338 win mag to 338 Edge?

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1396
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

338 win mag to 338 Edge?

Post by snakker »

Het iemand al so iets gedoen?
Waar kan mens 'n 338 Edge reamer in die hande kry?
Weet iemand van geweersmidt wat dalk al een aangeskaf het?
Sou 24" loop te kort wees? Of watter spoed sal mens kan behaal met 300gr punte?

Dink daaraan om dalk Edge te bou vir 1.6km plus skote... Lapua gewere is darem wild met hul prys, so ook doppe. :confused:
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 903
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: 338 win mag to 338 Edge?

Post by Andre308 »

Snakker, jy is nou oppad om n Golf GTI in n Bugatti te verander...

Net eers n paar goed wat jy na moet kyk.

Het die huidige 338 win mag n lang aksie of n magnum aksie?
Meeste 338 win mags is op lang aksies, en sal nie die 338 Edge se lang dop kan akommodeer nie.

Maak seker dat die huidige 338 win mag loop se knox genoeg plek het vir die sny van die nuwe langer kamer. Die Edge het ook nie n rim op sy dop nie, so ek skat jy verloor daar klaar so amper een cm van jou loop.

Laaste is om seker te maak die loop se twist is wat jy hom wil he. Help nie jy het n 1 in 11 twist, maar wil 300gr koele gooi nie.

Sterkte.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: 338 win mag to 338 Edge?

Post by Armand Steenkamp »

Snakker, ry kaap toe na oom Chris van Niekerk toe. Hy het n 338 ontwerp, sy naam weet ek nie. Maar die is gebaseer op n 8x68 dop. Ek glo dit sal die makliker en goedkoper opsie wees.

Groetnis
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 903
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: 338 win mag to 338 Edge?

Post by Andre308 »

Armand Steenkamp wrote:Snakker, ry kaap toe na oom Chris van Niekerk toe. Hy het n 338 ontwerp, sy naam weet ek nie. Maar die is gebaseer op n 8x68 dop. Ek glo dit sal die makliker en goedkoper opsie wees.

Groetnis
338 mfezi.
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1396
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

Re: 338 win mag to 338 Edge?

Post by snakker »

Dankie André, waardeer jou insette

Ek kyk sommer na Howa Heavy-barrel 338 Win mag as basis, dink hy is long Action? Loop is 24" met 1:10 twist

Oops, ek weet nog niks van Knox en rim wat looplengte gaan impakteer nie...

Het gedink mens verander hom na Edge, skiet loop op en sit dan 28" loop met 1:9.4 twist op?
Bass
Full Member
Full Member
Posts: 114
Joined: Sun Apr 15, 2012 11:25 am

Re: 338 win mag to 338 Edge?

Post by Bass »

Hallo Snakker
Howa maak net n dun loop 338,het ook een gesoek en moes toe maar die dun loop vat.
Enigste belted in dik loop van Howa is die 300WM.
Die aksie is eintlik n standaard lengte aksie maar ja is wel langer as hulle ander 2 aksies.
Last edited by Bass on Thu Apr 27, 2017 7:28 am, edited 1 time in total.
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 903
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: 338 win mag to 338 Edge?

Post by Andre308 »

snakker wrote:Dankie André, waardeer jou insette

Ek kyk sommer na Howa Heavy-barrel 338 Win mag as basis, dink hy is long Action? Loop is 24" met 1:10 twist

Oops, ek weet nog niks van Knox en rim wat looplengte gaan impakteer nie...

Het gedink mens verander hom na Edge, skiet loop op en sit dan 28" loop met 1:9.4 twist op?
Snakker,
In daardie geval gaan die edge nie lekker werk nie.

Ek dink Armand het met die beste plan uitgekom. Ek weet van n 338 mfezi wat die 338 Lapua manne se oe laat traan hier in die kaap. Ek weet net nie watter loop lengte optimaal vir hom gaan wees nie... en hoe die Howa se 24 duim loop dinge gaan laat werk nie.

Kontak vir oom Chris. Hy sal jou alles kan se rondom die mfezi, en besluit van daar wat jy wil doen.
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1396
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

Re: 338 win mag to 338 Edge?

Post by snakker »

Dankie, het iemand 'n nr vir Oom Chris asb?
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1396
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

Re: 338 win mag to 338 Edge?

Post by snakker »

Smaak dan nou vir my dit gaan goedkoper uitwerk om net die 338LM te koop...
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 903
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: 338 win mag to 338 Edge?

Post by Andre308 »

snakker wrote:Smaak dan nou vir my dit gaan goedkoper uitwerk om net die 338LM te koop...
Moenie glo nie...bel die oom
http://www.ballistics.co.za/htm/contact.html
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 338 win mag to 338 Edge?

Post by Arnold »

Koop n Sako TRG of Nimrod geweer in 338 Lapua, dit is goedkoop opsies. Geen werk en die kolwe is reeds reg. Twist is net so bietjie stadig.

Lapua doppe is duur maar die terugvoer wat ek kry is dit hulle lank hou.

Anders bou sommer een op n RSA aksie :)
Die edge reamer is proprietary so ek glo jy sal nie een kan kry nie.
Die Mfezi kort weer dop voorbereiding en custom dies.

As jy doeltreffend wil uitgaan na n myl moet jy jou beursie so bietjie wyer oopmaak ;)
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: 338 win mag to 338 Edge?

Post by Armand Steenkamp »

Snakker, ek is n baie groot Howa man... Maar in die geval dink ek nie gaan die howa die regte roete wees as jy die bestaande loop wil behou nie. Hoeka omdat dit die dun loop is. Wat jy kan doen, as oom Chris se die aksie is lank genoeg, is om n Howa 338WM te koop, die loop en die kolf te smous en n lekker custom 28duim pyp op te sit.

Groetnis
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1396
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

Re: 338 win mag to 338 Edge?

Post by snakker »

Dankie vir al die insette, manne - gaan Oom Chris vanoggend bel en hoor of hy my op ander spoor sit
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: 338 win mag to 338 Edge?

Post by Armand Steenkamp »

Laat weet sommer hier ook watt hy se. Sal interesand wees.

Groetnis
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1396
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

Re: 338 win mag to 338 Edge?

Post by snakker »

Oom Chris is tans uit op 'n jag, so ons kon nie gesels nie.

Wat daarvan as mens 338 win mag ream na 338 rum? Lees dat performance baie naby Lapua kom...

Waar kan mens 338 rum brass in die hande kry???
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 338 win mag to 338 Edge?

Post by Wouter Roets »

Snakker

Vir die 338 Ultra Mag het jy ook n magnum aksie nodig wat 91/92mm lengte rondtes kan hanteer. Met die standaard lang aksie soos die Howa sin sal ek ook die volgende rondte oorweeg nl die 330 Dakota. Dit is basies n verkorte 338 Remington Ultra Mag. Werk ook uitstekend met ons plaaslike poeiers.

Met die toename van oorsese poeiers op ons mark word die 338 Lapua n baie aantreklike en sinlike opsie. Kyk n bietjie hier onder advertensies waar Eugene sy 338 Lapua in n Savage aanbied teen n baie goeie prys. Die geweer skiet n barshou soos ek verstaan.

Groetnis
Wouter
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 338 win mag to 338 Edge?

Post by Arnold »

Ja, bou n 338-375 Ruger :)
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1396
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

Re: 338 win mag to 338 Edge?

Post by snakker »

Dankie manne, het toe besluit om maar die 338LM roete te gaan. Dankie vir jul insette!
Post Reply