Volstruis Jag

Post Reply
CobusMeyer
Full Member
Full Member
Posts: 135
Joined: Sat Dec 28, 2013 8:57 am

Volstruis Jag

Post by CobusMeyer »

Middag Manne

Vinnige navraag, waar skiet n ou n volstruis, wat is die skootplasing op n volstruis, bang ek skiet sy vleis wag op die been / heup / boude

Hoor graag

Groete

C
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

Re: Volstruis Jag

Post by Jurgen Visser »

Skiet hom in die kop man , dis wat ek doen
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D


Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13663
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Volstruis Jag

Post by Geno »

Kop of knie...
Goed, beter, 6millimeter!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Volstruis Jag

Post by PWV »

Party ouens skiet hom in die hol.
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Volstruis Jag

Post by Hansieslim »

Lag ek nou lekker vir Oom PWV...
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Triple2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 352
Joined: Wed Sep 22, 2010 6:03 pm

Re: Volstruis Jag

Post by Triple2 »

Party volstruise hol te vinnig....
Klein kaliber van voor in die bors as jy nie kans sien vir kop nie. As hy weg hardloop is die kop baie stil
Devan Lötter
.22 LR Winchester; .222 Rem Sako; .45 ACP Norinco; 12 Br Remington 11-87; .308 Win Howa
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

Re: Volstruis Jag

Post by Jurgen Visser »

PWV wrote:Party ouens skiet hom in die hol.
Ja oom Pieter , laat my dink aan daai storie wat Jannie skree , skiet hom in die hol , my pa soek die vel heel ++>: ++>: ++>:
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D


Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
ANDRIES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 353
Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm

Re: Volstruis Jag

Post by ANDRIES »

As hy langs die bakkie hardloop werk 'n haelgeweer baie lekker vir 'n kopskootjie.
User avatar
twinhunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 288
Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am

Re: Volstruis Jag

Post by twinhunter »

Oom PW is 100% reg,skiet hom in die hol as hy hol. Dis wat baie van die jagters doen wat ek ook ken.


Sent from my iPhone using Tapatalk
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Volstruis Jag

Post by PWV »

twinhunter wrote:Oom PW is 100% reg,skiet hom in die hol as hy hol. Dis wat baie van die jagters doen wat ek ook ken.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Reg, twinhunter, min skade, maar hulle dink ek maak gappies!
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Re: Volstruis Jag

Post by 308Win »

Volstruis het omtrent geen vleis op sy voorlyf nie. As jy wil kan jy hom daar skiet. Wees net gewaarsku dat hy lank kan hol as jy hom nie presies in die hart skiet nie. Sy longe val nie plat soos soogdiere nie. Dit sit vas aan die ribbes.

Nog iets interessants is dat hy nie niere het soos 'n soogdier nie. Meer primere mullerse buise.

Die eerste prys bly 'n breinskoot. Wanneer hy val, los ho eers dat hy klaar skop. Soos 'n afkophoender le hy maklik vir 2 minute sy veer en afwen.

Ek het eenkeer ene deur die keel geskiet net onder die kop. Ek het die afstand met my afstandtaster bepaal en die geweer so ingestel. Maar hy het verder weg geloop. Verder as wat ek gedink het. Ieder geval: Nekbene gemis. Die volstruis het eenvoudig aangeloop en pik op die grond asof niks gebeur het nie. Maar ek kon die bloedstrepie deur die teleskoop sien en kon weer skiet.

As jy 'n ou volstruis skiet kan hulle nogal stink. Die jonges se vleis is beter. Probeer om nie die derms raak te skiet nie. Dit stink ook. En kan jou vleis bederf. Amper soos zebra.

'n Groot volstruis kan nogal swaar wees. Die eerste keer toe ek ene geskiet het, dog ek ek laai hom sommer self op die bakkie. Want hy is mos maar net soos 'n groot fisant. Ek moes werkers gaan haal om te help...

Geniet dit. Gaan vir die kop. Lyk altyd baie indrukwekkend as hy val.
Gte
C
User avatar
DriesdlR
Full Member
Full Member
Posts: 178
Joined: Thu Sep 25, 2014 10:05 am

Re: Volstruis Jag

Post by DriesdlR »

308Win skryf: Gaan vir die kop. Lyk altyd baie indrukwekkend as hy val

Dit lyk soos wanneer jy die jack onder die bakkie uitskop!! "DFJ"
Soos jy se - nogal indrukwekkend maar gaan vir n paar minute lelik skop!
papa beer
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Mon Mar 27, 2017 11:38 am

Re: Volstruis Jag

Post by papa beer »

As hy reguit weg of na jou toe staan skiet jy hom in die middel van lyf, van agter af moet jy egter n geweer en koel gebruik wat goed penetreer want van tussen sy bene tot agter is dit net pens en daar is klippe en goed in daai pens. Sy mis in die pens is ook droog en harder as n bok se strond. Van die kand skiet jy so een derde van voor af as jy die begin van bene en bors in derdes deel en jy moet laag skiet. Sy lewer sit net agter sy hart en maak hom ook siek as daar n gat in is. Die kop werk maar sy brein is kleiner as n golf bal en beweeg maklik. Hulle is baie wild op plekke waar hul gejag word en hul sig is baie goed. Dis gewoonlik n lekker uitdaging om een te kry. Vra iemand om jou skoot op te volg as jy onseker is want as hy begin hardloop stop hy nie gou nie en in lyf skiet jy min vleis stukkend. Bly weg van sy bene af want dis jou kos.
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Volstruis Jag

Post by douw »

As jy die vel wil mooi hou, moet jy lief so gou moontlik na jy hom geskiet het by hom uitkom en hom vasdruk, anders is jou leer vol gate.
papa beer
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Mon Mar 27, 2017 11:38 am

Re: Volstruis Jag

Post by papa beer »

Oja trek ook vere so gou moontlik uit want as hy koud is gaan die vere se gaatjies in die vel nie mooi toe nie en jou leer lyk lelik. Daai vere absorbeer ook baie bloed met n slegde skoot en daar is dan geen bloedspoor om te volg nie.
CobusMeyer
Full Member
Full Member
Posts: 135
Joined: Sat Dec 28, 2013 8:57 am

Re: Volstruis Jag

Post by CobusMeyer »

Manne, dankie, voel net nie lekker om n ding in sy hol te skiet nie, sal maar wag as hy dwars staan en voor onder in die bors skiet.
Ek is nie n hol man nie

Groete

C
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Volstruis Jag

Post by douw »

Skiet hom dan terwyl hy weghardloop in die middel van die lyf direk van agter
User avatar
Philip_R
Hero Member
Hero Member
Posts: 613
Joined: Tue Jul 23, 2013 12:22 pm

Re: Volstruis Jag

Post by Philip_R »

[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201704 ... 3cd491.jpg[/IMG]


Sent from my iPad using Tapatalk
As jy nie iets met "Force" regkry nie, Gebruik jy nie genoeg "Force" nie....
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Re: Volstruis Jag

Post by 308Win »

CobusMeyer wrote:Manne, dankie, voel net nie lekker om n ding in sy hol te skiet nie, sal maar wag as hy dwars staan en voor onder in die bors skiet.
Ek is nie n hol man nie

Groete

C
Net nie met 'n meerkatgeweer nie
AntonF
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 97
Joined: Wed Oct 23, 2013 2:51 pm

Re: Volstruis Jag

Post by AntonF »

Hi Cobus,

Kyk in die maand se Wildland op baldsy 38
Groete
.22 BRNO
12Br Baikal
.303.BSA
.308 Musgrave
User avatar
Francois Hugo
Full Member
Full Member
Posts: 154
Joined: Wed Jun 16, 2010 11:59 am

Re: Volstruis Jag

Post by Francois Hugo »

Hello Cobus,

Moet erken die onderwerp laat my sommer dadelik ook deelneem ++>:

Kopskoot is ook waar ek hom skiet :angel: ou spogter. ++>:

Wat ek wel kan erken dat kopskoot nie noodwendig beteken hy gaan grond toe nie!!! Ek skiet eenkeer 'n volstruis vir iemand anders, so paar jaar terug in die kop, so op 80m. Die man is erg beindruk met my "skiet vernuf" en ek natuurlik ook ++>: en vra ek moet nog een vir hom skiet - in die kop natuurlik!!!

Skiet hom toe so effens verder, seker so 100m, sien in die teleskoop hoe die "harsings" en kopbeen en dinge waai, neer teen die grond. NATUURLIK is ek die held- totdat daai volstruis opspring en begin hol!!!!! Dit was nou vir jou 'n konsternasie!!!! So 'n volstuis laat Wayne van Nielerk lyk soos ou Flip van der Merwe die gewese Springbok stut van iewers in die 80-ger jare!!!

Wel ek haat 'n kwes ding en ek dink is juis as gevolg daarvan glad nie opgewasse om iets in die hardloop te skiet nie, omdat ek nie dan in "beheer" van die skoot is nie, maar 'n hele paar skote later en op 'n afstand wat jy eers die 243 hoor loop voor hy doef maak, kry ek hom darem toe plat!!

Lang storie kort soos enige kopskoot is dit tog belangrik dat dit goed geplaas is!!! :-[

Die jaag. skiet en oplaai episode het minstens 30 minute geneem, toe ons terug kom by 1ste een toe is hy nog steeds aan die skop, ten spyte daarvan dat die hele boonste gedeelte van die kop weg was. So, soos die manne al vertel het die vel kan maklik skade opdoen afhangende van die terrein.

Dan net om die storie so effens aan te dik..... Volstruise skiet eintlik maklik 2 volstruise vir 1 skoot :-X - kopskote natuurlik ++>: en soos iemand genoem het op 'n mooiweers dag hou hulle hulle koppe mooi stil, selfs as hulle weg van jou hardloop ook en dan kry mens kans vir daardie kopskote. ;)

Groete uit die Namakwaland - die onderwerp het my sommer na jag seisoen laat verlang!!!

Francois Hugo
Post Reply