Victrix Venus Pro Small Bore .22LR

Anything regarding Rimfire goes here/ Enige bespreking rakende randslag
Post Reply
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Victrix Venus Pro Small Bore .22LR

Post by Geno »

Ek het so ruk gelede my hande op een van die Victrix Venus Pro .22LR gewere gekry, en ek moet erken, die Italiaanse nommer is fantasties!
Afwerking, standaard spesifikasies, akkuraatheid, balans, alles is aan gedink!
Uit die boks uit breek die sneller soos enige pasmaak teiken geweer sn. Die chassis se sluitmeganisme op sy opvou-skarnier sluit sonder enige speling en die Cerakote van die chassis is ook baie goed gedoen.'n Lekker funksie wat ek sien, is dat jy die slot se voorkant en slagpen kan uithaal binne sekondes wat jou dan in staat stel om droogvuur oefeninge te doen sonder enige risiko of skade aan die geweer.
Vir 'n teleskoop het ek 'n March FX High Master 4.5-28x52 FFP met FML-3 Reticle opgesit in March ringe.
Totale gewig van geweer, ringe en scope is 7.726kg, so dis nie die saloontjie waarmee ons grootgeword het nie!

Ek het begin deur so 120x CCI SV rondtes deur die loop te sit na ek die olie van die fabriek uitgehaal het. Dit was uit en uit om bietjie lood in die loop neer te sit en 'n gevoel te kry vir die geweer.

Daarna 20x SK Rifle Match met die Magnetospeed om spoed te kry, toe skiet ek hierdie groep in die foto, wat die eerste een is wat ek gegaan het om groepering te toets. Dit lyk of die geweer regtig wil skiet! Ek sal met tyd nog paar toetse doen en hier kom wys wat ek sien. Tot dan is die enigste swak skakel in die ketting die skut, so ek sal maar moet oefen!

Image

Image

Image

Image

Image

Image
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Victrix Venus Pro Small Bore .22LR

Post by Arnold »

Daai lyk sommer awesome, baie geluk!
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Victrix Venus Pro Small Bore .22LR

Post by Riaan Kriel »

Wow.. wat 'n netjiese pakkie is daardie. Daardie groepering is nou nie juis standaard vir 'n .22 nie, veral nie uit my CZ of Krico nie.

Well done !!
User avatar
pwdejager
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 489
Joined: Tue Sep 03, 2019 2:26 pm

Re: Victrix Venus Pro Small Bore .22LR

Post by pwdejager »

Daai is nou 'n mooi 22, en lyk my hy skiet net so mooi. Baie geluk!
Perry de Jager
Beretta Mod71 .22LR
CZ P07 (EDC)
CZ 455 .22LR
Tikka T3x CTR 6.5 CRD
Tikka T3x Varmint Hunter 300WSM
Bergara B14R 308Win
Ralph Badenhorst 6GT
Remington 870 12Boor
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Victrix Venus Pro Small Bore .22LR

Post by Arnold »

As jy 'n kansie kry, skiet 'n paar groepe op 100m asb ;)
User avatar
Ammion
Hero Member
Hero Member
Posts: 571
Joined: Wed Jun 07, 2017 10:07 am

Re: Victrix Venus Pro Small Bore .22LR

Post by Ammion »

Baie nice Eugene, lyk fantasties - baie geluk!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Victrix Venus Pro Small Bore .22LR

Post by Gawie(13mm) »

🤤
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Bigfoot
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 254
Joined: Sun Sep 27, 2015 7:06 pm

Re: Victrix Venus Pro Small Bore .22LR

Post by Bigfoot »

What does the rifle cost?
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Victrix Venus Pro Small Bore .22LR

Post by Arnold »

As ek so na die NRL resultate kyk lyk dit my jy maak skoonskip met die roertjie.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Victrix Venus Pro Small Bore .22LR

Post by Geno »

Arnold wrote: Mon Feb 26, 2024 6:19 pm As ek so na die NRL resultate kyk lyk dit my jy maak skoonskip met die roertjie.
Ek vermoed ek gaan maar steeds bloei in die kampioenskappe in April as die groot honde soos Warren Britnell ens. opdaag :laugh:

Maar ek geniet die geweer bitter baie!
Goed, beter, 6millimeter!
Post Reply