

Groete

Rudolph
Dis nie ongewoon nie.

Ek is so "geban" van die Volkswagen forum ook omdat ek 'n Goldwagen parte winkel het.

Maar net nog 'n bewys dat HIERDIE forum great is...  8) 8)
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Rudolph Scope

Post by Nico Harris »

Bliksim Rudolph! nou maak dit meer sin :o jy al enige reaksie of belangstelling van hulle af gekry vir jou teleskope?
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4599
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Rudolph Scope

Post by James Wilson »

Rudolph, watter scope van jou reeks sal jy aanbeveel vir langafstand baanskiet en wat kan ek plus minus verwag om te betaal?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Rudolph Scope

Post by FCLoretz »

Rudolph ek het so bietjie op jou webwerf gaan rondkrap en lees.

As ek die H1 3-9x40 koop saam met watter kruishaar kom hy uit en kan ek hom vernader?
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Rudolph Scope

Post by Monrique (SJ) »

Mobo

Dis jammer om te lees van jou voorval met jou  teleskoop se aankoop.

Groetnis
Last edited by Monrique (SJ) on Wed Jan 30, 2013 3:38 pm, edited 1 time in total.
User avatar
tokjak
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 331
Joined: Mon Apr 11, 2011 12:45 pm

Re: Rudolph Scope

Post by tokjak »

RUDOLPH, EK HET BY HUNTEX IN DIE KAAP MET JOU GEPRAAT , TOE SE JY JULLE KRY BIINE KORT DIE [EK DINK DIS DIE ]6 - 24 X50  MET DIE IR. IS HY AL HIER ? EN WAT IS SY PRYS ?

GROETE
immelmanw

Re: Rudolph Scope

Post by immelmanw »

remington wrote: maklik om iets oor lynx te se maar hulle het puik diens en dink ek daar het al meer bokke in s a  met lynx geskiet as enige ander scope
Korrek, en meer bokke met n 303 geskiet as met enige ander kaliber!
koos
Newbie
Newbie
Posts: 49
Joined: Fri Jun 05, 2009 9:20 pm

Re: Rudolph Scope

Post by koos »

immelmanw wrote: Korrek, en meer bokke met n 303 geskiet as met enige ander kaliber!
Dit kan dalk wees dat daar meer bokke met 'n 303 geskiet is, as met al die ander kalibers saam.
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Rudolph Scope

Post by MEERKAT »

Willem I

Kan jy die verskille uitwys tussen die volgende 2 reticles, afgesien van die dot by die Rudolph scope en die klein verskil op maksimum vergroting.

Rudolph 8-34x56 T3 en die Nightforce 8-32 x56 NP R2
Ons skiet met beide die scopes en probeer nog die verskille agterkom. Afgesien van persoonlike smaak, in die praktyk watter van die scopes sal jy eerste plaas indien dit by veldskiete kom.
Een duidelike verskil is die een sak is ligter as die ander sak wanneer dit by koop van die goete kom.

Ons is in die proses om nog 'n scope by jou  te kom koop en wil graag let op die verskille wat jy gaan uitwys.

Groetnis
MEERKAT
NS Wonner altyd met watter scope en geweer is die meeste wild gekwes?
Post Reply