Magnetospeed Montering

Post Reply
User avatar
Langeraat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm

Magnetospeed Montering

Post by Langeraat »

Ek het behoefte om my chronograaf op te gradeer en ek neig tans in die rigting van 'n Magnetospeed en heelwaarskynlik die Sporter model, hoofsaaklik a.g.v. koste. Ek het onder andere 2 Fullstock gewere en is nie seker of die montering van die Magnetospeed oor die loop/kolf kombinasie probleme gaan veroorsaak deur 'n drukpunt te veroorsaak nie. A.g.v. die tapering van die kolf aan die onderkant blyk dit dan ook asof die Magnetospeed nie perfek parallel met die loop se boor gemonteer sal kan wees nie wat 'n verdere probleem kan wees.

Is daar dalk iemand wat 'n Magnetospeed al in so toepassing probeer gebruik het wat my vrese kan weerle of dan bevestig? Dankie.
Novus Vitae - 2 Kor 5:17
User avatar
Pumba30-06
Full Member
Full Member
Posts: 221
Joined: Tue Jun 28, 2011 8:50 am

Re: Magnetospeed Montering

Post by Pumba30-06 »

Goeie dag Langeraat

Ek dink nie die sporter gaan werk nie. Dalk die groot een,maar die sporter wou glad nie werk toe ek n silencer probeer het nie so ek dink die probleme wat jy genoem het gaan pla.

Groete
Jurgens
User avatar
Langeraat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm

Re: Magnetospeed Montering

Post by Langeraat »

Dankie Pumba. Ja, ek verstaan die Sporter is nie ideaal vir gebruik met 'n silencer nie.
Novus Vitae - 2 Kor 5:17
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Magnetospeed Montering

Post by ruaanb »

Die Sporter werk met silencers wat 'n deursnit van 45mm max het. Stel net sensitivity na HIGH2.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Magnetospeed Montering

Post by ruaanb »

Ek het al Sporter op 'n geweer se loop gebruik wat so snaaks getaper het. Het net stukkies leer gebruik om die taper probleem op te los. Laai 'n foto van die voorlaai, dalk het ek 'n plan vir jou.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4012
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Magnetospeed Montering

Post by tau »

EK gebruik sporter op my Fullstock en gewere met silencers. JY moet hom net mooi space. Wat wel met fullstock probleem is is jy strap nou loop teen kolf vas so groeperings is baie sleg.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Langeraat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm

Re: Magnetospeed Montering

Post by Langeraat »

tau wrote:...Wat wel met fullstock probleem is is jy strap nou loop teen kolf vas so groeperings is baie sleg.
Dankie Tau. Dit wat jy hier noem is presies waaroor ek bekommerd was. Mens veroorsaak deur die montering van die Magnetospeed dus 'n drukpunt wat die groepering beinvloed. Dit gaan derhalwe problematies wees tydens lading ontwikkeling, ens. ai tog.

Ruaan, dankie vir die hulp wat jy aanbied. Ek het nog nie 'n Magneto nie en moet nog besluit of ek daai roete gaan stap of nie. Ek kyk ook tans bietjie na monteringsopsies wat op die geweer platform monteer eerder as op die loop en hopelik sal dit dan ook die tapering probleem aanspreek. As ek iets in hierdie verband kan kry lyk die Magneto na 'n opsie, andersins seker nie... ::)

Weet iemand dalk van 'n lokale montering vir die Magnetospeed wat op die geweer self monteer?
Novus Vitae - 2 Kor 5:17
User avatar
Pumba30-06
Full Member
Full Member
Posts: 221
Joined: Tue Jun 28, 2011 8:50 am

Re: Magnetospeed Montering

Post by Pumba30-06 »

Baie dankie Ruaan

Ek gaan dit beslis probeer!
Watter spacer het jy gebruik op die silencer?
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Magnetospeed Montering

Post by ruaanb »

ek het dunste een of geen spacer gebruik nie.
Post Reply