Ek het besluit om vir my 'n paar (2 of 3) Swarovski scopes aan te skaf en nou kom die moeilike deel om te besluit watse model om te koop. Ek het so paar opinies nodig en hoop dat iemand sal kan help om my besluit makliker te maak.
Voor ek details gee is daar eers 'n paar goed wat ek wil se:-
- Ek het reeds 'n paar Swarovski's en hulle werk vir my so wil nie graag van brand verander
- Ek beplan om die teleskope vir medium afstand jag te gebruik tot so 600m
- My eerste vereiste is dat die teleskoop die maksimum vergroting moet he in sy model
- My tweede vereiste is dat die teleskoop ballistic turrets moet he
- En dan natuurlik 30mm tubes
Ek kyk na die volgende Swarovskis:-
- X5i 5-25x50 BRM-i Reticle, Multi Turn Turret
- Z6i 5-30x50 BRX-i Reticle, Ballistic Turret retrofit
- Z8i 2.3-18x56 BRX-i Reticle, Ballistic Turret
Om die X5i in te sluit moes en verby my vereiste kyk vir die ballistic turret. Enigste rede is omdat die teleskoop 'n paar goeie features het. Al 3 die bogenoemde teleskope is SFP.
Prys gewys sal die bogenoemde teleskope verskil met R4k van die goedkoopste na die duuste 1 so die prys is nie so groot deal braker nie.
Wat ek van die X5i hou is die vergroting en die 82MOA (2.4m/100m) elevation wat dit bied. Die turrets is howel multi turn turrets en nie ballistic turrets nie.
Die Z6i se vergroting is selfs beter as die X5i se vergroting maar die elevation is helfde van die X5i (1.2m/100m). Dit is nie vir my so groot bekommernis nie maar die speel wel 'n rol in my besluit. Ek sal dan ook ballistic turrets moet retrofit om die BRX-i te kry want die standaard BT model kom slegs uit met plex reticles.
Die X8i is Swarovski se nuutste teleskoop en dit kom in 'n maksimim vergroting van 3-18x56 wat heelwat minder as die X5i en die Z6i is. Ek het 'n paar Nightforce teleskope met 3.5-15x50 vergroting en ek sukkel nie om tot op 500m te skiet nie so die 18 vergroting is nie vir my te groot probleem nie (alhoewel mens soveel vergroting sal wil he as moontlik
Die gewere waarop ek die teleskope sal wil mount is 6.5x55, 308 Win en 300 Win Mag. Ek wil probeer om dieselfde teleskoop te kry vir al 3 die bogenoemde kalibers want ek glo dit sal net meer funksioneel vir my wees.
Op die stadium besluit ek nog maar ek sal 'n paar opinies baie waardeur!
Groete
Pierrie

