Ek het behoefte om my chronograaf op te gradeer en ek neig tans in die rigting van 'n Magnetospeed en heelwaarskynlik die Sporter model, hoofsaaklik a.g.v. koste. Ek het onder andere 2 Fullstock gewere en is nie seker of die montering van die Magnetospeed oor die loop/kolf kombinasie probleme gaan veroorsaak deur 'n drukpunt te veroorsaak nie. A.g.v. die tapering van die kolf aan die onderkant blyk dit dan ook asof die Magnetospeed nie perfek parallel met die loop se boor gemonteer sal kan wees nie wat 'n verdere probleem kan wees.
Is daar dalk iemand wat 'n Magnetospeed al in so toepassing probeer gebruik het wat my vrese kan weerle of dan bevestig? Dankie.
Magnetospeed Montering
- Langeraat
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm
Magnetospeed Montering
Novus Vitae - 2 Kor 5:17
- Pumba30-06
- Full Member

- Posts: 221
- Joined: Tue Jun 28, 2011 8:50 am
Re: Magnetospeed Montering
Goeie dag Langeraat
Ek dink nie die sporter gaan werk nie. Dalk die groot een,maar die sporter wou glad nie werk toe ek n silencer probeer het nie so ek dink die probleme wat jy genoem het gaan pla.
Groete
Jurgens
Ek dink nie die sporter gaan werk nie. Dalk die groot een,maar die sporter wou glad nie werk toe ek n silencer probeer het nie so ek dink die probleme wat jy genoem het gaan pla.
Groete
Jurgens
- Langeraat
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm
Re: Magnetospeed Montering
Dankie Pumba. Ja, ek verstaan die Sporter is nie ideaal vir gebruik met 'n silencer nie.
Novus Vitae - 2 Kor 5:17
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Magnetospeed Montering
Die Sporter werk met silencers wat 'n deursnit van 45mm max het. Stel net sensitivity na HIGH2.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Magnetospeed Montering
Ek het al Sporter op 'n geweer se loop gebruik wat so snaaks getaper het. Het net stukkies leer gebruik om die taper probleem op te los. Laai 'n foto van die voorlaai, dalk het ek 'n plan vir jou.
- tau
- Hero Member

- Posts: 4012
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Magnetospeed Montering
EK gebruik sporter op my Fullstock en gewere met silencers. JY moet hom net mooi space. Wat wel met fullstock probleem is is jy strap nou loop teen kolf vas so groeperings is baie sleg.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Langeraat
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm
Re: Magnetospeed Montering
Dankie Tau. Dit wat jy hier noem is presies waaroor ek bekommerd was. Mens veroorsaak deur die montering van die Magnetospeed dus 'n drukpunt wat die groepering beinvloed. Dit gaan derhalwe problematies wees tydens lading ontwikkeling, ens. ai tog.tau wrote:...Wat wel met fullstock probleem is is jy strap nou loop teen kolf vas so groeperings is baie sleg.
Ruaan, dankie vir die hulp wat jy aanbied. Ek het nog nie 'n Magneto nie en moet nog besluit of ek daai roete gaan stap of nie. Ek kyk ook tans bietjie na monteringsopsies wat op die geweer platform monteer eerder as op die loop en hopelik sal dit dan ook die tapering probleem aanspreek. As ek iets in hierdie verband kan kry lyk die Magneto na 'n opsie, andersins seker nie...
Weet iemand dalk van 'n lokale montering vir die Magnetospeed wat op die geweer self monteer?
Novus Vitae - 2 Kor 5:17
- Pumba30-06
- Full Member

- Posts: 221
- Joined: Tue Jun 28, 2011 8:50 am
Re: Magnetospeed Montering
Baie dankie Ruaan
Ek gaan dit beslis probeer!
Watter spacer het jy gebruik op die silencer?
Ek gaan dit beslis probeer!
Watter spacer het jy gebruik op die silencer?
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Magnetospeed Montering
ek het dunste een of geen spacer gebruik nie.
