Teleskoop-kopkrap?!?

Post Reply
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Teleskoop-kopkrap?!?

Post by Lourens »

More manne,

Ek sit met dievolgende probleem: Ek het onlangs vir my 'n nuwe Howa 1500  ;D in .375 Ruger gekoop en het met aankoop solank 'n teleskoop monteer wat ek as spaar teleskoop reeds in my kas gehad het. Die teleskoop is 'n Leupold VX-1 2-7x33 en ek het gereken hy is sommer ook 'n fantastiese keuse vir die kaliber. Die teleskoop is gemonteer met Warne se LOW ringe en basisse omdat ek die Warne verkies. Ek het ook Warne op my .338 en ek is absoluut versot op die monterings (dalk net omdat dit bietjie anders lyk as die normale). Die scope is daarna ge-boresight en ek het sommer 3 skote daar op die handelaar se baan geskiet. Daar is egter 2 probleme. Die monteerspasie van die VX1 2-7x33 is slegs 5.2'', dit is nie lank genoeg nie en die teleskoop kan monteer, maar die vergroting-verstelring kan nie draai nie. Die 2de probleem is dievolgende: die 3 skote wat ek geskiet het is slegs op 10m geskiet, en die geweer skiet 2 en 'n half duim laag. Om op 'n kort afstand die hoogte reg te stel het 'n ou baie klieks nodig, en daar is nie genoeg oor nie. Nou ek weet 'n mens begin op 25m, maar ek kan nie help dat hierdie ding my erg pla nie. Ek het heelwat ervaring van jag en herlaai, maar teleskope is nie my sterkste punt nie. Ek is bekommerd dat die laagskiet dalk gaan aanhou op 25m en dan sit ek met 'n moerse probleem. om 2.5'' reg te stel op 25m het 'n man 40 klieks nodig.....

My eerste vraag: Ek moet die tekort aan monterspasie uitsorteer, maar ek weier om 'n picatinny-rail of 1-piece base te gebruik want dit lyk nie vir my mooi nie. Wat kan ek doen? Ek vermoed Warne maak 'n extended-base maar ek is bang dit gaan in die pad kom as 'n man patrone in die magasyn wil laai? Ek vermoed ook dat hierdie extended base soos die meeste anders-as-normale goed in ons land 'n probleem gaan wees om op te spoor. Moet ek heeltemal oorslaan na ander monterings?

My tweede vraag: Ek weet nie of die laagskiet probleem op 25m en 10m gaan verbeter nie? Moet ek die ringe ruil vir medium ringe om die hoogte probleem te probeer verminder?

Ek het al ernstig begin rondshop vir 'n ander scope met langer monteerspasie ens maar ek sal baie graag die VX1 wil gebruik aangesien hy splinternuut is en volgens my 'n baie lekker scope vir 'n .375 is. Ek hou ook baie van Leupold se VX3 2.5-8x36 en VX3 3.5-10x40 en Nikon se 2.5-10.42 Monarch.

Enige raad sal baie waardeer word! Ek kry hopelik as dinge regloop binnekort my tydelike permit en dan gan my gat mos erg brand om die oukie gereed te kry vir die bos!  ;D

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Teleskoop-kopkrap?!?

Post by DawieKotze »

Rooijakkals wrote: Die 2de probleem is dievolgende: die 3 skote wat ek geskiet het is slegs op 10m geskiet, en die geweer skiet 2 en 'n half duim laag. Om op 'n kort afstand die hoogte reg te stel het 'n ou baie klieks nodig, en daar is nie genoeg oor nie. Nou ek weet 'n mens begin op 25m, maar ek kan nie help dat hierdie ding my erg pla nie. Ek het heelwat ervaring van jag en herlaai, maar teleskope is nie my sterkste punt nie. Ek is bekommerd dat die laagskiet dalk gaan aanhou op 25m en dan sit ek met 'n moerse probleem. om 2.5'' reg te stel op 25m het 'n man 40 klieks nodig.....
Rooijakkels - ek hoop ek verstaan jou probleem reg. Om op 10 meter 2.5 duim laag te skiet, is mos nie verkeerd nie. Die koe?lbaan is op hierdie afstand nog onder die siglyn en sal dus laag tref. Afhangend van waar jy wil zero, sal jy moontlik ook op 25 m laag skiet (alhoewel ek glo nie met die 375 nie)Hoeveel sal afhang van die hoogte van jou monterings en kaliber en waar jy wil h? jou geweer moet zero.

Is ek reg manne?
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Teleskoop-kopkrap?!?

Post by Lourens »

Madako,

Ek het ook vanoggend Koos Barnard se terugvoer oor die situasie gekry en dit wat hy en jy se stem basies ooreen. Ek het eintlik nou my naam met 'n moerse plank geslaan, ek het nie in ag geneem dat die koeelbaan vanselfsprekend op 'n kort afstand sal veroorsaak dat jy laag skiet nie. Ek moes eerder gewag het dat ek die geweer op 25m en 100m skiet voor ek begin kommer het. Ek het nooit gedink om aan die geweer te stel nadat ek op 10m geskiet het nie, dit was slegs om die gevoel van die geweer te kry en nie om aan die scope te karring nie. Ek sal nooit 'n teleskoop probeer instel op 10m nie, dis absoluut sinneloos. Die handelaar het ongelukkig nie die 25m baan beskikbaar gehad nie en toe het ek sommer gou 3 skote op 10m gegooi om te voel hoe loop die nuwe speelding. Ek is so opgewonde oor die wapen dat my logika my so bietjie verlaat het met hierdie situasie.  :o Die laagskiet behoort dus geen probleem te veroorsaak nie. Nou moet ek net 'n plan maak om bietjie meer monteerspasie te kry. Ek het nou al 'n paar ouens se opinie gekry en die meeste van hulle is dit eens dat ek ander monterings sal moet gebruik om daai probleempie op te los. Dit sal vir my hartseer wees om nie die Warne monterings te kan gebruik nie, maar as iets anders meer geskik is moet ek dit eerder gebruik (solank ek nie met 'n 1-piece basis eindig nie). Ek het al op 'n stadium gevoel om 'n lekker scope in die klas van 3-9x40 of 2.5-10x42 te koop maar die finansies knyp bietjie en ek sal graag daai 2-7x33 wil gebruik, al is dit net vir 'n paar maande. Ek is net bang dit gaan dalk bietjie koddig lyk met so 'n kompakte teleskoop op 'n vollengte geweer met 24'' loop?  ???
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
Post Reply