More manne,
Ek sit met dievolgende probleem: Ek het onlangs vir my 'n nuwe Howa 1500

in .375 Ruger gekoop en het met aankoop solank 'n teleskoop monteer wat ek as spaar teleskoop reeds in my kas gehad het. Die teleskoop is 'n Leupold VX-1 2-7x33 en ek het gereken hy is sommer ook 'n fantastiese keuse vir die kaliber. Die teleskoop is gemonteer met Warne se LOW ringe en basisse omdat ek die Warne verkies. Ek het ook Warne op my .338 en ek is absoluut versot op die monterings (dalk net omdat dit bietjie anders lyk as die normale). Die scope is daarna ge-boresight en ek het sommer 3 skote daar op die handelaar se baan geskiet. Daar is egter 2 probleme. Die monteerspasie van die VX1 2-7x33 is slegs 5.2'', dit is nie lank genoeg nie en die teleskoop kan monteer, maar die vergroting-verstelring kan nie draai nie. Die 2de probleem is dievolgende: die 3 skote wat ek geskiet het is slegs op 10m geskiet, en die geweer skiet 2 en 'n half duim laag. Om op 'n kort afstand die hoogte reg te stel het 'n ou baie klieks nodig, en daar is nie genoeg oor nie. Nou ek weet 'n mens begin op 25m, maar ek kan nie help dat hierdie ding my erg pla nie. Ek het heelwat ervaring van jag en herlaai, maar teleskope is nie my sterkste punt nie. Ek is bekommerd dat die laagskiet dalk gaan aanhou op 25m en dan sit ek met 'n moerse probleem. om 2.5'' reg te stel op 25m het 'n man 40 klieks nodig.....
My eerste vraag: Ek moet die tekort aan monterspasie uitsorteer, maar ek weier om 'n picatinny-rail of 1-piece base te gebruik want dit lyk nie vir my mooi nie. Wat kan ek doen? Ek vermoed Warne maak 'n extended-base maar ek is bang dit gaan in die pad kom as 'n man patrone in die magasyn wil laai? Ek vermoed ook dat hierdie extended base soos die meeste anders-as-normale goed in ons land 'n probleem gaan wees om op te spoor. Moet ek heeltemal oorslaan na ander monterings?
My tweede vraag: Ek weet nie of die laagskiet probleem op 25m en 10m gaan verbeter nie? Moet ek die ringe ruil vir medium ringe om die hoogte probleem te probeer verminder?
Ek het al ernstig begin rondshop vir 'n ander scope met langer monteerspasie ens maar ek sal baie graag die VX1 wil gebruik aangesien hy splinternuut is en volgens my 'n baie lekker scope vir 'n .375 is. Ek hou ook baie van Leupold se VX3 2.5-8x36 en VX3 3.5-10x40 en Nikon se 2.5-10.42 Monarch.
Enige raad sal baie waardeer word! Ek kry hopelik as dinge regloop binnekort my tydelike permit en dan gan my gat mos erg brand om die oukie gereed te kry vir die bos!
Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...