BOYDS KOLF MANNE

User avatar
Naas
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Mon Mar 07, 2011 4:54 pm

BOYDS KOLF MANNE

Post by Naas »

Ek sit en raak nou al bekommerd.
Ek het die 16 de Junie vir my by Boyds n kolf gekoop
en samet usps laat skip.Ek het nounog niks gekry nie
en die track and converm diens bly se die selfde, dat die pakkie opad is al van die 23ste af.

Ek wil net hoor hoelank het julle pakkies gevat van hulle af.
Want dit gaan bepaal of ek die groot gesoek en geskel moet begin.

Naas Potgieter
Naas Potgieter
Namibia ( Gobabis )
Box 810
0812972323
np@iway.na
User avatar
Naas
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Mon Mar 07, 2011 4:54 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by Naas »

Jes Manne.

Het nou met on courier dies gepraat.
Die Pakkie het dam in Windhoek geland,
so sal seker teen donderdag by my wees.

Naas Potgieter
Naas Potgieter
Namibia ( Gobabis )
Box 810
0812972323
np@iway.na
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by Witpietskiet »

Naas,

Kan wees dat die staakings in die RSA n ivloed het op die aflewering. Goed wat ons Suidwesters bestel kom eers in die RSA aan voor dit na ons toe gestuur word.
Vasbyt, hoop hy is gou hier.

Mooi loop
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
Biltongjagter

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by Biltongjagter »

Watter tipe kolf, kleur en vir watter kaliber geweer het jy bestel, Naas?

Finished of Unfinished?

Hoor graag.

Groete,
Koos.
User avatar
Naas
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Mon Mar 07, 2011 4:54 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by Naas »

@ Biltongjagter

Ek het een van daai Varmint Thumbhole in Pepper lam bestel
vir n m98 mauser in .270 win.dis n finished kolf.

Sal maar sien hoe hy lyk as ek hom in die hand het en terug laatweet

Naas
Naas Potgieter
Namibia ( Gobabis )
Box 810
0812972323
np@iway.na
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by Hugo »

Sit vir ons paar mooi fotos op
.22LR Slazenger
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D

To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
User avatar
Naas
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Mon Mar 07, 2011 4:54 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by Naas »

Ek sal so maak,wag nog in spanning vir die kolf. :P
As ek n hond was het die kwyl al gedrip.
Naas Potgieter
Namibia ( Gobabis )
Box 810
0812972323
np@iway.na
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by erx »

Hi Naas

Het jy die kolf self direk bestel/ingevoer?

Groete
erx
User avatar
gideon
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 69
Joined: Tue Jul 12, 2011 8:12 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by gideon »

Manne.

Ek oorweeg self twee van die kolwe. kan die prys op website kry vir die kolf. Kan julle help met die posgeld kostes. Dink ook daaraan om direk te bestel. Het egter al Dinsdag vir hulle epos gestuur met navraag maar nog niks van hulle gehoor nie. Sal more weer navraag doen.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by Hein M. »

Hallo almal!

Ek wil ook eendag 'n thumbhole Boyds koop, maar is bekommerd oor die afstand na die sneller.  My hande is kleiner, so dit kan 'n probleem wees.  Maak die kolwe voorsiening vir hierdie probleem?

Groetnis

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
gideon
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 69
Joined: Tue Jul 12, 2011 8:12 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by gideon »

Hein

Ek wil thumbhole kolwe vir my 222 en 303 Epps kry. Ek verstaan dat jy by hulle 'n uninlet kolf kry as ek hulle reg verstaan is die kolf glad nie oopgesny vir aksie en loop nie.  Ek kyk na sulke kolwe aangesien hulle nie kolwe vir my gewere se aksies het nie. Ek mag verkeerd wees maar as jy die roete gaan kan die man wat jou kolf hier vir jou fit dalk jou probleem oplos.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by Jagtersdok »

Hein M. wrote: Hallo almal!

Ek wil ook eendag 'n thumbhole Boyds koop, maar is bekommerd oor die afstand na die sneller.  My hande is kleiner, so dit kan 'n probleem wees.  Maak die kolwe voorsiening vir hierdie probleem?

Groetnis

Hein
Hein jy kan bietjie wegvat by die thumbhole om die afstand kleiner te maak
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by Hein M. »

Gideon / Dok

Dankie vir die raad!  Ek eye daardie bloue - dink Arnold het een ;)

Mooiloop!

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Biltongjagter

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by Biltongjagter »

Daar is 'n  'Firearms Cross Reference' afdeling op hulle webwerf waar jy kan vasstel watter van hulle kolwe behoort die naaste aan pas te wees vir jou geweer indien jou geweer nie op hulle lys verskyn nie.

In hierdie gevalle dink ek dit sou beter wees om 'n 'unfinished' kolf te bestel - geen 'inlet' werk is aan so 'n kolf gedoen nie, ook nie finaal afgewerk nie - kos gemiddeld US$30.00 minder.

USPS (US Postal Services) se 'Priority Mail International' - al opsie beskikbaar - beloop tans US$54.55.

Dus indien kolf $69 kos en $54.55 = US$ 123.55 en indien R/$ wisselkoers om en by 7.18 is, kos die kolf jou minder as R900.00 om hier te kry.

Groete,
Koos.
Last edited by Biltongjagter on Sun Jul 24, 2011 2:25 pm, edited 1 time in total.
User avatar
gideon
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 69
Joined: Tue Jul 12, 2011 8:12 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by gideon »

Hi Koos.

Baie dankie dit help baie. Jy weet nie min of meer hoe lank dit neem tot hy hier land nie.

Hein  Het ook gaan kyk daar is nie feel uninlet kolwe in die thunbhole reeks tans beskikbaar nie. Sal hopelik terugvoer kry op my epos en al die inligting kry. Sal hier met jou gesels as ek iets uitvind.

Groete

Gideon
Biltongjagter

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by Biltongjagter »

Gideon,

Sal sodra ek die presiese inligting mbt tyd vanaf bestelling tot aflewering hier plaaslik kry, vir jou laat weet.

Groete,
Koos.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by Beyers »

Tyd vir aflewering is baie vinnig tot in SA. Posdiens vat so twee weke as dit goedgaan.
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by Freddie101 »

Het ook kolf van Boyds bestel. Diens was goed. So 2 weke soos Beyers se. Dit was vir remington 700 bdl aksie in .270w. Ross featherweight varmint thumbhole in pepper laminated. Die finished produk. Ou kolf afgehaal en nuwe en nuwe een opgeskroef. Het dadelik gepas.

Het egter vir Beyers gevra om hom te pillar bed en pak. Hy het R750 gevra en kolf saam met posgeld en belasting om en by R1200. Dus lekker kolf vir onder R2000. Oja Beyers het ook bietjie gewig in die vorm van haelkorrels agter ingesit want ek wou hom bietjie swaarder he.

Sal enige tyd aanbeveel.
Groete Freddie  

ns Dit kapok op die oomblik lekker hier by ons. (Tarkastad)
yol bolsun
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 837
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by prohunt »

Almal gesels nou so lekker oor die kolwe dat ek ook lus raak vir een vir my .375 Winchester Mod 70. Kan iemand dalk vir my se of die kolwe gemaak is vir die lope om "freefloating" te wees?
Where He leads me I shall follow!
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by Beyers »

Die paar wat ek mee tedoen gehad het was freefloated. 'n presiese pas op die loopprofiel op 'n mailorder kolf is baie moeilik bereikbaar, naas ontmoontlik.
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 837
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by prohunt »

Baie dankie Beyers. Ek aanvaar dat 'n presiese pas nie maklik gaan wees nie, maar jy het my vraag geantwoord deur as die ontwerp ten minste vir "freefloat" is, is daar hoop om die fynere aanpassings vir die spesifieke profiel te maak.
Where He leads me I shall follow!
User avatar
gideon
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 69
Joined: Tue Jul 12, 2011 8:12 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by gideon »

Manne

Ek het nou net my kolf bestel. Het 'n uninlet thumbhole sporter in pepper gevat. Het 113$ vir die kolf en posgeld betaal. Dink nie dit is te sleg nie.

nou is dit weer 2 tot 3 laaaaaaang weke.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by Arnold »

My Howa het net so gepas
[img width=560 height=217]http://i194.photobucket.com/albums/z44/ ... 223Rem.jpg[/img]

By Rem700 se inletting sal ek so klein bietjie hout moet wegvat sodat die safety werk, maar anders 100%.
[img width=175 height=480]http://i194.photobucket.com/albums/z44/ ... C10956.jpg[/img][img width=167 height=480]http://i194.photobucket.com/albums/z44/ ... C10954.jpg[/img]
User avatar
gideon
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 69
Joined: Tue Jul 12, 2011 8:12 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by gideon »

Arnold

is dit nou nodig? dit is dam pragtige gewere daai.
User avatar
gideon
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 69
Joined: Tue Jul 12, 2011 8:12 pm

Re: BOYDS KOLF MANNE

Post by gideon »

Arnold.

Is jou 7mm is die black pepper?
Post Reply