Koeëlvaste baadjies
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Koeëlvaste baadjies
Hallo
Dit raak tyd om een te koop, waarna kyk ek? Plates, gewig, etc? Ek wil gewere stop en dalk oorleef. Deel bietjie jul kennis asb. JJ
Sent from my iPhone using Tapatalk
Dit raak tyd om een te koop, waarna kyk ek? Plates, gewig, etc? Ek wil gewere stop en dalk oorleef. Deel bietjie jul kennis asb. JJ
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1495
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Koeëlvaste baadjies
Ek het level 3 keramiek plate binne in level 3A Kevlar. Die kombinasie behoort 'n AK/R1 rondte te stop hoewel mens seker maar bietjie bloed sal hoes van die impak. Gelukkig was dit nog nie vir my nodig om uit te vind nie.
Jy kan staal, keramiek of die nuwe poly/plastiek plate kry. Staal is die swaarste en goedkoopste, keramiek die middeweg en poly die duurste en baie lig. As jy deel van die plaaswag is en dalk ure in die son gaan spoor vat dan raak die duurder, ligter plate verseker 'n oorweging. Jy gaan lekker warm kry na 'n halfuur in die son met die storie.
Jy moet maar self besluit wat jy bo op jou baadjie wil vasmaak. Party ouens hou daarvan om hom toe te plak. Ek het spaar magasyne, cable ties, pepersproei, 'n mes en mediese items.
Dis maar 'n duur storie maar as jy werklik dit nodig het dan is dit beter om daai geld maar uit te haal dink ek.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk

-
Vissie
- Full Member

- Posts: 234
- Joined: Sat Jan 19, 2013 9:02 pm
Re: Koeëlvaste baadjies
Maak seker dit belemmer nie jou vermoë om te beweeg nie. Help nie jy het lekker dik staal wat jou organe bedek, maar jy beweeg te stadig om effektief te kan beweeg in ‘n aanval nie.
Ek het my staal plate vervang met poliëtileen plate. Dit het my vermoë om te hardloop bevorder, asook my uithouvermoë bietjie verleng. Ook, vir dieselfde gewig kan jy heelwat meer ammunisie dra met die ligter baadjie.
Dit vat maar bietjie eksperimetering en oefening om aan die gang te kom.

Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1404
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Koeëlvaste baadjies
Nee die impak waarmee die koeël tref is net so hard soos die terugskop van die geweer wat hom geskiet het. Newton se wette en so aan.Eduard Venter wrote: Wed Oct 07, 2020 6:32 amhoewel mens seker maar bietjie bloed sal hoes van die impak
Dis wel waar dat kevlar en sintetiese materiale gewoonlik nie die hoëspoed koeëls van gewere stop nie. Hulle stop gewoonlik net handwapens en haelgewere. Plate stop geweerprojektiele, maar het 'n "limited" use. Teëls breek, en daar is verskeie ontwerpe op die stadium wat probeer om die verbreking (en gepaardgaande fragmentasie en skrapnel) te verminder, soos die "dragon scale" ontwerp. Ek weet nie waar om dit te kry of wat die kos nie.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Koeëlvaste baadjies
Die fotos wat ek al gesien het lyk nie soos my skouer of my hand na 'n skoot nieToxxyc wrote: Wed Oct 07, 2020 7:51 am Nee die impak waarmee die koeël tref is net so hard soos die terugskop van die geweer wat hom geskiet het. Newton se wette en so aan.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: Koeëlvaste baadjies
JJV daar is baie dinge om aan te dink. Glo my dit is beter om reg te koop anders gaan jy die ding verpes.
Begin met n goeie basis. Die plate carrier. Iets wat sal hou en nie gemaak is vir paintball warriors nie! Hier is n baie goeie een:
https://www.thequartermaster.co.za/inde ... ct_id=2078
Molle is n MOET. Daar is baie goed wat jy op jou vest moet dra en die molle maak dit moontlik om die vest te setup vir wat vir jou werk.
Plate het ek vir die Poly weergawe gegaan. Daar is regtig niks beter nie en ek kan makliker beweeg. Dit is lig en kan multiple hits vat (168gr 30cal teen 2700fps)
Hier is hulle:
https://www.thequartermaster.co.za/zebr ... lcp1-plate
So ja n goeie setup is ongelukkig bietjie meer as R10k.
Onthou dan tog net dat n BPV hoog gedra word, die plaat sit by jou keel. Ek sien baie manne wat nie die konsep verstaan nie.

- airhunter
- Hero Member

- Posts: 545
- Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm
Re: Koeëlvaste baadjies
"Onthou dan tog net dat n BPV hoog gedra word, die plaat sit by jou keel. Ek sien baie manne wat nie die konsep verstaan nie".
Multi hit capability is maar belangrik.
Ja min mense besef dat jou longe onder jou sleutelbeen eindig. Hoër as wat mens dink.
Multi hit capability is maar belangrik.
Ja min mense besef dat jou longe onder jou sleutelbeen eindig. Hoër as wat mens dink.
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Mark Twain
- airhunter
- Hero Member

- Posts: 545
- Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm
Re: Koeëlvaste baadjies
So lyk dit
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Mark Twain
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1404
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Koeëlvaste baadjies
Jy kry bloukolle en so aan net omdat die punt wat jou tref aansienlik kleiner is, en sy energie vinnig uitgooi. Die geweer is aansienlik swaarder, en dan het hy nog so lekker sagte recoil pad ook op. Die impak lyk en voel dalk meer, maar die energie is dieselfde (eintlik effens minder, want die koeël verloor energie soos hy vorder.Carl wrote: Wed Oct 07, 2020 8:54 amDie fotos wat ek al gesien het lyk nie soos my skouer of my hand na 'n skoot nieToxxyc wrote: Wed Oct 07, 2020 7:51 am Nee die impak waarmee die koeël tref is net so hard soos die terugskop van die geweer wat hom geskiet het. Newton se wette en so aan.
Ek gaan eers gou die berekening moet gaan doen.
Interessante wetenskap.
- airhunter
- Hero Member

- Posts: 545
- Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm
Re: Koeëlvaste baadjies
Toxxyc, ek stry nie. Ek probeer ook net verstaan.Toxxyc wrote: Wed Oct 07, 2020 9:53 amJy kry bloukolle en so aan net omdat die punt wat jou tref aansienlik kleiner is, en sy energie vinnig uitgooi. Die geweer is aansienlik swaarder, en dan het hy nog so lekker sagte recoil pad ook op. Die impak lyk en voel dalk meer, maar die energie is dieselfde (eintlik effens minder, want die koeël verloor energie soos hy vorder.Carl wrote: Wed Oct 07, 2020 8:54 amDie fotos wat ek al gesien het lyk nie soos my skouer of my hand na 'n skoot nieToxxyc wrote: Wed Oct 07, 2020 7:51 am Nee die impak waarmee die koeël tref is net so hard soos die terugskop van die geweer wat hom geskiet het. Newton se wette en so aan.
Ek gaan eers gou die berekening moet gaan doen.
Interessante wetenskap.
Wat jy hier noem voel vir ny nie heel reg nie omdat die energie oppervlak weer vergroot word deur die stopper materiaal wat kleiner gaan wees met n sagte materiaal en groter met by voorbeeld plate. Wat jy beskryf sien ek as dieselfde as n puntlas en die stopper materiaal verander daardie puntlas in n verspreide las deur die oppervlak weer te vergroot..
Dit is hoe ek dit sien uit die oog van laste in konstruksie. Ek vermoed die beginsel bly die selfde? Muurplate onder dakkappe.
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Mark Twain
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1404
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Koeëlvaste baadjies
Ek sou ook so dink, ja. Die oordrag van energie is bitter interessant om eerlik te wees. Ons vind dit orals. Klein seuntjie wat 'n kar optel met 'n domkrag - klein energie uitgeoefen op 'n groot oppervlak druk 'n klein hoeveelheid boontoe om die kar bietjies bietjies op te tel.
Die press se lang arm wat liggies gedruk word vervorm 'n dop se hele vorm maklik maklik. Ek self ken dit nie presies nie, ek ken net Newton se wette, en dis waaraan ek vasklou
Die press se lang arm wat liggies gedruk word vervorm 'n dop se hele vorm maklik maklik. Ek self ken dit nie presies nie, ek ken net Newton se wette, en dis waaraan ek vasklou
- airhunter
- Hero Member

- Posts: 545
- Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm
Re: Koeëlvaste baadjies
JJV
Ek dink dat wanneer ons nou arme Camo gebruik as n voorbeeld sou ek sê dat n uitgebreide noodhulp kennis en IFAK net so belangrik is.
Chest seals werk. Daar is geen twyfel daaraan nie. Of Camo sy chest seals gebruik het weet ek nie maar ek onthou n klompie weke gelede het ek hom gevra oor die kwaliteit en efektiewiteit van sy produk. Hy het onomwonde verklaar dat dit van die beste chest seals beskikbaar is. As dit sy lewe gered het, het ek geen twyfel dat dit dalk die eerste roete behoort te wees naamlik die onderig in noodhulp en aanskaf van n uitgebreide IFAK.
Mens is nie altyd alleen nie en vrouens en kinders het of dra nie noodwendig plate carriers nie en n man moet hulle kan help as iets gebeur?
Aan die hand van n voorbeeld. My neef is klomp jare terug deur n bankrower geskiet. Hy het n plate carrier gedra maar die koeël is onder sy arm in en longskade was aangerig. Hy het nie die regte terplaatse hulp gekry nie en is oorlede. Ek wonder altyd watter kans n chest seal hom sou kon bied?
Jammer as ek van jou punt afdwaal maar ek dink dat persoonlike beskerming n sisteem moet wees en nie n item nie.
Ek dink dat wanneer ons nou arme Camo gebruik as n voorbeeld sou ek sê dat n uitgebreide noodhulp kennis en IFAK net so belangrik is.
Chest seals werk. Daar is geen twyfel daaraan nie. Of Camo sy chest seals gebruik het weet ek nie maar ek onthou n klompie weke gelede het ek hom gevra oor die kwaliteit en efektiewiteit van sy produk. Hy het onomwonde verklaar dat dit van die beste chest seals beskikbaar is. As dit sy lewe gered het, het ek geen twyfel dat dit dalk die eerste roete behoort te wees naamlik die onderig in noodhulp en aanskaf van n uitgebreide IFAK.
Mens is nie altyd alleen nie en vrouens en kinders het of dra nie noodwendig plate carriers nie en n man moet hulle kan help as iets gebeur?
Aan die hand van n voorbeeld. My neef is klomp jare terug deur n bankrower geskiet. Hy het n plate carrier gedra maar die koeël is onder sy arm in en longskade was aangerig. Hy het nie die regte terplaatse hulp gekry nie en is oorlede. Ek wonder altyd watter kans n chest seal hom sou kon bied?
Jammer as ek van jou punt afdwaal maar ek dink dat persoonlike beskerming n sisteem moet wees en nie n item nie.
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Mark Twain
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Koeëlvaste baadjies
Dankie vir die inligting, so mens kyk na level 3 en dan moet jy kies tussen metaal, keramiek of polyethelene plate, een is swaar, een kan nie multiple hits vat nie, en laasgenoemde is duur!!
Lekker aand JJV
Sent from my iPhone using Tapatalk
Lekker aand JJV
Sent from my iPhone using Tapatalk