Ons hijack hierdie post lekker!!!MEERKAT wrote: Willem I
Kan jy die verskille uitwys tussen die volgende 2 reticles, afgesien van die dot by die Rudolph scope en die klein verskil op maksimum vergroting.
Rudolph 8-34x56 T3 en die Nightforce 8-32 x56 NP R2
Ons skiet met beide die scopes en probeer nog die verskille agterkom. Afgesien van persoonlike smaak, in die praktyk watter van die scopes sal jy eerste plaas indien dit by veldskiete kom.
Een duidelike verskil is die een sak is ligter as die ander sak wanneer dit by koop van die goete kom.
Ons is in die proses om nog 'n scope by jou te kom koop en wil graag let op die verskille wat jy gaan uitwys.
Groetnis
MEERKAT
NS Wonner altyd met watter scope en geweer is die meeste wild gekwes?
Van die scope weet ek nie, ek lees hierbo dat lynx die meeste bokke geskiet het, dan kan ons waarskynlik aflei dat lynx ook betrokke sou wees by die meeste kwesskote, dieselfde as wat gesê kan word dat 30-06 die kaliber is wat die meeste kwes! Die rede daarvoor is seker maar oor almal altyd vir 'n nuwe jagter 'n 30-06 aanbeveel en die meeste geleentheidsjagters dus skote met hulle 30-06'e waag...
Ek dink egter nie dat 'n scope of 'n geweer kan kwes nie, dink dis eerder die DAG wat kwes...
