BOYDS KOLF MANNE

User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by Arnold »

Die Howa is 'n 223Rem en die kolf se kleur is Blue sky
Die "Rem700" is 'n 260RemAI en daai kolf se kleur is pepper ja ... ek het nog nie 'n 7mm nie  ;D
User avatar
gideon
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 69
Joined: Tue Jul 12, 2011 8:12 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by gideon »

Arnold

Man ek is nou so groen van jaloesie rem 700 7mm rem wie gee om  ;D dit is vir my vrek mooi. Hetook die pepper gevat
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by Arnold »

Die kolf is vir 'n Remington 700 kort aksie ... dit is egter nie wat daarin is nie  ;D
Die kolwe is regtig baie goeie waarde vir geld!
User avatar
Naas
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Mon Mar 07, 2011 4:54 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by Naas »

Naand Manne.

Jammer ek kom eers nou terug.
Die posgeld tot by my in Nam was US$57.
Die kolf met posgeld tot by my in was 1040.00
Het net nog 250.00 invoer belasteng by ons poskantoor betaal.

Wat die afstend aangaan.ek het n haar sneller op my 270.die agterste
sneller sit perfek,en die voorste sneller sit bietjie ver,maar ek het net my draw op
die voorste sneller verlig,en dit werk soos n bom.my hande is nie baie groot nie.\
As ek so kan se my hand is oop,180mm van pols lyn na middel vinger punt.

Die kolf wat ek ontvang het is baie goed afgewerk.ek het my loop uit gehaal en netso ingesit sonder een probleem.
die loop was klaar free flaoting sonder dat ek gebed het.Ek het sommer self my bedding gedoen,met prattly steel.
seeker nie die beste opsie nie,maar my geweer gooi mooi,Het die naweek wat verby is,mooi vark beer op so 270m in die oog geklap.

Ek het presies 4weeke gewag, tot by my.
Ek het die pepper lam gevat.Die ander kleure was vir my net so mooi,maar was bang ek raak g,,,,t vol en dan begin heuk ek weer,
so het toe vir die pepper gegaan.nogsteeds mooi,maar meer natuurlik.

As daar nog iets is moet julle net vra,ek help graag.
Naas Potgieter
Naas Potgieter
Namibia ( Gobabis )
Box 810
0812972323
np@iway.na
User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by Johan JvR »

Hallo Arnold

Watse Nightforce het jy op jou geweer (vergroting, kruishaar ens.)  Is maar net nuuskierig.

Lyk in elk geval baie mooi.
Groete
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by Arnold »

Johan, geen probleem. Dit is 'n 8-32X56 met NP-2DD reticle.
Die reticle was vir my baie "snaaks" in die begin en ek het hom gekies op aanbeveling van 'n paar ander manne. Nou sal ek nie skroom om weer 'n scope met so reticle te koop nie.
User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by Johan JvR »

;D lekker man !

het gou gaan kyk na daai NP-2DD, verstaan wat jy bedoel.  Ek sou ook dink met so 'n tactical teleskoop sou mens eerder die MLR of NP-R1 kies....interessant !
Last edited by Johan JvR on Tue Jul 26, 2011 9:22 am, edited 1 time in total.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by Arnold »

Die teleskoop is gekies met f-klas en v?r skiet in gedagte. Omdat ek ook my turrets stel vir die verskillende afstande het ek nie eintlik afmikpunte op 'n reticle nodig nie.
Daai kolletjie stel my dan instaat om baie fyn te mik en mooi te (probeer) skiet  ;D
Biltongjagter

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by Biltongjagter »

Gideon, hier is die hele storie met kostes, tyd en al nou:
In hierdie gevalle dink ek dit sou beter wees om 'n 'unfinished' kolf te bestel - geen 'inlet' werk is aan so 'n kolf gedoen nie, ook nie finaal afgewerk nie - kos gemiddeld US$30.00 minder.

USPS (US Postal Services) se 'Priority Mail International' - al opsie beskikbaar - beloop tans US$54.55.

Dus indien kolf $69 kos en $54.55 = US$ 123.55 en indien R/$ wisselkoers om en by 7.18 is, kos die kolf jou minder as R900.00 om hier te kry.
Kolf koste + posgald vanaf VSA        -  R 887.90
BTW in RSA                                          71.62
Klaringskoste RSA                                  30.00
Totale koste tot in jou hande                R 989.52.

Tydperk:
Bestel 19 Julie 2011
Boyds pos 20 Julie 2011
Arriveer in RSA 26 Julie 2011 te Jhb. Int.
Vanaf Jhb. Internasionaal tot afleweringsadres: 3 Augustus 2011.

Heel spoedige proses!  (Kon nog vinniger wees as SA pos bietjie roer!!!!)
FE
Hero Member
Hero Member
Posts: 566
Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by FE »

Hi Naas,

Het jy al jou kolf gekry en hoe lyk dit?? Is baie nuuskierig om te weet. Ek moet self vir my 'n nuwe kolf kry, en wil voorkom of dit die beste en goedkoopste opsie gaan wees. Daar is ouens wat vir my 'n kolf belowe het maar dit het by 'n belofte gebly.

Wag om van jou te hoor!!

FE
Born to hunt, but forced to work!
User avatar
Naas
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Mon Mar 07, 2011 4:54 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by Naas »

@ FE

Ek het my kolf gekry,dis baie smaart.
Die kolwe is meer as die moeite werd vir die geld.
Jy sal nerens anders goedkooper weg kom nie.

Ek sal fotos hier plaas sodra ek tyd kry,my frou moet
eenege tyd nou aflaai,so weet nie waneer dit sal wees nie.

Naas Potgieter
Naas Potgieter
Namibia ( Gobabis )
Box 810
0812972323
np@iway.na
FE
Hero Member
Hero Member
Posts: 566
Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by FE »

Hi Naas,

Baie dankie vir terug voor!! Volgende vraag ek volg nou maar net die prosedure op hulle web site om die bestelling te doen? Dan wil ek net weet as jy die vol okkerneut hout kolf bestel, kan hy dalk trek op na Bloemfontein of dink jy daardie hout sal al redelik droog en gestabiliseerd wees?? Of moet ek maar vir die ander opsie gaan?? Daar is net 3 keuses vir die p14 aksie NUTMEG LAMINATE en CHANNEL WALNUT!

Byvoorbaad Dankie

Edmund
Born to hunt, but forced to work!
User avatar
gideon
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 69
Joined: Tue Jul 12, 2011 8:12 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by gideon »

Biltongjagter.

Ek vermoed die vakansie dae sal myne so bietjie vertraag. Maar baie dankie het myne 26 jun bestel en hy is nog nie hier nie. 
User avatar
gideon
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 69
Joined: Tue Jul 12, 2011 8:12 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by gideon »

26 jul meen ek
FE
Hero Member
Hero Member
Posts: 566
Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by FE »

Dankie vir al julle raad. Ek het my kolf bestel op die 11/08/2011, en hy l? al klaar in Jhb erens vir clearance. So as alles goed gaan dan het ek hom binne kort. Sal julle laat weet as ek myne gekry het.

FE
Born to hunt, but forced to work!
FE
Hero Member
Hero Member
Posts: 566
Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by FE »

Dankie vir al die raad op die forum. Ek het my kolf gekry vandag! Lyk baie mooi, en dit is so vinnig. 11/08/11 bestel en vandag gekry.
Born to hunt, but forced to work!
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by Martin Marais »

Hello almal.

Ek het my Boyds Varmint Thumbhole kolf vir my Ruger 243 Ackley op 03-11-2011 bestel en op 21-11-2011 ontvang.  Die kolf is van hoogstaande gehalte.  Die totale prys met invoerbelasting en posgeld was R1414-00.

Groete Martin
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by Pvdw »

Martin pragtage plank daai, ek het een op my 223.

Stel jouself gou voor by nuwe aansluitings en sien hoe vinnig die manne saampraat en jou laat tuisvoel.  http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... .php?f=6.0

Peet
Work to live, don"t live to work
Post Reply