Gas geysers

Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Gas geysers

Post by Johan Nel »

jdpretorius wrote: Sun Sep 27, 2020 9:52 am
Apie wrote:
jdpretorius wrote:As gas nie jou ding is nie kan mens ook seker 'n "heat pump geyser" ondersoek....ek hoor hulle is nie so rof op elek nie en kan dalk n opsie wees as jy klaar op solar krag is.......maar het ook al gehoor dat lae drukking kan lol

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Baie goeie opsie, net bitter belangrik om goeie kalkvrye water as toevoer te hê


Sent from my iPhone using Tapatalk
Ahhhh, dankie Apie....daar leer ek weer iets nuuts

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Heat pumps werk in beginsel soos 'n aircon. Hulle het baie meer instandhouding g nodig as' n elektriese geiser en is baie duurder om te herstel of in stand te hou. Waar ek werk het ons beide heat pumps en geisers. Ek bestuur die instandhouding van beide. Die bedryfskoste is nie ten gunste van heat pumps nie. Omdraaityd met herstel werk is ook langer.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Gas geysers

Post by jdpretorius »

Johan Nel, ek ken heat pumps glad nie....so nou sal jy bietjie moet uitbrei oor die onderhoud gedeelte.
Ons dwaal nou lekker af maar glo baie van ons soek na die "beste" opsie vir warm water sonder om van eskom afhanklik te wees.


Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Gas geysers

Post by Johan Nel »

Soos genoem, werk dit in beginsel soos 'n lugverkoeler, maar dit verhit die water in plaas van lug. Dit werk ook met lugverkoelingsgas wat gepomp word en via hitte uitruiling die water verwarm. Dit het uiteraard elektronika wat die prosesse beheer. Die eenhede moet kwartaalliks gediens word, wat maar soos 'n lugverkoeler vereis dat die kompressor nagegaan word, die gasvlakke na gegaan word en die filters en vinne skoongemaak word. Die stelseks is baie 'finnicky' in dié opsig dat as die parameters fluktueer, soos die krag wat afgaan, watervloei wat wisselvallig is, dan kan die eenhede uitskop en moet dit herset word. Gaslekke gebeur, elektronika pak op, kleppe en ander harde ware pak op. Met 'n elektriese geiser gaan jy na' n plaaslike hardeware winkel of loodgieter toe en koop die onderdele. Met die hitte pompe moet dit van iewers bestel word, dis nie geredelike op winkelrakke beskikbaar nie en dis oorwegend duurder. Herstel tyd kan lank vat. Die tegnici wat aan hulle werk kan dikwels duurder vra vir arbeidskoste weens die gespesialiseerd daarvan. Sekere handelsname vereis dat geakkrediteerde tegnici aan hulle toerusting werk en hulle onderdele moet gebruik word. As hulle nie het nie want 'daar is niks in die land nie, ons wag vir die besending om te land' dan sit jou turf. Weens sulke nagmerrie probleme wat ons nou al oorgekom het, sit ek nou al met rakeenhede in 'n stoor sodat ek'n foutiewe eenheid eenvoudig kan uitruil en dan laat regmaak as dit dit nodig is.
' n Geiser het of 'n contactor wat groet, of 'n element of termostaat wat groet of drukkleppe, of die geiser bars. Behalwe waar die geiser vervang moet word, is die herstel koste redelik laag en dieselfde dag werk die geiser weer.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Gas geysers

Post by jdpretorius »

Johan Nel wrote:Soos genoem, werk dit in beginsel soos 'n lugverkoeler, maar dit verhit die water in plaas van lug. Dit werk ook met lugverkoelingsgas wat gepomp word en via hitte uitruiling die water verwarm. Dit het uiteraard elektronika wat die prosesse beheer. Die eenhede moet kwartaalliks gediens word, wat maar soos 'n lugverkoeler vereis dat die kompressor nagegaan word, die gasvlakke na gegaan word en die filters en vinne skoongemaak word. Die stelseks is baie 'finnicky' in dié opsig dat as die parameters fluktueer, soos die krag wat afgaan, watervloei wat wisselvallig is, dan kan die eenhede uitskop en moet dit herset word. Gaslekke gebeur, elektronika pak op, kleppe en ander harde ware pak op. Met 'n elektriese geiser gaan jy na' n plaaslike hardeware winkel of loodgieter toe en koop die onderdele. Met die hitte pompe moet dit van iewers bestel word, dis nie geredelike op winkelrakke beskikbaar nie en dis oorwegend duurder. Herstel tyd kan lank vat. Die tegnici wat aan hulle werk kan dikwels duurder vra vir arbeidskoste weens die gespesialiseerd daarvan. Sekere handelsname vereis dat geakkrediteerde tegnici aan hulle toerusting werk en hulle onderdele moet gebruik word. As hulle nie het nie want 'daar is niks in die land nie, ons wag vir die besending om te land' dan sit jou turf. Weens sulke nagmerrie probleme wat ons nou al oorgekom het, sit ek nou al met rakeenhede in 'n stoor sodat ek'n foutiewe eenheid eenvoudig kan uitruil en dan laat regmaak as dit dit nodig is.
' n Geiser het of 'n contactor wat groet, of 'n element of termostaat wat groet of drukkleppe, of die geiser bars. Behalwe waar die geiser vervang moet word, is die herstel koste redelik laag en dieselfde dag werk die geiser weer.
Dankie Johan, wardeer
ja dit is nie n mooi prentjie nie.

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Gas geysers

Post by Johan Nel »

In alle billikheid moet ek uitwys dat die eenhede waarna ek verwys, industriële eenhede is wat koshuise en komplekse bedien, maar die beginsel geld nog steeds.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Gas geysers

Post by Lategan1 »

Ek volg ook, dankie.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Gas geysers

Post by Rasmus »

Daar is n paar goed wat mens ingedagte moet hou met gas geysers. Soos met enige ding in die lewe kry jy waarvoor jy betaal!

Daar is verskillende modelle op die mark, bv die cheapies wat met n diafragma werk en batterye, dan die Constant flow wat ook met batterye werk en dan kry jy die duurder modelle wat n kragpunt nodig het, die sogenaamde Fan Forced units.

Alvorens jy n gas geyser laat installeer is dit BAIE belangrik om te weet of jou "plumbing" in jou huis geballanseerd is of nie. Bitter min loodgieters verstaan dit uit my ervaring.....

Wat ek daarmee bedoel is die volgende, as jy stort en vroulief maak die kraan in die kombuis oop en die stort water raak koud of jy brand, dan is jou "plumbing" nie gebalanseerd nie en gaan n gas geyser jou erg rondneuk.

Volgende punt is hoeveel warm water gee jou geyser tans, slegs warm water! Bepaal dit dan kan mens sien hoe groot gas geyser het jy nodig. Die standaard diafragma geysers brul maar om n bad vol te tap en lekker warm. So as jy net wil stort werk die cheapies heel goed, maar as mammie n groot warm bad wil tap gaan jy n duurder geyser moet koop!

Mens wil verkieslik ook die geyser so naby as moontlik aan die punt sit waar jy die warm water benodig! Dit spaar water asook gas! Jy wil ook probeer om die water so naby as moontlik te vat waar jou munisipale water die huis inkom. Maw net by die "pressure valve voor die water iewers in die huis in T.

Dan is pyp grote ook redelik belangrik. Sit maar n non return valve op die warm water outlet van die gas geyser. Kyk ook vir wind ens.

Goeie geysers is die grotes van Bosch dan Rhinai, Paloma, Vec Power ens....
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Gas geysers

Post by Eugene »

Ek het nie self 'n gas geyser nie, maar my ouers het onlangs 'n huis gebou in George in 'n estate en het 'n Bosch gas geyser laat insit vir die gaste badkamer. Ons was Desember vir 2 weke daar en het gestort en gebad en het nie een keer 'n probleem gehad met swak druk, koue water of enige iets anders nie. My broer en sy gesin was onlangs vir 2 weke daar en hulle het ook geen probleme gehad nie. Ek is nie seker van die presiese model nie, maar weet dit was R16,000 vir die geyser en die installasie gewees. Ek was so ingenome, dat indien my gaste/kinder badkamer se geyser die gees gee, gaan ek verseker so outjie laat insit.
Aim small, miss small
User avatar
Blitzzz
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm

Re: Gas geysers

Post by Blitzzz »

Ek self het laat verlede jaar n huis oor gedoen en van die beter besluite wat ek geneem het was om n ordentlike gas geyser te installeer. Die Paloma gas geysers werk baie goed. Dis nou al amper 10maande se daaglikse gebruik vir n familie van 5 en die geyser verbaas my nou nog.

Jy kry verseker beter gas geysers wat duurder is en dan die cheapies wat net fustrasies veroorsaak.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
Joe13
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am

Re: Gas geysers

Post by Joe13 »

Manne wie kan ek kontak vir so Paloma geyser in Pretoria?
Johann...

Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Gas geysers

Post by tripodmvr »

https://www.google.com/search?client=fi ... hd:;si:;mv:[[-25.617274300384196,28.48252310812092],[-25.793601482678945,28.077402258511544],null,[-25.70547054418001,28.27996268331623],12]
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 350
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Re: Gas geysers

Post by toxicsox »

eK IS MAAR STUPID AS DIT KOM BY ELEKTRISITEIT EN PLUMBING - Dit is nou 2 goed waar ek Pro's uitkry.
Ons sit nou al 3 dae sonder krag.
Ek het 'n Rhinai Gas Geyser en wil weet, sal dit OK wees om sy plug deur die Generator in te plug met 'n extension cord?
Die hinai werk mos net as daar krag is om die control panel aan te sit.
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 350
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Re: Gas geysers

Post by toxicsox »

EK IS MAAR STUPID AS DIT KOM BY ELEKTRISITEIT EN PLUMBING - Dit is nou 2 goed waar ek Pro's uitkry.
Ons sit nou al 3 dae sonder krag.
Ek het 'n Rhinai Gas Geyser en wil weet, sal dit OK wees om sy plug deur die Generator in te plug met 'n extension cord?
Die hinai werk mos net as daar krag is om die control panel aan te sit.
Joe13
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am

Re: Gas geysers

Post by Joe13 »

Ek voel jou, ek is ook in die ooste, verdomde kragstasie wat alweer gebrand het.

Oom driepoot ek kry boggerall reg met daai skakel wat u geplaas het.
Johann...

Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
User avatar
Blitzzz
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm

Re: Gas geysers

Post by Blitzzz »

Ek het myne online by https://giveitgas.co.za/product-categor ... a-geysers/ gekoop. Hulle was professioneel en ek het lekker met hulle gewerk.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
Joe13
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am

Re: Gas geysers

Post by Joe13 »

Baie dankie.
Johann...

Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Gas geysers

Post by Apie »

Middag Manne!

Kan ‘n Paloma Geyser in serie met ‘n gewone elektriese geyser gekoppel word?

Rede vir my vraag.

Gesê jou Paloma is gestel op 40Celsius.

Jou sonkrag stelsel maak in die dag jou gewone geyser warm sê 60Celsius en jy stort vanaand warm. Sal die warm water net deur die Paloma vloei en eers as sie water temp onder 40 Celsius is die Paloma dan aanskakel?


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Gas geysers

Post by joe rocket »

Apie wrote: Sun Nov 14, 2021 4:49 pm Middag Manne!

Kan ‘n Paloma Geyser in serie met ‘n gewone elektriese geyser gekoppel word?

Rede vir my vraag.

Gesê jou Paloma is gestel op 40Celsius.

Jou sonkrag stelsel maak in die dag jou gewone geyser warm sê 60Celsius en jy stort vanaand warm. Sal die warm water net deur die Paloma vloei en eers as sie water temp onder 40 Celsius is die Paloma dan aanskakel?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Jy het aparte control valve nodig.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Gas geysers

Post by Rasmus »

Apie wrote: Sun Nov 14, 2021 4:49 pm Middag Manne!

Kan ‘n Paloma Geyser in serie met ‘n gewone elektriese geyser gekoppel word?

Rede vir my vraag.

Gesê jou Paloma is gestel op 40Celsius.

Jou sonkrag stelsel maak in die dag jou gewone geyser warm sê 60Celsius en jy stort vanaand warm. Sal die warm water net deur die Paloma vloei en eers as sie water temp onder 40 Celsius is die Paloma dan aanskakel?


Sent from my iPhone using Tapatalk
Apie jy kan ja.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Gas geysers

Post by Apie »

joe rocket wrote:
Apie wrote: Sun Nov 14, 2021 4:49 pm Middag Manne!

Kan ‘n Paloma Geyser in serie met ‘n gewone elektriese geyser gekoppel word?

Rede vir my vraag.

Gesê jou Paloma is gestel op 40Celsius.

Jou sonkrag stelsel maak in die dag jou gewone geyser warm sê 60Celsius en jy stort vanaand warm. Sal die warm water net deur die Paloma vloei en eers as sie water temp onder 40 Celsius is die Paloma dan aanskakel?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Jy het aparte control valve nodig.
Hoekom Joe?

Hoe weet die geyser of die inlaat 5 of 50 Celsius is?


Sent from my iPhone using Tapatalk
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Gas geysers

Post by Rasmus »

Apie

Die control valve reguleer die water. Maar as jy die control panel het kan jy die geyser stel om bv die water net 40c te verhit. As die water wat dan inkom reeds warmer is as die 40C sal die geyser nie aansit nie.

https://www.gasextreme.co.za/product/so ... tor-valve/
User avatar
Blitzzz
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm

Re: Gas geysers

Post by Blitzzz »

My elektiese geyser en gas geyser is so inlyn opgestel, maar ek hou my elektriese geyser af.

Indien die water warmer is as wat die gas geyser gestel is, sal hy nog steeds aankom om te help met die druk? As hy af bly gaan jou druk beinvloed word.

Miskien moet ek dit bietjie toets... dit sal wel kos dat ek in die dak moet rond kruip


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
Post Reply