Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?

Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2204
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?

Post by Ds J »

Goeienaand, 'n jong man hier naby oorweeg om profi-jagter te word.

Wat is die ideale kaliber/s vir n beginnende professionele jagter? (Ek vermoed hy oorweeg om 'n dubbelgeweer te laat bou, maar dit is nie vas nie.)
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1881
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?

Post by Rudi Fischer »

More Ds.

As hy nou eers n PH gaan word gaan dit hom n rukkie vat om gevaarlike wild gesertiviseerd te word.

Wanneer die manne begin jag as n beroeps jagters gaan hulle maar meestal plains game skiet, en ek is geleer jy skiet nie jou klient se diere nie. So as ek plains game jag met kliente dra ek nie n geweer nie tensy daar gevaarlike wild op die eiendom is waar ons jag.

So vir daai beginer PH sal ek se dalk as hy vlakte jag, n 300wm, (ek gebuik my 338 win mag) en as hy bosvked gaan jag, n 375. N 30-06 sal ook vir alles werk.

As dit kom by gevaarlike wild.
Dink nie hy kan verkeert gaan met n 458 Lott nie.
Het vir 20 jaar met my 458 Express gejag en nou dat ek net buffels jag, het ek n 500 Jeff laat bou.

Dubbels is mooi en eendag as ek groot is sal ek okk een wil het maar net te duur en PH’s maak nie geld nie.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2204
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?

Post by Ds J »

Dankie Rudi, ek gee dit so deur.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2204
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?

Post by Ds J »

Enkele idees na gesprekke met verskillende beroepsjagters:
- 'n goeie skoot met 'n 375H&H is meer werd as 'n swak skoot met 'n. 500XYZ
- 'n 375H&H se ammunisie is baie beskikbaar

Noordkaap Beroepjagskool is uitsonderlik goed.

Begin by 'n uitruster en werk jou pad boontoe.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1495
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?

Post by Eduard Venter »

Dit hang maar af watter werk hy gaan doen. As hy Vrystaat vlakte wild gaan jag is die vereistes anders as bosveld buffels.

Ek gebruik meestal my oop visier 375e vir beroepsjag werk.

Aspirant PHe debatteer gewere en kalibers vir ure, terwyl ek dink n verkyker is n veel belangriker stuk toerusting. Dit is waar foute gemaak word wat geld kos

Sent from my SM-G780F using Tapatalk

User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13627
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?

Post by Capt. Yoda »

As hy in die Noordkaap is gaan hy seker so nou en dan n bq verder skoot met trek, as hy nie een geweer/kaliber nou wil koop om later gevaarlike wild te volg nie sou ek ook kyk na n 300WM.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 487
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?

Post by saswart »

Ds J - ek lees "dubbel geweer bou" - nou ek is nie self 'n PH nie, al is helfte van my familie en pelle :) - maar ek kan darem gesels oor die roer - 'n geboude dubbel (SA custom van praat ek nou) gee amper altyd probleme, kort kort is daar 1/2 op die mark, vir goedkoop - maar dit was ten duurste gebou... Ek dink nie ons SA geweersmidde het al dubbels bou volmaak nie. Ek staan natuurlik eerste in die ry om jammer te se en my woorde te sluk. Ek dink 'n "goedkoop" dubbel van Mpye soos Chapuis / Merkel ens is baie better as custom geboud tans in ons land.

Dan oor kaliber, 'n 375 sak perfek wees, later as hy dubbel wel kry, kan sy kliente (of hy self) die 375 gebruik vir die donkie werk.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13627
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?

Post by Capt. Yoda »

Om so half aan te sluit, ek prtaat nou nie van net PHe of alle skuts nie maar oor die algemeen die meeste mense wat ek nog gesien het skiet nie so baie goed met regte grtoot kaliber dubbles nie. Yes almal wil n mooi dubble he maar ek dink n lekker CZ met met bq kolf werk in n regte groot kaliber is n baie beter call vir n jong PH, ek kan natuurlik heel verkeerd ok wees, dit het al gebeur.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?

Post by tau »

Capt. Yoda wrote: Tue Sep 15, 2026 10:29 am Om so half aan te sluit, ek prtaat nou nie van net PHe of alle skuts nie maar oor die algemeen die meeste mense wat ek nog gesien het skiet nie so baie goed met regte grtoot kaliber dubbles nie. Yes almal wil n mooi dubble he maar ek dink n lekker CZ met met bq kolf werk in n regte groot kaliber is n baie beter call vir n jong PH, ek kan natuurlik heel verkeerd ok wees, dit het al gebeur.
CZ 550
.458 Lott
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Bushwack
Full Member
Full Member
Posts: 153
Joined: Tue Feb 05, 2013 4:14 pm

Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?

Post by Bushwack »

ai die manne met die groot gewere darem...458 lott, 470NE, 500's, wild cats...blah blah blah...

Baie jagters met hulle groot gunne, skiet soos hulle g.tte ++>:

die maklikste aanbeveling is vir ' n up-and-comming PH: onthou hierdie man moet nog plek kry om te kan jag met buitelandse kliente, baie moeilik vandag vir up and commings... 8)

PG tot op Eland - enige geweer soos 308 / 30-06 / 300
DG - 375 H&H

sodra hy nou 'n expert word' dan kan hy nou sy bou geweer of kanon kry om gate in diere te sit sodat die taxidermy dit kan toe stop... ++>:
Patrick Reynecke

Dream...Discover...Experience...
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2204
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?

Post by Ds J »

Goeiemôre Kêrels, julle laat 'n man lekker lag!

Ek gee so deur, baie dankie.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?

Post by tau »

Bushwack wrote: Tue Sep 15, 2026 11:29 am ai die manne met die groot gewere darem...458 lott, 470NE, 500's, wild cats...blah blah blah...

Baie jagters met hulle groot gunne, skiet soos hulle g.tte ++>:

die maklikste aanbeveling is vir ' n up-and-comming PH: onthou hierdie man moet nog plek kry om te kan jag met buitelandse kliente, baie moeilik vandag vir up and commings... 8)

PG tot op Eland - enige geweer soos 308 / 30-06 / 300
DG - 375 H&H

sodra hy nou 'n expert word' dan kan hy nou sy bou geweer of kanon kry om gate in diere te sit sodat die taxidermy dit kan toe stop... ++>:
Die man wil 'n dubbel laat bou, budget is nie sy probleem nie, dit is terughou. En jy weet van terughou bou jy pressure op.

Groot gunne is nie die probleem nie, dit is die onvermoë om konstant te kan flinch.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?

Post by tau »

Snaaks vir my is hoe PH moet begin met .375 en dan later in sy lewe dra hy 'n .505 Gibbs. Jy is moet mos beter raak nie swakker nie?
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
HunterB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 345
Joined: Fri May 15, 2015 12:05 pm

Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?

Post by HunterB »

6.5 Creedmoor

…jammer ek moes net
CZ p10c 9mm P
Catma O/U 12ga
Astra .22lr pistool
BRNO .22lr
Savage MSR Recon AR 223
Tikka 223 ackley
Ruger American gen 2 223
Howa custom 6mm BRA
Howa custom 6.5x55 swede
Musgrave K98 7x57 mauser
Howa varminter 308win
CZ 9.3x62
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1495
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?

Post by Eduard Venter »

tau wrote:Snaaks vir my is hoe PH moet begin met .375 en dan later in sy lewe dra hy 'n .505 Gibbs. Jy is moet mos beter raak nie swakker nie?
'n beginner ph jag nie gevaarlike wild nie. Die 375 word meestal gebruik om gekweste diere van enige hoek en deur enige bos dood te skiet. Soos sy vaardigheid en behoefte (en finansiële situasie) verander kan hy beslis kyk na ander opsies. 'n 375 skiet wel n buffel baie dood.

Sent from my SM-G780F using Tapatalk

Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?

Post by Wouter Roets »

More Manne

Vir n man wat sy geweer gereeld moet dra met al die stampe en stote wat daarmee gepaard gaan sal ek n 375 of 416 Ruger aanbeveel in die Alascan of Guide gun. Daar is nie veel beter vir die taak nie.

Groetnis
Wouter
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?

Post by tau »

Eduard Venter wrote: Tue Sep 15, 2026 10:00 pm
tau wrote:Snaaks vir my is hoe PH moet begin met .375 en dan later in sy lewe dra hy 'n .505 Gibbs. Jy is moet mos beter raak nie swakker nie?
'n beginner ph jag nie gevaarlike wild nie. Die 375 word meestal gebruik om gekweste diere van enige hoek en deur enige bos dood te skiet. Soos sy vaardigheid en behoefte (en finansiële situasie) verander kan hy beslis kyk na ander opsies. 'n 375 skiet wel n buffel baie dood.

Sent from my SM-G780F using Tapatalk
Deur bosse!!! Oom Koos en Wouter gaan jou nou kom vertel wat maak selfs dei dunste takkie aan 'n koeel.

Ek krap julle gatte.

My eerste ervaring van Grootvyf as 16 jarige was die een PH se .375 Brno al blink gevat. Hy het op daardie stadium meer as 50 olifante gejag en was oortuig daai .375 was al wat hy benodig. Ek het ook een en hy skiet Buffels raak met solids >:D .
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13627
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?

Post by Capt. Yoda »

Wouter Roets wrote: Wed Sep 16, 2026 8:52 am More Manne

Vir n man wat sy geweer gereeld moet dra met al die stampe en stote wat daarmee gepaard gaan sal ek n 375 of 416 Ruger aanbeveel in die Alascan of Guide gun. Daar is nie beter vir die taak nie.

Groetnis
Wouter
Nou gaan jy vir Tau heel uit sy vel he
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1394
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?

Post by Toxxyc »

tau wrote: Wed Sep 16, 2026 9:01 amDeur bosse!!! Oom Koos en Wouter gaan jou nou kom vertel wat maak selfs dei dunste takkie aan 'n koeel.
Ek het so paar jaar terug 'n artikel gelees in 'n tydskrif (ek dink dit was die SA Jagter) waar 'n man barriers gebou het met allerhande goeters - gras, takkies, stokke, ens. en die resultate was, as ek reg onthou, dat as die grasse en goete naby aan die bok is, dan skiet jy sommer deur alles.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?

Post by tau »

Wouter Roets wrote: Wed Sep 16, 2026 8:52 am More Manne

Vir n man wat sy geweer gereeld moet dra met al die stampe en stote wat daarmee gepaard gaan sal ek n 375 of 416 Ruger aanbeveel in die Alascan of Guide gun. Daar is nie beter vir die taak nie.

Groetnis
Wouter
++>: ++>: ++>: ++>: ++>: ++>:

Ek is nie nie 'n PH nie maar ek loaf mos maar op ander manne se Buffel jagte hier agter rond en ek dra 'n Ruger Alaskan. Ek skiet ook graag hulle buffels met die kort geweertjies. :laugh:
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?

Post by tau »

Toxxyc wrote: Wed Sep 16, 2026 9:06 am
tau wrote: Wed Sep 16, 2026 9:01 amDeur bosse!!! Oom Koos en Wouter gaan jou nou kom vertel wat maak selfs dei dunste takkie aan 'n koeel.
Ek het so paar jaar terug 'n artikel gelees in 'n tydskrif (ek dink dit was die SA Jagter) waar 'n man barriers gebou het met allerhande goeters - gras, takkies, stokke, ens. en die resultate was, as ek reg onthou, dat as die grasse en goete naby aan die bok is, dan skiet jy sommer deur alles.
Jy het nie mooi gelees nie..... :laugh:

Was Oom Koos se artikel en hy het bewys takke is nie jou maat nie.....

Capt. Yoda wrote: Wed Sep 16, 2026 9:02 am
Wouter Roets wrote: Wed Sep 16, 2026 8:52 am More Manne

Vir n man wat sy geweer gereeld moet dra met al die stampe en stote wat daarmee gepaard gaan sal ek n 375 of 416 Ruger aanbeveel in die Alascan of Guide gun. Daar is nie beter vir die taak nie.

Groetnis
Wouter
Nou gaan jy vir Tau heel uit sy vel he
Wouter is slim, hier bewys hy dit weer.

Ek dra die klein roertjies want ek is sag onthou.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1394
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?

Post by Toxxyc »

tau wrote: Wed Sep 16, 2026 9:21 am
Toxxyc wrote: Wed Sep 16, 2026 9:06 am
tau wrote: Wed Sep 16, 2026 9:01 amDeur bosse!!! Oom Koos en Wouter gaan jou nou kom vertel wat maak selfs dei dunste takkie aan 'n koeel.
Ek het so paar jaar terug 'n artikel gelees in 'n tydskrif (ek dink dit was die SA Jagter) waar 'n man barriers gebou het met allerhande goeters - gras, takkies, stokke, ens. en die resultate was, as ek reg onthou, dat as die grasse en goete naby aan die bok is, dan skiet jy sommer deur alles.
Jy het nie mooi gelees nie..... :laugh:

Was Oom Koos se artikel en hy het bewys takke is nie jou maat nie.....
Dan onthou ek hom sommer heeltemal verkeerd. Ek dink dit hang maar af hoe ver die bok agter die takke staan, as ek reg onthou. Of ek onthou 'n ander toets.

Iedergeval, skiet wat jy kry met wat jy het, sou ek seg.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1495
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?

Post by Eduard Venter »

tau wrote: Deur bosse!!!
Hoe dikker die tak voor die bok hoe harder moet jy die sneller trekImage

Sent from my SM-G780F using Tapatalk

ThinusS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 325
Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am

Re: Ideale kaliber/s vir n beginnende profi-jagter?

Post by ThinusS »

Watse gewere besit die jongman tans?

Ek het 26 jaar gelede begin met 'n .300 win mag en 'n 7x57 maar as ek toe geweet het wat ek nou weet sou ek met 'n .375, met 'n betroubare kontrolevoer aksie en 'n .308 win of 'n .30-06 begin het.
Dit gaan, soos Rudi genoem het, 'n paar jaar neem voor hy gevaarlike wild begin jag. 'n .375 H&H of Ruger is 'n puik kaliber vir 'n PH wat kliënte op vlaktewild gids en is ook 'n goeie kaliber vir kliënte om op buffels te gebruik.
Die .308" kalibers is 'n goeie uitleen geweer vir gewone wild, vir oorsese jagters wat nie hulle eie gewere bring nie. Deesdae bring ongeveer 80% van ons kliënte nie hulle eie gewere nie.
Later, wanneer hy gevaarlike wild begin jag, kan hy dan 'n groter kaliber aanskaf.
'n PH gaan meer as een geweer moet hê en daar gaan 'n mate van oorvleuling tussen kalibers moet wees. Gewere, soos enige gereedskap, kan breek of onklaar raak.
Jag hy vir 'n jag ondernemer wat 'n versameling werkgewere het, het hy dalk net een roer nodig, maar uit persoonlike ondervinding is dit nie 'n praktiese benadering nie.
Last edited by ThinusS on Tue Oct 06, 2026 7:33 pm, edited 1 time in total.
Post Reply