Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het 2de handse S&W Mod29 44 Mag met 8 3/8 duim loop vir R3500 opgetel. Die rollie het nog eers geskiet nie en is splinternuut. Ek wag egter nog vir sy lisensie.Die fabrikaat wat meeste manne koop wat gewild is vir jagdoeleindes is die Rugers (Blackhawk, Redhawk en Super Redhawk). Ek weet die Super Redhawk kom klaar van fabriek af met opsie om scope te monteer. Toe ek laas gesien het, kos hulle nuut R12000.
Ek het myne ook gekoop vir doel om mee te jag- sien uit na die uitdaging van rollie jag!
Mooibly.
22-250 Rem Howa
260 Rem Broughton
S&W Mod 29 44 Mag
CZ550 375 H&H (in die pyplyn)
die vleisskade is bitter min.n 240gr loodpunt teen 1250ft/s is dodelik maar maak glad nie n bloedswam onder die vel nie.met n 243 op dieselfde plek is die skade baie meer.ek het selfs al met my 454 cassul baie min skade gehad.moet net nie ammunisie bedoel vir selfverdediging gebruik vir jag nie.