222 vs 223 ???

Post Reply
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

222 vs 223 ???

Post by Wielie Waps »

Wyse manne van die forum.
Ek het 'n SAKO L461 222'tjie wat besig om 'n jeukerigheid te veroorsaak wat my nuuskierigheid prikkel.

In gesprekke op ander forums lees ek dat die manne praat dat die 222 volgens hulle van nature geneig is om meer akkuraat te wil wees as 'n 223 en dat die 223 jou eintlik maar net bietjie beter reik afstand gee na die 300m merk se kant toe.
Oom Sam Terblanche hier in Bloem het aan my die voorstel gemaak dat ek eerder die 222 laat ream na 223.

So hier is my vraag: Ek gaan selde oor 300m met hom skiet en ek het in elk geval ook 'n 22-250. Wat gaan die voordeel wees om hom te laat uitboor?
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 222 vs 223 ???

Post by ruaanb »

nee wat los hom net so.

Sent from my SM-G900F using Tapatalk
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 222 vs 223 ???

Post by tripodmvr »

ruaanb wrote:nee wat los hom net so.

Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Ek stem. As jy 55gr kan skiet dan gaan jy miskien 100vps verskil kry tussen die 222 en 223. Dit is nikseggend bokant 3000vps. Spaar jou gelde en koop 'n lekker nuwe kaliber - 6,5 of 7mm as jy nog nie het nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 222 vs 223 ???

Post by Arnold »

As jy nie n nuwe loop moet opsit nie los hom net so. Daai doppie is elkgeval mooier as die 223 en prakties wen jy niks maar jy gaan verseker n paar rand minder in jou beursie hê na die oefening.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: 222 vs 223 ???

Post by Jake1 »

Jammer ek hijack.

Ek hoor die storie ook dat die 222 meer akkuraat is, langer egalige nek ens, maar nooit van iemand wat spesifiek n 222 het nie, hulle is seker bang ons 223 manne sê nou kom ons gaan kyk op die baan...

As jy moet loop vervang kan jy die ruil maak, andersins hou hom so.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 222 vs 223 ???

Post by ruaanb »

wanneer skiet ons waar. ?

Sent from my SM-G900F using Tapatalk
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 222 vs 223 ???

Post by Arnold »

Ons het geskiet en vir jou gesoek;)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 222 vs 223 ???

Post by tripodmvr »

Jake 1,
Die 222 het verskeie bankskiet titels gewen toe hy op die toneel verskyn het. Hy het dus 'n stewige reputasie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2160
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: 222 vs 223 ???

Post by Ds J »

Jake1 wrote: Ek hoor die storie ... dat die 222 meer akkuraat is, ... maar ... nooit van iemand wat spesifiek n 222 het nie, hulle is seker bang ons 223 manne sê nou kom ons gaan kyk op die baan...
Laas Vrydag geskiet. Eerste skote met 'n nuwe teleskoop. My 222 (Sako Vixen L461) is blykbaar baie lief vir Sierra 40gr Varminters. Die twee skote aan die linkerkant is van ander groeperings. Die twee skote regs is haalbaar met my roertjie.
Last edited by Ds J on Wed Nov 08, 2017 3:30 am, edited 1 time in total.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: 222 vs 223 ???

Post by Jake1 »

Die 222 het sy reputasie gekry voor die 223 ontstaan het. Ek spot maar, ek gaan nie sê 222 is swak net omdat ek 223 skiet nie.

Al weet ek 223 teen 3200 plus met 55gr is stukke beter.. ;D gaan ek dit in niemand se keel afdruk nie. ;)
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 222 vs 223 ???

Post by ruaanb »

Arnold wrote:Ons het geskiet en vir jou gesoek;)
6-0 vir Arnold.....wou bitter graag.

Sent from my SM-G900F using Tapatalk
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13589
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 222 vs 223 ???

Post by Capt. Yoda »

Jake1 wrote:Jammer ek hijack.

Ek hoor die storie ook dat die 222 meer akkuraat is, langer egalige nek ens, maar nooit van iemand wat spesifiek n 222 het nie, hulle is seker bang ons 223 manne sê nou kom ons gaan kyk op die baan...

As jy moet loop vervang kan jy die ruil maak, andersins hou hom so.

Die 222 was voor die PPC die kortafstand BR kaliber van keuse en dit is maar waar die "akurater" storie vandaan kom. Jy gaan sukkel om n goeie 223 en n goeie 222 se groepe uit mekaar te ken
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: 222 vs 223 ???

Post by Hercules Louw »

Wielie Waps wrote:Wyse manne van die forum.
Ek het 'n SAKO L461 222'tjie wat besig om 'n jeukerigheid te veroorsaak wat my nuuskierigheid prikkel.

In gesprekke op ander forums lees ek dat die manne praat dat die 222 volgens hulle van nature geneig is om meer akkuraat te wil wees as 'n 223 en dat die 223 jou eintlik maar net bietjie beter reik afstand gee na die 300m merk se kant toe.
Oom Sam Terblanche hier in Bloem het aan my die voorstel gemaak dat ek eerder die 222 laat ream na 223.

So hier is my vraag: Ek gaan selde oor 300m met hom skiet en ek het in elk geval ook 'n 22-250. Wat gaan die voordeel wees om hom te laat uitboor?
Willem, gaan sit 'n rukkie stil en wag dat die jeukerigheid oorgaan. Die akkurate nodes vir 'n 223 en 222 verskil nie veel nie. Die ou Sako Vixen gewere doen baie goed met die 50-52gr klas koeëls soos 50gr Nosler BT, 50gr Sierra BK, 50gr VMax en 52 gr AMax. Party van die langer 55gr koeëls soos 55gr Nosler BT wil nie altyd goed groepeer nie, die Vixen het 'n 1 in 14 groefdraai. Laai die gemelde koeëls omtrent teen die lands, gebruik S321 en die spoed so tussen 3250 en 3300ft/s en 'n Vixen in 'n goeie toestand sal vir jou groepe onder 25mm op 200m gee.
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: 222 vs 223 ???

Post by Wielie Waps »

Dankie almal vir julle insette

Ja Hercules , ek gaan presies doen wat jy voorstel. Ek het egter 'n magdom 45gr koeels wat ek saam met 'n 22 Hornet gekry het en gaan eers bietjie met hulle speel.
Hier is o.a. Nosler solid base 45gr , Stewards core custom bonded 45gr RN FMJ en RNCTip asook PMP 45gr.

So nie , is ons op daai koele soos jy voorstel.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 222 vs 223 ???

Post by ruaanb »

Net vir interessantheid. Ek laai 24.1 gr S321 agter 'n 48gr Kriek Plinker vir 3230fps in my 222. Loop soos stroop as jy wil gonge speel.

Edit - druk is volgens QL 46796psi so nog heel veilig.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 222 vs 223 ???

Post by Arnold »

ruaanb wrote:Net vir interessantheid. Ek laai 24.1 gr S321 agter 'n 48gr Kriek Plinker vir 3230fps in my 222. Loop soos stroop as jy wil gonge speel.

Edit - druk is volgens QL 46796psi so nog heel veilig.
Ek gooi 24.2gr S321 agter 'n 75gr Amax in my 223 >:D
Volgens QL gaan die leeu met wie se balle ek speel my byt :-[
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 222 vs 223 ???

Post by tripodmvr »

Raad is raad!!!!!

As jy jou of jou geweer moerland toe skiet is dit nie omdat ek nie gewaarsku het nie. Nuwe doppe of geweer is vir jou rekening. >:+ ++>:
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 222 vs 223 ???

Post by ruaanb »

User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 222 vs 223 ???

Post by tripodmvr »

Leeu se klote raak trap ''''''''''''' https://www.youtube.com/watch?v=kXFoXXJtOIk
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 222 vs 223 ???

Post by Arnold »

Julle moet bietjie kyk teen watse druk loop 5.56x45mm >:+

Onthou jy kan ook nie die bestek waardes in QL vat om my somme mee te doen nie. 'n Dop hou 30.3gr H20 en my TPL is 62mm ... dan lyk die prentjie heelwat anders!
Ek is braaf, nie dom nie ;D
Johann Marais
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Thu Jan 10, 2013 9:44 pm

Re: 222 vs 223 ???

Post by Johann Marais »

Naandsê Wiele,

Jy gaan niks meer baat wat jy nie reeds het nie.

Ek sou hom nie verander het nie. Ek sou eerder bietjie meer op die geweer en ñ lading kry waarmee ek ñ 10c kan toemaak op 200m.

Gtoetnis

Johann
Post Reply