nuwe speelding

junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

nuwe speelding

Post by junglejulian »

User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: nuwe speelding

Post by Armand Steenkamp »

Jungle! Is dit n Taurus? Ek kan nou nie lekker sien nie.As dit is dan het ek net so een net met n 4duim loop

Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: nuwe speelding

Post by junglejulian »

dis n S&W mod 29.DIRTY HARRY se rewolwer.met die 8 3/8" loop.het onlangs eers die teleskoop opgesit.moos ongelukkig n spesiale rail laat bou vir hom.gerrie coetzee in bloemfontein het n uitstekende job gedoen.ek sal kyk of ek die naweek iets kan dood met hom
FE
Hero Member
Hero Member
Posts: 566
Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm

Re: nuwe speelding

Post by FE »

Dit is baie smart... Wonder hoe sal 'n vier duim Taurus lyk met so scope op ;) Jammer ek vra maar hoe ver kan jy nog redelik akkuraat skiet met so speel ding? En laai jy hom dieselfde as 'n vier duim taurus? Het self een van hulle, lekker maar jy kort 'n paar kuite om hom heeldag rond te draai.
Born to hunt, but forced to work!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: nuwe speelding

Post by JACQUES BOTHA »

MMM EK DINK DISSIE AL WAT IN DAAI KASSIE WASSIE,, WYS DIE MANNE DIE RES VAN DIE KASSIE DALK KAN JY BEGIN PRODUSEER????
gROETE
JACQUES BOTHA
Shoot straight and tell the truth!
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: nuwe speelding

Post by junglejulian »

ek laai hom maar ligte ladings omrede sy 'top strap' nie so dik soos bv die redhawk ens is nie.gewoonlik 21,5gr S265 met CCI350 primer en 240gr swc.op wild sal ek nie veel verder as 50m skiet nie maar by die silhouette baan skien ek redelik gemaklik die val plate tot so 125m.ek wil juis dit vir my meer uitdagend maak so my doel is om te kyk hoe NABY ek kan kom.ek het n paar ligte skietstokke wat ek saamdra.dit maak die bekruip baie makliker.n hollow sight met geen vergrotng en n red dot werk beter as n teleskoop(veral vir n 4" rewolver) dan skiet jy met al 2 oe oop en het n beter gesigveld
User avatar
DavidddeWet
Newbie
Newbie
Posts: 22
Joined: Sat Jul 23, 2011 10:53 am

Re: nuwe speelding

Post by DavidddeWet »

Dis nou baie mooi!
As ek mag vra wat kos die rail wat jy laat bou het? Moet die selfde laat maak vir my 44.

Dankie
David
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: nuwe speelding

Post by junglejulian »

behoort so R600-800 te wees.my 44 is nie eintlik bedoel vir n teleskoop nie so dit was n spesiale mount.ek het R800 betaal.die redhawks en freedom arms is baie makliker/goedkoper om n scope op te sit
User avatar
DavidddeWet
Newbie
Newbie
Posts: 22
Joined: Sat Jul 23, 2011 10:53 am

Re: nuwe speelding

Post by DavidddeWet »

Dankie,

Ek het 'n Astra en die ogies sukkel met oopvisier skiet.
User avatar
Heinds
Hero Member
Hero Member
Posts: 786
Joined: Thu Aug 18, 2011 2:33 pm

Re: nuwe speelding

Post by Heinds »

Hahaha, lekker lag ek nou toe ek die ding kyk..

http://www.youtube.com/watch?v=FnMLGkj91Og
Sako 85 6XC
Howa 22-250 Rem
Blaser R8 6.5x55
Tikka .260AI Rem
Tikka 223
Glock 9MMP
Baretta SP1 O/U
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: nuwe speelding

Post by Hein M. »

JJ

Pragtige wapen.  Dit is die pappa van alle 44's...  Moet net se:  Hy klap moer hard agterop 'n bakkie!

Geniet!

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: nuwe speelding

Post by Monrique (SJ) »

Julian


Lekker man lekker!!!!


Groetnis
immelmanw

Re: nuwe speelding

Post by immelmanw »

Die "kortloop speelgoed" begin nou vir my ook lekker lyk! Het nou die dag n Ruger Red Hawk 357 by n man gekoop.....net om mee te speel!

Cheers

Willem
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: nuwe speelding

Post by junglejulian »

dagse manne!
ek het die naweek toe eerste sukses op n bok gehad met die rewolwer.het die springbok ooi in die pearston omgewing geskiet.die skoot was so 80m na seker 3uur se bekruip agter die bokke aan.die dorings en kaktusse het my maar erg karnuffel maar dit was vrek lekker.dink ek gaan die lang roere wegsit die jaar en met die rollie jag.[img width=560 height=420]http://i1137.photobucket.com/albums/n50 ... C11790.jpg[/img]
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: nuwe speelding

Post by SV MAD (Henk) »

Baie geluk met die jag, dit is awesome!

Ek wil 'n vraag vra, kan mens met 'n 38 special 2duim loop 'n scope opsit? Indien so, watse grootte scope?

Hoe is akkuraatheid van die 2duim loop?
ek soek nog wapens...
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: nuwe speelding

Post by Geno »

Geluk Julian!
Dis voorwaar 'n groot prestasie!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: nuwe speelding

Post by BLOK »

Baie mooi gedoen, en n baie mooi brakkie ook daai.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: nuwe speelding

Post by junglejulian »

sv mad
daar is miskien n paar modelle 38 special snubbies wat n red dot of klein teleskoop  kan vat maar my 2"rossi en 4,5" taurus se 'top strap' is te dun vir sulke monterings.jy sal nie veel beter akkuraatheid kry met die scope bo die oop visier nie.ander moelikheid is die effektiwiteit van die 38spl.effektief kan jy tot springbok/blesbok grootte tot so 20m jag en vir dit is die oopvisier meer as voldoende.
blok
dankie.die wirehair is vrek oulike jaghond.sy is nou eers 7 maande oud  maar klaar baie skerp.kry net elke dag moeilikheid oor die pensreuk asem en klitse in die hare as sy weer by die huis kom(dis eintlik my meisie se hond) ry ook heeldag saam bakkie.
DieKraai
Full Member
Full Member
Posts: 120
Joined: Sun Jan 29, 2012 3:45 pm

Re: nuwe speelding

Post by DieKraai »

Dit moes voorwaar 'n baie lekker jag gewees het!

Ek het laasweek vir my ook so 'n .44Mag S&W Mod29 met dieselfde looplengte as joune by iemand gekoop met die doel om mee te jag. Ek moet nog aansoek doen vir sy lisensie.

Sien uit om met hom te gaan jag.
Geluk met die mooi bok wat jy met hom geskiet het.
22-250 Rem Howa
260 Rem Broughton
S&W Mod 29 44 Mag
CZ550 375 H&H (in die pyplyn)
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: nuwe speelding

Post by Marc »

junglejulian wrote: dis n S&W mod 29.DIRTY HARRY se rewolwer.met die 8 3/8" loop.het onlangs eers die teleskoop opgesit.moos ongelukkig n spesiale rail laat bou vir hom.gerrie coetzee in bloemfontein het n uitstekende job gedoen.ek sal kyk of ek die naweek iets kan dood met hom
Julian

Beautifull maat  ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Fisher
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Sun Jan 23, 2011 2:51 pm

Re: nuwe speelding

Post by Fisher »

junglejulian wrote: dagse manne!
ek het die naweek toe eerste sukses op n bok gehad met die rewolwer.het die springbok ooi in die pearston omgewing geskiet.die skoot was so 80m na seker 3uur se bekruip agter die bokke aan.die dorings en kaktusse het my maar erg karnuffel maar dit was vrek lekker.dink ek gaan die lang roere wegsit die jaar en met die rollie jag.[img width=560 height=420]http://i1137.photobucket.com/albums/n50 ... C11790.jpg[/img]
Geluk met daai bok boeta, dis die regte ding om nou te comit met die handwapen jag, ons word groot jy kan dit nie besliut om dit eers op jou oudag te doen nie, 'n ou se lyf vat nogal groot shots maar die bevrediging kan nie met geld gekoop word.

Mens kan nou meer gereeld hart, siel en p..l jag, dit regtig die heeltyd geniet en nie met 'n groot oorskot wildsvleis op te eindig nie.

Groete

Ferdi
Die maklikste ding op aarde om goed in te doen is om 'n sot te wees, die res vat nogal baie deurnis, geduld, opofferings en toewyding om bo uit te kom...
User avatar
FrankH
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 98
Joined: Sat Jan 09, 2010 6:20 pm

Re: nuwe speelding

Post by FrankH »

Mooi! JJ
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: nuwe speelding

Post by Monrique (SJ) »

Julian

Baie netjies gedoen. Lyk dan amper soos maat Johan se Springbok daai. Wereld lyk baie mooi.


Groetnis
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: nuwe speelding

Post by Marc »

junglejulian wrote: dagse manne!
ek het die naweek toe eerste sukses op n bok gehad met die rewolwer.het die springbok ooi in die pearston omgewing geskiet.die skoot was so 80m na seker 3uur se bekruip agter die bokke aan.die dorings en kaktusse het my maar erg karnuffel maar dit was vrek lekker.dink ek gaan die lang roere wegsit die jaar en met die rollie jag.[img width=560 height=420]http://i1137.photobucket.com/albums/n50 ... C11790.jpg[/img]
Rollie jag is hoog op my agenda en wenslysie, hopelik kan ek volgende jaar hierin begin bel?  8)

Weereens mooi gemaak  ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: nuwe speelding

Post by SV MAD (Henk) »

Manne, wil baie graag rollie vir my aanskaf, 44 Mag.

Watse make is daar en hoe is die betroubaarheid.

Waarna moet mens ook kyk as mens 'n 2de handse rollie kry en wat sal rollies nou omtrent prys?

JJ, hoe was die vleisskade op die bok, daai koeel travel mos met 'n boog.

Baie groete
ek soek nog wapens...
Post Reply