Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Apie wrote: Tue Aug 08, 2023 7:20 pm
Baie ‘snotty’ opmerkings
Ek dink jou opmerking sluit aan by my kommentaar oor die meer stedelike (lees Jhb) ledetal op GS. Dit wys in die kultuur.
Om die verskil tussen Jhb en plattelandse kultuur te illustreer:
Ek woon redelik onlangs die jaarlikse NAMPO expo by. Groot is my verbasing om 'n bekende wapensmid / wapen vervaardiger daar raak te loop. Dis redelik stil op die tydstip en ons gesels lekker. Hy vertel my hy geniet die kultuur wat daar by NAMPO heers baie. Hy vergelyk dit ook met HuntEx waar daar baie meer Johannesburgers bywoon, want dit is immers naby hulle. Hy sê daar kom staan ouens voor jou, hy kyk hulle in die oë en groet hulle, dan draai hulle om en stap weg. So onbeskof soos net 'n ..... kan wees. By die plattelandse skou groet almal hom met die hand en gesels soos ou vriende.
Onthou dat daar fisies minder spasie is in die stede, met die gevolg dat stedelinge oor die algemeen meer gesteld is op persoonlike ruimte, eie belange ens. Tweedens is daar soveel mense dat dit onmoontlik is om almal te ken; dit pla niemand om nie gegroet te word nie. In sommige gevalle is dit al so ver dat mense nie gegroet wil word nie, hulle wil tog net uitgelos word.
En dan kom die saak van opvoeding by. Vriendelikheid en hoflikheid kos niks.
Last edited by Ds J on Thu Aug 10, 2023 10:18 am, edited 1 time in total.
Toxxyc wrote: Thu Aug 10, 2023 10:16 am
Ja en moet asb nie vir iemand wat 40 jaar ouer is as jy probeer "Oom" sê nie, want 'n 70-jarige man is mos nie met my tannie getroud nie.
As jy nie self in die stad bly nie is dit moeilik om dit regtig te vestaan (en Pretoria is nie die stad wat ek na verwys nie), dit klink seker snaaks maar mense het dinge om te doen hier ons hang nie heeldag rond nie, self as jy Huntex toe gaan is daar heel moontlik een of 2 ouens in die groep wat klaar weer afsprake het teen x uur so hulle kan nie by elke stal wat biltong of n knipmes verkoop staan en gesels nie. Kos natuurlik niks om iemand te groet nie maar as ek jou nie ken nie gaan ek jou ook nie regtig groet nie tensy ek met jou wil gesels.
Ek het groot geword in die patteland en n rukkie weer daar gebly en dis 2 heel verskillinde werelde, as jy gewoond is aan die stad lewe ereteur die platteland jou weer grensloos, hier verwys mense wel na jou as jy en jou waar hulle al op die platteland my Oom genoem het toe ek 35 was, die naweek in Parys noem n kelner my Oom wat seker 2 jaar jonger as ek is, seker maar vrouens wat my so oud maak
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Toxxyc wrote: Thu Aug 10, 2023 2:38 pm
Ek sê altyd die jong kelnerinne kan vir my sê "oom", hulle moet net nie sê "nee oom" nie.
Jy sal op 'n ouderdom kom waar jy nie gepla is oor die "Oom" nie... dit wys die jonges het darem nog respek en 'n goeie opvoeding... Dan is jy ook nie bang vir die "Nee oom" storie..... jou grootste vrees is as hulle dalk sou sê "WEER oom"
Toxxyc wrote: Thu Aug 10, 2023 2:38 pm
Ek sê altyd die jong kelnerinne kan vir my sê "oom", hulle moet net nie sê "nee oom" nie.
Jy sal op 'n ouderdom kom waar jy nie gepla is oor die "Oom" nie... dit wys die jonges het darem nog respek en 'n goeie opvoeding... Dan is jy ook nie bang vir die "Nee oom" storie..... jou grootste vrees is as hulle dalk sou sê "WEER oom"
Ek moet daardie een onthou, ja!
Ek spot so bietjie, maar die Oom ding pla my nie. Ek voel altyd goed want dan weet ek my bietjie baard wat ek kan groei laat my darem ouer as 17 lyk, en dat die kinders goed opgevoed is.