Afwerking, standaard spesifikasies, akkuraatheid, balans, alles is aan gedink!
Uit die boks uit breek die sneller soos enige pasmaak teiken geweer sn. Die chassis se sluitmeganisme op sy opvou-skarnier sluit sonder enige speling en die Cerakote van die chassis is ook baie goed gedoen.'n Lekker funksie wat ek sien, is dat jy die slot se voorkant en slagpen kan uithaal binne sekondes wat jou dan in staat stel om droogvuur oefeninge te doen sonder enige risiko of skade aan die geweer.
Vir 'n teleskoop het ek 'n March FX High Master 4.5-28x52 FFP met FML-3 Reticle opgesit in March ringe.
Totale gewig van geweer, ringe en scope is 7.726kg, so dis nie die saloontjie waarmee ons grootgeword het nie!
Ek het begin deur so 120x CCI SV rondtes deur die loop te sit na ek die olie van die fabriek uitgehaal het. Dit was uit en uit om bietjie lood in die loop neer te sit en 'n gevoel te kry vir die geweer.
Daarna 20x SK Rifle Match met die Magnetospeed om spoed te kry, toe skiet ek hierdie groep in die foto, wat die eerste een is wat ek gegaan het om groepering te toets. Dit lyk of die geweer regtig wil skiet! Ek sal met tyd nog paar toetse doen en hier kom wys wat ek sien. Tot dan is die enigste swak skakel in die ketting die skut, so ek sal maar moet oefen!







