Swarovski Opsies

Post Reply
User avatar
PierrieT
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Dec 18, 2016 6:51 pm

Swarovski Opsies

Post by PierrieT »

Goeie naand,

Ek het besluit om vir my 'n paar (2 of 3) Swarovski scopes aan te skaf en nou kom die moeilike deel om te besluit watse model om te koop. Ek het so paar opinies nodig en hoop dat iemand sal kan help om my besluit makliker te maak.

Voor ek details gee is daar eers 'n paar goed wat ek wil se:-
- Ek het reeds 'n paar Swarovski's en hulle werk vir my so wil nie graag van brand verander
- Ek beplan om die teleskope vir medium afstand jag te gebruik tot so 600m
- My eerste vereiste is dat die teleskoop die maksimum vergroting moet he in sy model
- My tweede vereiste is dat die teleskoop ballistic turrets moet he
- En dan natuurlik 30mm tubes

Ek kyk na die volgende Swarovskis:-
- X5i 5-25x50 BRM-i Reticle, Multi Turn Turret
- Z6i 5-30x50 BRX-i Reticle, Ballistic Turret retrofit
- Z8i 2.3-18x56 BRX-i Reticle, Ballistic Turret

Om die X5i in te sluit moes en verby my vereiste kyk vir die ballistic turret. Enigste rede is omdat die teleskoop 'n paar goeie features het. Al 3 die bogenoemde teleskope is SFP.

Prys gewys sal die bogenoemde teleskope verskil met R4k van die goedkoopste na die duuste 1 so die prys is nie so groot deal braker nie.

Wat ek van die X5i hou is die vergroting en die 82MOA (2.4m/100m) elevation wat dit bied. Die turrets is howel multi turn turrets en nie ballistic turrets nie.

Die Z6i se vergroting is selfs beter as die X5i se vergroting maar die elevation is helfde van die X5i (1.2m/100m). Dit is nie vir my so groot bekommernis nie maar die speel wel 'n rol in my besluit. Ek sal dan ook ballistic turrets moet retrofit om die BRX-i te kry want die standaard BT model kom slegs uit met plex reticles.

Die X8i is Swarovski se nuutste teleskoop en dit kom in 'n maksimim vergroting van 3-18x56 wat heelwat minder as die X5i en die Z6i is. Ek het 'n paar Nightforce teleskope met 3.5-15x50 vergroting en ek sukkel nie om tot op 500m te skiet nie so die 18 vergroting is nie vir my te groot probleem nie (alhoewel mens soveel vergroting sal wil he as moontlik :) ). Die teleskoop het 'n elevation van 1.8m/100m wat presies in die middel van die X5i en die Z6i is.

Die gewere waarop ek die teleskope sal wil mount is 6.5x55, 308 Win en 300 Win Mag. Ek wil probeer om dieselfde teleskoop te kry vir al 3 die bogenoemde kalibers want ek glo dit sal net meer funksioneel vir my wees.

Op die stadium besluit ek nog maar ek sal 'n paar opinies baie waardeur!

Groete
Pierrie
Rem 700 300 WSM
Ruger 6.5 Creedmoor
Ruger 416 Rigby
Sauer 202 243 Win
Sauer 202 6.5x55
Sauer 202 6.5x57
Sauer 202 308 Win
Sauer 202 7mm Rem Mag
Sauer 202 300 Win Mag
Sauer 202 8x57
Sauer 202 9.3x62
Sauer 202 375 H&H
Truvelo 338 Lapua Big 5
Taurus 9mm
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Swarovski Opsies

Post by Kalahari »

Naand Pierrie

Ek skiet met x5 5 - 25 x 56 met 4wx kruishaar op my 260, z3 3? - 12 x 50 brx kruishaar op 30.06 en z6 3 - 18 x 50 met br kruis op 22.250.
Wel nou nie BT nie, maar my ondervinding met die 3 verskillende teleskope is dat die x5 vir beter werk itv presiese verstelling op afstand teenoor om die afmik merke te gebruik. Op verder afstande raak party afstande (meters) vir my net "weg" op die bt en ander tipe kruishare

Soveel te meer as jy verder as 300m gaan begin skiet of jag. As ek dit kan verhelp sal ek nie een van die 3 verkoop nie, maar ek sou baie graag die x5 op al my gewere wou sit.

So my "vote" gaan vir die x5 met kruishaar van jou keuse.

Geniet die Swarovski's, my voorkeur keuse as dit by teleskope kom.

Johan
CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am

Re: Swarovski Opsies

Post by CarelG »

Kalahari wrote:Naand Pierrie

Ek skiet met x5 5 - 25 x 56 met 4wx kruishaar op my 260, z3 3? - 12 x 50 brx kruishaar op 30.06 en z6 3 - 18 x 50 met br kruis op 22.250.
Wel nou nie BT nie, maar my ondervinding met die 3 verskillende teleskope is dat die x5 vir beter werk itv presiese verstelling op afstand teenoor om die afmik merke te gebruik. Op verder afstande raak party afstande (meters) vir my net "weg" op die bt en ander tipe kruishare

Soveel te meer as jy verder as 300m gaan begin skiet of jag. As ek dit kan verhelp sal ek nie een van die 3 verkoop nie, maar ek sou baie graag die x5 op al my gewere wou sit.

So my "vote" gaan vir die x5 met kruishaar van jou keuse.

Geniet die Swarovski's, my voorkeur keuse as dit by teleskope kom.

Johan
+1

Ek is 100% saam met Johan...ek self het ook n paar Swarovski's.... Ek het ook n X5 en hulle is AWSOME! Ek het ook ondervinding met die Z6 5-30x50...om die waarheid te sè is die 30 vergroting van die Z6 amper te veel! Die X5 tiek al die bokse...genoeg vergroting en betroubare verstelling op langafstand! Z8 kan ek nie oor kommentaar lewer nie...

Sterkte met jou besluit...maar wees nie bevrees nie...glo nie mens kan n fout maak met enige Swarovski nie ++>:

Groete
Carel
Drenalinjunkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 835
Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am

Re: Swarovski Opsies

Post by Drenalinjunkie »

Ek het self drie X5'e vir n rede. Dit bly n briljante scope.
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Swarovski Opsies

Post by Reggie Gerber »

Ek gaan nou dalk n blik wurms oopmaak.

My Z6 has a clearer picture than my X5 on the same magnification and the Z5 is also very clear.

Sterkte met jou besluit want n Swaro is n beleging.
User avatar
PierrieT
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Dec 18, 2016 6:51 pm

Re: Swarovski Opsies

Post by PierrieT »

Dankie vir almal se insette, ek waardeur dit.

Ek oorweeg op die stadium om een X5 te kry en twee Z8's maar die besluit maal steeds in my kop.

Die Z6 het die beste vergroting maar dis ook nie altyd alles as die res van die teleskoop nie funksioneel is nie.
Rem 700 300 WSM
Ruger 6.5 Creedmoor
Ruger 416 Rigby
Sauer 202 243 Win
Sauer 202 6.5x55
Sauer 202 6.5x57
Sauer 202 308 Win
Sauer 202 7mm Rem Mag
Sauer 202 300 Win Mag
Sauer 202 8x57
Sauer 202 9.3x62
Sauer 202 375 H&H
Truvelo 338 Lapua Big 5
Taurus 9mm
Post Reply