Wat het geword van gunsite.co.za??

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Wat het geword van gunsite.co.za??

Post by Toxxyc »

Ek gaan so elke paar jaar terug Gunsite toe, en elke keer weer besef ek hoekom ek weg is. Die forum word BITTER streng beheer, nie bestuur nie. Die moderators het self al hulle vingers gebrand met die beheer van die forum, en ek weet van BAIE lede (en ten minste een moderator) wat weg is van die forum af omdat daar histories nie konsekwent met die reels omgegaan is nie.

Daar is een lid spesifiek, sy naam is Treeman. Hy het histories rassistiese of eenvoudig onwettige goed geplaas, en dan is hy verban, maar hy het blykbaar die eienaar geken. So dan so paar weke later is hy maar net weer terug. Dit het nie een of twee keer gebeur nie, en elke keer is hy teruggelaat. Lede wat ook die reels oortree het, maar nie naastenby "so erg" nie, is net nooit eers 'n oor gegee wat sal luister nie.

Dit het later van die mense baie omgekrap, en hulle is eenvoudig weg. Ek weet want ek het met hulle gesels daaroor. Gunsite is die forum wat my die meeste geleer het oor veral die reg en die wet, en daarvoor sal ek altyd dankbaar wees. Ek het meer as 10,000 posts daarop (ek het gou gaan kyk, die nommer is 12,490 posts, oor 'n span van 11 jaar), so ek het baie tyd daarop spandeer, maar sjoe, die plek is dood deesdae.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Wat het geword van gunsite.co.za??

Post by Toxxyc »

Ek sien Treeman is hierop ook, noudat ek bogenoemde plaas. Net om duidelik te wees - geen slegte gedagtes teen hom nie, dis net 'n opinie van myself oor die huidige stand van Gunsite.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Wat het geword van gunsite.co.za??

Post by Lategan1 »

Tox, ek waardeer jou eerlike skrywe en glo baie ander ook.

My 2c

Hier is ook onbeskoftes en ongemanierde mense, ego’s, ongeag wie of in watter hoedanigheid, wat of wil roer, nie ander ruimte gee vir hul eie ervaring of mening nie ens. Self kon ek al skuldig wees. Dit het vir my die laaste jaar of wat verbeter. Die forum het meer volwasse geraak. Jou suster, vrou en kinders kan nou saamlees. Hierdie is vir my die belangrike maatstaf, ongeag watter forum. Andersins hoekom belangstel om die bedryf te groei?

Ek is nie lid by Gunsite nie, maar het al genoeg gesien.

Ons moet objektief wees en mense se motiewe en betrokkenheid probeer verstaan. Ander sosiale media en e-pos aktiwiteite het die hoogte ingeskiet. Elkeen het net X hoeveelheid skermtyd vir die dag. Ons wapenbedryf het in die algemeen en oor die hele spektrum, volwasse geraak. Selfs wapenverkope het afgeneem, gesels met iemand by die winkels wat jy ken. Ons DFO het verlede maand genoem hy doen so 10% nuwe aansoeke teenoor voorheen. Na die groot skrik van ontwapen het hordes nou in ‘n relatiewe kort tydperk hulle wapens gekoop, nou is almal tevrede en sake is terug na normale organiese groei.

Net so het die behoeftes van mense ongeag Gunsite of Jaracal begin vervaag om te behoort aan ”iets”
in die bedryf. Kyk na die skietdae, volgens my inligting en betrokkenheid het dit by baie klubs afgeneem. Ek is lid van 4 skietverenigings, haelgeweer ingesluit. Hier op die forum word gereeld verwys na die kostes en gevolglike minder jag. Statistieke ondersteun dit.

Mense aanvaar ooglopend dit is weens Covid of die oorlog. Ek reken deels ja, maar belangstelling het reeds begin kwyn voor Covid. Kom ons laat die uitskieter klubs ens. buite rekening. Mense se behoefte en finansies is siklies en beweeg aan.

Indien forums onbeskoftes en bullebakke toelaat, reëls onkonsekwent handhaaf, beweeg mense aan of swyg net, moenie eers daaroor wonder nie. Redelike goeie maniere is ‘n voorvereiste.

Ook is daar ‘n moontlike waarheid dat ten tye van ekonomiese uitdagings soos ons nou in Suid-Arfrika ervaar, energievlakke met ander sake ook daal. Statistiek toon ook dat mense meer by die huis bly.

Die oomblik wanneer die staat of groenes almal weer in ‘n hoek jaag vir welke rede soos met wet 2000, verander die algehele betrokkenheid onmiddelik.

Ook vir Gunsite.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13527
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Wat het geword van gunsite.co.za??

Post by Capt. Yoda »

Ek mis die dae toe daar so elke maand n lekker fight was, ek gaan laai somer n Impala punt
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Wat het geword van gunsite.co.za??

Post by Toxxyc »

Capt. Yoda wrote: Thu Aug 03, 2023 12:06 pm Ek mis die dae toe daar so elke maand n lekker fight was, ek gaan laai somer n Impala punt
En skiet 'n stomp en vertel van die massive hydra shock wat 'n bok se organe laat bars al skiet jy hom in die hoef?
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Wat het geword van gunsite.co.za??

Post by Methos »

Ek geniet beide Jaracal en Gunsite. Ja op Gunsite is daar baie politieke gesprekke - maar hoewel ek selde daaraan deelneem leer ek baie daaruit. Jy kry ouens wat heel links is en heel regs is en ouens wat eerder moet stil bly en ander waarna jy moet luister - jy moet jou eie keuse maak tussen CNN en Fox news ;)

Jaracal is meer soos pelle wat praat. Weet nie of die feit dat dit in Afrikaans is dit anders maak nie. Het die braai saam thread baie geniet gedurende Covid.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13527
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Wat het geword van gunsite.co.za??

Post by Capt. Yoda »

Methos wrote: Thu Aug 03, 2023 2:47 pm Ek geniet beide Jaracal en Gunsite. Ja op Gunsite is daar baie politieke gesprekke - maar hoewel ek selde daaraan deelneem leer ek baie daaruit. Jy kry ouens wat heel links is en heel regs is en ouens wat eerder moet stil bly en ander waarna jy moet luister - jy moet jou eie keuse maak tussen CNN en Fox news ;)

Jaracal is meer soos pelle wat praat. Weet nie of die feit dat dit in Afrikaans is dit anders maak nie. Het die braai saam thread baie geniet gedurende Covid.
As CNN iemand se bron van inligting is moet hy eder nie baie praat nie maar vandat Tucker gefire is is Fox maar net so vertraag. Jy kry meer feite op sabc se nuus

Groot ding met Jaracal is ons ken mekaar regtig en is regte pelle wat saam kuier en nie net vir mekaar stories tik nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Wat het geword van gunsite.co.za??

Post by Toxxyc »

Capt. Yoda wrote: Thu Aug 03, 2023 3:26 pmGroot ding met Jaracal is ons ken mekaar regtig en is regte pelle wat saam kuier en nie net vir mekaar stories tik nie
My moer! Niemand nooi my ooit saam nie? Hier dog ek dis net pixels vir wie ek tik, nou hoor ek julle is in kahoets!
User avatar
Rawstorne
Full Member
Full Member
Posts: 122
Joined: Mon Oct 10, 2022 6:26 pm

Wat het geword van gunsite.co.za??

Post by Rawstorne »

Toxxyc wrote:
Capt. Yoda wrote: Thu Aug 03, 2023 3:26 pmGroot ding met Jaracal is ons ken mekaar regtig en is regte pelle wat saam kuier en nie net vir mekaar stories tik nie
My moer! Niemand nooi my ooit saam nie? Hier dog ek dis net pixels vir wie ek tik, nou hoor ek julle is in kahoets!
ImageImageImage

Ek geniet julle manne terdeë!

Hierdie is werklik is besonderse forum en 'n besonderse versameling van mense.

Sal ek ook maar 'n klip in die bos gooi?
Ek hoop die Impala koeël is vir 'n .270 Winchester?
Image
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13527
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Wat het geword van gunsite.co.za??

Post by Capt. Yoda »

Ag ons het oor die laaste tyd die .270 manne dam bq meer spasie gegee, die 270 se oorsprong is darem die selfde as die 30.06 so dit tel in sy guns
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Wat het geword van gunsite.co.za??

Post by jdpretorius »

Die 270 manne moes darem ook net plek maak vir die 6.5needmore sussies

Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13527
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Wat het geword van gunsite.co.za??

Post by Capt. Yoda »

jdpretorius wrote: Fri Aug 04, 2023 8:41 am Die 270 manne moes darem ook net plek maak vir die 6.5needmore sussies Image

Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Ek wou se dat die 270 manne eintlik net dankbaar/gelukkig was toe die 6.5Quuenmoor sy toetreding tot die skiet wereld maak
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Rawstorne
Full Member
Full Member
Posts: 122
Joined: Mon Oct 10, 2022 6:26 pm

Re: Wat het geword van gunsite.co.za??

Post by Rawstorne »

Capt. Yoda wrote:Ek mis die dae toe daar so elke maand n lekker fight was, ek gaan laai somer n Impala punt
Daar vat hy nou Kaptein!
Image
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Wat het geword van gunsite.co.za??

Post by Ratel »

Capt. Yoda wrote: Fri Aug 04, 2023 8:44 am
jdpretorius wrote: Fri Aug 04, 2023 8:41 am Die 270 manne moes darem ook net plek maak vir die 6.5needmore sussies Image

Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Ek wou se dat die 270 manne eintlik net dankbaar/gelukkig was toe die 6.5Quuenmoor sy toetreding tot die skiet wereld maak
Queenmoor klink nogal vir my na 'n aangename dame. >:D
Maak 'n verskil
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Wat het geword van gunsite.co.za??

Post by jdpretorius »

Ratel wrote:
Capt. Yoda wrote: Fri Aug 04, 2023 8:44 am
jdpretorius wrote: Fri Aug 04, 2023 8:41 am Die 270 manne moes darem ook net plek maak vir die 6.5needmore sussies Image

Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Ek wou se dat die 270 manne eintlik net dankbaar/gelukkig was toe die 6.5Quuenmoor sy toetreding tot die skiet wereld maak
Queenmoor klink nogal vir my na 'n aangename dame. >:D
Ek sal nie waag om vir die 270 n rokkie aan te trek nie want sy ghoene gaan uit hang.....maar sal nogal n stout foto wees om die queen met een aan te sien Image

Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3071
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Wat het geword van gunsite.co.za??

Post by Apie »

Forums en lede is seker maar siklies(Gawie? Is my spelling reg)


Jy like skiet

Jy google oor skiet

Jy beland op die forum

Jy skiet meer

Jy vra vrae en kry advies

Jy skiet nog meer

Jy begin sukkel met jou geweer

Capt help jou met nek spanning en donuts en carbon rings

Jy skiet weer lekker en nog meer

Jy koop meer gewere

Jou kennis raak meer

Jy vra minder vrae

Jy hou jy net die advertensies dop vir winskopies.

Jy koop ‘n nuwe geweer

Jy sukkel weer.

Jy kom self reg

Jy begin vrae antwoord

Capt se keyboard hou nou langer.


Ag dis lekker manne!!!


Sent from my iPhone using Tapatalk
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3071
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Wat het geword van gunsite.co.za??

Post by Apie »

Ps

Ek is ook op Gunsite maar daar is minder jaggeweer en presisie herlaai kennis.

Hulle sterkpunt is meer pistool, combat haelgewere en AR/Ak etc

Toe ek ‘n tactical ninja wou wees was ek meer op Gunsite

Nou is ek waar ek wil wees!


Sent from my iPhone using Tapatalk
Klein Karoo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Sat Mar 19, 2016 12:04 pm

Re: Wat het geword van gunsite.co.za??

Post by Klein Karoo »

Apie wrote: Fri Aug 04, 2023 6:56 pm Forums en lede is seker maar siklies(Gawie? Is my spelling reg)


Jy like skiet

Jy google oor skiet

Jy beland op die forum

Jy skiet meer

Jy vra vrae en kry advies

Jy skiet nog meer

Jy begin sukkel met jou geweer

Capt help jou met nek spanning en donuts en carbon rings

Jy skiet weer lekker en nog meer

Jy koop meer gewere

Jou kennis raak meer

Jy vra minder vrae

Jy hou jy net die advertensies dop vir winskopies.

Jy koop ‘n nuwe geweer

Jy sukkel weer.

Jy kom self reg

Jy begin vrae antwoord

Capt se keyboard hou nou langer.


Ag dis lekker manne!!!


Sent from my iPhone using Tapatalk
Perfekte opsonming
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Wat het geword van gunsite.co.za??

Post by Alwin »

Miskien moet ek noem dat daar basies 2 groot dinge op Gunsite gebeur het wat die forum se karakter verander het:
1. Die mees aktiewe moderator, ook 'n redelik bekende persoon in die wapenberdyf, het vreeslik hardhandig en arrogant opgetree. Dit het die lede erg gegrief en 'n groot klomp het by die eienaar gekla. Groot skade was reeds gedoen, want ordentlike mense vreet ook net soveel strooi op voordat hulle aanstap, maar uiteindelik het die eienaar (ja, dit is 'n private besigheid) die persoon vasgevat. Hy het nog steeds onder ander name probeer inmeng, maar is weer uitgevang. Hy hou hom nou met ander goed besig.
2. Die een eienaar, daar is eintlik 2 gewees, is oorlede in 'n motorongeluk. Hy was baie aktief op die forum en het 'n baie positiewe invloed gehad op verskeie terreine. Sy heengaan het 'n groot leemte gelaat. Een van die dinge wat hy gedoen het, hy het alle winste wat uit Gunsite gekom het aangewend vir skietsport ontwikkeling onder die jeug. Verskeie skietsporte het daarby gebaat.

N.S. (Skulderkenning) Die ou wat verban was oor 'n rassisitiese opmerking, en weer terug verwelkom is omdat hy die eienaar geken het, was nie Treeman nie, maar ek self. Ek moet wel noem dat ek my opmerking uiters swak bewoord het (wel dit was in Inghils) en dit dus as rassisties ge-intepreteer kon word. Defnitief my fout gewees.
Last edited by Alwin on Tue Aug 08, 2023 10:13 pm, edited 1 time in total.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Wat het geword van gunsite.co.za??

Post by Toxxyc »

Treeman is 'n ander geval. Ek hou van die man, ons het al baie gesels, maar maggies hy kan nonsens kwytraak...

En die "aktiewe moderator", ek neem aan jy praat van BigT? Ja ek ken die storie daarso. Dis jammer, want hy was 'n baie lekker ou gewees voorheen. Hy het homself ook bitter swak gedra nadat Treeman so 2 jaar terug in 'n aanval geskiet is. Maar ja, so draai die wiel.
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 350
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Re: Wat het geword van gunsite.co.za??

Post by toxicsox »

Gunsite is die Majorie Taylor Greene van Forums.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Wat het geword van gunsite.co.za??

Post by Ratel »

Baie goeie inligting op daai forum maar ongelukkig te veel keyboard warriors wie dalk te veel you tube videos kyk maar wie nog nooit in 'n selfverdediging situasie was waar geskiet was op hulle nie. Dan iets wat my baie afgesit het was die manier hoe lede ander lede verneder op die forum. So amper asof daar super lede is vs die gewone "onbekwaamde" lede wie hulleself konstant die reg toe eien om die gewone lede te laat verstaan hulle weet beter. Egos wat die oorhand gereeld kry. Ek stem saam met iemand hierbo dat die "audience" dalk meer verspreid is. Dan die name and shame fotos van hoe SD draers hulle wapens verkeerd dra. Ja ek stem saam dat die fotos duidelik wys dat mense nie conceal carry nie. Maar om sulke fotos op 'n openbare forum te sit maak my dom. Wat word nou eintlik daarmee bereik?

Dis wat Jaracal uniek maak. Ja dit sal soms gebeur dat mods iemand aanvat maar dit gebeur bitter min en op 'n heel beskaafde manier.
Maak 'n verskil
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3071
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Wat het geword van gunsite.co.za??

Post by Apie »

Ratel wrote:Baie goeie inligting op daai forum maar ongelukkig te veel keyboard warriors wie dalk te veel you tube videos kyk maar wie nog nooit in 'n selfverdediging situasie was waar geskiet was op hulle nie. Dan iets wat my baie afgesit het was die manier hoe lede ander lede verneder op die forum. So amper asof daar super lede is vs die gewone "onbekwaamde" lede wie hulleself konstant die reg toe eien om die gewone lede te laat verstaan hulle weet beter. Egos wat die oorhand gereeld kry. Ek stem saam met iemand hierbo dat die "audience" dalk meer verspreid is. Dan die name and shame fotos van hoe SD draers hulle wapens verkeerd dra. Ja ek stem saam dat die fotos duidelik wys dat mense nie conceal carry nie. Maar om sulke fotos op 'n openbare forum te sit maak my dom. Wat word nou eintlik daarmee bereik?

Dis wat Jaracal uniek maak. Ja dit sal soms gebeur dat mods iemand aanvat maar dit gebeur bitter min en op 'n heel beskaafde manier.
Daar is nogal goed opgesom.

Baie ‘snotty’ opmerkings


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Wat het geword van gunsite.co.za??

Post by Armand Steenkamp »

Capt. Yoda wrote: Fri Aug 04, 2023 8:44 am
jdpretorius wrote: Fri Aug 04, 2023 8:41 am Die 270 manne moes darem ook net plek maak vir die 6.5needmore sussies Image

Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Ek wou se dat die 270 manne eintlik net dankbaar/gelukkig was toe die 6.5Quuenmoor sy toetreding tot die skiet wereld maak
Ek weet nie hoe dit werk nie maar vandat ek my 270 geackley het noem almal my meneer
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Wat het geword van gunsite.co.za??

Post by Alwin »

Apie wrote: Tue Aug 08, 2023 7:20 pm
Baie ‘snotty’ opmerkings
Ek dink jou opmerking sluit aan by my kommentaar oor die meer stedelike (lees Jhb) ledetal op GS. Dit wys in die kultuur.

Om die verskil tussen Jhb en plattelandse kultuur te illustreer:

Ek woon redelik onlangs die jaarlikse NAMPO expo by. Groot is my verbasing om 'n bekende wapensmid / wapen vervaardiger daar raak te loop. Dis redelik stil op die tydstip en ons gesels lekker. Hy vertel my hy geniet die kultuur wat daar by NAMPO heers baie. Hy vergelyk dit ook met HuntEx waar daar baie meer Johannesburgers bywoon, want dit is immers naby hulle. Hy sê daar kom staan ouens voor jou, hy kyk hulle in die oë en groet hulle, dan draai hulle om en stap weg. So onbeskof soos net 'n ..... kan wees. By die plattelandse skou groet almal hom met die hand en gesels soos ou vriende.

Ek vind dieselfde kulture op die forums.
Post Reply