Gas geysers
-
bullseye
Gas geysers
Middag manne wil graag raad he oor wat se gasgeyser ek vir huis moet aanskaf waarvoor ek versigtig moet wees en wat noodsaaklik is en is daar ander goedkoper opsies
Groete
Bullseye
Groete
Bullseye
- Sean3006
- Sr. Member

- Posts: 477
- Joined: Mon Jun 27, 2016 9:10 pm
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2126
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Gas geysers
Koop one shot die paloma. Hy werk regtig bitter mooi
-
bullseye
Re: Gas geysers
Malan 123 ek het gesien die Paloma lyk goed watter grote sal jy aanbeveel ek het 3 langhare en kombuis wat gediens moet word en kan jy dalk se hoe lank gas by jou hou
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2126
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Gas geysers
Ek het hom op die plaas ingesit so kan jou nie regtig laat weet oor gas verbruik nie, ek kom heeltemaal te min daar deesdae. Hy is wel aansienlik beter as die ou gas geysers. Ek het die 20l ingesit en nog nie 'n dag spuit nie. Volgens die plumber kan daai outjie gemaklik 3 badkamers en 'n kombuis hardloop.
- Blitzzz
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm
Re: Gas geysers
Ek het n 25l Paloma by my in gesit. Ons is 3 lang en 2 kort hare met 2 vol badkamers. Sovêr het ons nie n kapasiteit probleem.
Ek hardloop die geyser en n stoof op n 48l gas bottel en die hou nou al vir 2maande. En die bottel voel of daar nog redelik baie in is.
Malan hoe warm is jou geyser gestel?
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: Gas geysers
Ek het ATLAS geysers ingesit.
Ek kon nie alles op een geyser sit nie omdat die vertrekke nie teen mekaar is nie.
In hoofbadkamer het ek n 20l/min ingesit. Hy benodig egter n elektriese punt want hy het n "blower" wat hom meer effektief maak. Was R7800. Geen issue om n groot bad te voorsien nie. Ook geen problem om n dubbelstort te voorsien nie.
Vir kinders se 2 x badkamers het ek 1x16L/min ingesit. Geen elektriese punt nie en werk vrek effektief. R4200.
Bogenemde 3 x badkamers verbruik 1 x 48kg elke 2 maande.
Vir kombuis en bediendekamer elk n 12L/min. R3800 elk. Net so effektief. Hier kan ek ongelukkig nie sê wat die verbruik is nie omdat dit saam die gasstoof se bottels gekoppel is.
Hoop dit help.

CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
- Jurgen Visser
- Hero Member

- Posts: 815
- Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm
Re: Gas geysers
Is hierdie geysers wat julle in sit hoee druk ? m.a.w. sal hy nog die storte effektief selfde druk gee as die munisipale druk ? , want die 3 x langhare in die huis worry oor die stort nou 'n laer druk gaan he ?
Groete
Jurgen
Groete
Jurgen
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE
Die lewe is te kort om nors te wees
Die lewe is te kort om nors te wees
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2126
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Gas geysers
Eerlikwaar weet ek nie. Die plumber het hom install en ek nog nooit weer gekyk nie. Hy is wel warm genoeg in die middel van winter in die drakensbergeBlitzzz wrote: Sun Mar 08, 2020 8:11 am Ek het n 25l Paloma by my in gesit. Ons is 3 lang en 2 kort hare met 2 vol badkamers. Sovêr het ons nie n kapasiteit probleem.
Ek hardloop die geyser en n stoof op n 48l gas bottel en die hou nou al vir 2maande. En die bottel voel of daar nog redelik baie in is.
Malan hoe warm is jou geyser gestel?
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: Gas geysers
Druk is soos voorheen
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2126
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Gas geysers
Jurgen dis reeds een van die voordele van die paloma. Die druk is baie mooi
-
Rasmus
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm
Re: Gas geysers
Bullseye
Ek sal more my ervarings deel... jy is welkom om my te pm
Ek sal more my ervarings deel... jy is welkom om my te pm
-
muishond
- Sr. Member

- Posts: 290
- Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm
Re: Gas geysers
Naand manne.... Die gas geysers wat vir buite bedoel is, bars hulle nie in die winter nie?.... Hier by ons raak dit soms minus 18 grade celcuis...
Groete
Groete
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2126
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Gas geysers
Koudste wat ek al by my gemeet het was -11 en die paloma het nog mooi gewerk.
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2465
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Gas geysers
Ons het 'n 20L Atlas ingesit so paar jaar terug, hy werk met battery vir die ontsteker, en sit buite. Dit is moeilik (half onmoontlik) om hulle te tune on die regte temp vir bad en stort te gee want jou "flow rate" is anders.....so dalk beter om een vir bv. bad water en een vir stort water in te sit. Mens kan hulle vloei stel....dus bietjie stadiger vloei gebruik ook minder gas. Die triek is om hom met die seisoen te stel sodat jy glad nie koue water hoef by te voeg nie. Ons is 2 (een lang haar) en gebruik so 1 & 1/2 na 2 maande aan n 19kg bottel in die middel van die winter. In somertyd dink ek het n bottel dalk op n kol 4 maande gehou.
Dit is belangrik om hom te laat diens - dink versekering vereis een keer per jaar. Gaan ook maandekiks die pype na die bottel na om seker te maak daar is nie krakies waar jy dalk gas verloor nie. Ons het die nuwe water pypwerk buite op die muur vas gesit en "lagging" gegee sodat buite temp hom nie so erg pla nie.....die nuwe pype was ook sodat ons nóg steeds die elektriese een kan gebruik as daar dalk n gas tekort sou wees maar het nog nooit nodig gehaad nie.
Die ultimate is om n gas geyser "in-line" te koppel met solar maar dan het jy een nodig wat n kontrole paneel het waar jy vir die gas geyser sê hy moet net warm maak tot x temp.....die stelsels is egter duur
....hoop die help op n manier
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
-
Karoobow
- Newbie

- Posts: 2
- Joined: Fri Sep 25, 2020 9:58 am
Re: Gas geysers
MOET IN JOU LEWE NOOIT N KEXIN KOOP NIE. Dis dalk al n bietjie laat want jy het moontlik alreeds n gas geyser gekoop...maar vat dit van n man wat vir 2 jaar met n gas geyser se probleme gesit het....hom afgeruk het plat geslaan het en weer n elektriese geyser in gesit het....MOENIEbullseye wrote:Middag manne wil graag raad he oor wat se gasgeyser ek vir huis moet aanskaf waarvoor ek versigtig moet wees en wat noodsaaklik is en is daar ander goedkoper opsies
Groete
Bullseye
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Gas geysers
Gas geyser se druk is te laag om deur die mixer-krane te loop. Gelukkig is die loodgieter 'n pel en het my vroegtydig gewaarsku. Jy het nog die old school koue / warm aparte krane nodig vir sê 'n 12l gasgeyser... Ons ou dorpie se waterdruk is boonop power.
Ek sal nou die buite badkamer moet gebruik vir gas. Dit het nog aparte krane...
Mooi naweek almal!
Ek sal nou die buite badkamer moet gebruik vir gas. Dit het nog aparte krane...
Mooi naweek almal!
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3067
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Gas geysers
En belangrik is dat jy nie ‘n ‘water saving’ stortkop gebruik nie.Hein M. wrote:Gas geyser se druk is te laag om deur die mixer-krane te loop. Gelukkig is die loodgieter 'n pel en het my vroegtydig gewaarsku. Jy het nog die old school koue / warm aparte krane nodig vir sê 'n 12l gasgeyser... Ons ou dorpie se waterdruk is boonop power.
Ek sal nou die buite badkamer moet gebruik vir gas. Dit het nog aparte krane...
Mooi naweek almal!
Wat gebeur is as jy die koue water(al is dit bitter min) oopdraai die vloei van die warm kant dan stadiger deur die geyser is en dan word die warm water warmer, dan maak jy die koue kraan nog bietjie meer oop en dan herhaal die siklus!
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Karoobow
- Newbie

- Posts: 2
- Joined: Fri Sep 25, 2020 9:58 am
Re: Gas geysers
Min mense besef, alhoewel gas geyser help om jou elektrisiteits koste laag te hou, dit soms nie die kopsere werd is nie. Daar is net soveel "ditjies en datjies" rondom dit en dit besef meeste mense eers NADAT hulle alreeds een aangeskaf het. Ek stry glad nie, daar is baie mense wat tevrede is met hulle gas geysers maar daar is netsoveel indien nie meer mense wat ontevrede is met gas geysers. Buiten probleme soos mixer krane en selfs storte (om koue warm water ratio te perfek) is daar baie ander moontlike probleme ook. Water druk, lek in die radiator, gas wat iewers uitlek( jy sal eers die dag agterkom dat hy gas lek as jy met pelle gesels en hulle verbaas is oor jou gas verbruik teenoor hulle sn) dan is dit die battery wat op die onmoontlikste tye ontklaar raak, die self igniter wat soms nie aanskop nie....Apie wrote:En belangrik is dat jy nie ‘n ‘water saving’ stortkop gebruik nie.Hein M. wrote:Gas geyser se druk is te laag om deur die mixer-krane te loop. Gelukkig is die loodgieter 'n pel en het my vroegtydig gewaarsku. Jy het nog die old school koue / warm aparte krane nodig vir sê 'n 12l gasgeyser... Ons ou dorpie se waterdruk is boonop power.
Ek sal nou die buite badkamer moet gebruik vir gas. Dit het nog aparte krane...
Mooi naweek almal!
Wat gebeur is as jy die koue water(al is dit bitter min) oopdraai die vloei van die warm kant dan stadiger deur die geyser is en dan word die warm water warmer, dan maak jy die koue kraan nog bietjie meer oop en dan herhaal die siklus!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Soos ek genoem het is daar mense wat baie tevrede is, eks nie een van hulle nie, ek het n bloutjie met Kexin geloop, sal nie weer n ander gas geyser probeer nie al is dit n "beter vervaardiger"...ekt n harde les geleer, ek betaal maar bietjie meer aan krag
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
-
Knewel
- Sr. Member

- Posts: 271
- Joined: Fri Dec 02, 2016 10:44 pm
Re: Gas geysers
By my was wind weer 'n probleem. Toe my woonstel onder nuwe eienaarskap beland het hulle besluit om 'n gas geyser buitekant op te sit. Groot fout. Die dag as die wind waai en selfs net liggies kan jy maar vergeet om warm water te hê. Die plumber sê toe 'n 'weather cage' is die oplossing. Baie geld later moes alles afgebreek word en moes hulle maar weer die oorspronklike geyser terug sit. Nee wat. Ek hou net van 'n gas geyser nie
Sent from my SM-A750F using Tapatalk
Sent from my SM-A750F using Tapatalk
'Shooting is all about confidence' -Tubby Smith
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2465
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Gas geysers
As gas nie jou ding is nie kan mens ook seker 'n "heat pump geyser" ondersoek....ek hoor hulle is nie so rof op elek nie en kan dalk n opsie wees as jy klaar op solar krag is.......maar het ook al gehoor dat lae drukking kan lol
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3067
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Gas geysers
Baie goeie opsie, net bitter belangrik om goeie kalkvrye water as toevoer te hêjdpretorius wrote:As gas nie jou ding is nie kan mens ook seker 'n "heat pump geyser" ondersoek....ek hoor hulle is nie so rof op elek nie en kan dalk n opsie wees as jy klaar op solar krag is.......maar het ook al gehoor dat lae drukking kan lol
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2465
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Gas geysers
Ahhhh, dankie Apie....daar leer ek weer iets nuutsApie wrote:Baie goeie opsie, net bitter belangrik om goeie kalkvrye water as toevoer te hêjdpretorius wrote:As gas nie jou ding is nie kan mens ook seker 'n "heat pump geyser" ondersoek....ek hoor hulle is nie so rof op elek nie en kan dalk n opsie wees as jy klaar op solar krag is.......maar het ook al gehoor dat lae drukking kan lol
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan