Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Het iemand al so iets gedoen?
Waar kan mens 'n 338 Edge reamer in die hande kry?
Weet iemand van geweersmidt wat dalk al een aangeskaf het?
Sou 24" loop te kort wees? Of watter spoed sal mens kan behaal met 300gr punte?
Dink daaraan om dalk Edge te bou vir 1.6km plus skote... Lapua gewere is darem wild met hul prys, so ook doppe.
Snakker, jy is nou oppad om n Golf GTI in n Bugatti te verander...
Net eers n paar goed wat jy na moet kyk.
Het die huidige 338 win mag n lang aksie of n magnum aksie?
Meeste 338 win mags is op lang aksies, en sal nie die 338 Edge se lang dop kan akommodeer nie.
Maak seker dat die huidige 338 win mag loop se knox genoeg plek het vir die sny van die nuwe langer kamer. Die Edge het ook nie n rim op sy dop nie, so ek skat jy verloor daar klaar so amper een cm van jou loop.
Laaste is om seker te maak die loop se twist is wat jy hom wil he. Help nie jy het n 1 in 11 twist, maar wil 300gr koele gooi nie.
Snakker, ry kaap toe na oom Chris van Niekerk toe. Hy het n 338 ontwerp, sy naam weet ek nie. Maar die is gebaseer op n 8x68 dop. Ek glo dit sal die makliker en goedkoper opsie wees.
Armand Steenkamp wrote:Snakker, ry kaap toe na oom Chris van Niekerk toe. Hy het n 338 ontwerp, sy naam weet ek nie. Maar die is gebaseer op n 8x68 dop. Ek glo dit sal die makliker en goedkoper opsie wees.
Hallo Snakker
Howa maak net n dun loop 338,het ook een gesoek en moes toe maar die dun loop vat.
Enigste belted in dik loop van Howa is die 300WM.
Die aksie is eintlik n standaard lengte aksie maar ja is wel langer as hulle ander 2 aksies.
Last edited by Bass on Thu Apr 27, 2017 7:28 am, edited 1 time in total.
Ek kyk sommer na Howa Heavy-barrel 338 Win mag as basis, dink hy is long Action? Loop is 24" met 1:10 twist
Oops, ek weet nog niks van Knox en rim wat looplengte gaan impakteer nie...
Het gedink mens verander hom na Edge, skiet loop op en sit dan 28" loop met 1:9.4 twist op?
Snakker,
In daardie geval gaan die edge nie lekker werk nie.
Ek dink Armand het met die beste plan uitgekom. Ek weet van n 338 mfezi wat die 338 Lapua manne se oe laat traan hier in die kaap. Ek weet net nie watter loop lengte optimaal vir hom gaan wees nie... en hoe die Howa se 24 duim loop dinge gaan laat werk nie.
Kontak vir oom Chris. Hy sal jou alles kan se rondom die mfezi, en besluit van daar wat jy wil doen.
Koop n Sako TRG of Nimrod geweer in 338 Lapua, dit is goedkoop opsies. Geen werk en die kolwe is reeds reg. Twist is net so bietjie stadig.
Lapua doppe is duur maar die terugvoer wat ek kry is dit hulle lank hou.
Anders bou sommer een op n RSA aksie
Die edge reamer is proprietary so ek glo jy sal nie een kan kry nie.
Die Mfezi kort weer dop voorbereiding en custom dies.
As jy doeltreffend wil uitgaan na n myl moet jy jou beursie so bietjie wyer oopmaak
Snakker, ek is n baie groot Howa man... Maar in die geval dink ek nie gaan die howa die regte roete wees as jy die bestaande loop wil behou nie. Hoeka omdat dit die dun loop is. Wat jy kan doen, as oom Chris se die aksie is lank genoeg, is om n Howa 338WM te koop, die loop en die kolf te smous en n lekker custom 28duim pyp op te sit.
Vir die 338 Ultra Mag het jy ook n magnum aksie nodig wat 91/92mm lengte rondtes kan hanteer. Met die standaard lang aksie soos die Howa sin sal ek ook die volgende rondte oorweeg nl die 330 Dakota. Dit is basies n verkorte 338 Remington Ultra Mag. Werk ook uitstekend met ons plaaslike poeiers.
Met die toename van oorsese poeiers op ons mark word die 338 Lapua n baie aantreklike en sinlike opsie. Kyk n bietjie hier onder advertensies waar Eugene sy 338 Lapua in n Savage aanbied teen n baie goeie prys. Die geweer skiet n barshou soos ek verstaan.