Dankie Tau. Ek ht self 7mmRM met klein Hunt Buddy op. ‘n 10-jarige seun sal beslis nie agter die liggewig Sako kan lê nie. Rede vir my volg in onderwerp.tau wrote: Mon Sep 21, 2020 8:58 amMy Ar15 het 'n "flash Hider" op. Hy is deel Muzzlebrake en deel daar om jou posisie minder bekend te maak aan die vynad. "n FN FAL, G3A3 en die R4-6 het dieselfde tipe patent opgehad. My AR15 in .223 irriteer jou ore beslis meer as die MB op ons skuifskiet gewere.Lategan1 wrote: Mon Sep 21, 2020 8:46 am Menere, altyd teleurstellend wanneer iets hier op Jaracal lighartig begin, iemand iets anders lees in dit wat die persoon sê al dan nie. Om dan te hoor jy het pilletjies nodig ens. Is totaal onnodig.
Sarkasme/ grappie moet belig word, andersins volg net onnodige olie op die vuur nadat jy nou jou ou pilletjie nie gedrink het nie. Nou wil almal pille uitdeel. Kort kriptiese stellings en onvollege waarhede beteken en impliseer nie die skrywer weerlê en ontken dat daar nog baie ander aspekte van die waarheid is nie. Oppak en huis toe, is altyd ‘n opsie, wie leer daardeur iets? Plek vir humor en sarkasme staan sentraal, aanvaar dit so, indien jou dag minder lekker was, jou boodskap eers die volgende dag te stuur.
Nie almal is lus om snedige en verskuilde sarkasme, wat hier ooglopend is, te lees nie. Dit op ‘n Maandagoggend.
Heel duidelik is hier manne wat die onderwerp ken. Gebruik die kennis en lys vir almal die voordele en nadele van MB of dan muzzle BLASTS, dan verstaan almal. Konstruktiewe gesprek wat die selfsug faktor soos hier gemeld, insluit.
Ek het geen ervaring van moderne tromp brekers nie, behalwe natuurlik die ou weermag tipe wat jou permanent dower gelaat het en wil graag die gefokusde onderwerp volg.
Beste.
Moderne "skuifskiet" MB is gemaak om soveel moontlike recoil weg van skut te neem. Daar is dus op die "beter" MB net poorte wat skuins na agter wys eerder as na onder en na bo. My MB op my 7mmRM maak dat my 10 jarige seuntjie hom free recoil kan skiet en dit met standaard jagkolf.
‘Nou moet ek darem noem dat my recoil stelling tong in die kies was -- ek gebruik nie gesiggies nie want dan vat die visse nie die aas nie.’
Projagter, sit dan 3 ... agter jou tong in die kies. Dit is 2de keer binne week dat dit wat jy sê misgelees word. Beide kere het ek jou 100% gevolg, duidelik mis party jou strekking! Dalk is daar ook fout met my IK, want ek verstaan wat jy sê.
Geen dankie nodig nie, ek glo die meeste hier wil net lekker lees, leer en deel.
Beste.



