Koeëlvaste baadjies

Post Reply
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Koeëlvaste baadjies

Post by JJV »

Hallo
Dit raak tyd om een te koop, waarna kyk ek? Plates, gewig, etc? Ek wil gewere stop en dalk oorleef. Deel bietjie jul kennis asb. JJ


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1495
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Koeëlvaste baadjies

Post by Eduard Venter »

Ek het level 3 keramiek plate binne in level 3A Kevlar. Die kombinasie behoort 'n AK/R1 rondte te stop hoewel mens seker maar bietjie bloed sal hoes van die impak. Gelukkig was dit nog nie vir my nodig om uit te vind nie.

Jy kan staal, keramiek of die nuwe poly/plastiek plate kry. Staal is die swaarste en goedkoopste, keramiek die middeweg en poly die duurste en baie lig. As jy deel van die plaaswag is en dalk ure in die son gaan spoor vat dan raak die duurder, ligter plate verseker 'n oorweging. Jy gaan lekker warm kry na 'n halfuur in die son met die storie.

Jy moet maar self besluit wat jy bo op jou baadjie wil vasmaak. Party ouens hou daarvan om hom toe te plak. Ek het spaar magasyne, cable ties, pepersproei, 'n mes en mediese items.

Dis maar 'n duur storie maar as jy werklik dit nodig het dan is dit beter om daai geld maar uit te haal dink ek.



Sent from my SM-A520F using Tapatalk

Vissie
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Jan 19, 2013 9:02 pm

Re: Koeëlvaste baadjies

Post by Vissie »

Maak seker dit belemmer nie jou vermoë om te beweeg nie. Help nie jy het lekker dik staal wat jou organe bedek, maar jy beweeg te stadig om effektief te kan beweeg in ‘n aanval nie.

Ek het my staal plate vervang met poliëtileen plate. Dit het my vermoë om te hardloop bevorder, asook my uithouvermoë bietjie verleng. Ook, vir dieselfde gewig kan jy heelwat meer ammunisie dra met die ligter baadjie.

Dit vat maar bietjie eksperimetering en oefening om aan die gang te kom.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1404
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Koeëlvaste baadjies

Post by Toxxyc »

Eduard Venter wrote: Wed Oct 07, 2020 6:32 amhoewel mens seker maar bietjie bloed sal hoes van die impak
Nee die impak waarmee die koeël tref is net so hard soos die terugskop van die geweer wat hom geskiet het. Newton se wette en so aan.

Dis wel waar dat kevlar en sintetiese materiale gewoonlik nie die hoëspoed koeëls van gewere stop nie. Hulle stop gewoonlik net handwapens en haelgewere. Plate stop geweerprojektiele, maar het 'n "limited" use. Teëls breek, en daar is verskeie ontwerpe op die stadium wat probeer om die verbreking (en gepaardgaande fragmentasie en skrapnel) te verminder, soos die "dragon scale" ontwerp. Ek weet nie waar om dit te kry of wat die kos nie.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Koeëlvaste baadjies

Post by Carl »

Toxxyc wrote: Wed Oct 07, 2020 7:51 am Nee die impak waarmee die koeël tref is net so hard soos die terugskop van die geweer wat hom geskiet het. Newton se wette en so aan.
Die fotos wat ek al gesien het lyk nie soos my skouer of my hand na 'n skoot nie ;) Ek gaan eers gou die berekening moet gaan doen.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Koeëlvaste baadjies

Post by Plaashaas »

JJV daar is baie dinge om aan te dink. Glo my dit is beter om reg te koop anders gaan jy die ding verpes.

Begin met n goeie basis. Die plate carrier. Iets wat sal hou en nie gemaak is vir paintball warriors nie! Hier is n baie goeie een:
https://www.thequartermaster.co.za/inde ... ct_id=2078

Molle is n MOET. Daar is baie goed wat jy op jou vest moet dra en die molle maak dit moontlik om die vest te setup vir wat vir jou werk.

Plate het ek vir die Poly weergawe gegaan. Daar is regtig niks beter nie en ek kan makliker beweeg. Dit is lig en kan multiple hits vat (168gr 30cal teen 2700fps)
Hier is hulle:
https://www.thequartermaster.co.za/zebr ... lcp1-plate

So ja n goeie setup is ongelukkig bietjie meer as R10k.

Onthou dan tog net dat n BPV hoog gedra word, die plaat sit by jou keel. Ek sien baie manne wat nie die konsep verstaan nie.
User avatar
airhunter
Hero Member
Hero Member
Posts: 545
Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm

Re: Koeëlvaste baadjies

Post by airhunter »

"Onthou dan tog net dat n BPV hoog gedra word, die plaat sit by jou keel. Ek sien baie manne wat nie die konsep verstaan nie".


Multi hit capability is maar belangrik.
Ja min mense besef dat jou longe onder jou sleutelbeen eindig. Hoër as wat mens dink.
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
User avatar
airhunter
Hero Member
Hero Member
Posts: 545
Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm

Re: Koeëlvaste baadjies

Post by airhunter »

So lyk dit
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1404
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Koeëlvaste baadjies

Post by Toxxyc »

Carl wrote: Wed Oct 07, 2020 8:54 am
Toxxyc wrote: Wed Oct 07, 2020 7:51 am Nee die impak waarmee die koeël tref is net so hard soos die terugskop van die geweer wat hom geskiet het. Newton se wette en so aan.
Die fotos wat ek al gesien het lyk nie soos my skouer of my hand na 'n skoot nie ;) Ek gaan eers gou die berekening moet gaan doen.
Jy kry bloukolle en so aan net omdat die punt wat jou tref aansienlik kleiner is, en sy energie vinnig uitgooi. Die geweer is aansienlik swaarder, en dan het hy nog so lekker sagte recoil pad ook op. Die impak lyk en voel dalk meer, maar die energie is dieselfde (eintlik effens minder, want die koeël verloor energie soos hy vorder.

Interessante wetenskap.
User avatar
airhunter
Hero Member
Hero Member
Posts: 545
Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm

Re: Koeëlvaste baadjies

Post by airhunter »

Toxxyc wrote: Wed Oct 07, 2020 9:53 am
Carl wrote: Wed Oct 07, 2020 8:54 am
Toxxyc wrote: Wed Oct 07, 2020 7:51 am Nee die impak waarmee die koeël tref is net so hard soos die terugskop van die geweer wat hom geskiet het. Newton se wette en so aan.
Die fotos wat ek al gesien het lyk nie soos my skouer of my hand na 'n skoot nie ;) Ek gaan eers gou die berekening moet gaan doen.
Jy kry bloukolle en so aan net omdat die punt wat jou tref aansienlik kleiner is, en sy energie vinnig uitgooi. Die geweer is aansienlik swaarder, en dan het hy nog so lekker sagte recoil pad ook op. Die impak lyk en voel dalk meer, maar die energie is dieselfde (eintlik effens minder, want die koeël verloor energie soos hy vorder.

Interessante wetenskap.
Toxxyc, ek stry nie. Ek probeer ook net verstaan.
Wat jy hier noem voel vir ny nie heel reg nie omdat die energie oppervlak weer vergroot word deur die stopper materiaal wat kleiner gaan wees met n sagte materiaal en groter met by voorbeeld plate. Wat jy beskryf sien ek as dieselfde as n puntlas en die stopper materiaal verander daardie puntlas in n verspreide las deur die oppervlak weer te vergroot..

Dit is hoe ek dit sien uit die oog van laste in konstruksie. Ek vermoed die beginsel bly die selfde? Muurplate onder dakkappe. :laugh:
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1404
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Koeëlvaste baadjies

Post by Toxxyc »

Ek sou ook so dink, ja. Die oordrag van energie is bitter interessant om eerlik te wees. Ons vind dit orals. Klein seuntjie wat 'n kar optel met 'n domkrag - klein energie uitgeoefen op 'n groot oppervlak druk 'n klein hoeveelheid boontoe om die kar bietjies bietjies op te tel.

Die press se lang arm wat liggies gedruk word vervorm 'n dop se hele vorm maklik maklik. Ek self ken dit nie presies nie, ek ken net Newton se wette, en dis waaraan ek vasklou :D
User avatar
airhunter
Hero Member
Hero Member
Posts: 545
Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm

Re: Koeëlvaste baadjies

Post by airhunter »

JJV
Ek dink dat wanneer ons nou arme Camo gebruik as n voorbeeld sou ek sê dat n uitgebreide noodhulp kennis en IFAK net so belangrik is.
Chest seals werk. Daar is geen twyfel daaraan nie. Of Camo sy chest seals gebruik het weet ek nie maar ek onthou n klompie weke gelede het ek hom gevra oor die kwaliteit en efektiewiteit van sy produk. Hy het onomwonde verklaar dat dit van die beste chest seals beskikbaar is. As dit sy lewe gered het, het ek geen twyfel dat dit dalk die eerste roete behoort te wees naamlik die onderig in noodhulp en aanskaf van n uitgebreide IFAK.
Mens is nie altyd alleen nie en vrouens en kinders het of dra nie noodwendig plate carriers nie en n man moet hulle kan help as iets gebeur?

Aan die hand van n voorbeeld. My neef is klomp jare terug deur n bankrower geskiet. Hy het n plate carrier gedra maar die koeël is onder sy arm in en longskade was aangerig. Hy het nie die regte terplaatse hulp gekry nie en is oorlede. Ek wonder altyd watter kans n chest seal hom sou kon bied?

Jammer as ek van jou punt afdwaal maar ek dink dat persoonlike beskerming n sisteem moet wees en nie n item nie.
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Koeëlvaste baadjies

Post by JJV »

Dankie vir die inligting, so mens kyk na level 3 en dan moet jy kies tussen metaal, keramiek of polyethelene plate, een is swaar, een kan nie multiple hits vat nie, en laasgenoemde is duur!!
Lekker aand JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk
Post Reply