Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post Reply
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Frederik »

OK in eerste plek hello aan almal en ek weet dit is my eerste post hier en ek sal seker op klomp tone trap.
Kobus du Plessis het my gisteraand gebel en gevra of ek iets kan skryf oor sy punte hier. Voor sy oproep het ek nooi van die forum geweet nie.
En dit lyk of ek te veel tyd hier gaan spaandeer.

Die heel eerste keer toe ek in aanrakking kom met Impala punte was in 2004 grootendeels met twee kalibers .303 en 375 H&H 130gr vir die 303 en 200gr vir die 375 H&H nou ek is 'n voltydse beroepsjagter.

My 303 is nou ongelukkig een van die wat bietjie uitgskiet is en alhowel ek gelukkig was met 3" groeprings op 100 aangesien ek lyfskote met hom geskiet was ek baie verbaas met die verbetering in groepring met die Impalas ja alsmal stem saam die werk met Impalas hulle is akkuraat.

Nou soos dinge maar gebeur gebeur dinge mos maar so dit reen nie dit vloed en in 2009 het ek 4 kliente gehad wat my 303 gebruik het om hulle bokke te skiet en laasjar net een. Dit gaan een hele lang post wees so bring maar die koffie  ;D

Ok ek moet heerlik met almal wees ek het ook nie aan die Impalas geglo nie maar Kobus het my 'n klomp punte gegee om te toest en ek het laat waai.    
Akkuraatheid was goed met die 303 en 375 beste drie skoot groepering op 200 meter met 375 was gedoen met die impalas net onder 2"

Ok maar terug by wat dit saak maak. In elk geval Augustus 2009 2 kliente en bo op hulle lys was sebra nou ek het my 375 aangebied maar na een skoot het hulle gese nee wat en toe drie skote later met 303 en hulle was reg.

Wel sebra nommer een het op so 90 meter gestaan ek het die stokke opgesit en die klient het laat waai.    
Die skoot het goed gelyk die sebra het in een groot sirkel gehardloop 'n klein boom omgehardloop en toe verdwyn en ons het die sebra oor val.
Ek was baie beindruk ek moet se sebras is taai en 130gr is maar bietjie lig.
Van waar die sebra geskiet is tot waarhy geval het was 50 meter nou hy het verder gehardloop met sirkel natuurlik daar was genoeg bloed om mooi die sirkel te kan volg en baie bloed by die sebra self die skoot was 100% en het die hart gevang. Ek is nou nie een wat elke hart wat geskiet is fotos van neem nie anders sal ek te veel van die goed he en te veel verskillende patrone en kalibers maar ek was baie gelukkig gewees die hart was geskeur gewees en die sebra het verskriklik baie bloed binne in sy bors gehad toe ons om oopsny.

http://www.infinito-safaris.com/Webalbum/2009/slides/burchellzebra4.jpg
Op die foto is die ingangs wond en die koeel is ander kant uit. Hiedie was impalas wat klaar gelaai was en by die winkel opgetel.

Sebra no.2

Ongelukkig het die dag langer geword en ons het eers 2 ure later weer kans gekry en die keer was dit op 180 meter die skoot was getrek gewees deur die klient bietjie hoer en agter en ons het 20 minute gesit en wag voor ons nader gegaan het ek het my 375 uitgehaal net in geval en 80 meter verder het ons die dooie sebra gekry die skoot was hoog maar het nogtans klein bietjie long gevang en ook lewer. Daar was bloed maar nie so baie soos sebra no.1 nie.

http://www.infinito-safaris.com/Webalbum/2009/slides/burchellzebra6.jpg
Ingangs wond is ook op foto en sebra het perfek dwars gestaan koeel is ook ander kant uit.
Nou as 'n mens na die ingangs wond kyk moes ek seker nou nog die sebra moes soek ???? Ek was baie verbaas en gelukkig dat ons nie agter die sebra moes loop nie.  

Vlakvark ons het op die slapende beer afgekom in die koelte met net 'n klein skiet gatijie agter die oor in die nek die skoot het geklap die vark het omgerol en die beer was dood binne 'n minuut afstand was 20-25 meter.  Die koeel het nie uitgekom nie maar het die hele nekwerwel vermossel en die punt van die koeel het gebuig.

http://www.infinito-safaris.com/Webalbum/2009/slides/warthog3.jpg
Ingangs wond is ander kant en die koeel is nie uit nie.

Latter die middag teen einde van die dag het ons kans gekry op die rooibok ook terloops die kliente was vir besigheid in SA en het net eendag gehad vir die jag.
Die rooibok het mooi dwars gestaan in die grasse maar het genoeg van sy blad vir ons gewys die aftstand was so 160 meter toe die skoot klap het die rooibok nerens heen gegaan nie.

Die skoot was hoog en het sy rug ook gevang en amper geen vleiskade nie maar let op die skuimbloed uit sy neus en bek die ingangs wond is net onder die horing se skadu as daar nie drukking veroorsaak was nie waar kom die skuim bloed vandaan ?

http://www.infinito-safaris.com/Webalbum/2009/slides/impalaram4.jpg
Let op skuimbloed en dan die ingangs wond net onder die horing se skadu hoog geskiet.

Raait toe is dit November kliente wat meer gekom het vir vakansie as enige iets anders maar die wou ook 'n rooibok skiet en het toe ook 'n vark geskiet vir die staf.

Rooibok ram die was 'n frontal skoot gewees en soos met meeste frontals op medium en klein diere het die rooibok geval opgestaan en paar tree gegee en toe die emmer geskop die afstand was so 60 meter. Daar was nie regtig baie bloed op die grond nie maar die bok het ook nie regitg ver gegaan nie. Ek was ook nie by toe hulle die bok gelsag het nie aangesein ek nou genoeg vertroue in die koeels het. Toe die rooibok opgetel word toe het die bloed baie geloop so met nog paar tree of so sou die bloed begin uitkom het.

http://www.infinito-safaris.com/Webalbum/2009/slides/impalaram7.jpg
Ingangs wond van voor.

Nou hier is 'n baie interesante een vlakvark van voor in kop geskiet die vark was vir die staf geskiet die beer het op so 40 meter gele en na ons toe gekyk met oe toe natuurlik die klient het mooi geskiet en die vark was op slag dood met 'n amper mooi kopkoot net onder brein in die sinusse. Nou die vark het nie bewweeg nie maar toe ons nader kom was daar bloed voor die vark na ons rigtin ek het gemeet en die bloed het 4 meter vorentoe gespuit. Ek het vir Kobus gebel en gehoor of hy weet wat hier gebeur het en gese die druk was so groot binne die kop dat die enigste gat waar die bloed kon uitkom deur die gaatjie in die kop was. Nou dit maak sin maar was my eerste keer dat ek so iets gesien het.

http://www.infinito-safaris.com/Webalbum/2009/slides/warthog5.jpg  
Die bloed op die lyf van die vark kom van die bloed van sy kop af wat op die grond uitgebloei het.

Bosbok, Die was 'n baie laat jag Desember 2009 Jan 2010 die famililie kon nie ander tyd afkry nie bos was ruig en groen en het moeilik gejag.
Die ram het mooi stadig geloop maar die klient het nie die boom gesien nie en het deur 'n 4" suurlemoen boom die bosbok geskiet die bok het so 100 meter verder gehardloop op die foto is die uitganswond die skoot afstand was so 40 meter.  Daar was genoeg bloed om maklik te volg.

http://www.infinito-safaris.com/Webalbum/2009/slides/bushbuckram.jpg

Volgende was die njala bul wat op die laaste oggend geskiet is voor ons lughawe toe moes gaan.
Die bul het op so 50 meter gestaan en ons opening gegee en die skoot het geklap die bul het mooi gebokspring en ons het so 10 minute gewag.

Ons het eerstens min bloed gekry maar so 30 meter verder al hoe meer begin bloed kry die njala het so 150 meter gehardloop met die hoe long skoot.
By hom was daar baie bloed maar die spoor wat gelos was was nie so goed gewees nie.

http://www.infinito-safaris.com/Webalbum/2009/slides/nyalabull5.jpg
Op die foto is die ingangs wond vir die fotos probeer ons maar baie van die bloed afwas en die bok so opsit om redelik skoon te wees.

Raait on beweeg nou na 2010 September

Rooibok ram weer.
Op die foto sal julle die uitgangs wond sien in die middel hoog die ingang was blad en bietjie hoog aan die ander kant.
Skoot was so 140 meter en ons het die ram sien in die rondte gaan en toe verdwyn in die bos 5 minute gewag en nader gegaan die ram het nie 20 meter beweeg van waar hy geskiet is nie niks bloed op grond tot so 15 meter vanwaar hy geskiet is nie. Weereens 'n nie perfekte skoot maar die bok het nie ver gegaan nie. Met die optel slag van die bok was die sluise oop en bloed het gevloei.  

http://www.infinito-safaris.com/Webalbum/2010/slides/DSCF1330.JPG
Let op hoe skoot in die middel van lyf uit ingangs hoog op blad anderkant. Nou ook bygese ons skinner Solly was nou al baie by gewees met die impala koeels hy slag die diere volg hulle op en hy Laaik die kooels.

Nou die laaste een Bosvark van agter geskiet op 'n hoek koeel is deur agterbeen van agter en het die longe gevang die bosvark het 5 meter gehardloop voor hy omgeval het afstand was 20 meter.

http://www.infinito-safaris.com/Webalbum/2010/slides/DSCF1452.JPG

Nou om 'n koeel op een dier te toets en te se dit werk nie dink ek nie is regverdig nie ek het sover nog nie een dier verloor met impalas nie noem my gelukkig.
Wat die bloed aan betref baie keer kry mens eers bloed na 'n entjie 50 self 80 meter maak nie saak wat se soort koeel jy skiet nie jy is dalk gelukkig en vang die hart as hy voel bloed is of jy skiet dalk deur 'n lee kamer ???

Ons het al baie gesukkel met swift a frame die gate is baie skoon deur die bokke en los partykeer min bloed. Dit is net 'n voorbeeld maar net omdat ek dit gesien het skryf ek nie swift af nie.
Ja as jy 'n dier deur die vleis gaan skiet sonder om been te vang gaan jy om verloor met die impala maar met ander koeels ook tien teen een met die mooi gate wat impala maak sal die bok dit nog oorleef ook.

As jy sleg skiet is daar nie verskonings nie en ja koeels wat opbreek help daarvoor maar dan kom ek weer by swift as voorbeels alles hou bymekaar en as jy sleg gaan skiet gaan jy sukkel. Net so met barnes X ek love die Barnes TSX gooi baie bloed en loop mooi as jy my gelukkig wil sien dan pak 'n klient sy 338 win mag uit gelaai met 225gr barnes TSX.

Ek persoonlik gebruik impala en is besig om die nuwe rondeneuse te toest en sover moet ek se hou ek meer van hulle as die skerppunte hulle lyk net vir my better in my 375 in elk geval.
Maar my 303 sal bly by die skerpneuse so far so good.  

Ek hoop maar julle probeer of gee Impala maar nog 'n kans.
So terloops Moreson Game ranch een van die eienaars gebruik eksklusief om kwes bokke te skiet met die 130gr impalas in sy custom 300 win mag teen amper 4000 fps. Nou hy skiet baie meer bokke as ek. Vir hom werk dit.

Vir my werk Toyota vir ander Nissan as almal dieselfde koeels geskiet het so ons dood vervellig gewees het.

Groete
Last edited by Frederik on Fri Feb 11, 2011 10:10 am, edited 1 time in total.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by JOHANNIC »

Mooi nou voel ek weer stukke beter ;)

Soos hulle se the proof is in the pudding :angel:
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
PRIVATE RYAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 534
Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by PRIVATE RYAN »

Great stuff! lekker as mens hulle
opinies kan "back" met foto's
en ervaring!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Wouter Roets »

Hallo Fredrik

Baie welkom op die forum en wat n intrapslag! Baie dankie vir hierdie besonderse post wat baie werk geverg het. Wel gedaan!
Ek hoop jy is hier vir die longrun.
Ons toets het gegaan oor die skade wat die Impala aan die vleisweefsel(harde weefsel) sowel as die sagte weefsel met hoofsaaklik die hart en longe in gedagte. Baie stellings en verklarings is al gemaak rondom die Impalas en helaas ons objektiewe toets.
Jou skrywe en bevindinge sluit bitter min informasie aangaande die skade op die sagte weefsel in. Deur bloed aan die karkas te vind of om die karkas is ongelukkig nie altyd n werklike indikasie van wat binne die dier aangaan nie.
In my jonger dae was ek baie betrokke by skiet van diere met weermag amunusie en long skote het diere ook gedood, slegte geplaaste skote se diere is ook gevind. Gee hierdie opserfasies en ondervindinge nou die groen lig aan solide koeels? Nie in my oe nie en ek dink nie ek gaan baie teenstand kry van enige persoon in daai stelling nie! Die skiet van diere met die uitsondering van gevaarlike wild word nie gerugsteun deur ons industerie nie. Nou die stellings rondhom die Impala's wat hom nou anders maak as net n gewone soliede koeel het ons geensins waargeneem nie! Hoefeel diere moet geskiet word voordat hierdie magiese eienskappe na vore kom?
Daai bok wat in die rugraat geskiet is en longbloed gewys het is dit die been wat sekonder projektiele veroorsaak het en die het die longe beskadig, indien met n gewone soliede koeel dieselfde skoot geskiet was sou die reultate tien teen een presies dieselfde gewees het. Kopskote waar die bloed so spuit het ek nou al verskeie kere beleef en het niks te doen met die gebruik van die Impala's nie. Ek vra jou nou die vraag in alle eerlikheid, wat het hierdie Impala's jou gewys wat soveel beter was as wat jy al hiedie diere sou skiet met soliede koeels?

Groete
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Frederik »

Impalas is nie 'n wonder koeel nie en daar betaan ook nie so iets nie hulle werk dedonderd in my 303 en hulle is baie goedkoper as Barnes X en ek sal enige tyd 'n Suid Afrikaanse produk koop en gebruik as dit goedkoper is as buitelandse goed en werk.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Stefan764 »

Frederik wrote: Ja as jy 'n dier deur die vleis gaan skiet sonder om been te vang gaan jy om verloor met die impala maar met ander koeels ook tien teen een met die mooi gate wat impala maak sal die bok dit nog oorleef ook.
Hallo Frederik

Welkom hier mater en dankie vir jou goeie inset en dit nog ge-backup met fotos ook, soos PR ook tereg se.

Ek wil egter jou stelling hierbo aanvat (in n mooi lig) en ek plaas dan ook 2x fotos van die autopsie wat Dok gedoen het (sorry boys sal die hele lot pics hier kom post nog mar dis moer besig hier ini kantoor die week).

Pic1
Image

So lyk die "enjinkamer" na die impala regdeur die bok se knop/skouerneen (Dok, help met die korrekte benaming vir dai been) is. Die 110gn punt het teen 3280ft/sek die loop verlaat, so hy moes die bok nog teen 3000+ getref het. Right, hy is toe deur die been maar geen skade agv die "skokgolf" is aangerig nie?? Die voorpunt van die long is getref en die koeel is aan die agterkant deur, ook deur dieselfde been op die ander skouer. So ons kan dam se die koeel het nie van sy rigting afgewyk nie.

MAAAAAAR, Pic2
Image

Dis die enigste skade wat aan enige vitals veroorsaak is, en die bok is in die "triangle" geskiet. As jy na die foto kyk moet jy mos in die Impala twyfel?? Of in elkgeval, die ouens wat dit daar in die slagkamer gesien het het net daar en dan beginne twyfel. Daai gaatjie deur die long is volgens my n resep vir n lang gesoekery.... (vergelyk skade met grotte van silver koppie van groot BIC lighter)

Ek stem saam Frederik, op een bok is die toets seker nie so regverdig nie, maar vir MY was dit genoeg. As ek R1800 gaan betaal vir n 25" Rooibok wil ek verseker bietjie meer skade he as daai klein gaatjie.

Manne ek wil een ding net gou mooi duidelik stel:
Hierdie toets is glad nie gedoen om enige iemand se produk swart te smeer of te benadeel of bevoordeel in enige manier nie. Ons het n OBJEKTIEWE toets gaan doen met ouens wat die "trade" van jag en mecidi ken. Ek glo nie wat ons enigsins hier gepubliseer het was onwaar of oneerlik of een-ogig nie. Ware feite met fotos is weergegee, met 5 manne wat die toets ge-"witness" het.

Ek se dit omdat ek sien die artikel/toets lok reaksie van kringe heelwat wyer as onse eie forum. Groot Koos van Magnum, oom Kobus self... Ek se weer, die toets, een enkele toets, was vir my genoeg om my eie PERSOONLIKE besluit te maak en te se ek gaan nie die Impalas gebruik om my wild wat EK jag nie. Ek is n youngster as dit kom by jag boys, daar is manne (soos Groot Koos en andere) wat die ding al baie BAIE langer as ek doen, so ek vra asb, moenie wat ek hier skryf vat as Alfa en Omega nie, want ander ouens het baie meer ondervinding in die jagveld as ek, MAAR, ek voel steed die toets was regverdig gedoen en die bewyse wat ons hier geplaas het spreek vanself...

Weereens, en laastens, ek gan nie groot geld vir n trofee dier uithaal en die kans vat dat dieselle gebeur as wat in ons toetsie gebeur het nie. Was dai Blesbok se vooras nie afgeskiet nie het ons ver gesoek. En in die digte bos en sand (soos op Wout se plaas) raak 50m tot 80m baie BAIE ver om n bloedspoor te soek...

Ek is oop vir enige kritiek (as iemand voel ons/ek is een-ogig of nie objektief genoeg nie) en bereid om met enige iemand te gesels oor ons toets.
My kontaknommer is 082 328 6615 en my email adres is onder my profile.

Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Frederik »

Wouter Roets wrote: Hallo Fredrik

Baie welkom op die forum en wat n intrapslag! Baie dankie vir hierdie besonderse post wat baie werk geverg het. Wel gedaan!
Ek hoop jy is hier vir die longrun.
Ons toets het gegaan oor die skade wat die Impala aan die vleisweefsel(harde weefsel) sowel as die sagte weefsel met hoofsaaklik die hart en longe in gedagte. Baie stellings en verklarings is al gemaak rondom die Impalas en helaas ons objektiewe toets.
Jou skrywe en bevindinge sluit bitter min informasie aangaande die skade op die sagte weefsel in. Deur bloed aan die karkas te vind of om die karkas is ongelukkig nie altyd n werklike indikasie van wat binne die dier aangaan nie.
In my jonger dae was ek baie betrokke by skiet van diere met weermag amunusie en long skote het diere ook gedood, slegte geplaaste skote se diere is ook gevind. Gee hierdie opserfasies en ondervindinge nou die groen lig aan solide koeels? Nie in my oe nie en ek dink nie ek gaan baie teenstand kry van enige persoon in daai stelling nie! Die skiet van diere met die uitsondering van gevaarlike wild word nie gerugsteun deur ons industerie nie. Nou die stellings rondhom die Impala's wat hom nou anders maak as net n gewone soliede koeel het ons geensins waargeneem nie! Hoefeel diere moet geskiet word voordat hierdie magiese eienskappe na vore kom?
Daai bok wat in die rugraat geskiet is en longbloed gewys het is dit die been wat sekonder projektiele veroorsaak het en die het die longe beskadig, indien met n gewone soliede koeel dieselfde skoot geskiet was sou die reultate tien teen een presies dieselfde gewees het. Kopskote waar die bloed so spuit het ek nou al verskeie kere beleef en het niks te doen met die gebruik van die Impala's nie. Ek vra jou nou die vraag in alle eerlikheid, wat het hierdie Impala's jou gewys wat soveel beter was as wat jy al hiedie diere sou skiet met soliede koeels?

Groete
Wouter
Wouter ek sien genoeg bokke vrek oor die loop van die jaar en ek kan dit vir jou se eks nie 'n dokter nie en nie 'n spesialis in wond kanalle nie maar die bokke vrek baie vinniger as wat ek die goed met ou 303 army ammo moes skiet of met 308 amry rondtes. Dit is wat ek sien en al die diere sover met die impala koeels was net een skoot.

En nou nog 'n voorbeeld waarvan ek vergeet het Laasjaar April 375 270gr impala ronde neus punt. Ongelukkig moes ons die wildebees op die plek slag in die berg so het nie fotos van longe nie.
Skoot was 60 meter en wildebees het 50 meter nog verder af gehardloop ongelukkig nie nog verder pad se kant toe nie  :(
Die koeel hardloop net onder 2500 fps. Ja dit was 'n lekker jag ek dink paar van julle het miskien die storie gelees in die wild en jag laasjaar geskryf deur Mauritz Coetzee.

Image

Image
Uitgang

Image
Ingang

Image
Last edited by Frederik on Fri Feb 11, 2011 10:36 am, edited 1 time in total.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Frederik »

Ek gaan van nou af probeer om 'n punt daarvan te maak om meer bokke se binnegoed af te neem en dan argief te begin opbou met wat die bokke geskiet is maar vir my lyk die blesbok baie dood.

Soos ek gese het as ons almal een koeel geskiet het sou ons baie vervellig gewees het en sou die forum nooit bestaan het dit is tog hoekom ons en bobejane van mekaar af verskil  ;D
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Wouter Roets »

Freek
Lees my observasie oor die toets weer, veral hier rondom die vrae oor hoekom n mens dan nou juis die Impala's sou wou gebruik. Dan antwoord jy vir my daai vrae.
Groete
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Frederik »

Kom ek maak so lyk die soos 'n solid wat hier deur is ?

Image
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Koos Barnard »

Goeiedag menere, ek hoop julle sal my toelaat om ook so nou en dan iets te mag se. My van is Barnard en ek sal eers graag na aanleiding van Wouter se briefie en ons gesprek iets wil se. Eerstens aan Wouter: dankie vir die verskoning maar soos ek in ons gesprek gese het dit is glad nie nodig om my om verskoning te vra nie. Dat jy dit toe wel gedoen het openbaar 'n groot gees, ek waardeer dit. My eerste vraag aan Wouter was pertinent of hy my die kans sal gee om myself (my magiese skietvermoe) te verdedig. Ek is geen kampioenskut nie, net iemand wat lief is vir jag en skiet en iemand wat baie bevoorreg is om deur mense toegelaat te word om alleen sonder 'n gids of PH op hul plase te jag. Ek jag te voet en het dus geen hulp of voertuig as ek sou kwes nie. Om hierdie voorreg te behou dat mense my vertrou is ek baie geduldig en wag ek altyd vir die regte skoot. Daarom dat ek darem meeste van die tyd die teiken tref. Wouter het genoem dat mense se persepsie van my daar buite een is van 'n windgat. Ek is jammer dat dit so is en as ek enige iemand aanstoot gegee het of irreteer het vra ek om verskoning. Ek dink wragtag nie ek is beter as enige ander skut of jagter nie. So, ekskuus, dis werklik glad nie so bedoel nie. Aan Freek: Ek het werklik glad nie vir Wouter probeer trap nie of genoem dat ek dink kritiseer my onregverdig of hom probeer tereg wys nie. Ek het bloot gevra vir 'n kans om myself teenoor hom te verdedig. As ek ander mense irreteer omdat ek windgat klink oor my skietvermoe vra ek daarvoor om om verskoning, dis nie my bedoeling nie. Ek skiet raak omdat ek nie kanse waag nie en ek skiet bitter selde lang skote. Ek het onlangs die gemiddeld uitgewerk vir ongeveer 100 boke wat ek geskiet het en die afstand was 121 meter.

Ek is geen groot promotor wat mense aanbevel om net Impala-koe?ls te gebruik nie, maar in my geval het hulle gewerk. Ek het bloot geskryf wat ek ondervind het en ek vra net dat julle asseblief mooi lees WAT ek geskryf het. Ek het nooit gese dat Impalas beter as Barnes-X of enige omklink-koeels is nie. Ek is wel oortuig dat die skerp skouer 'n groter wondkanaal sny as GEWONE SOLIDS, en dis wat ek genoem het. Ek waarsku duidelik in die artikel dat daar nie ruimte vir foute is nie en haal ook vir Martel Jacobs aan wat dieselfde gese het. Ek besef daar is 'n foto wat die longskade wys maar wat dit kon veroorsaak het kan ek net raai: die koeel het met die ingaanslag getuimel (onthou dit het been gevang) en dit tesame met die beensplinters kon die skade veroorsaak het.

Ek kan of wil niemand probeer oortuig om Impalas, Barnes, Swift Nosler of wat ook al te gebruik nie. Elke ou moet besluit wat werk vir hom en by daardie produk bly.

Laastens, as meer mense my persoonlik leer ken sal hulle hopelik sien dat ek nie arrogant is nie en weereens as ek iemand aanstoot gegee het vra ek om verskoning.

Groete
Koos Barnard
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Stefan764 »

Koos Vassuig wrote:
Laastens, as meer mense my persoonlik leer ken sal hulle hopelik sien dat ek nie arrogant is nie en weereens as ek iemand aanstoot gegee het vra ek om verskoning.

Groete
Koos Barnard
Groot woorde van n groot man. Welkom hier oom "Groot" Koos. Ek wil se dat bostaande sinnetjie vir my ook dinge in perspektief sit en jammer dat ek ook een van die ouens was wat jou artikels en skrywes soms in n verkeerde lig gesien het/gelees het/jou verstaan het.

My vraag aan oom is: Dink oom ons toets weerspieel n ware beeld van die Impala koeels? Al was dit net een toets op een bok.

Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
OOM KOBUS

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by OOM KOBUS »

Dags? vriende ? Stef, Dok en die ander wat so lekker saampraat.

Na ?n week of wat van kort kort inloer voel dit of ons al sterk saam gekuier het. Ek dink dit was Stef wat so tydtjie gelede ingeloer het en bolangs genoem het van die toetse. Ek was onder die indruk dat dit in Tak verband was toe ek so ?n week gelede deur my vriend Christo uit Otavi gebel is. Ek sukkel nou al ?n paar maande om hom te oortuig om ?n 130 gr uit sy Norma/M deur ?n eland se boiler te stoot ? hy vertel my toe van al hierdie dinge wat op die internet aangaan en s? toe hy wag net vir die uitslag. Wel Christo daar het jy dit nou. Met jou skootplasing?vermo? gaan jy nie sukkel om ten minste die longe te tref nie. As jy stukke long op die grond wil optel moet jy darem so skiet dat die koe?l agter die blad uitgaan. Die longe gaan maar sukkel om deur die gate in die bladbene te gaan. Dis eintlik net ?n verskeisel wat soms voorkom en is darem nie deel van die ontwerp nie.

Ek moet darem erken dat my voete onder my uitgeskiet was. Die manne skryf in my taal. Hulle gesels reguit, beredenerend, op die man af en met goeie sin vir humor. Waar in jou lewe kon jy dink dat ?n onderwerp so ver gevoer kan word. Baie geluk ek dink dis great! Stef as ?n produk nie in hierdie gees kommentaar kan hanteer nie moet dit maar van die rak af skuif.

Ons ouens in die bedryf raak mos nie sommer betrokke in die gespreksforums nie. Verkies maar om so van oog tot oog te praat. Vir die wat wil kom groet ek  is die jaar weer by die AIM SKOU (gelukkig het Pierre geluister en dit Pretoria toe gevat ? by die skougronde in Maart). Dan het ek ook ?n stalletjie by  HUNTEX. Gaan ook daar oor hierdie onderwerpe praat ? BALLISTIEK EN DIE JAGTER -  Gaan kyk maar op hulle web daar is ?n hele paar gassprekers. Ek verstaan daar is ?n toegangsfooi ter sprake ? dit is nie vir ons as gassprekers  nie maar moet blykbaar ander kostes dek. Ons beweeg weer terug na die ou dae sommer so twee skoue binne ?n maand en teen 2011 se standaarde. Regtig iets om na uit te sien.

Om terug te kom na die onderwerp op die tafel het die koe?l gepresteer soos wat dit veronderstel was om op die skootplasing te presteer. Julle kan gerus gaan kyk na die gedeelte op my webwerf waar ek die ontwerp bespreek onder ?DESIGN?  www.impalabullets.com . Die ontwerp het te doen met die verplasing van weefsel  as gevolg van sy neus se vorm en 90 grade snyvlak van 0,36mm op die LWHV en 0,5mm op die CFN en die RNFP. Die tempo van verplasing is dit wat die ding doen. Dit is dus belangrik om die koe?l se neus so ver as moontlik voorentoe te hou. Omdat ?n monolitiese koe?l sommer vinnig gat omswaai in ?n bok, word die dryfbande met weerhakvormige gleuwe geskei om tydens penetrasie sleur te veroorsaak en die basis agter te hou.  Soos reeds genoem was die derms en longe uitsuig  nie deel van die ontwerp nie maar word as ?n verskynsel gereeld waargeneem wanneer die koe?l agter die blaaie uitgaan of deur die derms geskiet word.

Die groot verskil tussen die Impala se ontwerp en die Konvensionele sagte- of holpuntkoe?l is dat die konvensionele koe?l die vel, vleis en soms ook been gebruik om homself voor te berei om sy werk te doen soos in tempo van energie oordrag ? J/s ? werk.  Omdat die koe?l mushroom, vergroot sy deursnee en verswak sy vermoe? om te pennetreer wat gepaard gaan met ?n vreeslike herhoging in negatiewe versnelling. Dit is soos ?n mirage wat sy valskerm ontplooi om te rem. Ek hoef julle sekerlik nie te vertel oor wat gebeur as die koe?l nie die punch kan vat en tydens penetrasie opbreek nie. Die lys van koe?ls wat deur GENO genoem is kom nie net van duimsuig af nie, hulle is gevestug in die praktyk as die wat die punch kan vat en daar is ook ander wat nie genoem is nie. In alle regverdigheid teenoor die koe?l moet ?n mens darem ook nie ?n mercedes teen 200 Km/h in ?n muur vas jaag en verwag om lewend uit te klim nie.

Die Impala koe?l word op ?n draaibank voorberei om weefsel te verplaas en gebruik nie die vel en vleis om homself voor te berei nie en is vermindering in vleisskade ?n logiese gevolg veral as been getref word.  Hierdie ho? tempo van verplasing beproef nie net die rekvermo? van die spesifieke weefsel wat deurdring word nie maar versteur ook die molukul?re struktuur daarvan. Die permanente skade aan hart, long en lewer wissel van tonnels, langvormige snye, pappery en disintegrering soos in heeltemal weg. Die ontwerp is ook nie baie kaliber, spoed en gewig sensitief nie

Dink nou vir ?n oomblik aan ?n vragskip wat deur die water ploeg en die kiel wat dit sywaarts verplaas en hoe dit sal lyk as die skip teen ongeveer 2900 Km/h, 2600v/s, 800m/s deur die water skiet. Sit dan nog so tien meter van voor af ?n halwe-meter deursnee ring om die skip wat 90 grade sywaartse verplasing tot gevolg het. Ek glo dit regverdig seker die gebruik van die term skokgolf en nie drukgolf nie. Vandaar die naam ?Shockwave Inducing Bullet?.  Let asseblief daarop dat ho? tempo weefselverplasing van die impala konsep niks met hidrostatiese skok uit te make het nie. Ek sien op die ?GUNSITE? forum word die nuwe reeks Impala handwapen ?SHOCKWAVE INDUCING CARRY ROUNDS? bespreek en klaar word daar gepraat van ?hydrostatic shock? ? siestog ek kan verstaan hoekom mense dalk wonder of dit gaan werk. 

Dat die Impala koe?l ?n Internasionale realiteit is, is ek dankbaar voor. Verdien dit nie eintlik nie. Dit is die enigste ?Shockwave Inducing? koe?l in die w?reld en vaar ook baie goed in Europa. Ons stal ook al sewe jaar uit op IWA en ander skoue. Het in 2002 begin met die uitkontraktering van produksie en het vandag my eie twee outomatiese Colchester CNC  draaibanke met ?n 24 uur produksie kapasitiet van 3500 koe?ls. En dit hoofsaaklik omdat jagters my produk  gebruik en benut.

Ek s? nog altyd die Impala koe?l het ek nie ontwerp om ander te vervang nie maar vir gebruik deur die jagter vir wie sy eienskappe van nut en tot voordeel strek. ?n mens kan ook nie ?n jagter kwalik neem as hy eers uitvra of toets of wat ook al doen voor hy dit deel van sy seleksie vir watter rede ook al maak nie. ?n Man is darem geregtig om te besluit op watter koe?l hy sy geld gaan plaas en net so ook is die jagter wat in sy voorbereiding besluit het waarmee hy gaan jag geregtig dat sy besluit gerespekteer word totdat hy dalk tot ander insigte kom of ander oortuig. Omdat die Impala koe?l ook ?n lekker kompetisie koe?l is en nie regtig sukkel om goeie aanvaarbare groeperings op te lewer nie, is die produksie gesond en probeer ek my bes om die pryse redelik te hou. Dit is maar ?n duur spul as ?n man baie skiet. So hier en daar waar die manne saamspan word die potlood darem skerp gemaak.

?n Jagter bel my nou die dag, ek kan nie sy naam onthou nie, maar ek het hom daar by die Irene baan met sy 303 gekry en hy het vreeslik gesukkel om te groepeer. HY was die volgende dag oppad vlaktes toe. Ek beveel toe aan dat ons winkel toe gaan en so twee pakkies Impala 130gr kry wat darem die groepering sou uitsorteer. Dit het toe en ons stel toe so 3 - 4 duim hoog in op 100m.  Dit hou darem bokant die siglyn tot op 300m.  Hy s? toe loop hy hom vas in die plaasboer wat niks wil weet van 303?s op sy plaas nie en hy skop toe ook vas want hierdie is mos nie gister se koe?l nie. Hy oortuig toe die boer dat hulle darrem net op een blesbok moet toets.  Nadat die bok geval het toe s? hy kan ons maar nog een skiet en toe die geval het toe maak hy sommer sy kwota klaar met ?n derde. Daar was egter nog ?n widebees op sy lys en hy stel toe voor dat hy sommer klaarskiet en met die vierde skoot val die bok toe ook.  Hy staan toe op 4/4 en blykbaar toe die jagetry klaar is toe staan sy 303 op 16/16.

Nogmaals geluk met dit wat gedoen is en die gees waarin en nie net die skiet en verslag nie maar ook die hele aanloop en ook die verskoning aan my goeie vriend. 

En onthou daar is twee groepe jagters ? die wat  Impala?s gebruik en die wat dit nog nie probeer het nie. Al gebruik jy dit net om jou loop mee skoon te skiet. Of wat s? ek nou.


Jagters groete

OOM KOBUS


Frederik
Dankie vir die inset en die mooi foto?s. Jy was die eerste Suid Afrikaner wat in 2004 op die internet self baie vra gevra het. Nog ges? dit lyk soos ?n stuk brass wat in ?n potloodskerpmaker gedruk is. 

Bonsai
jy moet vir die vir die manne wys hoe die mooi dogters die bokke laat val en die manne laat les op s? op die langbaan. Ek sal nou eers moet leer om foto?s op te laai. Die laaste keer wat ek op die internet geskryf het was toe ek vir Frederik geantwoord het in 2004.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Wouter Roets »

Hallo Kobus

Baie welkom hier en as ek moet se n uitstekende benadering tot hierdei saak! n Mens kan sien jy het al bietjie opgelet in die lewensklas! N Mens besef nou weereens hoe dterk hierdie forum is en hoe verrykend n mens se woorde kan wees!

Koos(Dis nou Vassuig)

Ek het jou al elders verwelkom. Dankie vir jou skrywe. Moet nou asb dat dit nie die laaste een wees nie. Koos met jou alleenjag en die kreteria wat jy genoem het dink jy nie dit sal meer vranwoordelik wees om met n koeel te jag wat dan nou so tikkie meer doodmaakvermoe beskik as die Impala's nie?

Frederik

Daai vraag van jou sal ek moet op antwoord ja, dit lyk soos die skade van n soliede koeel. Ek sal dit waardeer indien jy my kan antwoord op myne.

Aan Almal

Om n bok te dood kan die meeste projektiele met genoeg spoed dit vermag. Hierdie gesprek gaan oor die doodmaakvermoe van Impala's. Deur enkele voorbeelde te noem waar die koeels wel buite die norm gepresteer het is ongelukkig nie goed genoeg vir my nie! Is dit nou die feit dat ons been getref het dat die Impala's so opgetree het? Hel dit gebeur meer as n driekwart van die tyd in die veld! Ek se weer, n koeel moet die vermoe besit om in alle tye en alle omstandighede oor hierdie vermoe beskik. Nie net wanneer die omstandighede reg is nie, juis wanneer dit nie so is nie verwag n persoon dat die koeel jou sal uithelp of tot sy reg kom.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by JOHANNIC »

Ek het al met heelwat verskillende soorte koeels gejag,baie bokke in dieselfde omstandighede geskiet en naastenby op dieselfde plek op die lyf en nog altyd verskillende reaksies gekry.

My 2c is dat al skiet jy 20 bokke op dieselfde afstand op dieselfde plek gaan jy nog altyd n veskil in reaksie kry,veral as jy begin Gemsbokke en Blouwildebeeste jag(groter wild) n springbok gaan jy seker 9 uit 10 keer net daar omskiet!!

Een gemsbok gaan 50m vorder en een gaan 300m verder eers omval en jy het net 2 duim te hoog of regs of links of laag getref,n bok se bloeddruk val nie altyd so vinnig as wat ons dink nie kyk maar as jy n Hartskoot skiet,maak nie saak watse koeel jy skiet nie n groot bok vorder some nog ver in n kort rukkie.......
Biebers
Need for speed >:D
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Koos Barnard »

Stefan, baie dankie! Wat die toets betref is my antwoord Ja en Nee. Dalk is 'n enkele dier te min om wetenskaplike bevindings op te grond maar ja, ek het self gevind dat die Impala wondkanaal oor die algemeen kleiner is as die van omklinkpunte. Ek het al destyds in my artikel genoem dat ek nie glo in hidrostatiese of enige ander tipe skok nie, slegs die hoeveelheid weefsel van die long/hart ens wat vernietig word. Soms maak die vinnige Impalas groter wondkanale as wat hul normaalweg doen en soms net gate effens groter as kaliber. Vir my le die waarde daarin dat ek hierdie koeels in my 375 kan skiet en dat die trajek lekker plat. Impalas mors minder vleis as omklinkers (let wel, ek se nie Impalas mors geen vleis nie) en hulle is goedkoper as Barnes-X. In die .375 maak hulle 'n groot genoeg gat deur die vitals wat bokke dood - my bevinding. Behalwe vir die een blesbok met die .303 en vier springbokke het ek nog nie ander wild met klein kalbers (30 of 7mm) geskiet nie. Omdat die skerppunte soms ombuig het ek vir Kobus gevra om die platneus Impala vir my te maak en het al vlakvarke daarmee geskiet - werk soos 'n bom. Die koeel is terloops ook ongelooflik akkuraat uit my geweer. Die akkuraatste wat ek nog ooit in my .375 geskiet het.

Ek het einde verlede jaar 'n koedoe en blouwildebees met 235gr Barnes-X koeels geskiet uit my .375. Die afstande was beide heelwat onder 150m. Die Barnes het my geweer se loop teen 2330vps verlaat en net soos 'n solid perform: .375-gat, geen bloeding by ingangs en uitgangswond nie, geen omklink nie en geen vleisskade nie. Die spoed waarteen die koeel die bok tref is van deurslaggewende belang. 'n Vriend wat saam met my was kon nie glo dat die Barnes nie oopgemaak het nie aangesien Barnes ons wil oortuig dat hul koeels oopmaak al tref hulle die bok teen 1700vps. Moet my bevinding wees dat die Barnes sleg is of nie? Op daardie toets sou ek nie Barnes kon aanbeveel teen lae snelhede nie, veral nie uit kleiner kalibers nie.

Vir sommige mense werk die Impalas maar jy het met geen solid ruimte vir foute nie. Wat solids betref verkies ek beslis die Impalas en ek sal hul beslis in my .375 grbruik. Baie het sukses met Impalas in kleiner kalibers maar soos Wouter-hulle bevind het is die wondkanale nie groot genoeg nie. Ek hoop om hierdie seisoen 'n paar bokke met die kleiner Impals te skiet en sal aat weet wat hulle gedoen het. My standpunt is dat te veel mense soek vir beter koeels en te min bele in oefening. Ek was tot onlangs betrokke by skietopleiding en dis skokkend om te sien hoe swak baie ervare jagters skiet.
Groetnis
jmb

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by jmb »

Dankie Koos vir jou goeie opsomming van die Impala kwessie. Ek stem so saam met jou oor die voordeel van hierdie punte in groot kalibers soos 375 s om ook klein en vlakte wild te kan skiet. Ekself is baie lief vir my 375 3n gebruik dit op enigiets. Ek het nog altyd Barnes X 270 s gebruik vir hom. Ek begin ook nou kyk na ligter punte soos GS en Impala. Jy kan heelwat meer spoed kry sonder om jou skouer te veel te verniel.

Die enigste ondervinding van my met Impala punte was in 'n 308 in redelike lang skoot situasies in die Suide van Namibia. Hier het die Impala nie goed gevaar nie.

Ek dink die meeste waarde is in jou laaste opmerking oor oefen. Jy kan watse punt of kaliber gebruik 'n swak skoot bly 'n swak skoot. Dit kan jy net regmaak deur te oefen. Sekere punte se "margin of error" is beslis meer as ander, Maar as jy nie op die regte plek skiet nie gaan niks help nie.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Frederik »

Frederik wrote:
Wouter Roets wrote: Ek vra jou nou die vraag in alle eerlikheid, wat het hierdie Impala's jou gewys wat soveel beter was as wat jy al hiedie diere sou skiet met soliede koeels?

Groete
Wouter
Wouter ek sien genoeg bokke vrek oor die loop van die jaar en ek kan dit vir jou se eks nie 'n dokter nie en nie 'n spesialis in wond kanalle nie maar die bokke vrek baie vinniger as wat ek die goed met ou 303 army ammo moes skiet of met 308 amry rondtes. Dit is wat ek sien en al die diere sover met die impala koeels was net een skoot.
Ek het jou vraag vroeer beantwoord miskien het jy dit net gemis, kyk bo. 
Ek sal hulle bly gebruik vorentoe hulle werk vir my baie mense kyk my skeef aan as hulle die koeel sien maar dink twee keer as ons die dooie bokke terugbring.

Nog diere wat met die impalas geskiet is die keer 308 Blaser R93 die klient het hier ammunisie gekoop en gevra wat hy moet koop ek het vir hom gese van die impala koeels en hy het paar boksies toe gekoop en dit is die resultaat. So ek het genoeg vertroue in die koeels sover so dat my kliente dit gebruik.

Image

Image

Image

Image

Image
Die swart wildebees het twee skoet nodig gehad omdat hy die wildebees te ver agter geskiet het die wildebees het tog na 500 meter gaan le.

Image

Image

Maar ek mag verkeerd wees en net baie gelukkig maar daar is tog iets aan die impala koeels.
Hoe se hulle "seeing is believing" en geen diere is op die jag verloor nie.
Last edited by Frederik on Fri Feb 11, 2011 4:48 pm, edited 1 time in total.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by DawieKotze »

Manne - dit is nou baie lekker leesstof hierdie!! Ongelooflike baie gesamentlike ondervinding wat hier saam praat! Hoe bevoorreg is ons "mere mortals" nie.

Nou moet Gerard Schultz ook nog net sy mening hier gee!!!!

Dan gaan ons nog baie lekker verder saam praat en lees!!
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Stefan764 »

Naand maats

Ek sien dinge gaan mooi aan. n Vraag van my kant af aan oom Koos en oom Kobus en aan Frederik:

Hoekom het ons (in ons toets met fotos en n autopsie deur n MD om dit te staaf) nie die effek van die "skokgolf" gesien in die vitals nie? Ok, kom ons vergeet die hele enjinkamer. Hoekom het ons nie die effek van die "skokgolf" gesien in die long wat raakgeskiet was nie?

Let Wel, niemand van ons toetsbrigade het ooit gese die Impala koeels kan NIE n bok dood nie. Ons toets was of beskik die Impala oor (1) genoegsame doodmaakvermoee oor lang afstande (2) met minimale vleisskade. Met genoegsame doodmaakvermoee bedoel ek as jy n bok deur sy longe dreun moet daai bok, INDIEN hy hardloop, n moerse bloedspoor los om maklik genoeg gevind te word. Dus, vrek die bok nie op die plek nie (reply tot Johannic se post) moet die opvolg daarvan so gemaklik as moontlik geskied en ek voel die IMPALA briek my hier, Frederik het dit tog self bevestig hierbo.

Sag slaap kerels en ek wil almal van my kant af bedank vir die goeie gees waarin n klomp vreemdeling en soms met groot ego's hierdie gesprek met mekaar voer. Dit laat n man lekker hier binne voel en gee almal n kans om sy saak regverdig te stel.


Stef
Last edited by Stefan764 on Fri Feb 11, 2011 10:03 pm, edited 1 time in total.
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Danie Lombard .243

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Danie Lombard .243 »

Hallo Maters

Koos  en Kobus  Welkom hier op Jaracal.  Yip  Hier word groot gesels oor ketties en hulle dinge.

Net weer my ondervinding t.o.v. die Impala punte.

My vrou het 'n Blesbok ram gaan jag met my .300WM gelaai met Impala 130gr punte teen 3500 fps. Die manne wat al by my gekuier het op die plaas sal weet die afstande hier is maar ver, die vlakte wild staan nie hier voor jou nie. Haar 1ste skoot was mis, 2de skkot het sy getrek en die Blesbok deur die pens geskiet. Soos normaal hardloop die bok weg en hy lyk of hy niks makeer nie. Haar 3 de skoot was raak, dwars deur die longe. Skoot 2 en 3 was duidelik hoorbaar, harde doep geluid. Met die 3de long skoot het die Blesbok net daar mors dood neer geslaan. Nie een tree ge stap of gehardloop nie. Ek was verbaas gewees oor die pens skoot. Eerste keer dan ek by 'n bok kom wat met 'n jaggeweer deur die pens geskiet is sonder dat die hele karkas nie vol pens mis is nie. Gewoontlik is daar 'n groot gat geruk en dit is net skade en pens mis. In my oe sommer 'n weg gooi bok. Daar was geen ingewande sap in die lieste nie, dit was skoon. Die bok was bruikbaar vir eet.

Die longe was lekker flenters geskiet met die dood skoot, soos ek gese het, die bok het net daar mors dood beer geslaan.
Daar was vreeslik baie bloed in die borskas holte gewees.  Ek het baie van dit gehou.
Ek en sy is baie beindruk met die punte en sal beslis weer met hulle jag. As ek gespaar bly wil ek graag die komende winter 'n Eland bul jag met die Impala punte in my .300 WM

Is die punte suksesvol in my geweer a.g.v. die vinnige tromp snelheid??

Se maar


Lekker dag almal

Danie
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by tafjak »

Koos V
My standpunt is dat te veel mense soek vir beter koeels en te min bele in oefening.
................appels! Help nie jy het die beste en kan dit nie gebruik nie, mooiman!

Welkom en hoop jy geniet die site.

Mooiloop
Ps. Toe ek jou boodskap kry sien ek toe dat jy reeds Wouter in die hande gekry het. Sal seker nie iemand kry om jou te daag vir jag nie, maar iemand sal jou seker laat probeer Bells drink. ;)
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Jagtersdok »

Naands? maters.

Ja soos dit seker maar is glo elke hen sy kuiken is die mooiste.

Net gou paar dinge.

Ek het nooit ges? die Impala punte kan nie dood skiet nie. Wel net dat daar geen margin vir error is nie. O ja. Ek dink by verre weg die meeste wild in suid afrika is met Army solids geskiet en ons gan nog 'n rukkie vat om daar verby te kom.

Die ding van die bloed wat 4 meter by die kop uit gespuit het omdat dit die enigste gaatjie is en die druk te hoog. Daai is pienk olifantjies wat vlieg. Daar is nie nastenby genoeg bloed in die brein of enige manier wat die druk so opgejaag kan word nie. Die bloedstelsel is net nie so aan mekaar gesit nie.

Die storie van jy skiet die hart as hy leeg is, Daai gebeur ook nie, want ten alle tye het ten minste 2 van die hart kamers gevul met bloed, en al skiet jy die kamer dan tydens die ejection phase sal daar gewaarborg weer vulling plaas vind en weer kontraksie, want die hart gaan nie dadelik in arres nie, Die ensieme wat vrygstel word deur die hart weefsel self agv skade veroorsaak direkte sterker kontraksie. So die dier moet bloei punt.

Okay nou oor die ontwerp van die shokwave inducing bullet agv die snyring 90 grade hoek. Wiskundig maak dit net nie sin dat die ring die "skokgolf" kan veroorsaak teen dieselfde of meer as 'n ronde wat om klink en eweskielik dubbel die deursnit oppervlak het om latyerale verplasing te weeg te bring nie. En dit het ek in praktyk gesien. Ons het dit met Barnes x vergelyk net om basis te h?. Ek self skiet nie eers Barnes nie , eks 'n Nosler seun. Klinies het ek maar eintlik net bevestig wat ek lankal verwag het. Die haemothorax wat deur die projetiel veroorsaak moet word is net nie so groot soos met 'n konvesionel punt nie.
Maar gelukkig is dit 'n vry land so gaan skiet hulle en as jy happy is stick with it.

Ek jag darem ook sonder PH en gidse op die plase waar ek skiet en moes al self heelwat gids speel oor die passie wat ek het, maar my kliniese bevindings en jagters instink gaan nie verander op die punt nie.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by Jagtersdok »

O ja Gerard Shultz sal nie iets hier kom s? nie, want hy gaan nie as kompeterend vervaardiger 'n ander man se produk afkraak nie.

Net een laaste vraag en ek het dit al gevra. As die nuwe ontwerp dan die beste ding since sliced bread is. Hoekom het die groot manne soos Nosler, Sierra, Hornady, Barnes, Speer, Swift  etc nie al op die bandwagon gespring nie? Daai manne het die beste navorsings fasiliteite wat geld kan koop en experience baie meer as wat mens kan dink. Tog is almal se ontwerp eenvoudig. Of dit loodkern of monometaal is, almal moet omklink. En eks seker hulle het self al die Impalas baie deeglikergetoets as wat ons het.

Soos ek altyd s? mens moet maar bietjie uit die boks dink, veral in medisyne. En ja teorie en praktyk kom nie altyd by mekaar nie, maar Newton, Starling en die ander slim manne van ouds se wetenskaplike en wiskundige wette kan en sal nooit verander nie. E=MC2 finish en klaar, Met die toets het ek gesien dat die weefsel skade in die sagte weefsel nie was wat beweer word nie, dit was bevestiging van wat ek wiskundig vooraf half uit gewerk het
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Post by JOHANNIC »

Stef
Jy het n goeie punt beet
Ek weet nie of van julle al bokke met 155gr pmp(308) Palmas geskiet het nie,die blesbokke en springbokke wat ek op ver afstande nie kop skote wou waag nie het ek agter die baldgeskiet al die bokke het hulle self soos n vraagteken opgetrek en nie eens omgeval nie,dit vat so 45 sekondes voor hulle gaan le hulle hardloop ook nie weg nie.
Nou my vraag is wie het al met 6mm springbokke met Impala koeels geskiet tot op se maar 300m en watse reaksie het die bokke gegee omgeslaan of gehardloop of dalk ook soos n vraagteken stilgestaan en na n rukkie omgedop???????
As iemand my n antwoord kan gee sal ek dit baie waardeer
Groete johan

Ps ek sal NOOIT weer n bok met n Palma koeel skiet tensy dit n kopskoot is nie
Biebers
Need for speed >:D
Post Reply