Kobus du Plessis het my gisteraand gebel en gevra of ek iets kan skryf oor sy punte hier. Voor sy oproep het ek nooi van die forum geweet nie.
En dit lyk of ek te veel tyd hier gaan spaandeer.
Die heel eerste keer toe ek in aanrakking kom met Impala punte was in 2004 grootendeels met twee kalibers .303 en 375 H&H 130gr vir die 303 en 200gr vir die 375 H&H nou ek is 'n voltydse beroepsjagter.
My 303 is nou ongelukkig een van die wat bietjie uitgskiet is en alhowel ek gelukkig was met 3" groeprings op 100 aangesien ek lyfskote met hom geskiet was ek baie verbaas met die verbetering in groepring met die Impalas ja alsmal stem saam die werk met Impalas hulle is akkuraat.
Nou soos dinge maar gebeur gebeur dinge mos maar so dit reen nie dit vloed en in 2009 het ek 4 kliente gehad wat my 303 gebruik het om hulle bokke te skiet en laasjar net een. Dit gaan een hele lang post wees so bring maar die koffie ;D
Ok ek moet heerlik met almal wees ek het ook nie aan die Impalas geglo nie maar Kobus het my 'n klomp punte gegee om te toest en ek het laat waai.
Akkuraatheid was goed met die 303 en 375 beste drie skoot groepering op 200 meter met 375 was gedoen met die impalas net onder 2"
Ok maar terug by wat dit saak maak. In elk geval Augustus 2009 2 kliente en bo op hulle lys was sebra nou ek het my 375 aangebied maar na een skoot het hulle gese nee wat en toe drie skote later met 303 en hulle was reg.
Wel sebra nommer een het op so 90 meter gestaan ek het die stokke opgesit en die klient het laat waai.
Die skoot het goed gelyk die sebra het in een groot sirkel gehardloop 'n klein boom omgehardloop en toe verdwyn en ons het die sebra oor val.
Ek was baie beindruk ek moet se sebras is taai en 130gr is maar bietjie lig.
Van waar die sebra geskiet is tot waarhy geval het was 50 meter nou hy het verder gehardloop met sirkel natuurlik daar was genoeg bloed om mooi die sirkel te kan volg en baie bloed by die sebra self die skoot was 100% en het die hart gevang. Ek is nou nie een wat elke hart wat geskiet is fotos van neem nie anders sal ek te veel van die goed he en te veel verskillende patrone en kalibers maar ek was baie gelukkig gewees die hart was geskeur gewees en die sebra het verskriklik baie bloed binne in sy bors gehad toe ons om oopsny.
http://www.infinito-safaris.com/Webalbum/2009/slides/burchellzebra4.jpg
Op die foto is die ingangs wond en die koeel is ander kant uit. Hiedie was impalas wat klaar gelaai was en by die winkel opgetel.
Sebra no.2
Ongelukkig het die dag langer geword en ons het eers 2 ure later weer kans gekry en die keer was dit op 180 meter die skoot was getrek gewees deur die klient bietjie hoer en agter en ons het 20 minute gesit en wag voor ons nader gegaan het ek het my 375 uitgehaal net in geval en 80 meter verder het ons die dooie sebra gekry die skoot was hoog maar het nogtans klein bietjie long gevang en ook lewer. Daar was bloed maar nie so baie soos sebra no.1 nie.
http://www.infinito-safaris.com/Webalbum/2009/slides/burchellzebra6.jpg
Ingangs wond is ook op foto en sebra het perfek dwars gestaan koeel is ook ander kant uit.
Nou as 'n mens na die ingangs wond kyk moes ek seker nou nog die sebra moes soek
Vlakvark ons het op die slapende beer afgekom in die koelte met net 'n klein skiet gatijie agter die oor in die nek die skoot het geklap die vark het omgerol en die beer was dood binne 'n minuut afstand was 20-25 meter. Die koeel het nie uitgekom nie maar het die hele nekwerwel vermossel en die punt van die koeel het gebuig.
http://www.infinito-safaris.com/Webalbum/2009/slides/warthog3.jpg
Ingangs wond is ander kant en die koeel is nie uit nie.
Latter die middag teen einde van die dag het ons kans gekry op die rooibok ook terloops die kliente was vir besigheid in SA en het net eendag gehad vir die jag.
Die rooibok het mooi dwars gestaan in die grasse maar het genoeg van sy blad vir ons gewys die aftstand was so 160 meter toe die skoot klap het die rooibok nerens heen gegaan nie.
Die skoot was hoog en het sy rug ook gevang en amper geen vleiskade nie maar let op die skuimbloed uit sy neus en bek die ingangs wond is net onder die horing se skadu as daar nie drukking veroorsaak was nie waar kom die skuim bloed vandaan ?
http://www.infinito-safaris.com/Webalbum/2009/slides/impalaram4.jpg
Let op skuimbloed en dan die ingangs wond net onder die horing se skadu hoog geskiet.
Raait toe is dit November kliente wat meer gekom het vir vakansie as enige iets anders maar die wou ook 'n rooibok skiet en het toe ook 'n vark geskiet vir die staf.
Rooibok ram die was 'n frontal skoot gewees en soos met meeste frontals op medium en klein diere het die rooibok geval opgestaan en paar tree gegee en toe die emmer geskop die afstand was so 60 meter. Daar was nie regtig baie bloed op die grond nie maar die bok het ook nie regitg ver gegaan nie. Ek was ook nie by toe hulle die bok gelsag het nie aangesein ek nou genoeg vertroue in die koeels het. Toe die rooibok opgetel word toe het die bloed baie geloop so met nog paar tree of so sou die bloed begin uitkom het.
http://www.infinito-safaris.com/Webalbum/2009/slides/impalaram7.jpg
Ingangs wond van voor.
Nou hier is 'n baie interesante een vlakvark van voor in kop geskiet die vark was vir die staf geskiet die beer het op so 40 meter gele en na ons toe gekyk met oe toe natuurlik die klient het mooi geskiet en die vark was op slag dood met 'n amper mooi kopkoot net onder brein in die sinusse. Nou die vark het nie bewweeg nie maar toe ons nader kom was daar bloed voor die vark na ons rigtin ek het gemeet en die bloed het 4 meter vorentoe gespuit. Ek het vir Kobus gebel en gehoor of hy weet wat hier gebeur het en gese die druk was so groot binne die kop dat die enigste gat waar die bloed kon uitkom deur die gaatjie in die kop was. Nou dit maak sin maar was my eerste keer dat ek so iets gesien het.
http://www.infinito-safaris.com/Webalbum/2009/slides/warthog5.jpg
Die bloed op die lyf van die vark kom van die bloed van sy kop af wat op die grond uitgebloei het.
Bosbok, Die was 'n baie laat jag Desember 2009 Jan 2010 die famililie kon nie ander tyd afkry nie bos was ruig en groen en het moeilik gejag.
Die ram het mooi stadig geloop maar die klient het nie die boom gesien nie en het deur 'n 4" suurlemoen boom die bosbok geskiet die bok het so 100 meter verder gehardloop op die foto is die uitganswond die skoot afstand was so 40 meter. Daar was genoeg bloed om maklik te volg.
http://www.infinito-safaris.com/Webalbum/2009/slides/bushbuckram.jpg
Volgende was die njala bul wat op die laaste oggend geskiet is voor ons lughawe toe moes gaan.
Die bul het op so 50 meter gestaan en ons opening gegee en die skoot het geklap die bul het mooi gebokspring en ons het so 10 minute gewag.
Ons het eerstens min bloed gekry maar so 30 meter verder al hoe meer begin bloed kry die njala het so 150 meter gehardloop met die hoe long skoot.
By hom was daar baie bloed maar die spoor wat gelos was was nie so goed gewees nie.
http://www.infinito-safaris.com/Webalbum/2009/slides/nyalabull5.jpg
Op die foto is die ingangs wond vir die fotos probeer ons maar baie van die bloed afwas en die bok so opsit om redelik skoon te wees.
Raait on beweeg nou na 2010 September
Rooibok ram weer.
Op die foto sal julle die uitgangs wond sien in die middel hoog die ingang was blad en bietjie hoog aan die ander kant.
Skoot was so 140 meter en ons het die ram sien in die rondte gaan en toe verdwyn in die bos 5 minute gewag en nader gegaan die ram het nie 20 meter beweeg van waar hy geskiet is nie niks bloed op grond tot so 15 meter vanwaar hy geskiet is nie. Weereens 'n nie perfekte skoot maar die bok het nie ver gegaan nie. Met die optel slag van die bok was die sluise oop en bloed het gevloei.
http://www.infinito-safaris.com/Webalbum/2010/slides/DSCF1330.JPG
Let op hoe skoot in die middel van lyf uit ingangs hoog op blad anderkant. Nou ook bygese ons skinner Solly was nou al baie by gewees met die impala koeels hy slag die diere volg hulle op en hy Laaik die kooels.
Nou die laaste een Bosvark van agter geskiet op 'n hoek koeel is deur agterbeen van agter en het die longe gevang die bosvark het 5 meter gehardloop voor hy omgeval het afstand was 20 meter.
http://www.infinito-safaris.com/Webalbum/2010/slides/DSCF1452.JPG
Nou om 'n koeel op een dier te toets en te se dit werk nie dink ek nie is regverdig nie ek het sover nog nie een dier verloor met impalas nie noem my gelukkig.
Wat die bloed aan betref baie keer kry mens eers bloed na 'n entjie 50 self 80 meter maak nie saak wat se soort koeel jy skiet nie jy is dalk gelukkig en vang die hart as hy voel bloed is of jy skiet dalk deur 'n lee kamer
Ons het al baie gesukkel met swift a frame die gate is baie skoon deur die bokke en los partykeer min bloed. Dit is net 'n voorbeeld maar net omdat ek dit gesien het skryf ek nie swift af nie.
Ja as jy 'n dier deur die vleis gaan skiet sonder om been te vang gaan jy om verloor met die impala maar met ander koeels ook tien teen een met die mooi gate wat impala maak sal die bok dit nog oorleef ook.
As jy sleg skiet is daar nie verskonings nie en ja koeels wat opbreek help daarvoor maar dan kom ek weer by swift as voorbeels alles hou bymekaar en as jy sleg gaan skiet gaan jy sukkel. Net so met barnes X ek love die Barnes TSX gooi baie bloed en loop mooi as jy my gelukkig wil sien dan pak 'n klient sy 338 win mag uit gelaai met 225gr barnes TSX.
Ek persoonlik gebruik impala en is besig om die nuwe rondeneuse te toest en sover moet ek se hou ek meer van hulle as die skerppunte hulle lyk net vir my better in my 375 in elk geval.
Maar my 303 sal bly by die skerpneuse so far so good.
Ek hoop maar julle probeer of gee Impala maar nog 'n kans.
So terloops Moreson Game ranch een van die eienaars gebruik eksklusief om kwes bokke te skiet met die 130gr impalas in sy custom 300 win mag teen amper 4000 fps. Nou hy skiet baie meer bokke as ek. Vir hom werk dit.
Vir my werk Toyota vir ander Nissan as almal dieselfde koeels geskiet het so ons dood vervellig gewees het.
Groete








