Moet se ek was baie beindruk en het baie lekker geskiet nadat ek die teleskoop ingestel het en ek sien bie potensiaal.
Ek het glad nie ladings gelaai nie maar net die geweer en skiet geniet so my lading was 27gr S335 met nuwe Norma Brass gelaai met 32gr Vmax.
Die Numenor Reflex silencer werk soos 'n droom en is regtig baie stil gaan eendag nog lekker werk as ek uit trop diere moet skiet. Die geweer is gebed en het Boyds pro varmint kolf op saam met stall picatinny rail en Monarch 3 4-16 x 40 Mildot scope. Laaste is die kort harris bipod die geweer is nie lig nie maar baie stabiel.
Ek het 'n lekker akuraate vinnige ligte kaliber gesoek vir speel en kopskoote en Geno het my lekker gehelp want dit is die resultaat. Volgende Saterdag gaan ek lading soek en kyk wat maak die groepe op 200 meter.
Ek het die klein groep geskiet op skoot 15-17 weet nie of dit net geluk was nie maar sal weer probeer.
Wat mens bly uitgooi van hoe goed die kaliber skiet is dat die gaatjies net 5mm groot is.
