Die klein pyltjie wys die oorspronklke beginpunt van die snyvlak; die potloodlyne wys die oorspronklike grootte van die lem. Die lem was aanvanklik 10.7cm lank, en die lem was ongeveer 5-6mm breër.
Die mes het bokkele gesny, bees geslag, vleis gewerk, kombuiswerk gedoen en algemene dagwerk gedoen.
Ek sal graag weer een aanskaf; Spyderco het dieselfde mes met n lem van beter staal; die letters is die kinders se oefeninge
Vir n knipmes is hy behoorlik groot - 22cm lank. Daar was al n paar gevalle waar ek hom uithaal en mense al tergende vra of ek nie n groter mes het nie. Feit van die saak is dat n groot mes n kleintjie se werk kan doen. n Kleintjie kan nie n grote se werk doen nie.







