Volstruis Jag
-
CobusMeyer
- Full Member

- Posts: 135
- Joined: Sat Dec 28, 2013 8:57 am
Volstruis Jag
Middag Manne
Vinnige navraag, waar skiet n ou n volstruis, wat is die skootplasing op n volstruis, bang ek skiet sy vleis wag op die been / heup / boude
Hoor graag
Groete
C
Vinnige navraag, waar skiet n ou n volstruis, wat is die skootplasing op n volstruis, bang ek skiet sy vleis wag op die been / heup / boude
Hoor graag
Groete
C
- Jurgen Visser
- Hero Member

- Posts: 815
- Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm
Re: Volstruis Jag
Skiet hom in die kop man , dis wat ek doen
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE
Die lewe is te kort om nors te wees
Die lewe is te kort om nors te wees
- Geno
- Administrator

- Posts: 13663
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Volstruis Jag
Party ouens skiet hom in die hol.
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: Volstruis Jag
Lag ek nou lekker vir Oom PWV...
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
-
Triple2
- Sr. Member

- Posts: 352
- Joined: Wed Sep 22, 2010 6:03 pm
Re: Volstruis Jag
Party volstruise hol te vinnig....
Klein kaliber van voor in die bors as jy nie kans sien vir kop nie. As hy weg hardloop is die kop baie stil
Klein kaliber van voor in die bors as jy nie kans sien vir kop nie. As hy weg hardloop is die kop baie stil
Devan Lötter
.22 LR Winchester; .222 Rem Sako; .45 ACP Norinco; 12 Br Remington 11-87; .308 Win Howa
.22 LR Winchester; .222 Rem Sako; .45 ACP Norinco; 12 Br Remington 11-87; .308 Win Howa
- Jurgen Visser
- Hero Member

- Posts: 815
- Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm
Re: Volstruis Jag
Ja oom Pieter , laat my dink aan daai storie wat Jannie skree , skiet hom in die hol , my pa soek die vel heelPWV wrote:Party ouens skiet hom in die hol.
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE
Die lewe is te kort om nors te wees
Die lewe is te kort om nors te wees
-
ANDRIES
- Sr. Member

- Posts: 353
- Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm
Re: Volstruis Jag
As hy langs die bakkie hardloop werk 'n haelgeweer baie lekker vir 'n kopskootjie.
- twinhunter
- Sr. Member

- Posts: 288
- Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am
Re: Volstruis Jag
Oom PW is 100% reg,skiet hom in die hol as hy hol. Dis wat baie van die jagters doen wat ek ook ken.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Volstruis Jag
Reg, twinhunter, min skade, maar hulle dink ek maak gappies!twinhunter wrote:Oom PW is 100% reg,skiet hom in die hol as hy hol. Dis wat baie van die jagters doen wat ek ook ken.
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
308Win
- Sr. Member

- Posts: 493
- Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm
Re: Volstruis Jag
Volstruis het omtrent geen vleis op sy voorlyf nie. As jy wil kan jy hom daar skiet. Wees net gewaarsku dat hy lank kan hol as jy hom nie presies in die hart skiet nie. Sy longe val nie plat soos soogdiere nie. Dit sit vas aan die ribbes.
Nog iets interessants is dat hy nie niere het soos 'n soogdier nie. Meer primere mullerse buise.
Die eerste prys bly 'n breinskoot. Wanneer hy val, los ho eers dat hy klaar skop. Soos 'n afkophoender le hy maklik vir 2 minute sy veer en afwen.
Ek het eenkeer ene deur die keel geskiet net onder die kop. Ek het die afstand met my afstandtaster bepaal en die geweer so ingestel. Maar hy het verder weg geloop. Verder as wat ek gedink het. Ieder geval: Nekbene gemis. Die volstruis het eenvoudig aangeloop en pik op die grond asof niks gebeur het nie. Maar ek kon die bloedstrepie deur die teleskoop sien en kon weer skiet.
As jy 'n ou volstruis skiet kan hulle nogal stink. Die jonges se vleis is beter. Probeer om nie die derms raak te skiet nie. Dit stink ook. En kan jou vleis bederf. Amper soos zebra.
'n Groot volstruis kan nogal swaar wees. Die eerste keer toe ek ene geskiet het, dog ek ek laai hom sommer self op die bakkie. Want hy is mos maar net soos 'n groot fisant. Ek moes werkers gaan haal om te help...
Geniet dit. Gaan vir die kop. Lyk altyd baie indrukwekkend as hy val.
Gte

- DriesdlR
- Full Member

- Posts: 178
- Joined: Thu Sep 25, 2014 10:05 am
Re: Volstruis Jag
308Win skryf: Gaan vir die kop. Lyk altyd baie indrukwekkend as hy val
Dit lyk soos wanneer jy die jack onder die bakkie uitskop!! "DFJ"
Soos jy se - nogal indrukwekkend maar gaan vir n paar minute lelik skop!
Dit lyk soos wanneer jy die jack onder die bakkie uitskop!! "DFJ"
Soos jy se - nogal indrukwekkend maar gaan vir n paar minute lelik skop!
-
papa beer
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Mon Mar 27, 2017 11:38 am
Re: Volstruis Jag
As hy reguit weg of na jou toe staan skiet jy hom in die middel van lyf, van agter af moet jy egter n geweer en koel gebruik wat goed penetreer want van tussen sy bene tot agter is dit net pens en daar is klippe en goed in daai pens. Sy mis in die pens is ook droog en harder as n bok se strond. Van die kand skiet jy so een derde van voor af as jy die begin van bene en bors in derdes deel en jy moet laag skiet. Sy lewer sit net agter sy hart en maak hom ook siek as daar n gat in is. Die kop werk maar sy brein is kleiner as n golf bal en beweeg maklik. Hulle is baie wild op plekke waar hul gejag word en hul sig is baie goed. Dis gewoonlik n lekker uitdaging om een te kry. Vra iemand om jou skoot op te volg as jy onseker is want as hy begin hardloop stop hy nie gou nie en in lyf skiet jy min vleis stukkend. Bly weg van sy bene af want dis jou kos.
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: Volstruis Jag
As jy die vel wil mooi hou, moet jy lief so gou moontlik na jy hom geskiet het by hom uitkom en hom vasdruk, anders is jou leer vol gate.
-
papa beer
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Mon Mar 27, 2017 11:38 am
Re: Volstruis Jag
Oja trek ook vere so gou moontlik uit want as hy koud is gaan die vere se gaatjies in die vel nie mooi toe nie en jou leer lyk lelik. Daai vere absorbeer ook baie bloed met n slegde skoot en daar is dan geen bloedspoor om te volg nie.
-
CobusMeyer
- Full Member

- Posts: 135
- Joined: Sat Dec 28, 2013 8:57 am
Re: Volstruis Jag
Manne, dankie, voel net nie lekker om n ding in sy hol te skiet nie, sal maar wag as hy dwars staan en voor onder in die bors skiet.
Ek is nie n hol man nie
Groete
C
Ek is nie n hol man nie
Groete
C
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: Volstruis Jag
Skiet hom dan terwyl hy weghardloop in die middel van die lyf direk van agter
- Philip_R
- Hero Member

- Posts: 613
- Joined: Tue Jul 23, 2013 12:22 pm
Re: Volstruis Jag
As jy nie iets met "Force" regkry nie, Gebruik jy nie genoeg "Force" nie....
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
-
308Win
- Sr. Member

- Posts: 493
- Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm
Re: Volstruis Jag
Net nie met 'n meerkatgeweer nieCobusMeyer wrote:Manne, dankie, voel net nie lekker om n ding in sy hol te skiet nie, sal maar wag as hy dwars staan en voor onder in die bors skiet.
Ek is nie n hol man nie
Groete
C
-
AntonF
- Jr. Member

- Posts: 97
- Joined: Wed Oct 23, 2013 2:51 pm
Re: Volstruis Jag
Hi Cobus,
Kyk in die maand se Wildland op baldsy 38
Groete
Kyk in die maand se Wildland op baldsy 38
Groete
.22 BRNO
12Br Baikal
.303.BSA
.308 Musgrave
12Br Baikal
.303.BSA
.308 Musgrave
- Francois Hugo
- Full Member

- Posts: 154
- Joined: Wed Jun 16, 2010 11:59 am
Re: Volstruis Jag
Hello Cobus,
Moet erken die onderwerp laat my sommer dadelik ook deelneem
Kopskoot is ook waar ek hom skiet
ou spogter.
Wat ek wel kan erken dat kopskoot nie noodwendig beteken hy gaan grond toe nie!!! Ek skiet eenkeer 'n volstruis vir iemand anders, so paar jaar terug in die kop, so op 80m. Die man is erg beindruk met my "skiet vernuf" en ek natuurlik ook
en vra ek moet nog een vir hom skiet - in die kop natuurlik!!!
Skiet hom toe so effens verder, seker so 100m, sien in die teleskoop hoe die "harsings" en kopbeen en dinge waai, neer teen die grond. NATUURLIK is ek die held- totdat daai volstruis opspring en begin hol!!!!! Dit was nou vir jou 'n konsternasie!!!! So 'n volstuis laat Wayne van Nielerk lyk soos ou Flip van der Merwe die gewese Springbok stut van iewers in die 80-ger jare!!!
Wel ek haat 'n kwes ding en ek dink is juis as gevolg daarvan glad nie opgewasse om iets in die hardloop te skiet nie, omdat ek nie dan in "beheer" van die skoot is nie, maar 'n hele paar skote later en op 'n afstand wat jy eers die 243 hoor loop voor hy doef maak, kry ek hom darem toe plat!!
Lang storie kort soos enige kopskoot is dit tog belangrik dat dit goed geplaas is!!!
Die jaag. skiet en oplaai episode het minstens 30 minute geneem, toe ons terug kom by 1ste een toe is hy nog steeds aan die skop, ten spyte daarvan dat die hele boonste gedeelte van die kop weg was. So, soos die manne al vertel het die vel kan maklik skade opdoen afhangende van die terrein.
Dan net om die storie so effens aan te dik..... Volstruise skiet eintlik maklik 2 volstruise vir 1 skoot
- kopskote natuurlik
en soos iemand genoem het op 'n mooiweers dag hou hulle hulle koppe mooi stil, selfs as hulle weg van jou hardloop ook en dan kry mens kans vir daardie kopskote.
Groete uit die Namakwaland - die onderwerp het my sommer na jag seisoen laat verlang!!!
Francois Hugo